Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugby

Ma., 18 April 2005 06:02

Dit behoort interessant te wees om te sien om watter stadium gister se
oorwinningsbababokkies verander in ploeterende super 12 spelers.
Die kaptein van die bababokke is so mooi - hy gaan seker 'n beroemde model
word.
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Die Uilskuiken

Ma., 18 April 2005 05:54

In gister se Rapport 'n pragtige storie van 'n hansuil wat 'n hoenderkuiken
uitgebroei het, en nou die potensiële ete vurig versorg en verdedig. Die
grootste vrees van die mensepa en -ma is dat sy die kuieken gaan leer jag:))

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Brecht

Sa., 16 April 2005 12:03

Van Arme B.B.
1922

Ek, Bertolt Brecht, kom van die swart woude.
My moeder het my in die stede ingedra
terwyl ek in haar lyf was. En die kilte van die woude
sal in my wees tot my dood toe – en daarna.

In die asfaltstad voel ek my tuis. Reg van die begin af
toegerus met ieder laaste bede:
Met koerante. En tabak. En Brandewyn.
Agterdogtig, lui, en ten slotte: tevrede.

Ek is vriendelik teenoor die mense. Ek sit
'n bolhoed op, na hulle gebruik.
Ek sê: Hierdie diere stink mos.
En ek sê: Dis niks nie, dis hoe ek ruik.

In my leë skommelstoele, in die oggend,
plaas ek myself, en hier en daar 'n vrou,
en ek betrag hulle sorgeloos en spreek hulle aan:
Op my kan julle wragtag nie bou nie.

Teen die aande versamel ek mans om my.
Ons noem mekaar "u" en "meneer".
Hulle laat my voete op my tafel rus
en sê: Alles sal regkom. En ek vra nie: wanneer.

Teen die more, in die grou daeraad, pis en denne,
en hul luise, die voëls, begin jammer.
Op dié oomblik ledig ek my glas in die stad, en smyt
my sigaar weg, en gaan gekwel na my kamer.

Ons, 'n ligsinnige geslag, is gevestig
in huise wat onverwoesbaar lyk
(die wolkekrabbers van Manhattan en die dun antennas
wat die Atlantiese Oseaan aankyk).

Van hierdie stede sal oorbly: dit wat hierdeur trek, die wind!
'n vol spens verheug die eter: hy eet dit kaal.
Ons weet dat ons voorlopig is
en ná ons: dieselfde storie in dieselfde taal.

By die aardbewings, wat ongetwyfeld kom, sal ek hopelik
nie my sigaar laat doodgaan weens bitterheid nie,
ek, Bertolt Brecht, vergooi in die asfaltstad,
maar verwek in die woude, in my moeder, lank gelede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

sal enig iemand dit interesseer?

Sa., 16 April 2005 11:08

Hallo NG

Ek het hier nou 'n boek gekry;

Dit is: "a guide to the educational institutions of Cape Town"

uitgawe: published by the South African Railways and the Cape Town Corporation

in die jaar 1914 - dit het 140 blaaie met tientalle ou foto's van

die stad.

Daar is ook 'n "Visitors map of Durban" byingesluit ook van 1914

As jou dit interesseer - pos vir my jou posadres - ek post dit vir jou,

daar is geen koste nie, slegs groete van Nederland.

Patrick

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: sal enig iemand dit interesseer?

Sa., 16 April 2005 10:48

On Sat, 16 Apr 2005 12:08:18 +0100, camerama wrote:

>
> Daar is ook 'n "Visitors map of Durban" byingesluit ook van 1914
>
> As jou dit interesseer - pos vir my jou posadres - ek post dit vir jou,
>
> daar is geen koste nie, slegs groete van Nederland.
>
> Patrick

haai Patrick, daai Durban 'Visitors Map' van 1014
Dt is die een waarin ek belangstel. Al kan jy dit net scan
en vir my epos, of so iets, maar dit sal ek graag wil hê.

Nie ver van waar ek woon, is 'n gebou wat in 1890 gebou is,
en nou baie mooi herstel is, én gebruik word vit besigheid.
'n Entjie anderkant dit, is daar 'n huis wat in 1919 gebou is,
en 'n paar huise uit die 17de eeu.
Ek woon naby 'n historiese deel van die stad, en dit is heel
interessant.

DD

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Rugby & IK

Do., 14 April 2005 22:26

Is die probleem met ons rugby nie suiwer die feit dat die dom ouens deesdae
die spel speel nie?

Watter ou met 'n normale/gemiddelde akademiese vermoë gaan rugby speel tot
ouderdom 30 plus? Jou kanse om regtig groot rugby te speel is uiters
skraal - jou kans om meer geld te maak elders is baie beter.

Die str*nt argument dat 10 jaar se isolasie aanleiding gegee het tot 'n
gebrek aan afrigters is loutere snert. Waarom kon Christie in 1995, direk na
toetrede tydens na die boikotjare, die wêreldbeker gewen het?

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Joke of the Day

Do., 14 April 2005 20:17

ek het die een so geniet,
ek moes dit met julle deel:-)

DD

(doen net 'n regterknoppie-launch url)
http://home.intekom.com/davesplace/wizard.jpg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina, jy lieg

Do., 14 April 2005 19:16

Gloudina het in 'n liegstorie vertel dat, persentasie gewyse, die
blanke vrouens wat MIV positief is, gelykstaan met die swart bevolking
wat positief is..
Sy noem dit egter in haar onkunde HIV en weet nie eens dat die
Afrikaanse weergawe daarvan MIV is nie. Selfs nie na ek haar
meer kere al daarop gewys het nie.

Ek neig om te dink dat Annette haar ondersteun het met die storie.
Indien ek verkeerd is Annette, vra ek verskoning, en (van) die res
van die groep sal my defnitief daarop wys as ek verkeerd onthou.

Hier volg egter iets om te lees uit die mond van iemand wat nie in
Kanada sit en gif spoeg oor die blankes wat haar en haar voorouers
onderdruk het nie, maar iemand wat beslis behoort te weet waarvan hy
praat.

............................................................ ...........................

The Mercury 14th April 2005 P2 NEWS
http://www.themercury.co.za/index.php?fSectionId=283&fAr ticleId=2482024
***********************************************************


ONLINE EDITION POWERED BY IOL Thursday 14th April

Regional Papers Post Cape Argus Star Sunday Tribune Cape Times
Pretoria News Daily News Business Report

SOUTH AFRICA

SANBS chief defends HIV testing method

Racial profiling for blood 'safest'
April 14, 2005

By Quinton Mtyala

South African National Blood Service Chief Executive Anthon Heyns, in
an interview in the latest edition of the SA Medical Journal,
maintains that racial profiling of blood is "the safest and best
current known modus operandi".

This is despite the national Health Ministry setting a deadline for
early September for racial profiling of blood to end.

The SANBS would be spending R90 million a year to implement new HIV
risk-reduction measures for donated blood which, according to Heyns,
was unavoidable because of the Health Ministry's reluctance to
negotiate on the use of race as a valid risk indicator.

In the journal, Heyns said if the SANBS was forced to treat all donors
as equal and abort the "risk management" programme HIV/Aids
transmission would leap from the internationally acclaimed two
infected recipients a year to 30.

"From there it would spiral out of control to a baseline rate of 100
infected recipients per year. I don't know how long that (100 a year)
would take, but that's what could result," Heyns said.

Health Ministry spokesman Sibani Mngadi expressed surprise at
statements attributed to Heyns, saying the service had not reported
problems with changing the profiling of blood.

Donors

Mngadi said: "Our principle is that we provide blood that is safe to
use, but clearly we can't use race as a risk indicator."

WP Blood Transfusion Services' Graham Thurtell said his organisation
did not racially profile potential donors.

"Donors have to fill in a questionnaire that is confidential. If there
is any doubt to the integrity of the questionnaire we will not bleed
them," said Thurtell.

He said nucleic acid testing, a new method of screening blood which
identified part of the HIV virus, would enhance safety.

"We're buying one machine which will cost about R4.8 million. Tests
for donors will cost about R95," said Thurtell.

Heyns told the journal that should the new risk model take off in
September it would cost 15% (R100) more a unit to produce and cost the
blood buyer between 20% and 25% more.

Nucleic acid testing narrows the window period of HIV infection to
five to 11 days from the present two to three weeks.

The service said the new method of testing would cost R80 million,
with an additional R10 million needed to implement a new donor
strategy.

When contacted by The Mercury, Heyns said the SANBS would not comment
until the implementation of risk-reduction measures was completed.

"The implementation of the new risk model is going according to plan,"
said Heyns.

He said the average risk of a black South African being HIV positive
was 100% greater than that of a white South African. Depending on a
specific group, it could be 150% higher.

Koeitjies & kalfies | 36 kommentare

Re: Rugby & IK

Do., 14 April 2005 18:46

On Thu, 14 Apr 2005 15:26:53 -0700, "Jonas" wrote:

> Is die probleem met ons rugby nie suiwer die feit dat die dom ouens deesdae
> die spel speel nie?
>
> Watter ou met 'n normale/gemiddelde akademiese vermoë gaan rugby speel tot
> ouderdom 30 plus? Jou kanse om regtig groot rugby te speel is uiters
> skraal - jou kans om meer geld te maak elders is baie beter.
>
> Die str*nt argument dat 10 jaar se isolasie aanleiding gegee het tot 'n
> gebrek aan afrigters is loutere snert. Waarom kon Christie in 1995, direk na
> toetrede tydens na die boikotjare, die wêreldbeker gewen het?
>

die enigste waar ek byna by rugby betrokke geraak het Jonas,
was toe ek agter gekom het dat ek besig was om onfiks te raak.
En gewig aan te sit. Ek het besef dat ek met een of ander sportsoort
sal moet besig raak, want mens moet darem fiks bly.

Ek het besluit dat die alternatiewe tussen rugby, draf en snoeker is.
Ek het op laasgenoemde besluit.

DD

Sport & ontspanning | 0 kommentare

So ek hoop die rugby gaan beter van nou af.

Do., 14 April 2005 07:50

My span is KAK! fok alleen weet wat aangaan met die cats nie.

Sport & ontspanning | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    309  310  311  312  313  314  315  316  317  318  319  320  321  322  323  324    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 06 21:24:35 UTC 2026