Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

gediggie

Do., 05 Mei 2005 09:04

Ouma en oupa sit op die stoep , Oupa gee n helse poep ,Ouma vra wat
mekeer , Oupa se my hol is seer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Vuilis II

Wo., 04 Mei 2005 22:05

Vuilis II - deur Vrot Tamatie 1899

Net voor die turn of the century het Vrottie hierdie lieflike dingetjie geskyfetjie.

"nja, hetz schy gekoopen?"

Dit was die begin van die afrikaans taal.

Nou, as daardie sefde taal kom by n einde (o ja!), die selfde lyn lyk soo:

"ja, het sy dit gekoop?"

As you can see, a truly basterdizes rendition of a total load of shit.

Kyk uit vir more se les.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Mooi Poetry

Wo., 04 Mei 2005 05:05

Hier is nog mooi poetry vir julle skelms.

Ai Tog -deur van wyk High

Ai een dag loop ons mooi
Ai twee daes loop ons stooi
Hoe hoe hoer ek klim die boom
En toe val ek op my poephol

Sien julle, hoe lekker is dit om so mooi poetry te leer.

Meer van hierdie lieflike afrikaanse poerty kan gekry word by eenige CNA

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die wilde tuin

Wo., 04 Mei 2005 04:22

Die Wilde Tuin - deur Smoky die Roeker 1929

Op n reenige dag in Oktober
kry ek n ideie om te rober
Ah-Ha se die cop met n piel op sy kop
M-hm se die predekant en begin te lag

Meer van hierdie lieflike diggies kan maklik gekry word by eenige boek winkel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Begraafplaas, Mamre " deur DANIEL HUGO

Di., 03 Mei 2005 21:43

BEGRAAFPLAAS, MAMRE
Daniel Hugo

1
party met 'n kopsteen soos 'n gewel
rus die broeders en die susters hier:
kompleet Mikro-huisies teen die heuwel

11
in die teenwoordigheid van die dood
glo ons graag in die Hierna:
dat daar 'n oortog sal wees
op 'n drywende kruis of 'n kano

maar geloof alleen
is dalk nie genoeg nie
daarom plaas ek 'n muntstuk
op die gehawendste grafsteen

as 'n aalmoes of obool
vir die onsalige siel
wat nog duskant ronddool

Prosa & poësie | 0 kommentare

Dassiepis

Di., 03 Mei 2005 21:40

Gedurende ons onlangse besoek aan Kalifornië het ons mense
besoek wat ons vantevore in Ottawa leer ken het. ( Hulle was
uit Rusland, maar toe alreeds Kanadese burgers.) Hy werk nou
in Santa Cruz. Die vrou vra ons toe of ons vir een van haar
kennisse in Ottawa, wat onlangs 'n operasie ondergaan het,
'n soort medisyne sou terugneem, wat glo nie so geredelik
in Kanada beskikbaar is nie, maar glo taamlik goedkoop in
die VSA is, as jy weet waar om dit te kry. Die Russiese naam
van die medisyne is "Mumie." Dit het my nie lank geneem
om te verstaan aan haar verduidelikings dat sy van Dassiepis
praat nie.
In die "Dictionary of South African English" word Dassie-
pis as volg beskryf:

Hyraceum: "klipsweet" the solidified urine of the
Dassie used medicinally by country and Khoi
People.
"Early travellers in the Cape.were puzzled
by a substance they found in some caves,black
masses like pitch. Thunberg thought it was
bitumen, but the Bushmen and Hottentots knew
better. They call the substance klipsweet or
dassiepis. In the Cape Pharmacopoeia it is
listed as Hyracium. Hyracium has been used
as a medicine for centuries."

Die vrou in Santa Cruz het vir my iets oor Mumie op die
Internet uitgedruk sodat, as ek daarmee op die grens gevang
word, ek kan verduidelik wat dit is. Volgens die informasie
het Aristoteles dit al beskryf. Dit word gewoonlik in berge
gevind, op die mure van grotte. "Research has shown that
its main ingredient are harvest mice droppings. Melting in
the sun, they seep into the cracks of the rocks, and is enriched
with minerals. Naturally, the composition of the droppings
depends on the food the mice eat. . This is why composition
of mumie found in different caves or even collected at different
times of the year is different..
Mumie belongs to the group of biosynthesis boosters.
It means it does not fight any specific problem but instead
stimulates each cell of the body. What is most important
is that in case of damaged organs or wounds, the body instead
of scar tissue produces new healthy functional cells. "
L.G. Green Karoo (1955)

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Camerama - dankie Patrick:-) - DurbsMap.jpg (0/1)

Di., 03 Mei 2005 18:57

Empire Cinema
Daily at 3, Nightly at 7.45

Admission - 6d., 1/- and 1/6.
Children Halfprice to Matinees.

en op 'n ander plek: (waar die stad beskryf word)
Cleanest Town in South Africa
One of theFinest Climates in the World
Unlimited Supply of Pure Water
Wide Tar-paved Streets
Electric Street Lightning
ens. ens. ens.

Baie dankie, Patrick. Dit het vanmôre gekom:-)
Ek bestudeer dit nog van hoek tot kant -

Hoe op aarde het die kaart in, asof nuwe, toestand gebly?
Dit is dan soos nuut -

Dave

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vlaanderen biedt Zuid-Afrika 22,5 miljoen euro ontwikkelingssteun

Di., 03 Mei 2005 16:50

Vlaanderen biedt Zuid-Afrika 22,5 miljoen euro ontwikkelingssteun
PRETORIA (BELGA) = Vlaams minister van Buitenlands Beleid
Geert Bourgeois en de Zuid-Afrikaanse minister van Buitenlandse Zaken
Nkosaza Zuma hebben zaterdag in het Zuid-Afrikaanse Pretoria de
'Strategienota Ontwikkelingssamenwerking Vlaanderen-Zuid-Afrika'
ondertekend. Daarin engageert Vlaanderen zich om tussen januari 2005
en december 2010 in totaal 22,5 miljoen euro vrij te maken voor
ontwikkelingssteun aan Zuid-Afrika.
Zuid-Afrika mag dan tot de rijkere Afrikaanse landen behoren, de
kloof tussen arm en rijk blijft er groot. In de strijd tegen de
werkloosheid (landelijk bijna 30 procent) en HIV/AIDS (in sommige
streken is tot 41 procent van de bevolking besmet) is nog een lange
weg af te leggen.
De keuze voor Zuid-Afrika is dus zeker niet toevallig. Volgens
minister Bourgeois mikt de strategienota ook op de uitbouw van een
"structureel beleid" waarbij gemikt wordt op specifieke sectoren (bv.
landbouw, voedselveiligheid en gezondheid).
Daarnaast is er ook een duidelijke "geografische focus". Concreet
werden drie Zuid-Afrikaanse provincies - elk met een eigen specifieke
problematiek - uitgekozen. Het gaat om Kwazulu-Natal (initiatieven
rond voedselveiligheid en landbouwontwikkeling), Limpopo (landbouw en
agro-toerisme) en Vrijstaat (HIV/AIDS-preventie en jobcreatie).
Financieel wil Vlaanderen voor die drie provincies jaarlijks 1,5
miljoen euro vrijmaken en dat over een periode van vijf jaar. Dat
maakt een totaal van 22,5 miljoen euro tegen 2010.
De Zuid-Afrikaanse minister Zuma toonde zich zaterdag bijzonder
tevreden met het samenwerkingsakkoord. "Deze overeenkomst bevordert de
samenwerking en versterkt de bilaterale banden", aldus Zuma.
Jaarlijks maakt Vlaanderen dus 4,5 miljoen euro vrij voor
onwtikkelingssteun in Zuid-Afrika. Dat is ongeveer een kwart van het
totale jaarlijkse budget voor de Vlaamse ontwikkelingssamenwerking,
dat 16,2 miljoen euro bedraagt. Van die 16,2 miljoen euro gaat er ook
zo'n 5 miljoen euro naar Mozambique. De overige 6 miljoen euro wordt
in Vlaanderen onder meer gespendeerd aan sensibilisering en
communicatie.
In Zuid-Afrika gaat het Vlaamse geld naar bepaalde
overheidsprogramma's. Vlaanderen lanceert met andere woorden zelf geen
projecten, maar steekt geld in initiatieven die de Zuid-Afrikaanse
overheden beheren. Om eventuele financiële wantoestanden te vermijden,
is onder meer een jaarlijkse externe audit voorzien.
De Vlaamse regering schaarde zich recent achter de strategienota
van Bourgeois. In de komende maanden worden de programma's preciezer
ingevuld en na de zomer moeten de financiële knopen definitief
doorgehakt worden.
Naast de invulling van de strategienota pleitte Bourgeois er
zaterdag ook voor om de Vlaamse economische expertise te "exporteren"
in de ontwikkeling van kleine en middelgrote ondernemingen (KMO's) in
Zuid-Afrika.
De ondertekening van de strategienota kadert in een zevendaagse
rondreis van minister Bourgeois door Zuid-Afrika

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: wapens weggeneem

Di., 03 Mei 2005 16:25

de boskabouter wrote:
>
http://vaandel.co.za/services.htm#So%20gaan%20ons%20wapens%2 0weggeneem%20word!

Ek wonder hoekom is die ANC so bang vir vuurwapens in die hande van
wetsgehoorsame burgers.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaners moet spyt op alle vlakke wys

Di., 03 Mei 2005 16:24

Fanie Cloete is 'n kruiper! Hier is die bewys:

------------------------------------------------------------ ---------

Afrikaners moet spyt op alle vlakke wys

Fanie Cloete


Die idee van 'n besondere verantwoordelikheid op Duitsers om konkreet
hul spyt oor die oorlogsmisdade te wys, het onlangs in Duitsland begin
uitkristalliseer. Parallelle met die Suid-Afrikaanse ervaring skep 'n
nuttige vergelykende denkraamwerk om meer sistematies te kyk na hoe
Afrikaners op verskeie vlakke kan probeer vergoed vir die
ongeregtighede van die apartheidstelsel.

Die Duitse voorbeeld dui op die belangrikheid van 'n eksplisiete
aanvaarding van verantwoordelikheid deur die aandadiges en selfs hul
nageslagte om op verskillende vlakke te probeer vergoed daarvoor.

Die kern van die morele en religieuse transformasie in Suid-Arika
behoort reg stellende aksie te wees in die vorm van onder meer konkrete
reparasies op godsdiens-, morele, politieke, kultuur-, maat skaplike,
finansiële en ekonomiese terrein. Hiersonder sal Afrikaners ander
nooit kan oortuig van hul bona fide-spyt oor wat gebeur het nie, en sal
werklike versoening vertraag of verhinder word.

Calvinistiese dogma is dekades lank in Suid-Afrika misbruik om
apartheid te help verfyn, te vestig en uit te bou. Dieselfde dogma leer
egter ook dat 'n mens jou alledaagse denke en optrede voortdurend moet
toets aan aanvaarde Christelike beginsels, en moet aanpas as dit blyk
dat daarvan afgewyk word, en dat 'n mens aan ander moet doen wat jy aan
jouself gedoen wil hê. Daar is tans min tekens van sulke regstellende
aksie in die praktyk.

Leiersfigure wat na bewering namens Afrikaners praat, het in die
onlangse verlede ook taamlik konsekwent in die media 'n negatiewe beeld
van Afrikaners begin skep. Dit behels die persepsie van 'n groep mense
wat, soos in die verlede, net bekommerd is oor die behoud van hul eie
taal, kultuur en geleenthede deur slegs hul eie minderheidsregte en
-belange op elke terrein op te eis sonder grootskaalse , groothartige
uitreiking na die mense wat hulle in die verlede onderdruk het.

As hierdie negatiewe persepsies van Afrikaners wat na buite
geprojekteer word korrek is, het Afrikaners 'n opdraande stryd vorentoe
om hul toekoms te probeer verseker. Pleks van selfsugtige pogings tot
hernieude kunsmatige beskerming van hul taal- en kultuurregte sal
konkrete seine uit Afrikaner-geledere dat verantwoordelikheid aanvaar
word vir apartheidsonregte in die verlede meer bydra om
Afrikaner-belange te bevorder en Afrikaners se legitimiteit by sowel
hul eie swart landgenote as oorsee te herstel.

Pres. Thabo Mbeki het die noodsaaklikheid hiervan bevestig in sy
onlangse openingstoespraak in die parlement toe hy gevra het om volle,
sigbare samewerking van almal om die ongeregtighede van die verlede op
sigbare wyse uit te wis.

Politiekgewys het Afrikaners reeds afstand gedoen van hul outoritêre
minderheidsmonopolie. Konkrete maatskaplike, kultuur-, taal-, rasse- en
ekonomiese regstellende aksie om slagoffers van apartheid te bemagtig,
is egter ook deel van hierdie verantwoordelikheid.

Afrikaners behoort die uitdaging eksplisiet te aanvaar en hul bona
fide- spyt deur konkrete hulp met opheffings pogings in die praktyk te
demonstreer.

Een voorbeeld van sulke regstellings is die openlike aanvaarding van
voorkeuraanstellings van lede van histories benadeelde groepe in
instellings waar daar regstreekse of onregstreekse kollektiewe rasse-
en ander diskriminasie voorgekom het. 'n Ander is sigbare aftakeling
van uitgediende diskriminerende waardestelsels en praktyke op alle
vlakke, soos werklike kerkeenheid en werklik veelrassige Afrikaanse
kultuurorganisasies.

Nog een is grootskaalse finansiële en ander steun aan ontwikkelings-
en bemagtigingsprojekte op nasionale vlak in arm swart en bruin
gemeenskappe deur Afrikaanse kerk-, kultuur- en ekonomiese
organisasies.

Fanie Cloete is verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch.
http://www.news24.com/Rapport/Standpunte/0,,752-823_1694882, 00.html

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Bladsye (1834): [ «    305  306  307  308  309  310  311  312  313  314  315  316  317  318  319  320    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 02:01:10 UTC 2026