Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wie gaan

Wo., 18 Mei 2005 07:28

Die Super12 wenners wees?
--
Groetnis
Annette

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Rex Trueform

Wo., 18 Mei 2005 06:57

Ek hoor vanoggend dat die fabriek nou oorgeneem word deur 'n BEE groep....
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Swart komedie

Wo., 18 Mei 2005 06:30

Het julle gelees Sondag van die lyk wat op pad graf toe uit die kis geval
het toe die bodem van die kis meegegee het?
Ek kan nie bepaal waaroor die familie die meeste ontsteld is nie - oor die
kis se bodem wat met krammetjies geheg was, ipv vasgespyker, of oor die lyk
wat kaal was toe dit uitval nie.
--
Groetnis
Annette

Humor & grappe | 0 kommentare

Oor invoere III

Di., 17 Mei 2005 20:39

DNIK - Suidwester ou seun, baie dankie dat jy in die slaggat geval het. Die
woord is juis so gespel sodat jy moet....raai......raai weer......DINK !!!

Verder, met die 60MHz storie- dink jy nou vir een oomblik mens kan nie die
radio invoer en dan die frekwensie module met 'n 35 MHz module vervang nie?
Daar is mense wat die plaaslike sowel as die ingevoerde radio's regmaak,
versien en modifiseer.

Verder wil ek net vir jou as histeriese handelaar en plaaslike mafia-lid
vertel: julle is juis die mense wat jou mede-burgers uitbuit en dan staan en
tjank as daar 'n ander opsie tot redding van die verbruiker kom. Ek sal my
vrye keuse as verbruiker uitoefen. Vertel eerder vir die mense op die
nuusgroep hoe jy waarskynlik die belastingstelsel bevark deur jou
kruideniersware maandeliks te koop as "entertainment" vir jou klante. Of is
jou bediende nie miskien ook op die besigheid se boeke nie? Wat van die
visvang trips by Henties vir jou broers, anties en ooms? Betaal jy of die
besigheid? Ry jy miskien 'n diesel voertuig? Hoekom het jou besigheid
onlangs bakstene, verf en sement aangekoop maar niks word op die perseel
gebou nie? Hoekom het die besigheid Suidwester familie in SA/ Engeland/ VSA
opgebel en vir ure aaneen geklets? Vra my al die goed ou boet, ek het ook
familie wat lid van hierdie tipe mafia is. Ek ken julle.

Bottomline: ek soek plaaslik rond en voer dan meestal in want die plaaslike
handelaars se pryse is mal en hulle diens pateties. Veral as jy die ding
terugbring onder waarborg.

"If you can't stand the heat then stay out of the kitchen".

Dames en here, hiermee sluit ek die onderwerp af. Ek bedank julle hartlik
vir die entoesiasme waarmee julle aan die gesprek deelgeneem het. En
Suidwester, moenie bek-af voel nie, laat ons die ding nou hier los en "agree
to disagree". Aangesien jy nou waarskynlik 'n bitterbek gevoel in jou
binneste het - sorry man!

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Borstkanker treft popzangeres Kylie Minogue

Di., 17 Mei 2005 10:47

Kylie Minogue trad eind maart nog op in het Antwerpse Sportpaleis met haar
"Kylie showgirl - The greatest hits"- tour. De popzangeres moest woensdag
eigenlijk de aftrap geven van haar tour in Australië.

"Hopelijk draait alles goed uit en kan ik snel terugkomen", reageert
Minogue. Ze kreeg het slechte nieuws afgelopen week te horen. Ze verbleef
toen net bij haar familie in Melbourne.

Minogue betreurt het sterk dat ze niet kan optreden voor een thuispubliek en
verontschuldigt zich.

http://vrtnieuws.telenet-media.be/nieuwsnet_master/default/n ieuws/overzicht

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ontstaan van de taalgrens

Di., 17 Mei 2005 10:39

De taalgrens is meer dan zestien eeuwen oud

Germaanse invallers schoven in de vierde eeuw de taalgrens op naar het
zuiden. De Lage Landen zouden voortaan twee grote culturen kennen: de
Germaanse in het noorden en de Latijnse in het zuiden.
Na de Romeinse verovering raakte de elite van Keltische en Germaanse
stamhoofden in de Lage Landen snel geromaniseerd en nam ze het Latijn over
als voertaal. De Germaanse invallen in de vierde eeuw na Christus brachten
verandering.

In 355 vielen Germaanse Franken de Lage Landen binnen. De Romeinse generaal
en latere keizer Julianus sloot met hen een compromis. Ze konden blijven als
ze de Rijngrens verdedigden tegen andere Germanen.

Keizer Julianus legde de taalgrens vast

De Franken mochten zich van Julianus enkel vestigen ten noorden van de
belangrijke handelsweg van Boulogne via Tongeren naar Keulen.

Ten noorden daarvan waren de Germaanse Franken talrijker. Hun taal verdrong
er het Latijn en uit het Frankisch ontstond het latere Nederlands.

Ten zuiden van de heirbaan hield het Latijn stand, dat hier evolueerde tot
Frans. De Germanen die zich daar vestigden, assimileerden zich met de
talrijkere Gallo-Romeinse bevolking.

De verfransing rukt op over de taalgrens

(foto Wikipedia)
Middeleeuwse staatjes zoals Brabant en Luik werden bepaald door erfenis en
verovering en de taalgrens kronkelde er gewoon doorheen.

De Bourgondische hertog Karel de Stoute (foto) voerde het Frans in de
Nederlanden in als bestuurstaal, maar na zijn dood in 1477 werd dat terug de
volkstaal, het oude Nederlands.

De 18e eeuw en vooral de Franse overheersing (1795-1815) kende een snelle
verfransing van de toplaag, ook in Vlaanderen, en na 1830 werd het Frans de
officiële taal van het nieuwe België.

Van taalstrijd tot officiële taalgrens

De moeizame strijd van de Vlaamse beweging tegen de verfransing leidde in de
19e en 20e eeuw tot de erkenning van het Nederlands als een van de officiële
talen voor het bestuur, het onderwijs en het leger.

Na moeizame onderhandelingen werd in 1963 de taalgrens officieel vastgelegd.
Ten noorden daarvan zou het Nederlands de enige officiële taal worden, ten
zuiden het Frans en in de Oostkantons het Duits. Brussel werd tweetalig.

Uiteraard waren er plots minderheden aan beide kanten van de taalgrens. Om
hen tegemoet te komen, werden in tal van gemeenten rond Brussel, maar ook
elders en langs de Oostkantons faciliteiten ingevoerd. Dat verminderde de
spanningen niet, zeker niet in de woelige gemeente Voeren.

Onderdeel van West-Europese taalgrens

De taalgrens in België maakt deel uit van een veel grotere taalgrens die
door West- en Centraal-Europa loopt. Ook die scheidt het Germaanse noorden
van het Romaanse zuiden.

De taalgrens begint aan de Kanaalkust in Noord-Frankrijk, waar bij sommigen
nog "Vlaemsch" gesproken wordt in Frans-Vlaanderen, de streek rond
Hazebrouck, Kassel en Duinkerke.

Daarna trekt de grens doorheen België en Luxemburg (met het Frans en het
Germaanse Letzeburgs), zo verder langs de Elzas (Elzassisch ontstond uit het
Germaanse Allemannisch) en tot in Zwitserland met zijn talencocktail.

vrtnieuws.net

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Elaine en HP

Di., 17 Mei 2005 09:07

Elaine, indien jy nie weet nie, of vergeet het - kry genoeg slaap - die nuwe
Harry Potter boek kom uit op 16 Junie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Oor invoere II

Ma., 16 Mei 2005 22:34

Die redenasie oor waarborge hou nie water nie. Vir 'n addisionele USD 35 kon
ek 'n global guarantee by bhphotovideo.com uitgeneem het. Dit sou my USD26
gekos het om die kamera weer by hulle uit te kry. Hierdie global guarantee
dek alles vir vyf jaar, Canon SA het nie eens so iets nie. Selfs as ek my
kamera in die swembad laat val sal hulle die ding vervang. Buitendien, die
tegnologie verander deesdae so vinnig dat as jy die kamera onherstelbaar
verniel het, kry maar eerder die nuutste latest. Nee wat, gogga try nou om
vir baba bang te maak met waarborge. Eerste ding wat Canon SA ook getraai
het. Augustus hierdie jaar is my kamera 'n jaar oud, sonder enige Canon SA
waarborg. En hy neem nog uitstekend foto's. Sonder 'n Canon SA waarborg.

Nou sê julle slim handelaars wat hier wegkruip op hierdie nuusgroep bietjie
vir my: hoekom is McDonalds se pryse wêreldwyd min-of-meer aangepas met die
plaaslike geldeenheid. Pas nou op wat jy sê, dink 'n bietjie of jy die
storielyn van "plaaslike landbou produkte" moet gebruik. Hongkong het nie
juis beeste waarvan ek bewus is nie. Beide Canon SA en Canon USA kry hulle
kameras vanuit Japan en Hongkong het nie beeste nie. Maar tog eet hulle
realisties-geprysde McDonalds produkte. Wat nie deur 'n Canon SA waarborg/
software upgrade/ guaranteed lobotomy gedek word nie.

DNIK! ;-)

Terwyl ek as "dief" uitgemaak word vertel tog van die mense van Zimbabwe
dieselfde storie. Ek hoor hoeka dat hulle oor die Beitbrug grens stroom om
goedkoper brandstof in SA te kom koop. Sulke rakkers!!! In fact, hulle elite
zanu-poefter regeerders kom gereeld vir inkopies SA toe. Sulke diewe!! En
dit sonder 'n Canon SA waarborg........hoe gaan ek vanaand 'n oog toemaak
want ek het nie 'n Canon SA waarborg nie. Gaan die son weer opkom want daar
is nie 'n Canon SA waarborg op dit nie. Shame.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Lente in Vlaandere

Ma., 16 Mei 2005 15:43

Deze foto is geneem op 16 mei om 15.30 in die beemde van Wolvertem (Vlaams
Brabant)
http://tinypic.com/54ehbr

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Snoek

Ma., 16 Mei 2005 15:37

Ek merk vandag die woord "snoek" in die Oxford Dictionary.
Die verklaring is as volg:

South African. A barracouta. ( Afrikaans from Dutch = pike.)
From Middle Low German snök, probably related to SNACK.

Sover ek weet, is die woord snoek nie algemeen in gebruik in
Nederlands of Vlaams nie. Hoekom so 'n woord dan nou so
wydverspreid in SA gebruik word, is dus ietwat verbasend.
Die woord moes sy oorsprong baie vroeg, seker aan die weskus
van die Kaap, gehad het en toe oor die hele land versprei het.
Dus het mense op die weskus vroeg die Middel Lae Duitse
woord snök gebruik vir hulle gedroogde vis. Die woord verwys
blykbaar nie na die soort vis waarvan dit gemaak word nie,
maar na die feit dat dit 'n "snack" is, dus 'n lekkerny.

Word snoek altyd van barracuda ( die spelling waaraan
ek gewoond is) gemaak?

Ek besluit toe om ook die woord "snoek" in die Dictionary
of South African English na te slaan. Hulle vertel die
volgende.

Thyrsites atun, the edible, small-scaled marine
fish of the Germpylidae family common in Cape
waters. It is frequently salted and dried, or smoked,
especially at the Cape where it is used for the
traditional dishes smoor ~~.. Afrikaans from
Dutch ( zee) snoek, sea pike.
J. Ewart 1811
" Snoek, a long oily fish.. forms the principal
food of the slaves."
L.G. Green 1951
" In naming the snoek "zee snoek" the pioneers
obviously realised that they had found something
different from the Dutch fresh-water pike."

Die twee woordeboeke verskil dus drasties oor die oorsprong
van die woord snoek. Die een sê dit kom van "zee snoek" af,
die ander van die Middel Lae Duitse " snök." Ek wonder wat
is die waarheid.

Gloudina

Kos & resepte | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    300  301  302  303  304  305  306  307  308  309  310  311  312  313  314  315    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 08:33:14 UTC 2026