Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Derde Mag.

Wo., 08 Junie 2005 10:55

Ronnie Kasrils het mos nou die NIA opdrag gegee om uit te vind of daar 'n
derde mag bestaan wat agter die optogte en betogings van die afgelopie
rukkie sit.
Ek, as 'n doodgewone landsburger, kan hom en die staat baie geld spaar.
Ek sal sommer gratis vir hom laat weet hy moet die rede gaan soek by die
Eerste Mag.:)
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Noodvoedsel in Afrika

Wo., 08 Junie 2005 09:43

Hier by ons in die Caprivi, is 'n groot ontdekking gemaak: 230 ton se
noodvoedsel is verrot en ongeskik in 'n stoor gevind in 'n gebied waar die
mense groot nood ondervind. Dié voedsel, geskenk uit die buiteland om
behoeftiges deur die moeilike tye te help, is nie uitgedeel nie omdat die
mense wat dit moes doen, nie oortyd betaal word deur die staat nie! Afrika
se gierigheid is sy eie grootste vyand...

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Skadelike advertensies

Wo., 08 Junie 2005 06:43

Met vandag se mense wat nie meer lees nie, en al hul kennis opdoen deur
televisie te kyk, behoort programme en advertensies tog so te wees om
opvoedkundig te wees, ipv om verkeerde idees in mense se koppe te plaas.
Die nuwe petroladvertensie van die jong seuntjie by die troue is van
toepassing. Ek kry die arme slapende oupas jammer.

Die ander advertensie wat my naar maak is die een van KFM ( ek dink) van die
dameslawe op die rowerskip.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Selfde as die ou dae

Wo., 08 Junie 2005 06:02

Ons word vertel dat Mbeki en Zuma nog geen woord met mekaar gepraat het nie.
Intussen is daar glo 'n berig in 'n groot Sjinese dagblad dat Zuma oor drie
dae afgedank sal word.

Nou weet die Sjinese meer as ons wat hier bly...
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

brief by die Engelse ng

Di., 07 Junie 2005 18:31

Gisteraand (06-06-2005 / 9:57 pm)
is daar 'n brief gepos deur 'joe'
met die titel ' Come tour South Africa'
by soc.culture.south-africa

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Proteas

Di., 07 Junie 2005 11:25

Ek hoor die naam van een van ons proteas behoort nou aan Yank maatskappy.
Veral in California teel hulle nou hul eie proteas en verkoop dit baie
suksesvol op die wereld mark. Is die naam boegoe nog ons s'n of behoort ook
nou al aan 'n Yank maatskappy? Ek wonder hoe gebeur dit of wie gee die
regte oor aan maatskappye om so 'n naam te patenteer as hulle eie. Ons kon
ook met die naam protea gemaak het soos hulle gemaak het met die naam "Port"
en "Champagne". Soos die regte van daai plant wat die San uitgewys het as
die wonder dieet kuur verryk nou 'n Yank maatskappy!

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Ekonomiese oplewing

Ma., 06 Junie 2005 14:18

Clover en SAB Miller het gister bekend gemaak dat hulle 'n gesamentlike
onderneming (joint venture) begin om 'n nuwe bruisdrankie te vervaardig.
Dit bestaan uit 'n mengsel van bier en suiwel en die verwagting is dat dit,
met 'n eg Suid-Afrikaanse karakter, groot byval by die meeste sektore van
die bevolking sal vind.
Die drankie sal onder die handelsmerk Sabier Shake bemark word.

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Wit & Swart Grappe

Ma., 06 Junie 2005 09:08

Die grappie van Anette laat my terug dink aan die een...

Na die 94 verkiesing en toe dinge begin verander het in SA toe vind die Van
der Merwe's hulself met swart buurmense die Lebaka's. In al twee se
gesinne was daar twee jong laaities en van die eerste dag af was klein Kosie
Van der Merwe op Sipho se case! Hei Sipho ons huis is groter as julle huis.
Hei Sipho my pa se kar is beter as jou pa s'n. Hei Sipho my fiets is
vinniger as joune. Arme Sipho het dit bêd gehad want elke keer as Kosie vir
Sipho sien dan skiet Kosie vir Sipho 'n "ons s'n is beter" kaart. Eendag
begin ou Kosie nog met "Hei Sipho... toe Sipho terug haak met "Hei Kosie ons
bly langs wit mense julle woon langs darkies!".....Kosie was nooit weer
dieselfde na dit nie...

O ja dit is nou nie meer polities korrek om "Darkie/s" te sê nie maar Donker
Sleutel/s word aanvaar.

Humor & grappe | 8 kommentare

Waarnatoe nou Zuma?

Ma., 06 Junie 2005 09:04

Lyk my die druk word nou bietjie erg op die ANC en hul kokkedore. Hulle moes
maar die besluit al 2 jaar gelede geneem het, en 'n paar minder stemme met
die verkiesing getrek het. Nou is dit effe erger.
Ons praat so oor die storie die naweek, en Zuma wat weereens beweer hy het
niks verkeerd gedoen nie.
Al slotsom waartoe mens kan kom is dat hulle al so gewoond is om die
verkeerde goed te doen, dat hulle nie eers meer weet wat reg is nie.

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Regstellende aksie [vervolg]

Ma., 06 Junie 2005 07:38

Die gevolge van regstellende aksie is iets wat die politici nie graag
raaksien nie want dan moet hulle erken dat hulle verkeerd is. Die feit dat
daar geen plaasvervanger is vir ondervinding nie, is iets wat nie by hulle
indring nie want dan sal hulle ook moet erken dat hulle, die politici self,
ook maar onlangs aan't mag gekom het en eintlik SELF nie veel weet van
administrasie nie. Kundige mense met jarre se ondervinding van onderhoud
en voorsorg tref in 'n land se dienste, word vervang met swart mense ongeag
van die feit of hulle die werk kan doen of nie. En dis nie net op
regeringsvlak nie. Hier in Namibië vou die een na die ander dorp se
munisipaliteit weens wanbestuur en korrupsie. Water- en
elektrisiteitsvoorsiening aan dorpe word gestaak weens wanbetaling want die
swart onervare raadslede is besig om die inkomste van die dorp verkeerd te
bestuur tot hulle op die punt kom waar die dorp nie meer sy water-en
elektrisiteitsrekening kan betaal nie. Nou sit die dorp se inwoners met 'n
sleg probleem. Inwoners wat wel op datum is met hull rekeninge, se water
en ligte word ook afgesny want die hele dorp se voorsiening word gestop!
Die grootste 'Duh?' nog seker in die politieke geskiedenis van ons land
het gekom toe vir 'n minister gevra is hoe regverdig hy steeds regstellende
aksie 15 jaar na onafhanklikheid? Gesien in die lig van dat 'n hele geslag
kinders van alle geslagte gelyke geleenthede op skoolvlak gehad het, hoe kan
hy regstellende aksie nog steeds toepas op blanke matriekulante? Die
antwoord is natuurlik eenvoudig! Dis nie regstellende aksie nie.....dis
swart bemagtiging, plein en simpel. Rassisme.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    293  294  295  296  297  298  299  300  301  302  303  304  305  306  307  308    »]
Tyd nou: Di. Apr. 07 18:30:06 UTC 2026