Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suidwester...

Wo., 24 Mei 2006 09:58

...siende dat jy kennis het oor 'n wye spektrum van goed wat dink van die
Canon Powershot A530, is dit 'n oraaite digicam om naweek klub rugby en
kiekies te neem? Wat dink is dit die beste om 'n digicam te koop van ouens
wat spesialiseer in sulke kameras soos, codak, canon and nikon??

Dankie
Deneile

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo Almal

Wo., 24 Mei 2006 05:22

Ek is bly om uiteindelik weer terug te wees. Ek het by 'n nuwe plek
begin werk, en die ouens hier blok toegang tot newsgroups. Ek was dus
gedwing om by Google aan te sluit.

Ek sien die kaas koppies is nie meer so aktief soos 'n maand of twee
gelede nie, hoe het julle dit reg gekry

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

mense leer ken

Di., 23 Mei 2006 15:48

Hallo almal
Ek sit daagliks en lees op hierdie nuusgroep en vind dit baie interresant.
Veral om te raai wie is wie en hul agtergrond, beroep en ouderdom.
Hoe lyk dit met meer inligting oor julself om die prentjie meer helderder te
maak en dit makliker te maak vir my en ander nuwe(rige) ng lesers om saam te
kan gesels.

Groete

Jan

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

" Bloubaard verwelkom sy vrou " deur HENNING PIETERSE

Di., 23 Mei 2006 00:24

H.J. Pieterse
Bloubaard verwelkom sy vrou

Ek wag al soveel dae op jou;
kyk hoe maer het ek geword van verlange.
My lanings vul die wind groen in,
maar my gange is leeg, my gange is leeg.

Voëls volg jou heeltyd op jou lang pad
waar jy rustig deur blou aande aankom.
Jy stap altyd lig, 'n naaldekoker bo
'n vloeiende reënboogsproei.

Om my hou klippe asem op.
Die son raak agter wasigheid weg.
Ek verbeel my ek sien jou reeds
newelrig oor my heuwels.

Jou topaasoë kyk van ver af
koel na jou nuwe woning.
Nou is jy eindelik hier, stil een;
welkom in my kasteel.

Groet my aalwyne, vriendelike wagte
of fakkels, op aandag op my mure,
en laat my gange jou lok na binne
met 'n groen wind deur ons kamers.

Prosa & poësie | 2 kommentare

n storikie oor J

Ma., 22 Mei 2006 19:51

Storike van iemand. Kom ons noem hom J. Onnas.
Hy was n koerantman. Crime reporter of limited means and expression
maar n gaatkruiper. Baaie gaat gekruip by die news editor wat n grote
pienk man was, hoor mense.
Nie gevorder nie al kruip hy gaate.
Gaan toe na die Sunday Press waar hy flop as small time organiser of
editorial staff.
Kry toe n kleine kantoor waar hy belangrik lyk maar fokkol doen want hy
is nog altyd a small time crime reporter of limited means elevated by
time and habit tot na die vlak van harmless.Mense by hom is fokken bly
hy skryf nie meer nie want hy het kak geskryf.
Bly in n safety housing estate uit aan die weste van johannesburg. Naby
Danny Rooi.
Hy sit by n Sunday Press wat baie linkser as hy is maar hy het nie die
guts om sy CP klere te wys nie. Old time CP. "Oom Eugene" type CP.
Koffiefontein type CP.
But a coward, our J. Onnas.
So hy sit nou en snipe maar hy raak oud en is steeds n small time crime
reporter of limited means and expression. Wat nie meer skryf nie want
hy is a kak skrywer.
Of hoe nou ou J.Onnas?
Onthou jy daai kruip van die gate wat jy so gedoen het by die pienk
man, huh?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jonas....

Ma., 22 Mei 2006 15:36

...ek hoor jy het weer die bottel begin slaan.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hallo Afrika! Boervolk Elections/Verkiesing van Verteenwoordigers vir die Boerevolk.

Ma., 22 Mei 2006 14:18

Dr Lets Pretorius en Riaan Smith praat direk uit Pretoria en bespreek
die komende verkiesing vir 'n Verteenwoordigende Raad of Volksraad vir
die Boerevolk, vertel kortliks die geskiedenis van die Boerevolk, en
verduidelik hoedat 'n volk meer is as 'n nasie, en bestaan uit mense
met 'n gemeenskaplike afkoms en geskiedenis. Die komende verkiesing van
verteenwoordigers vir hierdie volk sal 'n internasionaal-erkende
verkiesing wees. Dr. Pretorius verduidelik ook die verskil tussen die
begrippe "Afrikaner" en "Boer."

Die Suid-Afrikaanse Republiek wat in 1964 tot stand gekom het, was nie
'n Boererepubliek nie, maar 'n Blanke Republiek, wat die Boere
gemarginaliseer het. Die Boere is verder gemarginaliseer n het. In nie
een van die twee gevalle is die Boerevolk ooit amptelik verteenwoordig
nie. Die komende verkiesing is deel van 'n poging van die Boerevolk om
vir die eerste keer in meer as 'n eeu selfbeskikking te verkry.

Dr Pretorius bespreek ook die vorige week se onluste in Kaapstad deur
swart sekerheidswagte wat die afgelope twee maande lank al staak, en
verskaf die jongste inligting oor die vordering met die
Majuba-Deklarasie.


http://therightperspectivepodcastblog.blogspot.com/2006/05/h ello-africa-boerstraat-elections.html


Bel Frank en John by -91718-761-9996 (New York-tyd, of EST is sewe uur
ná Suid-Afrikaanse tyd. 22:00 of tienuur Vrydagaand in New York is
05:00 of vyfuur Saterdagoggend in Suid-Afrika.)


Direct from Pretoria, South Africa, Dr. Lets Pretorious and Rehan Smith
discuss the upcomming election for the Boerestraat, giving the history
of the Boervolk and explains how a "volk" is more than a nation, with
common blood and history. The upcomming election for this volk is an
internationally recognized election. Dr. Pretorious also explains the
difference between an Afrikaaner and a Boer.

The creation of the South African Republic in 1964 was not a Boer
Republic, but a White Republic which marginalized the Boers. The Boers
were further marginalized after the elections in 1994 that saw the
Communist-run ANC take power. The Boervolk have never had any offical
representation in either case, and the upcomming elections are part of
an effort for the Boervolk to have autonomy for the first time in over
a century.

Dr. Pretorious also discusses last week's riots in Cape Town by black
security guards who have been on strike for the past two months, and
updates on the progress of the Mayuba Declaration.


The Right Perspective - Heard LIVE every Friday 10pm EST over shortwave
WWCR 3.215 Mhz and the Internet at www.therightperspective.com


Subscribe to RSS Feed:
http://feeds.feedburner.com/TheRightPerspectivePodcastBlog

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Zuid-Afrika links

So., 21 Mei 2006 16:49

Ik heb een nieuwe linkspagina omtrent Zuid-Afrika voor jullie;
www.zuid-afrika.afrikalinks.nl Het bevat in een oogopslag veel links &
info om mensen te helpen die op zoek zijn naar gerichte informatie over
Zuid-Afrika. Suggesties zijn altijd welkom!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tobie aka Toubs aka profeet en nog 'n klompie

So., 21 Mei 2006 06:59

Hey julle, heheheeheh
het so paar groenetjies gevang, Gloudina dis Tobie aan die kant. Anner
outjies sallie my ken nie. Lekker om te sien jy lewe nog. ook
Katryntjie. Hoe gannit mettie kokketiel, kielie hy nog jou nek. Die
werfbojaan, lewe hy nog. Wanner kom julle afvalliges terug na RSA, dit
gaan lekker hier man!!! Vra ma virrie mense wat agter gebly het.
Hmmm nou gan julle sien ek het 'n nz agtervoegsel, ma dis part vannie
blufspel heheh
Praat deesdae so bietjie met Dave Dup. Hy se hy lewe lekker in Durbs.
Goed gaan eers. Reakasie van 23 mense op my posting, hmmm, meskien moet
ek terugkom.
Heheheh blessings vir julle almal. Onthou 4 Junei is 'n groot dag
werldwyd. Watch it!
Groete
Tobie, Toubs, Profeet etc etc

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

John Malkovitch gaan hoofrol speel in " Disgrace."

Sa., 20 Mei 2006 11:57

Ek lees vanoggend in Beeld dat John Malkovitch gekies is om
die hoofrol te vertolk in JM Coetzee se "Disgrace." Ek is 'n
groot bewonderaar van Malkovitch, dink hy is een van die beste
hedendaagse akteurs in die Engelssprekende wêreld. Hulle
kon nie 'n beter keuse gemaak het nie.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    215  216  217  218  219  220  221  222  223  224  225  226  227  228  229  230    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 21:24:18 UTC 2025