En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd gesweef;
Van Kaapstad tot bo in die Noorde,
Rys dawerend luid die akkoorde:
Dit is die LIED van Jonk Suid Afrika,
Die lied van 'n volk se ontwakening,
Wat harte laat sidder en beef.
Die klop van ons ossewawiele
Het die eeue se rus verstoor,
Die klank van ons voorlaaierskote
Het in klowe en kranse gehoor.
Die diere het stil staan en luister,
Die bome het bewenend gefluister:
Dit is die KOMS van jonk Suid Afrika!
Waar glorie van songloed die berge
Oor hul fronsende voorhoof streel,
Waar winde oor golwende vlaktes
Met grassaad kejakker en speel,
Die land wat ons vaders gekoop het,
Met bloed tot ons eie gedoop het:
Dit is die LAND van jonk Suid Afrika
Die golwende veld is ons woning,
En ons dak is die hemelblou;
Die Vryheid alleen is ons koning,
Sy wagwoord is: "Handhaaf en BOU"
Die stryd wat ons vaders begin het,
Sal woed tot ons sterf of gewin het:
Dit is die EED van jonk Suid Afrika
Jy wou nie die verhaal glo van die bestuurder wat uiters suksesvol was omdat
hy geweier het om vir sy ondergeskiktes te besluit nie en hulle gedwing en
bemagtig het om vir hulleself te besluit... Dis nie my storie nie en ek
staan nie vir hom pa nie; ek het jou die teksverwysing gegee. Hierdie is
jóú storie en net joune - ek glo hom nie!
Waarom?
Dit sou moeilik vir 'n professionele aktrise wees om met 'n pruik op die
kop, 'n kort en lae-halsrokkie, haar stem, stembuigings, en kenmerkende
liggaamstaal
sê goed te verbloem dat sy deur 'n hele onderhoud met iemand wat daagliks
met haar saamwerk kan gaan sonder dat die persoon dit agterkom, wat staan
nog 'n "blonde" biblioteekaressetjie 'n personnelbestuurder wat opgelei is
om met mense te werk, op dié manier bluf!!
Ek sê nie jy't alles uit jou duim gesuig nie. Dis moontlik dat julle dit
probeer het... Dis moontlik dat sy wel die afspraak gekry het, dat die ou se
oë byna uit sy oogkaste "gepop" het (ek sou waarskynlik ook moeite gehad het
om oogkontak te behou), en 'n ent met die onderhoud gevorder het voordat sy
uitgevang is... Dis moontlik dat julle agterna lekker gelag het oor die
grappie, dat hy daarop afgekom en 'n opperste gek gevoel het... Méér as
dit, glê ek, is aangedik! - te dik vir 'n daalder om te glo!
Mense dink hulle kan die predikant, maatskaplike werker, sielkundige,
landdros, regter ens, 'n rat voor die oë draai en besef gewoonlik nie
voordat dit te laat is dat die persoon dwarsdeur die kluitjie gesien het
nie. Netsoos kinders nie kan verstaan hoe pa of ma weet hulle het die hand
in die koekieblik gehad nie!
"Suidwester" wrote in message
news:eerj5e$hb8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Die string hierbo het te lank geraak. Waarom ek dink jy is in
> personeelbestuur, is uit ondervinding van 'n kollega wat saam met my
> gewerk het so 'n klompie jare gelede. Sy naam en van was beide vanne
> gewees.
> Hierdie man was net so hoogheilig soos jy en het amper met die Bybel
> onder die arm rondgeloop. Hy was die groot stem van vermaning by die
> fasiliteit wat probeer keer het dat ons nie die plek geestelik afbreek
> nie. As 'n werker te hard gestraf word oor hy drooggemaak het, dan kon jy
> hom in jou kantoor verwag [hy kon my nie na sy kantoor toe laat roep nie,
> aangesien hy vir my junior was] en dan het hy vir jou gepreek oor
> menseverhoudinge en hoe die baas eintlik eers 'n werklike volwaardige baas
> word as hy sy werkers ken en hulle behoeftes verstaan...en so aan.
> Die ou het so 'n gewoonte gehad dat, as hy lekker preek, dan maak hy sy
> oë toe soos 'n ou wat 'n lekker stuk vet rib eet. Een van my adjudante
> het met sy preek stilletjies opgestaan en sag verby die ou geloop en agter
> hom gaan staan. Toe die ou uiteindelik sy oë opmaak, toe is sy slagoffer
> weg! Toe die adjudant vir sy konsternasie lag, toe beskyt hy hom!
> Ewenwel, het jy in die algemeen met die man gepraat dan was hy so
> hoogheilig dat jy kon toor met hom. Voor 'n ordergroepvergadering sit ons
> en twak praat en die een ou reken toe dat 'n vrou, as sy slim is en haar
> vroulike voordele aanwend, dan is daar geen man wat sal kan staande bly
> nie. Ons personeelbeampte reken toe dat dit net ons sondige klomp is wat
> kwesbaar is. Dat dit natuurlik 'n slapende hond wakker gemaak het, sou
> hy later tot sy spyt uitvind.
> Daar was 'n bibliotekaresse by ons wat hierdie droommeisie was.
> Blond, lang bene, dun middeltjie en 'n paar, uhm..... wat die manne laat
> drome droom het. Sy het ingestem om saam te werk. Ons het besluit om
> die skynheilige personeelbeampte 'n les te leer. Sy het hom gebel en 'n
> afspraak gemaak vir 'n werksonderhoud as 'n werkswinkel-dame
> [soldeerwerk].
> Die volgende oggend, toe trek sy haarself by die werk ander klere aan.
> 'n Swart pruik, 'n uiters lae hals en 'n uiterse kort rokkie en
> swaai-swaai die gang af na sy kantoor toe. Toe ons man haar sien,
> sekerlik die eerste keer in die geskiedenis, toe storm hy om sy lessenaar
> en trek vir haar 'n stoel nader. Sy gaan sit en sy gaan sit en sy oë kan
> nie wegbly van haar myle bene en die lekkerhede bokant nie. Hulle voer
> die onderhoud en ten spyte van die feit dat sy geen kwalifikasies het om
> in 'n werkswinkel te werk nie, stel hy haar aan 'n posvlak hoër as wat die
> pos in elk geval regverdig en teen veel meer geld as wat vir die pos
> begroot is!
> Sy is daar by hom weg en ons het vir haar in die bib gewag. Ons het
> verskriklik gelag toe sy ons vertel dat hy nie in 'n enkele een van sy
> 'bidsessies' ingegaan het nie. Sy oë was wawyd oop die hele tyd. Toe
> gaan die bib se deur oop en daar staan die man wat die gelag gehoor het.
> Die meisie het klaar die pruik afgehaal en toe kliek die ou hy's vir 'n
> gat gevang......vir die volgende drie jaar wat hy by ons gewerk het, het
> hy nooit weer 'n vrywillige woord met ons gewissel nie.....nie dat dit
> eintlik 'n verlies was nie.
> Die skynheilige se val is verskriklik hard want niemand kan hom help as
> hy val nie.....dis die kern van die storie.
>
Waar kan ek Afrikaanse musiek aflaai? Ek wil nie pirate nie. Ek sal
betaal daarvoor. Soek veral na "Stoutgat treffers". Of as iemand vir my
kan aanstuur.
Is this a dialect or a language? Is it taught is school? Do the professors
teach in Afrikaans?
--
"People who treat other people as less than human must not be surprised when
the bread they have cast on the waters comes floating back to them,
poisoned." ~James Baldwin
'God kan enigeen in SA só gebruik'
Sep 13 2006 11:09:28:800PM - (SA)
Neels Jackson
"As die Here vir Adriaan Vlok kan vergewe en gebruik, dan is daar
niemand in Suid-Afrika wat Hy nié kan gebruik nie."
Dit was gisteraand die laaste minister van wet en orde in die ou
bedeling se getuienis toe Vlok die jaarlikse konferensie van die
Apostoliese Geloofsending (AGS) in Boksburg toegespreek het.
Vlok het aan 'n paar duisend konferensiegangers vertel hoe dit gekom
het dat hy eers die voete van eerw. Frank Chikane en toe dié van nege
vroue in Mamelodi gewas het in wat dr. Isak Burger, president van die
AGS, gisteraand as 'n "onkonvensionele inisiatief" bestempel het.
Vlok het gesê hy is nie in direkte telefoniese verbinding met die Here
nie, daarom maak hy staat op rigtingwysers wat hy kry.
Die eerste hiervan was dr. Stephan Joubert se bydrae op 3 Julie in
Beeld se rubriek Godsdiens-aktueel waarin hy vertel het van 'n gewese
vegvlieënier wat sy huishulp van 30 jaar se voete in Mamelodi gaan was
het.
Die tweede was 'n boek oor die lewe van die apostel Petrus wat hy
gelees het waarin die simboliek van die voetewas duidelik uitgestippel
is.
Die derde was 'n oordenking oor Radiosondergrense waarin ds. Willie
Goosen van die NG gemeente Aasvoëlkop gelees het dat Jesus, nadat hy
sy dissipels se voete voor die instelling van die Nagmaal gewas het,
vir hulle gesê het om ook só te gaan doen.
Vlok het vertel van die huiwering in sy gemoed om voort te gaan met die
voetwassing, selfs toe hy al by Chikane in die kantoor gesit het.
Hy het egter besluit om gehoorsaam te wees aan die Here en deur te druk
met sy planne.
Hy het gesê pres. Thabo Mbeki se reaksie op sy voetewassery het hom
geraak. Mbeki het hom reg gehoor: apartheid was boos en verkeerd.
Hy is ook geraak daardeur dat Mbeki nog na sy vermiste geliefdes soek.
Iets moet daaraan gedoen word, het hy gesê.
Hy is met staande applous begroet toe hy afgesluit het deur te sê dat
hy g'n nuwe boodskap vir die AGS het nie, net die ou boodskap om God
bo alles lief te hê, jou naaste soos jouself en om God dan te
gehoorsaam.
Burger het gesê Vlok se spontane daad het miskien meer vir versoening
in Suid-Afrika beteken as enigiets anders.
Hy het Chikane en die AGS se nasionale ampsdraers gevra om hul hande op
Vlok te lê, terwyl past. George Mahlobo, hoofsekretaris van die AGS,
vir hom gebid het.
Mahlobo het in sy gebed gevra dat dit nie net by Vlok en Chikane sal
bly nie, maar dat God vir baie Suid-Afrikaners die kapasiteit sal gee
om om vergifnis te vra en die land en plekke soos Rwanda, Burundi en
die Midde-Ooste ook met 'n gees van vergifnis sal seën.
ONDERWERP : KWOTAS: REGERING MOET EERS
VOOR EIE DEUR VEE
UITGEREIK DEUR : Mnr. Willie Spies
HOEDANIGHEID : VF Plus Woordvoerder:
Arbeid
DATUM : 11 September 2006
ÂDie Minister van Arbeid, Membathisi Mdladlana, moet eers die
staatsdiens se huis in orde kry alvorens hy drastiese optrede
onderneem teen maatskappye wat nie aan indiensnemingskwotas voldoen
nieÂ, het mnr. Willie Spies, die VF Plus se woordvoerder oor Arbeid
gesê. Hy het gereageer op die Minister se aankondiging dat sy
departement ses maatskappye gaan ondersoek wat onaanvaarbare gelyke
indiensnemingskwotas het asook teen sowat 1 000 groot maatskappye wat
glad nie enige gelyke indiensnemingsverslae aan die departement van
Arbeid ingedien het nie. Volgens die syfers wat beskikbaar gestel is
deur die Staatsdiens Kommissie is daar tans 'n onderverteenwoording
van 20 000 bruin en 10 000 wit mense in die staatsdiens.
ÂVolgens die minister is daar baie stadige vordering gemaak met die
aanstelling van swart mense in senior poste in die privaat sektor. Die
minister het die Staatsdiens Kommissie in Junie vanjaar skerp
gekritiseer, nadat die liggaam gesê het dat daar onvoldoende vordering
gemaak is met die aanstellings swart persone en veral swart vroue in
senior poste in die staatsdiens. Die minister gebruik dubbele
standaarde: een vir die staatsdiens wat onder die ANC regering se
gesag val en 'n ander maatstaf vir die privaatsektor wat nie onder die
beheer van die ANC-regering is nieÂ, het mnr. Spies gesê.
ÂVerskeie staatsdepartemente is skuldig daaraan dat hulle nie die
reëls van gelyke indiensnemings in die praktyk toepas nie. Die
President se kantoor is een so voorbeeld waar 92% van personeel swart
is. Die Minister van Binnelandse Sake het ook vroeër vanjaar aan die
VF Plus op 'n parlementêre vraag erken dat die voorskrifte van gelyke
indiensneming nie nagekom is in haar departement waar alle senior
bestuursposte (adjunk-direkteur-generaal en hoër) deur swart mense
gevul is met geen verteenwoordiging deur Indiër-, bruin- of wit mense
nie. Ten spyte daarvan dat die syfers aan die Minister van Arbeid
bekend is, het hy nog geen onderneming gegee dat hy ondersoek gaan
instel na die voorkoms van onderverteenwoordiging van sekere
bevolkingsgroepe in die staatsdiens nieÂ, het mnr. Spies bygevoeg.
Volgens mnr. Spies het dit tyd geword dat die Minister en ander lede
van die regering ophou om te konsentreer op die bereiking van kwotas
vir bevolkingsgroepe se verteenwoordiging in ondernemings ten koste
van die verlies van kundigheid en finansiële vooruitgang. Die
toepassing van gelyke indiensnemingskwotas in die staatsdiens het
grootliks daartoe gelei dat broodnodige vaardighede verlore gegaan.
Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan dit nie bekostig dat nog vaardighede
verlore gaan in die gejaag na kwotas in die privaatsektor nie.