Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suidlanders Media Berig

Do., 22 Februarie 2007 07:49

More almal

Ek sit in 'n Internet Kafee om hierdie verklaring uit te reik.

Ons standpunt:
Daar is baie onsekerheid oor Mandela se toestand. Ons het verneem dat sekere
radiostasies meld dat hy reeds dood is, terwyl ander stasies se dat hy in
Mozambiek vakansie hou en rus...

Ek het enkele oomblike voor ek hier kom tik het, van my laaste betroubare
bronne verneem dat hy reeds oorlede is. Dit bly egter u keuse of u my glo of
nie. Die media sal dit later bekendmaak. Ek wil ook se dat ek nie hierdie
storie van net een persoon af kry nie, en dat die mense wat dit aan my
bekendmaak, nie Tant Sannie en Oom Pietie is nie. Hulle is mense wat naby
aan hom is, of mense wat in sy kringe beweeg en wat nodig het om te weet.

U het gevra vir inligting, hier is wat ons het:
Ons weermag is op 24 uur bystand geplaas gisteroggend ongeveer 11uur.
Weermaglede wat op vakansie was, is teruggeroep.
Weermaglede wat vakansie geskeduleer het vir hierdie tyd, se verlof is
gekanseleer.
Zelda le Grange, wat nou skielik se dat hy in Mozambiek is, is van die
naweek af verbied om hom te sien omdat sy "toestand" dit nie toelaat nie.
Dit kom uit die mond van haar familielede.
Mandela het Vrydagaand 'n beroerte gehad en is naastenby 9pm Sondagaand
oorlede.
Zelda verlaat ook NOOIT Mandela se sy nie, hoekom is hy in Mozambiek en sy
in SA?
Hoekom is daar teenstrydige nuusberigte oor die verskillende radio stasies?

U wonder almal wie ons bronne is, en ek kan dit weens sekuriteitsredes nie
aan u bekend maak nie. Ek kan egter se, dat ons finale bevestiging gekom het
van 'n dokter wat in die mediese span was wat hom behandel het.

Ek het ook reeds gisteroggend verneem van hierdie situasie, en was nie
bereid om iets te se, totdat ons 100% seker is nie.

Ons raad:
Kry binne die volgende 5 dae u kos, brandstof en tente gereed.
Heilbron sal oop wees vir mense wat uit die stede ontruim, 4 uur nadat dit
op die SAUK uitgesaai is.
Ek se u vroegtydig, maar vra dat ontruiming na Heilbron eers geskied nadat
dit op die nuus bekend gemaak is.
Moet ook nie nou panniekerig raak nie. Wees rustig en dink nugter, mens kan
dit nie doen as jy in 'n fase van paniek is nie. Daar wprd van jou niks
moeilik of onwettig verwag nie. Beperk jou SLEGS tot ontruiming, en
oorlewing. Daardeur stel jy nie jouself of enigiemand anders bloot nie.

Ons missie:
Suidlanders is slegs daar om ons volk te beskerm sover dit menslik vir ons
moontlik is, gesien in die lig van die komende bedreiging. Ons het daarom
fasiliteite geskep waarby u kan inval wanneer die nood druk.

ALLE AKSIES BLY 100% VRYWILLIG. ALLE AKSIES BLY U EIE KEUSE. U ONTRUIM
WANNEER U WIL.

Wat van die weermag?
Die weermag word tans gebruik en gereedgemaak om die hooggeplaasdes van
ander lande te vergesel op die paaie. Hulle is nie nou vir ons 'n bedreiging
nie.

Disinformasie
Daar gaan nou baie disinformasie wees. Die regering kan nie bekostig dat die
nuus oor sy dood uitlek nie, omdat hulle :
1. Begrafnisreelings moet tref
2. Dit massa-histerie kan veroorsaak
3. reeds ontken het dat hy in die hospitaal is

Indien hulle nou hulle storie verander, sal dit vir hulle chaos veroorsaak
en sal mense hulle nie by leunaars skaar nie, maar by ons wat die waarheid
praat. Daarom sal hulle (en ons eie mense wat as agente vir hulle werk), ons
diskrediteer en julle probeer bangmaak sodat ons geloofwaardigheid skade
lei.
Ook sal julle sien dat hierdie storie nou baie vinnig gaan begin uitlek.
Daar is te veel mense by die begrafnisreelings en dies meer betrokke en
hulle gaan dit nie vir weke en weke kan stilhou nie.

Ons planne verander onder geen omstandighede nie. Ons aksies is 100% wettig.
Ons is versigtig met die uitlatings wat ons maak teenoor almal hier omdat
ons onsself en ook vir julle wil beskerm. As ons dit nie gedoen het nie, sou
ons nou in C-Max gesit het, en niemand wil leiers volg wat:

1. Hulleself nie uit moeilikheid kon hou nie en
2. Verdeeldheid bring dmv kinderlike gevegte of disinformasie nie.

Ons probeer dus om die beste te doen vir almal van ons...

Kan u ons vertrou?
As u my nie ken nie, kan ek nie verwag van u om my te vertrou nie. Ek kan
nie verwag dat u ONS vertrou nie... maar wat ek dan van u verwag, is dat u
uit die stede beweeg (WANNEER DIT OOR DIE NUUS KOM DAT HY DOOD IS), en dat u
self 'n veilige plattelandse gebied identifiseer om vir 'n week of twee te
"rus" of te "kamp".

Soos die situasie ontvou, sal u sien wat ons doen, sal u sien vir wie ons
staan, en DAN, kan u besluit of u ons vertrou of nie. Maar om in die stede
te bly (Witwatersrand gebied), is selfmoord... ek staan daai gedagte TEN
STERKSTE tee.

Eensgesindheid
Ek vra dat u nou vergeet van klein geskille. Ons het nie meer tyd nie. Die
uurglas het offisieel nou uitgehardloop. Ek vra dat mense nou nie meer hier
gesels nie, en eerder hulle tyd spandeer om die laaste paar voorbereidings
te tref. Julle kan altyd weer terugkom as julle alles gedoen het wat julle
moet, en lekker gesels, maar dis nie nou die tyd nie.

Hierdie is dus 'n laat fase noodroep en ek bid dat soveel mense moontlik sal
gehoor gee. Moet u nie steur aan snedige aanmerkings nie, moet u nie steur
aan kritiek nie, moet u nie steur aan bangmaak stories oor arrestasies nie.
En Heilbron Spar se vergaderplek VERANDER NIE.

Bedanking
Dankie aan almal wat reeds voorberei het. Dankie vir die eposte en jammer
dat ek nie almal kon antwoord nie. Ek het 1 000 ongeleeste poste waarby ek
ongelukkig nie sal kan uitkom nie.

Ek wil ook nou se, dat ek offisieel reeds onttrek het en dat daar goeie
mense regoor die land is wat hulle plase beskikbaar stel indien daar
moeilikheid in die JHB area kom.

Dus, indien u bereid is om ons te vertrou, gaan na die Heilbron SPAR nadat
sy dood op die SAUK aangekondig is.

Groete uit die platteland

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Vir al die skinderaars (???) en andere story-vertellers: kom naar Klaas Voogds

Wo., 21 Februarie 2007 13:26

Spread the word ......... The finalised Wacky Wine Weekend program of
Soekershof Walkabout (as side program of Bon Cap http://www.boncaporganic.co.za)


Wacky story telling competition

Friday, Saturday & Sunday (June 1-2-3 during the Wacky Wine Weekend in
Robertson):

Daily at 11 AM, 1 PM and 3 PM (sharp)
Admission: R 40.00 pp (

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Easy Slow and Komfatable al weer:

Wo., 21 Februarie 2007 11:13

Power alert for SA
21/02/2007 12:54

Print story on
Email Story

http://www.fin24.co.za/articles/default/display_article.aspx ?Nav=ns&ArticleID=1518-25_2072773

Cape Town - Eskom on Wednesday warned that it is experiencing a
higher than expected demand for electricity which can largely be
ascribed to the current heatwave.
In addition there has also been a number of unplanned outages of
generating units, Eskom said in a statement.

It warned that if there are any further unplanned outages or a further
increase in demand, the possibility of load shedding increases.

"We appeal to the South African consumers to switch off non-essential
electrical equipment such as air-conditioning, geysers and swimming
pool pumps in order to reduce the demand of electricity and to assist
in minimising load shedding," said Jacob Maroga, Eskom's Managing
Director (Transmission Division).

Eskom said it will provide regular updates.

Hulle val oor hulle voete , dis " Eish missies , umplanned event,
nother unplaned event , die lights sal not out gaan , steek op die
kers mies"

Klink soos geen maintenace sedert PW geloop het nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wat nou

Wo., 21 Februarie 2007 07:32

Laat 'n wit ou dit nou kwytraak

"We will kill the whites, all of them; Afrikaans and English"

http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=13& art_id=vn20050219103803315C822723

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

ANC wyk af van ons ooreenkoms in 1994-----Pik Botha, Pretoria

Wo., 21 Februarie 2007 05:32

Oom pik se krokewaan trane ( Dave/Riaan -- ek dink dis oom Klasie se
man wat die geel broek en baaikie uittrek)

Feb 20 2007 06:49:39:857PM - (SA)

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend


My dank aan Coenie Kukkuk (Dankie Pik. Is jy nog ANC -lid?) - 16
Februarie) vir sy kompliment. Op sy vraag is my antwoord: Sedert ek
die politiek in 1996 gelos het, was ek nie lid van enige party nie.

Ek is dus vry om enige aspekte van enige party se beleid te kritiseer
of te ondersteun. Ons probleem is dat diegene wat bymekaar hoort omdat
hulle dieselfde sienswyses deel, nog nie bymekaar kan uitkom om hul
eie party te stig nie. Dis die strukture van die verlede wat hulle van
mekaar weghou. Maar die mure is besig om te verweer.

Die leser S. Oberholzer (Waar is Pik se vroeëre beloftes?) vra wat het
geword van my en F.W. de Klerk se beloftes dat die blankes steeds hul
eie skole en woongebiede sou hê nadat die mag aan die ANC oorhandig
is. Antwoord: Daar is aanduidings dat die ANC afgewyk het van die
verstandhouding van gesamentlike belange wat die grondslag van ons
ooreenkoms van 1994 gevorm het.

Hier verwys ek spesifiek na regstellende aksie wat as strafmaatreël
deur ons jonger Afrikaners en wittes beleef word. Maar oor die vraag
of apartheid in al sy vorms verwyder sou word, is daar geen twyfel
nie.

In die referendum wat op 17 Maart 1992 onder wittes gehou is, het 69%
ja gestem op 'n vraag wat die verwydering van apartheid geïmpliseer
het. Ons het beslis nie belowe dat swart kinders nie wit skole sou kon
bywoon nie.

Die reg op onderrig in moedertaal en beoefening deur enige groep van
sy eie kulturele en godsdiensoortuigings is in die Grondwet opgeneem,
solank dit nie op rassisme gegrond word nie.

Dit wil voorkom asof hierdie en ander fundamentele regte geskend word.

Pik Botha, Pretoria

http://www.news24.com/Beeld/Opinie/Briewe/0,8325,3-2085-73_2 072319,00.html

Nuus | 3 kommentare

Mme Barry Voorspel

Di., 20 Februarie 2007 21:36

Ek het op goeie gesag verneem dat die Ds Rudolph nie by was toe besluite
deur die kerkraad tov Kletskerk geneem is nie.
Ons praat dus nie in die eerste plek van die wil en besluit van die gemeente
nie, maar die besluit van die kerkraad wat by die vergadering teenwoordig
was.
Op die vergadering is daar ook in die reël 'n buitengewone besluit geneem.

Mens kan maar seker net aanneem dat Rudolph op hoorsê opgetree het, en dit
dan sou kon "verdedig" dat hy in goeie trou vir sy medeleeraar en gemeente
sou wou opgekom het.

Ek voel net dit is belangrik dat die mense op KK wat die draad volg dit
weet, want volgens wat Jean geplaas het, verbatim, verstaan ek dat Rudolph
te kenne wil gee dat hy, en ook die hele gemeente, aktief betrokke was by
die besluit re KK, en dit is plein en simpel nie waar nie.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Gun laws that constrain the law-abiding

Di., 20 Februarie 2007 09:55

Hierdie storie vlek maar net weer die ou probleem oop en dit is myns insiens
dat die mens die blaam op die gereedskap en nie op homself plaas nie. As
'n moordenaar wil moor, sal hy dit doen met wat ookal tot sy beskikking is.
Klip, mens, vuurwapen, watookal. Deur streng vuurwapenbeheer toe te pas,
vat jy die wetsgehoorsames vas en wat bereik jy eintlik? Hierdie mense
gaan in elk geval nie die wapens gebruik vir misdaad nie. Dat daar minder
wapens gesteel word uit private huise en so in die hande van die misdadigers
val? Stront. Die misdadiger het sy doel en hy sal 'n vuurwapen kry
wanneer hy dit nodig het. Deur minder vuurwapens in 'ordentlike' hande toe
te laat, beweeg hulle die magsewewig eenvoudig net oor na die misdadigers se
kant toe!
"fire_" wrote in message
news:1171725773.147848.77070@v33g2000cwv.googlegroups.com...
>
> http://www.telegraph.co.uk/opinion/main.jhtml?xml=/opinion/2 007/02/16/dl1601.xml
> Have your say Read comments
>
>
> For James Andre Smartt-Ford, 16, Michael Dosunmu, 15, and Billy Cox,
> 15, the hand-wringing by police and politicians over the escalation of
> gun crime comes a little late: all three have been shot dead in south
> London over the past 10 days.
>
> Public revulsion over such criminality is, shamingly, blunted by the
> fact that they appear to be victims of ethnic gang crime. Society at
> large sees it as "their" problem, not its own. Such a view is
> criminally complacent.
>
> We have, post-Dunblane, what are said to be the toughest gun control
> laws in the world. They have actually proved strikingly ineffectual.
>
> advertisement
>
> Gun crime has doubled since they were introduced. Young hoodlums are
> able to acquire handguns - either replica weapons that have been
> converted, or imports from eastern Europe - with ease. With no
> dedicated frontier police, our borders remain hopelessly porous. The
> only people currently incommoded by the firearms laws are legitimate
> holders of shotgun licences, who are subjected to the most onerous
> police checks.
>
> Even more disturbing is the insouciance with which guns are used. An
> 18-year-old Angolan refugee was sentenced to life this week for
> shooting dead a woman holding a baby at a christening party, in what
> was otherwise a "routine" robbery.
>
> The truth is that the laws relating to possession of guns are nowhere
> near tough enough. Possessing a firearm carries a minimum sentence
> (ministers insist on calling it "mandatory", but it is not) of five
> years. That means release, in normal circumstances, after 30 months.
>
> For those aged between 17 and 21, the minimum sentence is three years,
> which means release after just 18 months. Such piffling sanctions
> hardly amount to an effective deterrent to these young hoodlums. The
> police want the five-year minimum sentence extended to everyone over
> 17 and the Government should not hesitate to meet that request.
>
> But more is required. In particular, the ludicrous inhibitions placed
> on the police when it comes to exercising powers of stop and search
> have to be lifted. So must the post-Macpherson burden of political
> correctness, which makes any police officer think twice before
> challenging a young black man on the street. There is a wider failure
> here.
>
> This Government came to power with high hopes of ameliorating the
> social crisis in Britain's sink estates. These were "their people" and
> they would be rescued. But the fractured families, the inadequate
> schools, the crippling impact of welfarism, the appalling living
> conditions - all have stubbornly resisted New Labour's lacklustre
> efforts. Conditions in many inner cities have actually worsened. And
> what a price we are paying.
>

Veiligheid & wapens | 1 kommentaar

Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis --- Dankie , baie dankie Koos

Ma., 19 Februarie 2007 12:11

Hoof Nuus Winkel Kontak ons Venue Forums Links SA Radio - Luister
Nou Video Dagboek Aktueel Gigs Sokkies Algemeen Advertensies Koos
Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom"
Koos kombuis het onlangs sy "uittrede uit die afrikanerdom"
aangekondig. Dan Roodt van Praag beskuldig hom van die "verghwarring"
van die Afrikaner. Lees die volledige artikels hiernaas. Wat dink jy?
Is Koos Kombuis n Afrikaner ikoon of maar net n ghwar? Stel gerus jou
standpunt op die sokkie forums.
http://sokkies.com/content/view/19/2/

Koos Kombuis "Verlaat die Afrikanerdom" - Koos Kombuis

Wie was Generaal Koos de la Rey werklik? Was hy wel 'n man van vrede,
soos Bok beweer, of was hy net een van daardie larger-than-life
oorloghelde wat later in die annale van die FAK en die Calvinistiese
skoolboeke in brons

gegiet is en tot ridder geslaan is? Waar pas hy in in die nuwe
geskiedenis van Afrikaanse musiek, en waarom het Else, Vorster en Van
Blerk juis hom gekies? Omdat hy vaagweg trek op Haile Selassi? Omdat
sy van rym met al

daai lekker maklike "y"-woorde waaruit die liedjie bestaan?


Terug in die Kaap, klaar met my konserte, gaan soek ek hierdie
misterieuse man op die Internet. Soos ek belowe het, Google ek hom.


En 'n nuwe reeks moontlikhede en denkpatrone gaan voor my oop.


Skielik besef ek Sunette Bridges is dalk reg: dis tyd vir introspeksie
(nie omdat ek deesdae lee sale trek nie -allermins - maar omdat ek
stupid genoeg was om te dink alle Afrikaner-ikone uit die ou tyd was
so vervelig, en so hardkoppig, en so eendimensioneel soos Bles en
PW).


Feit nommer een: Koos de la Rey was die laaste Boere-generaal wat
oorlog toe gegaan het; hy het tot op die einde probeer werk vir 'n
vreedsame oplossing.


Feit nommer twee: Koos de la Rey het, saam met generaal Piet Joubert,
Paul Kruger se anti-uitlander-beleid teengestaan uit vrees dat dit tot
'n gewapende stryd sou lei.


Feit nommer drie: Koos de la Rey was, ten spyte van sy hoop op 'n
diplomatieke oplossing, nie bang vir oorlog nie. Toe oorlog eindelik
onafwendbaar word, het hy hom hart en siel in die stryd gewerp. Van al
die Boere-generaals het hy die hoogste slaagsyfer gehad en ook die
langste staande gebly.


Feit nommer vier: Koos de la Rey het guerrilla-oorlogvoering ontdek en
hy was die eerste ou wat ontdek het wat die waarde is van loopgrawe.
Hy was 'n taktiese genie.


Feit nommer vyf: Anders as die Engelse, het De la Rey sy
krygsgevangenes met respek en deernis behandel. Toe hy die gewonde
Britse bevelvoerder Methuen in hegtenis neem, het hy hom dadelik
teruggestuur na die Kakie-linies toe in die hoop dat hy daar beter
mediese hulp sou kon kry.


Feit nommer ses: Na afloop van die oorlog het De la Rey hom tot die
politiek gewend, waar hy, in kontras met die meeste van sy ou
oorlogskamerade, Louis Botha se pogings gesteun het om vrede te maak
tussen Boer en Brit.


Feit nommer sewe: Koos de la Rey was 'n teenstander van Hertzog. Hy
was nie 'n Afrikaner-Nasionalis nie. Hy was 'n ware Suid-Afrikaanse
leier, met 'n groter visie as die eng, etniese en rassistiese
ideologiee van ander Afrikaner-leiers.


Feit nommer agt: Ergste van alles, De la Rey het gesterf op 'n eg Suid-
Afrikaanse manier: hy is getref deur 'n dwaalkoeel by 'n padblokkade.
Die victim van 'n drive-by shooting. Soos Brett Kebble.


Feit nommer nege: Dit is 'n feit soos 'n koei, en Bok van Blerk is reg
as hy daarvan sing: ons het vandag, meer as ooit, leiers soos Koos de
la Rey nodig. Of hulle wit of swart is. Of hulle Afrikaans of Engels
of Xhosa of Zoeloe is. Want De la Rey was die perfekte Afrika-takhaar-
ghoeroe. Hy was

die ideale sintese tussen PW en FW.


Feit nommer tien: Hy was ons Steve Biko.


En dis van hierdie ou wat Bok van Blerk sing wanneer julle hom hoor
wanneer julle braai-partytjies hou van Malmesbury tot Mpumalanga. Hy
sing nie van Eugene Terre'Blanche nie. Hy sing nie van Marthinus van
Schalkwyk nie. Hy sing nie eers van Adriaan Vlok of Jake White of
Hannes Nel of Trompie nie.


Hy sing van 'n man van durf en daad, 'n man van aksie, 'n man met
gewete, 'n ware leier wat, indien hy vandag gelewe het, nie net ons
volk nie, maar die ganse Suid-Afrikaanse nasiedom sou help vorder het
tot by daardie wonderlike land wat die Nuwe Suid-Afrika nog altyd
veronderstel was om te wees.


Dit is waaroor hierdie veelbesproke lied gaan.


En dit, vermoed ek, is waarom daar so 'n diep hartseer agter Bok van
Blerk se oë le.


Want, jonk soos wat hy is, dra hy, net soos ek, net soos alle denkende
Afrikaanse mense, net soos die ganse Suid-Afrika, baie swaar aan die
pyn en die bagasie van die afgelope veertig jaar."


Koos Kombuis

Artikel en foto soos verskyn in www.kooskombuis.co.za


Koos Kombuis en die verghwarring van die Afrikaner - Dan Roodt

'n Verkorte weergawe van dié rubriek het reeds op LitNet verskyn.
Hierdie is egter die eerste publikasie van die volledige weergawe.


Daar is seker min openbare figure in dié land wat so deur die media op
die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis 'n
weeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin
hy so pas sy "bedanking uit die Afrikanerdom" aangekondig het.

Daar is seker min openbare figure in dié land wat so deur die media op
die hande gedra word soos Koos Kombuis. Onder andere skryf Kombuis 'n
weeklikse rubriek in Rapport, die grootste Afrikaanse koerant, waarin
hy so pas sy "bedanking uit die Afrikanerdom" aangekondig het.


"Want," sê die Koos in sy anglisistiese Afrikaans, "die konsep (van
Afrikaner) is obsoleet." Dus oudmodies, uitgedien, oorbodig.

Wie en wat is Koos Kombuis nou eintlik dat hy hom kan aanmatig om sy
uittrede uit die volk aan te kondig, amper asof hy ons staatspresident
was wat nou iewers aan die kus gaan woon om sy mémoires op te teken?

Myns insiens is die Koos 'n soort Bertolt Brecht vir die swaksinniges,
die dronkes, die bedwelmdes, die skorriemorrie, die
lumpenproletariaat. Soos Bertolt Brecht wat ná die Tweede Wêreldoorlog
deur die Oos-Duitse Kommunistiese Party toegelaat is om sy Berliner
Ensemble in Oos-Berlyn te vestig, tree Kombuis as Afrikaanse
gelukbringer vir die ANC-regime op. As Marthinus van Schalkwyk
liedjies kon skryf, sou hy en Koos 'n PK-Groep Twee op die been kon
gebring het.

Naas André Brink wat hom self in sy romans aan groteske politiekery en
selfs Afrikanerhaat skuldig maak, is die Koos 'n soort vlagskipskrywer
vir die Nasionale Persgroep en word sy pueriele boeke en infantiele
politiek aggressief aan die volk afgesmeer. Brecht was 'n kommunis en
het homself in die eerste plek nie as 'n skrywer nie, maar as 'n
politikus beskou. Die Koos verteenwoordig insgelyks 'n buite-
parlementêre politikus wat soms letterlik verdwaal, net om homself
weer te vind en ons met sy kleinlike prekies in geradbraakte Afrikaans
te vergas.

Terloops verneem ek onlangs dat Nasionale Pers se vlagskiptydskrif
waarin politiek korrekte idees onder die dekmantel van "leefstyl"
aangebied word, Insig, intense sirkulasieprobleme ondervind. Blykbaar
sou Insig se omset van 20 000 na 7 000 gedaal het. Die volk waaroor
die Koos en sy marionetmeesters so neerhalend is, is dus nie dom
genoeg om die ANC en Naspers se ideologie wat in kleurfoto's verpak
word, huidjie en muidjie te sluk nie.

Daar is egter 'n ander sy aan Koos Kombuis wat my interesseer, en dit
is juis sy status as ghwar. Insig, KykNet, Rapport en ander
Naspersmedia is nie soseer besig om die Afrikaner soos in Oos-
Duitsland met Marxistiese ideologie te voer nie, maar poog om hom
onherroepelik te verghwar. Onder die vele metodes waarmee ons tans
ondergrawe en afgetakel word, hetsy fisies deur plaasaanvalle en
misdaad, hetsy sielkundig deur manipulasie van ons godsdiens of
geskiedenis, tel ook verghwarring.

Pleks van Karl Marx se Das Kapital te moet lees, word ons gevoer met
Die Son en die skryfsels van Kombuis. Of die nihilistiese liefjies van
Fokofpolisiekar.

In die vyftiger- en sestigjare was Mimi Coertse een van ons heldinne,
tesame met Gé Korsten, Min Shaw en ander. Mimi Coertse was 'n
internasionaal beroemde operasangeres en gekultiveerd op die Europese
manier. Sy het 'n keurige Afrikaans gepraat, maar ook Duits en
Italiaans. In populêre taal was sy vir baie Afrikaners 'n "rolmodel"
tydens die Afrikaner se fase van opwaartse mobiliteit.

In die jaar 2006, met die Afrikaner op pad na armoede weens
uitsluiting op grond van ras en taal, het ons nuwe rolmodelle nodig.
Pleks van Mozart-operas en eurosentriese sofistikasie, moet ons tans
geïndoktrineer word met 'n soort jolliehotnothedonisme soos deur die
Koos verpersoonlik word. Hy drink homself poepdronk en spog agterna
oor sy babelaas in Rapport. Drank is koning en dwelms is koel.

Tereg noem die Koos aan die einde van sy rubriek in Rapport dat sy
kinders as nie-Afrikaners "...ten minste nooit hoef uit te draai soos
die Waterkloof-Vier nie."

In die Nuwe Suid-Afrika is die ideaal dus nie meer Waterkloof waar 'n
seder soms geval het nie (met apologie aan PG du Plessis), maar
Mitchellsplein waar die messe blink en die dagga- en Mandraxwalms uit
gebreekte bottels opstyg.

Die wêreld sonder reëls van Mitchellsplein se jeugbendes
verteenwoordig die nuwe ideaal waarheen die verghwarde Afrikaner moet
aspireer. Vanuit die direksiekamer van Naspers se gebou in
Heerengracht word hierdie grootse kultuurtransformasie met kille oë op
Die Son en Die Huisgenoot se verkoopsyfers beplan.

Vergeet van boeke lees; luister liewer "songs". Wees vry en
nihilisties. Maak 'n dop, wees vrolik, want môre is jy landuit, gekaap
of vermoor. Carpe diem. As Omar Kajam vandag in Suid-Afrika geleef
het, sou hy gesing het van "bier, gekleurde vroue en songs".

Selfs 'n Hervormde predikant van Naboomspruit het lyk my voor die
aanslag geswig en vir hom 'n swart courtisane of twee by die plaaslike
Truckstop gaan oplaai. Of die man vooraf deur Koos Kombuis beïnvloed
is, weet mens nie.

Dis altyd makliker om af te breek as op te bou. Dis insgelyks
geriefliker om te verghwar as om te veredel. Sowel die ANC as Naspers
het hierdie natuurwet goed ter harte geneem en is daarom besig om ons
al dieper in die modder in te druk.

Arnold Toynbee skryf iewers in sy Study of History dat dit vir die
ordentlike en patriotiese mens besonder pynlik is om tye van
dekadensie te moet beleef. Deur die eeue heen was satire en spot egter
die gekose wapen van die patrisiër wat moet ly onder die geweld, die
swak smaak, die malle rumoer van die gepeupel wat fuif asof daar geen
dag van môre is nie.

Omdat die Afrikaner deur sy godsdiens en verbintenis tot die grond
geleer is om hoogmoed te verafsku, kan ons nie maklik snobisties wees
nie. Anders as die Britte of die Franse byvoorbeeld wat elke teken van
swak smaak, 'n swak gekose kledingstuk of "'n aksent wat gly" met
vernietigende minagting behandel.

Onder die huidige aanslag vanuit die ANC-beheerde of ANC-gesinde media
wat ten doel het om 'n eens trotse volk kombuiswaardes aan te leer,
kan 'n bietjie hoogmoed en snobisme ons egter net goed doen.

Soos een ontstoke leser van Rapport dit prontuit aan Koos Kombuis
gestel het, "jy is 'n vark". Hy kon bygevoeg het: Meng jou met die
semels...

Dan Roodt

Artikel en foto soos verskyn in www.praag.org

< Prev

[ Back ] Nuutste Videos!
Donuts op 'n Bicycle - Amazing!!!


Special agent "Bok Boy" Episode 1


Laurika Rauch - Mense op die bus

Gewildste Videos!
Casper de Vries - Road Rage


Langarm Sokkie in London


Nicholis Louw - Net die een vir my

Visitors: 1379 Copyright © 2007 SOKKIES.com Website Hosted by:

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Justin Nurse se nuwe boek

Ma., 19 Februarie 2007 08:54

Iemand van julle die artikel daaroor gister in Rapport gesien?
Hy spot blykbaar daarin met al wat geloof is, en wil sy eie kerk stig, iets
te doen met humorisme:))

Boeke, tydskrifte & koerante | 4 kommentare

Die ANC het die 1994-ooreenkoms verbreek. Flip Buys: Gevra: vryheid en ruimte vir álmal

So., 18 Februarie 2007 12:39

Dit het hom lank gevat maar nou is hy daar:

17/02/2007 15:13 - (SA)
http://www.news24.com/Rapport/Standpunte/0,7718,752-823_2070 917,00.html

Druk artikel
E-pos storie aan 'n vriend

Die droom van 1994 is vir verreweg die meeste Afrikaners verby. Die
euforie van 'n nuwe begin in 'n nuwe demokrasie onder 'n ikoniese
leier is vervang deur 'n gevoel van ontnugtering met die nuwe
bedeling.

Afrikaners was in 1994 onseker oor die toekoms, maar het vrywillig hul
mag nie net oor die land nie, maar ook oor hulself prysgegee. Die
mense het uitgesien na die nuwe demokratiese orde, wat eenheid, vrede
en voorspoed vir almal sou bring. Dis gesien as 'n skikking op die
grondslag van versoening tussen voormalige vyande waarin almal wenners
in die nuwe demokrasie sou wees. Hierdie droom het in die Mandela-era
voortgeduur omdat hy ondanks groot omwentelings inklusief geregeer het
en as almal se president gesien is. Maar in die Mbeki-era het daar 'n
verandering ingetree namate die ANC sy mag op alle vlakke en terreine
gekonsolideer het. Die ANC was nie meer tevrede net met die afskaffing
van apartheid nie, maar wou nou alles onder sy mag en beheer bring.
Dieselfde Afrikaners wat vrywillig die mag oor die land afgestaan het,
word nou nie eens 'n Afrikaanse skool of 'n historiese pleknaam gegun
nie.

Die historiese skikking van 1994 is prakties vervang deur 'n "wenner-
vat-alles" benadering, met 'n groeiende gaping tussen die mooi
grondwetlike teorie en die harde praktyk.

My persoonlike keerpunt het die afgelope week gekom met die minister
van onderwys se inmenging in die Hoërskool Ermelo- saak en die
daaropvolgende hofuitspraak teen die Afrikaanse beheerraad. Die
toppunt was een van die rolspelers se stelling dat mense wat
Afrikaanse skole wil hê, dit met hul eie geld kan bou. Dit terwyl
Afrikaners wat getrou die leeue-aandeel van persoonlike belasting
betaal, byna niks daarvoor kry nie, geen inspraak in die besteding
daarvan het nie, én moedertaal-onderwys in die Grondwet verskans word.
Dit is sulke dinge wat besig is om selfs die mees gematigde mens te
vervreem.

Die verklaring vir die ANC se optrede staan verbasend duidelik in 'n
Februarie 2007-ANC-dokument getiteld Strategy and Tactics of the ANC,
wat dit duidelik stel dat die ANC steeds 'n revolusionêre beweging is,
en tans besig is met " 'n nasionaal- demokratiese revolusie" met die
doel om swart mense oor die algemeen en Afrikane in die besonder te
bevry. Die verkrying van staatsmag in 1994 was " 'n nuwe instrument in
die struggle", en o ja, die stryd duur nog voort ook. Verskeie
liberale terme soos demokrasie word kwistig in die dokument gebruik,
maar die betekenis daarvan is dat hulle "revolusionêre demokrate" is.
Dit blyk dus dat die ANC nie die demokrasie omhels het omdat hulle
liberale demokrate geword het nie, maar omdat dit om demografiese
redes die maklikste manier was om die mag te kry - mét wêreldsteun.
Hulle het baie wat die NP wou hê in die Grondwet gesit, maar in die
wete dat hulle ná magsoorname hul oorspronklike doelwitte met
staatsmag sou kon opdwing.

My gevolgtrekking is dat die ANC met 'n reeks besluite die afgelope
jaar of drie die 1994-ooreenkoms verbreek het.

Oudmin. Pik Botha het die afgelope week in 'n koerantartikel gesê
"daar is in 1994 'n ooreenkoms bereik op grond van ons gesamentlike
belange", en hy versoek die ANC om "terug te keer na hierdie
verstandhouding met mekaar".

Daar is nie maklike oplossings as 'n dominante party magsbehep raak
nie. Die geskiedenis noord van ons het genoeg voorbeelde van partye
wat verbete aan die mag bly vasklou. Dit beteken nie dat Suid-Afrika
al naby die Zimbabwe-situasie is nie. Ons is nog 'n demokrasie, al is
dit 'n spesiale soort.

Maar 'n demokrasie word nie aan sy formele aspekte soos gereelde
verkiesings, 'n veelpartystelsel en 'n parlement gemeet nie. Die toets
vir 'n ware demokrasie lê in die uiteindes van sy demokratiese
prosesse.

Gaan dit net oor die mag van die meerderheid of oor die vryheid en
ruimte vir almal, ook van minderhede?

Afrikaners wil nie die verlede terughê nie, maar wil deel van die
toekoms wees. Dis tyd dat AfriForum 'n konferensie op hoë vlak oor die
Grondwet en die regte van alle burgers hou.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1835): [ «    183  184  185  186  187  188  189  190  191  192  193  194  195  196  197  198    »]
Tyd nou: Do. Des. 25 04:18:12 UTC 2025