Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lokale politiek

Ma., 30 Julie 2007 13:25

In vandag se Rapport sê Dirk Van Eck dat, ná  twee moordenaars ses
mense vermoor het, waaronder byna sy hele gesin, Nelson Mandela
aan een van hulle 'n medalje vir sy 'dapperheid in die vryheidstryd'
oorhandig het.

Baie interessant waarmee hy (Van Eck) besig is.
Aan diegene wat nie die Rapport gekoop het nie:
Van Eck eis van Mbeki en kie dat die saak teen Vlok en Geldenhuys laat
vaar word, of hy dagvaar die ANC-leiers wat opdrag daarvoor gegee het.
Die ANC het destyds verantwoordelikheid vir die moorde bevestig.
Dit kan natuurlik 'n ketting reaksie meebring.

Nuus | 0 kommentare

Dassiepis

Sa., 21 Julie 2007 00:57

Gedurende n besoek aan Kalifornië het ons mense
besoek wat ons vantevore in Ottawa leer ken het. ( Hulle was
uit Rusland, maar toe alreeds Kanadese burgers.) Hy werk nou
in Santa Cruz. Die vrou vra ons toe of ons vir een van haar
kennisse in Ottawa, wat onlangs 'n operasie ondergaan het,
'n soort medisyne sou terugneem, wat glo nie so geredelik
in Kanada beskikbaar is nie, maar glo taamlik goedkoop in
die VSA is, as jy weet waar om dit te kry. Die Russiese naam
van die medisyne is "Mumie." Dit het my nie lank geneem
om te verstaan aan haar verduidelikings dat sy van Dassiepis
praat nie.
In die "Dictionary of South African English" word Dassie-
pis as volg beskryf:

Hyraceum: "klipsweet" the solidified urine of the
Dassie used medicinally by country and Khoi
People.
"Early travellers in the Cape...were puzzled
by a substance they found in some caves,black
masses like pitch. Thunberg thought it was
bitumen, but the Bushmen and Hottentots knew
better... They call the substance klipsweet or
dassiepis. In the Cape Pharmacopoeia it is
listed as Hyracium. Hyracium has been used
as a medicine for centuries."

Die vrou in Santa Cruz het vir my iets oor Mumie op die
Internet uitgedruk sodat, as ek daarmee op die grens gevang
word, ek kan verduidelik wat dit is. Volgens die informasie
het Aristoteles dit al beskryf. Dit word gewoonlik in berge
gevind, op die mure van grotte. "Research has shown that
its main ingredient are harvest mice droppings. Melting in
the sun, they seep into the cracks of the rocks, and is enriched
with minerals. Naturally, the composition of the droppings
depends on the food the mice eat. ... This is why composition
of mumie found in different caves or even collected at different
times of the year is different....
Mumie belongs to the group of biosynthesis boosters.
It means it does not fight any specific problem but instead
stimulates each cell of the body. What is most important
is that in case of damaged organs or wounds, the body instead
of scar tissue produces new healthy functional cells. "
L.G. Green Karoo (1955)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vlamme deur FERDI GREYLING

Do., 19 Julie 2007 02:19

VLAMME

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Amerikaanse politiek

Do., 19 Julie 2007 02:15

Tussen Hilary Clinton en Obama is die 08 verkiesing seker
al in die sak. Ek hoop daar sal n Clinton Obama ticket wees.
As Obama weet wat vir hom goed is, sal hy mik vir vise-
president liewer as president.
Die grootse verrassing natuurlik is McCain se kanse
wat nou lyk dit vir my totaal ineenstort. Ook is Condoleeza
Rice se kanse seker ook nou maar nul. ( n Paar jaar gelede
het ek gewonder of sy kans het om die eerste vrou en die
eerste swart president van die VSA te word. )
Ek wonder waar as al julle ouens wat so grootgepraat
het oor George Bush en sy sukses in Irak. Laat ons bietjie
van julle hoor.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Dr Dan aan die woord

Di., 17 Julie 2007 09:27

Om die voorafgaande meer relevant vir die Suid-Afrikaanse problematiek te
maak, werp die aantoonbare valsheid van die dogma van gelyke potensiaal
tussen groepe uiteraard ernstige twyfel op die hele grondslag van
regstellende aksie. Soos Professor Michael Levin, `n filosoof aan die City
College of New York, uitwys in sy boek Why Race Matters: Race Differences
and What They Mean, word regstellende aksie gebou op `n paar absurde
veronderstellings.

Benewens die mistasting van gelyke potensiaal tussen groepe, is daar ook die
onsin dat blankes geleenthede by swartes sou "gesteel" het, en dat
regstellende aksie daarom geregverdig sou wees. Ignoreer vir `n oomblik die
feit dat meeste van die "gesteelde" geleenthede juis oorspronklik deur
blankes geskep is (dis nie asof Jan van Riebeeck `n gevorderde,
tegnologiese, hoë beskawing in 1652 aangetref het nie), en oorweeg die
volgende voorbeeld:

Die Spanjaard Miguel Indurain is `n natuurfrats. Sy hart is veel groter as
`n normale mens s'n, en klop teen slegs 28 slae per minuut. Ek as normale
mens kan weliswaar met hom probeer meeding in `n fietswedren, maar hy het
die Tour de France gewen, en sal ook enige wedren teen my wen, al ry ons
presies dieselfde fietse. Kan ek derhalwe argumenteer dat Indurain sy
oorwinning in die Tour de France by my "gesteel" het, dat hy derhalwe sy
geel trui en prysgeld met my moet deel?

Bostaande is presies dieselfde redenasie wat gebruik word in die toepassing
van regstellende aksie. Dit ignoreer die feit dat daar duidelike verskille
in vermoëns oor rasgroepe heen bestaan. Dit verwag dat almal onder dwang
gelyk gestel moet word, al is daar fundamentele verskille in potensiaal.
Soos hierbo aangetoon, ignoreer dit ook gerieflik die feit dat bykans ál die
geleenthede waarop swartmense vandag aanspraak maak, oorspronklik deur
blankes geskep is. Kan daar dus sprake wees daarvan dat geleenthede op
grootskaal gesteel is? Die organiseerders en skeppers van die Tour de France
gaan vir my lag as ek sou aandring daarop ek ook geregtig is op `n deel van
die inkomste uit TV-regte omdat ek nie self so `n wedren kon bedink nie.

`n Verdere absurde eis, ook deur Levin uitgewys, is dat `n bespreking oor
die verskille in vermoëns tussen rasse verboten is in enige gesprek oor
regstellende aksie. Levin gebruik die denkbeeldige voorbeeld van iemand met
`n mank been wat `n eis in die hof instel vir skadevergoeding.

Gebruik ons dieselfde redenasie wat mens verbied om oor verskille tussen
rasse te praat wanneer dit by regstellende aksie kom, mag die verweerder in
die hofsaak dus ook nie oor die been praat nie, al is die been miskien mank
a.g.v. `n oorerflike gebrek? Let daarop dat, omdat regstellende aksie
fundamenteel op ras moet steun, die instellers daarvan, en nie die
slagoffers nie, daardie besondere blik wurms oopgemaak het.

Daar is fundamenteel fout met die hele dogma van gelykheid. Die natuur is
inherent nié regverdig nie. Maria Sjarapowa is nou maar eenmaal mooier as
Venus Williams, maar laasgenoemde is waarskynlik `n beter atleet as
eersgenoemde. Die dogma is foutief en absurd omdat dit van die natuur verwag
om `n menslike sin vir regverdigheid te openbaar. Die voorstanders verwag op
`n totaal onredelike wyse dat die natuur aan verskillende rasse dieselfde
vermoëns moes gee, omdat dit polities te ongerieflik vir hulle sou wees as
die teendeel waar was. Die feit dat die dominante Angel-Saksiese kultuur
intense ongemak oor die realiteite van die heelal beleef, gevolglik perdevye
as iets anders aan ons wil verkoop, en ons dan wil verbied om daaroor te
praat, maak egter steeds nie van `n mistasting die waarheid nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sal iets moet doen

Ma., 16 Julie 2007 08:17

Hallo Almal

Ons sal iets moet doen om die ou groepie weer op die been te kry. Dit is
heeltemal te stil her

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Hoera, ek is terug

Vr., 13 Julie 2007 00:55

Uiteindelik is die probleem opgelos. My rekenaar was skielik
van die internet af nadat daar n nuwe modem op die hoof-
rekenaar ingesit is. Blykbaar was die moeilikheid dat n kabel
wat vir die vorige modem noodsaaklik was, nou die struikel-
blok geword het. Nou kan ek weer my gedigte-versameling
bykom. Ek sien dat ek egter nie meer kappies en umlauts
op woorde kan sit nie. Sal moet gaan soek wat mens nou
moet doen om dit terug te vind.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bloubaard verwelkom sy vrou

Vr., 13 Julie 2007 00:45

H.J. Pieterse
Bloubaard verwelkom sy vrou

Ek wag al soveel dae op jou;
kyk hoe maer het ek geword van verlange.
My lanings vul die wind groen in,
maar my gange is leeg, my gange is leeg.

Voëls volg jou heeltyd op jou lang pad
waar jy rustig deur blou aande aankom.
Jy stap altyd lig, 'n naaldekoker bo
'n vloeiende reënboogsproei.

Om my hou klippe asem op.
Die son raak agter wasigheid weg.
Ek verbeel my ek sien jou reeds
newelrig oor my heuwels.

Jou topaasoë kyk van ver af
koel na jou nuwe woning.
Nou is jy eindelik hier, stil een;
welkom in my kasteel.

Groet my aalwyne, vriendelike wagte
of fakkels, op aandag op my mure,
en laat my gange jou lok na binne
met 'n groen wind deur ons kamers.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Comparative Afrikaans / Dutch / Low Saxon translation

Wo., 11 Julie 2007 15:27

Hierdie kant van die waarheid...

Here is the first stanza of Dylan Thomas's poem This Side of the
Truth, followed by my translation into the Southwest Drents variant of
Low Saxon (the native tongue on my mother's side of the family). Low
Saxon is a collection of non-standardised dialects spoken in the
Northeastern Netherlands and Northern Germany. The dialects on both
sides of the border, which have traditionally formed a continuum, have
been heavily influenced by the respective national standard language,
and over the course of the twentieth century have witnessed a sharp
decline in fluent speakers.

This translation is in turn followed, for purposes of comparison, by a
literal translation of the Low Saxon into Dutch, and my attempt -
quite possibly flawed - at a literal translation of the Low Saxon into
Afrikaans. Note that Afrikaans finds its origin in the Western Dutch
(Hollandic, Zeelandic) dialects, not in the Eastern Dutch dialects
which include the Low Saxon ones. Low Saxon developed independently
from Dutch and (High) German, and had political clout in the days of
the Hanseatic League, after which its marginalisation began.

What is your impression of these comparisons? Can the Afrikaans be
improved? E.g., I don't think "in de benen komen" (get up on one's
feet) translates literally into Afrikaans; what would be the closest
rendering?

English

This side of the truth,
You may not see, my son,
King of your blue eyes
In the blinding country of youth,
That all is undone,
Under the unminding skies,
Of innocence and guilt
Before you move to make
One gesture of the heart or head,
Is gathered and spilt
Into the winding dark
Like the dust of the dead.

Low Saxon (Southwest Drents)

Dizze kaante van de waorheid
Zuj miskien niet zien, mien zeun,
Keuning van oen blauwe ogen
Ien 't blinde laand van de kiender:
Det alle dinger ofleupt,
Al blif de hemel onbewogen,
Onskuld en skuld gaot verleuren
Veurdej ok mar mit ien gebaor
Van heufd of harte ien de bienen koomt
Wördt alles vört ehaald en, as 't stof
Van de doden, ien 't dreiende duuster
Egeuten op de leste aobend.

Dutch

Deze kant van de waarheid
Zul je misschien niet zien, mijn zoon,
Koning van je blauwe ogen
In het blinde land van de kinderen:
Dat alle dingen aflopen,
Al blijft de hemel onbewogen,
Onschuld en schuld gaan verloren
Voordat je ook maar met één gebaar
Van hoofd of hart in de benen komt
Wordt alles weggehaald en, als het stof
Van de doden, in het draaiende duister
Gegoten op de laatste avond.

Afrikaans

Hierdie kant van die waarheid
Sal jy miskien nie sien nie, my seun,
Koning van jou bloue oë
In die blinde land van die kindere:
Dat al die dinge eindig,
Al bly die hemel onbewoë,
Onskuld en skuld gaan verlore
Voordat jy net een gebaar
Van kop of hart kan maak
Word alles weggehaal en, as die stof
Van die dode, gegiet in die draaiende
Duister op die laaste aand.

This message was originally posted by the author on his Facebook page.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 5 kommentare

Observatory in Afrikaans - banned by Wikipaedia

Wo., 11 Julie 2007 11:34

Observatrie innie Kaapse Taal

Obs is mos ook 'n lekker plekkie om te jol en daa's baie dinge wat djy
kan siet innie gebiet, o's is baie lief vir o's area want dis die
allerbeste area innie Kaap, daa's berghies, genghstes, ouense, rastas,
laa'nies, manne, tjerries en dit maakkie saakkie want almal is genooi
by o's party.

Geken soos Obs dis baie near die vaasitie UCT ennie Medical School in
particular. Obs het altyt ìn lekker jol gewies merrie students en
lekturers. Tyens die Apartheid, Obs was een vannie die few sogenaamde
grey-areas waa' almal saam-saam ko' woon en werk in spite of hulle
race. Van daai tyt af het dit 'n somewhat alternative plekkie geraak
met sy 'New Age' style shops ennie maandelike 'Holistic Fair' die
eerste Sondag van elke maand. Daa's baie kerke, met St. Michael's the
Catholic church en sy groot koortradisie. Daa's altyt baie restaurants
wat ko' en waai ma sommige long term stayers is die 'Obs Cafe', 'Diva'
ennie 'Dragon' Chinese wat daa' van toeka se tyt af is. 'n Popular
spot is die 'Sushi Zone', wat 'n Korean restaurant, en sy
Saterdagaande en daa's ook 'n nuwe Thai restaurant wat ko' aan. Aan
St. Peter's square waa' die ou semeterie was en nou volop met spoeke
en tokolosies is, is daa' ook 'n 'Spur' lekker vir sy spareribs en 'n
Indian take-away saam met die Pie shop. Maa' die lekkerste plek om 'n
daait te smaak is die Pie Shop ommie hoek van Main Road waa' die
pasties, daaltjies, en pies die beste innie Kaap is.

In Obs itself,daa's ook 'n aantal bars om te suip en jol. Die 'Cool
Runnings' vir die jongens en daa' by die Pepper Tree Square is mos 'n
plekkie virrie laa'nies wat 'A Touch of Madness' ('n Bietjie Jas) word
benoem. O's lam ook lekker vreet by Al Fresco en lekker suip met die
bergies innie Observatory Bottle Store.

Daa's 'n outdoor swimbad wat ook baie bekend is om mooie Kaapse
tjerries te gaat kyk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    168  169  170  171  172  173  174  175  176  177  178  179  180  181  182  183    »]
Tyd nou: Do. Feb. 05 05:31:07 UTC 2026