Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Vlamme deur FERDI GREYLING
Vlamme deur FERDI GREYLING [boodskap #114237] Do, 19 Julie 2007 02:19
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
VLAMME

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.
Vorige onderwerp: " Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN
Volgende onderwerp: In die Slamse Buurt deur I.D. du Plessis
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 03:49:31 MGT 2024