Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wynland

So., 25 Mei 2003 19:11

"Andries" wrote:
> Wat is aan die gebeur? Ek het net gou gaan melk. Het ek iets gemis?
>

Ek weet nie Andries. Ek dink ons word ingeval deur die Franse.


Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

M. Althusser

So., 25 Mei 2003 19:04

Speedy Conzales wrote:

> Gaaf, die uitslag was dat jy dieper in ons harte gekruip het. Sonder
> een enkele teenstem aanvaar.

Baie dankie.

> ns.
> (Die naam waaronder die vergadering kennisgewing geplaas was
> moes nooit gebeur het nie. Ek het dit minute gelede op 'n ander
> nuusgroep gebruik waar ek bekend is en lankal deel maar iets
> anoniem geplaas het. Wou nie eens gehad het dat hulle moes
> weet dat dit uit SA is nie)

Jou geheime dra van die beret en ondersteuning van obskure marxistiese
denkers, asook jou liefde vir boeke deur Marcel Proust is veilig by
ons.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Biegstuk 2

So., 25 Mei 2003 18:52

Dave wrote:

> Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
> die Afrikanerdom!

Iers, nie Engels nie. My ouers het gedink hulle pas beter in by die
Afrikaners as by die Engelse (gemeenskaplike vyande en so aan), maar
die Afrikaners het nie so gedink nie:-). Rooms Katolieke was (is?) as
erger as Rooinekke gesien.

Londen is ook nie 'n Engelse stad nie, dis veels te kosmopolities
daarvoor. Hierdie stad behoort aan niemand nie (okay, behalwe miskien
aan 'n paar Japanse banke). Dis hoekom die res van Engeland maar deur
skrefies oë na Londen kyk.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Offisieele weergawe

So., 25 Mei 2003 18:38

Speedy Conzales wrote:
> On 25 May 2003 08:56:07 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:

> Sal my nie maklik oortuig nie Lorinda.
> Daai een van die sak uie? Heelwaarskynlik
> is dit Gloudina wat dit onder Andries se naam
> geplaas het om hom onder verdenking te bring.
>
> SC

Ag dankie tog, hier is iemand om die party lyn voor te skryf. Niemand
kan by 'n party line hou soos ek nie. So dis dan ons storie, en ons
hou daarby..


Lorinda

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Sondag blues

So., 25 Mei 2003 16:14

"Andries" wrote:
> Sit maar by die huis. Ek het 'n Vyfdag werksweek, Maandae tot Vrydae en werk
> elke 2de Saterdag.
>>

Ek het ook 'n vyfdag werkweek, maar as 'n stuk werk moet klaarkom beteken dit niks.

Het jy vriende in die distrik?

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Van vrede

So., 25 Mei 2003 15:56

"Andries" wrote:
>> Ek wil nou nie stories aandra nie, maar ek dink Andries het die vrede
>> gaan versteur daar... Ons wag nou maar op die nuclear fall-out.
>>
>> Lorinda
>
>
>
> nou wat het gedoen, vertel my ook. : (
>
>
Andries, jy kan onmoontlik nie weet nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Biegstuk 1

So., 25 Mei 2003 15:36

Speedy Conzales wrote:
> On Sun, 25 May 2003 16:13:36 +0200, Speedy Conzales
> wrote:
>
>
>>>
>>> Nie krake in mure nie! NOU het jy meer as my volle aandag.....Sal
>>> hierdie mure hou? Ek bedoel sal dit so lank hou as baksteen mure?
>
> Nòu Poppie, het jý mý onverdeelde aandag... ek dog jy's een van die
> hedendaagse girlies wat eers die wêreld gaan verken en soos 95%
> van hulle in London begin. Nou praat jy asof jou ma in Ierland woon.
> Vertel meer.......
>
> Speedy Conzales
> met ore gespits

Ek het geweet een of ander tyd sal dit tersake kom. Wel, jy het my nou
'n reguit vraag gevra, en ek sal maar moet waag dat ek nou uit die
binnekringe verstoot gaan word. Ek is nie Afrikaans nie. Ek is Iers.
Ek het in Suid-Afrika grootgeword, maar is al jare gelede daar weg. Ek
is in my dertigs en woon al jare in Londen.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die vrede is nie vir ons nie.

So., 25 Mei 2003 15:28

Speedy Conzales wrote:

> Dankie dat jy my daarvan sê. Ek het nie eens soc. culture op my
> nuusleser nou nie en sal dit miskien (net miskien) netnou ook
> op my nuusleser sit.
> Wat wil ek by SCS-AA hê as ons dan soveel vrede het hier?
>
> Dave
>

Ek wil nou nie stories aandra nie, maar ek dink Andries het die vrede
gaan versteur daar... Ons wag nou maar op die nuclear fall-out.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Postale dementia

So., 25 Mei 2003 13:02

Ek is jammer dat ek so eienaardig pos (nuwe threads begin met dieselfe
naam, onder die verkeerde pos antwoord ens.). Die rede is te vervelig
om volledig te bespreek, dis net dat ek die groep iewers lees waar ek
nie kan pos nie, en moet pos waar die betrokke boodskappe nog nie
verskyn het nie.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Plaas name in die Vrystaat

Sa., 24 Mei 2003 22:10

Dankie vir die name. As mens dit so lees klink dit soos a gedig deur
Van Wyk Louw of iemand. Wat is n Wetterschtain?

Lorinda


> Driekop ; Bankies ; Damkop ; Lagersdrift ; Weltevrede ; Losberg ; Waterval ;
> Koringland ; Makoadi ; Schuttesrust ; Wetterschtain ; Braamhoek ;
> Driefontein ; Swartlaagte ; Mooifontein ; Losberg ; Prinsberg ; Kransfontein
> ; Klipkoppie ; Tandjiesberg


"Lorinda" skryf in boodskap news:4f858c51.0305241035.5e23e19e@posting.google.com...
> Andries, terwyl ons (ek eintlik) praat oor plaas name, wat is die name
> van die ander plase rondom julle?
>
> Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1728  1729  1730  1731  1732  1733  1734  1735  1736  1737  1738  1739  1740  1741  1742  1743    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 19:40:14 UTC 2026