Speedy Gonzales wrote:
> On 26 Jul 2003 13:30:42 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Katryn, dit lyk asof die naam Nelson ons agtervolg die laaste paar
>> dae:-)) Die meeue is orals.
>>
>> Ja en wat raas jy met Katryn, Speedy? En dit oor Nelson.... Sies.:-)
>>
>> Lorinda
>
> ek hettie...! Wou net kyk watse reaksie
> van die ander partye af is... en toe kry
> ek reaksie uit eie geledere >snik...
>
>
En wat as die kraaie teen haar gedraai het? Dan moes ons weer moue
oprol, en ek is juis so moeg gebaklei:-)) En ek is net 5 voet 2 en lig
(lug???) in die lyf, julle weet nie hoe swaar dit vir my is nie,
Darem handig dat ons 'n plek het om te kom nabetragting hou:-))En jy
het jou goed van die taak gekwyt Katryn.
O en jammer dat ek WEEREENS die tema naam verander het. Ek sê dit nou
maar terwyl ons wonde lek en julle my dalk nie sal gryp nie:-))
Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>> vir baklei nie:-))
>
> Agge nee. Nou sê jy vir my??
> :-)))
>
Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))
Katryn wrote:
>
> Jy gaan nou baie teleurgesteld wees, maar eintlik sal of kan ek niks
> sê wat jy nie in elkgeval alreeds weet nie. En eintlik het ek myself
> net swak uitegdruk met daardie sin. :-)
Teleurgesteld? Jy praat altyd oor interessante goed. Jy verduidelik
ook iets wat nou vir my sin maak oor waarom aborsie in Skandinawiese
lande tot op so 'n laat tydstip toegelaat word (die vyf maande ding).
Jy som ook die probleem baie goed op tussen pro- en anti aborsie
voorstaanders; die geloof in die bestaan van die siel ens.
> Ek is 'n agnostikus (eintlik
> 'n twyfelaar soos uitgewys was op die groep deur iemand). Daarom
> is dit vir my nie so moeilike saak as dalk vir julle nie.
Ek is nie 'n "volwaardig praktiserende" katoliek nie. Daar is
allerhande moeilike kwessies daar, soos bv oor voorbehoedmiddels en so
aan. Ek het my kulturele agtergrond gegee om die baggage wat ek
saamdra te verduidelik. Onthou in ons geval word dit alles ook nog
geweef aan die politiek ens ens wat dit alles nog meer probleematies
maak.
Sy word more 12h00 geopereer sodat die gewasse in haar linker bors verwyder
kan word. Daar is hoop.
Die kanker is vroeg genoeg ontdek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
hoef sy nie bestraling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
hospitaal bly vir observasie.
Ek gaan ook Maandag vir aanleg toetse by die universiteit. My plan is om
deur die pos te studeer terwyl ek werk, en dan eendag my eie ding te doen.
Katryn, iets eienaardigs oor die koffie kapitaal tema. Ek kan mense se
antwoorde aan jou sien, maar nie jou pos nie, hehalwe die een wat ek
hier onder antwoord. Ek kan ook nie my oorspronklike pos sien nie, so
as ek iemand nie antwoord nie, dis omdat ek nie die vraag kan sien
nie. Speedy, ek het jou vraag wel gesien en geantwoord so as jy dit
nie sien nie (is dit nie omdat ek onder die bed wegkruip nie:-)))laat
my weet sodat ek dit weer kan pos.
Katryn wrote:
> Tragies dat feite soos deur moderne wetenskap uitgewys word gewoonlik
> totaal geignoreer word.
>
Wil jy dalk hieroor uitbrei? Ek is baie geinteresseerd daarin.