Ek gaan bietjie "berge" toe saam met 3 van my vriendinne tot Sondag
aand. My notebook gaan saam, maar ek glo nie ek sal 'n kansie kry om
in te loer nie. So, ek groet vir eers. Julle moet lekker kuier en 'n
lekker naweek hê.
Greetings
Pieter
Tel : +27-(0)-12-3337112
Fax :+27-(0)-12-3337107
Cell :+27-(0)-83-4553016
BF Computer Office cc
Your One Stop Office & Computer Supplier http://www.bfco.co.za
Suppliers of : Complete Computer Systems, Computer Components, Notebooks,
Printers, Networking, Servers, Web Hosting, Web Design, PBX Telephone
Systems, Lightning Protection Products, Original & Refilled Cartridges,
Office Equipment, Corporate Gifts and Stationary. We also do Designing of
Networks and IT Project Management.
On Wed, 27 Aug 2003 21:36:45 -0700, "Lorinda" wrote:
> Speedy en Andries, waar was julle vandag? DD jy is nie dalk besig om van 'n
> internet kafee in Skotland te pos nie? Ek vra net, want 2 mans in 'n Golf
> Gti was vandag naby Drumlanrig Castle in Skotland gesien, net nadat die Da
> Vinci skildery daar weggeraak het....:-))
>
> Lorinda
>
As ek jou van my drama die afgelope paar dae vertel,
sal jy besef dat ek nie tyd gehad het om Da Vinci te
gaan ondersteun nie.
Vrydagoggend het ek my sellulêre foon op my kar se dak
neer gesit en gery.
Gister het ek 'n ander een gekoop (weer 'n Nokia) en
en vanmiddag by die huis gekom, en dit was weg.
Ek weet dat ek net by twee plekke stil gehou het na
ek vertrek het by my kantoor. Die eerste was by
'n swartman wat skilderye en beelde verkoop langs die pad
en die tweede was by iemand ('n onbekende) wat ek gaan help
het met 'n probleem op sy nuwe Pentium 1V. Eerste na nommer
twee. Dit was nie daar. Toe onthou ek van nommer een en ry
daarheen. Terwyl ek met hom praat en hy sê dat dit aan my sy
was toe ek vertrek het, skakel ek my nommer. (Ek kan soms
heel doof wees, en daarom aktiveer ek 'vibrating alert.)
Terwyl ek met hom praat en my nommer skakel, voel ek die
vibrering onder my bas! Dit het toe onder die seatcover (dit klink
lekkerder as sitplekbedekking) ingeskuif, en dit lê in die hoek wat
deur die ruglening en sitplek gevorm word. En dit vibreer met 'n
genotvolle 'hier is ek, hier is ek...'
Die outa, wat net Zulu kan praat, het nie geweet waarom ek sê,
'toemaar, ek weet waar dit is' en ry nie.
> Katryn, ek sien vandag die volgende in die Guardian:
>
> "President Bush is now unarguably a model president. That is to say, a
> 12-inch model of the president dressed as a fighter pilot is on the market".
Sheeesh....
Is dit 'n bubblehead....skuus, ek het bedoel om te vra of dit 'n
bobblehead poppie is?
:-))
> Dink jy die kindertjies in die VSA gaan almal een vir Kersfees wil hê?:-))
Sheesh....
> Lorinda (wat nou darem weet wat Katryn nie vir Kersfees wil hê nie).
LOL! Jy is baie perseptief (Wat is perceptive nou weer in Afr?)
Dit is omdat jy in die toekoms praat ....... PC datum ?
Greetings
Pieter
Tel : +27-(0)-12-3337112
Fax :+27-(0)-12-3337107
Cell :+27-(0)-83-4553016
BF Computer Office cc
Your One Stop Office & Computer Supplier http://www.bfco.co.za
Suppliers of : Complete Computer Systems, Computer Components, Notebooks,
Printers, Networking, Servers, Web Hosting, Web Design, PBX Telephone
Systems, Lightning Protection Products, Original & Refilled Cartridges,
Office Equipment, Corporate Gifts and Stationary. We also do Designing of
Networks and IT Project Management.
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f4b88cc$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
> Wat NOU weer?? Hmm?? Wat het hierdie keer gebeur dat almal van die plek
> gevlug het soos voor daai afkop perde langs die wapad in die spook storie?
> :-))
>
> Lorinda
>
Die persoon wat dit wel gedoen het, het ek op heterdaad betrap. Die nodige
lyfstraf is toegedien omdat ek dit verkeerd beskou om jou as iemand anders
op die net voor te hou.