Mooi foudies en 'n goeie belegging wat jy daar het, al sou daar ook nie
ontwikkeling gewees het nie. Jammer dat DD die 'cowboy' nie saam met jou was vir
'n foto nie .... hehehe :-)
--
"DD" skryf in boodskap news:gmgenv0qtv8jref223veq5a9982b55ph7f@4ax.com...
On 27 Sep 2003 14:24:45 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
> Welkom terug berugte matwasser! En ek hoop jy het die Kasteel
> geniet... Van natreen in Londen se strate, dis sooooo waar, ek het
> behoorlik natgereen die week. Vertel van Durbs as jy 'n kans kry..
>
> Lorinda
Kom ek vertel jou, so van oor die rand van 'n Kasteel:-0
Ons het 'n snaakse weer gehad in Durban. Koud en winderig.
En, vir my wat geklimatiseer is vir die hoëveldse weer, en in
Durban 'n baadjie (of te wel windbreker) dra, is dit snaaks.
Lekker om te sien dat dit kan koud word daar ook.
Onthou jy, Lorinda, dat ek jou vertel het van die nuwe onwikkeling
daar? En dat dit die rede was vir my beleggings daar? http://www.uShakaisland.co.za
Kom ek wys julle hoe dit vorder, en presies waar dit geleë is
vanaf my plek gesien.
> Ek het op Katryn se pos geantwoord, maar dit lyk my my pos het in die
> niet verdwyn... My berugte woordeboek sê dis 'n kolibrie... Ek het die
> woord nooit vantevore gehoor nie (wel voordat Roely dit gebruik het
> nie..:-))
Dankie vir die woord, Roely en Lorinda. Laat dit so geskryf staan dat
ek daardie woord hier op ALA eerste gesien en geleer het!! :-)
Ek het ook intussen geleer dat dit ook 'n suikerbekkie genoem kan
word. Suikerbekkie of heuningvoëltjie is vir my nogal baie mooi
beskrywende woorde vir die goedjies.
Net sommer vir interessantheid - hierdie ruby-throated hummers of dan
kolibries wat nou hier by my kuier, moet nog oor die Gulf of Mexico
vlieg waar hulle dan oorwinter. Dit is darem ongelooflik as mens
dink. Iewers het ek gelees dat die jaarlikse tog oor die Gulf is
sowat 500 myl, en hulle doen dit tussen 18 en 20 uur. Daarom ook dat
hulle eers hulle liggaamsgewig met 150% moet vermeerder voordat hulle
hierdie tog aanpak.
>>>> Katryn
> Sedertdien
> kry ek ongelooflik baie spam oor veral penis enlargements en medisyne
> na daardie spesifieke adres wat ek gebruik het. Dit was toevallig ook
> die ENIGSTE plek waar ek daardie spesifieke adres gebruik het. Ek is
> baie lus om dit verder te neem met H&R. Ek dink hulle is skarmunkels
> wat privaat inligting laat lek.
Privaat inligting sê jy!!!?!
>>> Lorinda
> Jy moet belis daaroor kla, liewe hemel jy het nie 'n penis enlarger
> nodig nie!:-)) Wys jou net, belastingaarders kan glad nie vertrou word
> nie....
Hy het 'n botteltjie van daardie pille ernstig nodig gehad. Die
probleem was dat dit nog nie ontwikkel was nie (die pille meen ek:-)
Dit was laaank voor die 3" tot 4" pille die mark gesien het.
Hy gaan sien toe maar 'n towenaarvrou vir hulp, en dié sê toe vir hom
na die gewone ge'akkra ge'dabbra met haar hande swaaiend oor die
omgewing onder bespreking: "Van nou af, as jy in die straat loop en jy
nies, en iemand sê 'bless you', sal jy 'n duim groei in lengte
ervaar."
Dit was dae later, en heeltemal vergete al, toe hy op die sypaadjie
skielik nies. 'n Werklike nie-aansit nies. 'n Verbyganger sê ook maar
so ietwat ingedagte "bless you!" en hy voel die skielik verandering! '
So dit werk!' roep hy uit, en die volgende nies was met opset juis toe
'n voetganger verbystap. "Bless you" en die duidelik voelbare
'enlargement' is daar!
Toe kom daar twee nonne verbygestap, en net toe hulle twee treë voor
hom is, nies hy. Sê een van die nonne: "Bless you a thousend times, my
dear!"
Ek's terug, en weer op pad.
So, ek gaan nou my beste aftershave en oudste denim aansit, en dà n,
terwyl Tobie die babagaaie voer, en
Lorinda in die London'se reën in die strate natreën,
en Katryn wonder met wie sy nou weer 'n fight kan begin,
'n skaapbraai bywoon. 'n Skaapbraai met Kasteel voorgereg.
Kasteel, geskink in 'n groot beker, met 'n byna net so groot
oor:-)
Speedy Gonzales
die Berugte Matwasser van Durbs.
(Matte en Mure... met die weerklank
van Lorinda se vraag... 'gaan jy werk
of gaan jy vakansie hou?' steeds
in my ore:-)
Iemand op nl.culinair zoekt naar recepten van Zuidafrikaanse borrelhapjes
die in grote hoeveelheden gemaakt kunnen worden. Dit in verband met een te
houden Zuidafrikaans dansfeest.
Hebben jullie leuke ideeën? Op internet vond zij alleen iets over biltong.
Het vanoggend so om en by 07:00 die Piet-My-vrou hoor fluit. Die somer is hier !
--
--------------------------------------
A person with an argument is no
match for a person with an experience
--------------------------------------
Andries het vir my e-pos gestuur van die werk af; sy modem is deur weerlig
bygekom en hy kan eers volgende maand 'n ander een koop. Hy stuur groete aan
almal.
Ai, die Vrystaatse donderweer...:-)
ek wonder nou regtig wat van DD geword het. Dis nie hy om sommer net te verdwyn
nie. Katrina is ook vannie 'map' af. Anneries sê ook niks, nou ja, dis min dae
vir my hier. Ek moet sê ek sal nogal verlang om so nou en dan net longe te kom
skoonmaak hier. Maar dit is regtig nie meer die moeite werd vir my nie. Al die
inligting oor die grootmaak en hantering van gaaie het ek. My maat David Lal in
London sal ek nogal mis met ons e-posse oor die doen en late van papegaai
eienaars. Eintlik was dit my groot rede om internet te kon aanskaf. In die begin
was dit lekker om ure op te wees en met die res van die wêreld te kommunikeer
via IRC. Sê my Lorinda het jy ooit gesels op IRC? Die paar mense wat interessant
gepraat het op die Afrikaanse ng's het ook verdwyn. Ek het baie van ou Plaasvark
se stories gehou. Hy
het altyd vir ou Canada Dry so op haar plek gesit. ..... heheh
Daar was nog so 'n paar ander ook. Min het werklik oorgebly jy weet, sal nou sê
die wat 'sense' gepraat het. Nouja, dis elk geval lekker om met jou te praat,
nie dat jy nou eintlik veel seg nie ná :-) maar mens wil seker ook nou nie alles
adverteer op die ng. nie.
Het nou weer in die afgelope paar dae lekker gereën en ek kon nie my daaglikse
stap doen nie. Ek stap gemiddeld so 4-5km per dag, dis die kwak se orders. Hy sê
dit help hou die cholestrol laag, seker maar so. Maar ek geniet dit baie.
Anyways, hier gesels ek al weer non - stop.
Groete vir eers en haal maar solank die elektriese komberse uit :-)
--------------------------------------
A person with an argument is no
match for a person with an experience
--------------------------------------