Roely, ek sien een van die nominasies in die "best non-English
language film" kategorie van die Oscars is 'n Nederlandse film "De
Tweeling". Het jy dit dalk gesien? Waaroor gaan dit?
Katryn, ons het mos 'n ruk gelede oor Patricia Cornwell se boek gepraat
(Portrait of a killer) waarin sy beweer dat sy die Ripper misterie opgelos
het en dat Walter Sickert die moordenaar was. Ek was vandag in 'n boekwinkel
waar hulle toevallig 'n spesiale uitstalling gehad het van "true crime"
boeke, en daar is 'n enorme getal boeke oor Jack the Ripper. Dis 'n hele
industrie op sy eie. Ek het ook opgemerk daar is selfs 'n tydskrif wat
uitsluitlik oor "wie was die moordenaar" tipe teoriee en "bewyse" gaan. So
in die lig van al daardie teoriee, mites en interpretasies is alle
"oplossings" maar net nog 'n teorie, dit sou heeltemaal onmoontlik wees om
enigsins van 'n "waarheid" in daardie moeras te praat. Selfs al sou iemand
wel die waarheid beetkry, sal dit steeds net deel word van die kakofonie.
Ek sien LOTR het vier toekennings gewen.
Charlize Theron het die drama actress honour vir "Monster" gewen.
Die BBC se sitcom "Office" was die beste TV komedie. DIt is werklik 'n
goeie reeks, het julle dit al gesien? Dis net partykeer so
"cringemaking" dat mens skaars kan kyk...:-)
> Faite de l'argent facilement avec un commerce internet à paliers multiples.
> L'achat de ce commerce comprend sa propre promotion auprès de 3600 personnes par mois et ne demande aucune connaissance commerciale.
> Tout ce que vous avez à faire est de vous inscrire.
> P.S.: Parlez en à vos ami(e)s si vous voulez qu'ils vous accompagnent dans votre futur train de vie.
>
> Inscription et informations additionnelles à cette adresse:
> http://marcjr.carrefourinternet.com/fr/
DEON OPPERMAN'S
DUBBEL EN DWARS
starring
LIZZ MEIRING
Directed by DEON OPPERMAN
10 FEBRUARY - 20 MARCH 2004
at UNISA KLEINTEATER
Uit die komediepen van Deon Opperman, wat saam met Lizz Meiring die
komedietreffers Die Skandaal en Die Skandaal II: dubbeldosis geskep het, kry
Pretoria nou die nuutste treffer DUBBEL EN DWARS met LIZZ MEIRING in die
hoof rol. Die res van die geselskap sluit in akteurs Justin Strydom, Meren
Reddy, Diaan Lawrenson, Makgano Mamabolo en Quincey Myeza.
Die is 'n skaterlag-jou-dood-en-val-van-jou-stoel-af komedie. Moet dit nie
misloop nie!
Wat gebeur wanneer 'n wit man - laaste in die tou van voordele in die nuwe
Suid-Afrika - 'n tender wil wen om die President se nuwe persoonlike lughawe
te bou? Oplossing: hy teken die tender met 'n swart naam, Bothatini! Dis
alles goed en wel, totdat hy die tender wen en 'n regeringsagent by sy huis
instap om die kontrak te laat teken. En dis wanneer die k** ... moeilikheid
die "fan strike" ... dubbel en dwars.
Hierdie Deon Opperman lê-soos-jy lag produksie het sy debuut by die
Potchefstroom Aardklopfees gehad, waar dit vol sale gelok het.
We komen net uit de mooiste bioscoop van AMsterdam, waar we The
Calendergirls hebben gezien. We hebben lange tijd niet zo gelachen als bij
deze film! Kennen jullie hem?
Sy ry reg voor my op soek na 'n parkeerplek. Op soek teen 35kmu.
Kry die parkeerplek en trap rem sodat daardie Mazda net daar stop.
Ek moes regs swaai en het 'n botsing teen haar vermy maar die ou
in die regterbaan kon nie so vinnig wegswaai nie. My kar het 'n byna
onsigbare skraap teen die regter agtermodderskerm, maar sy linker
voormodderskerm lyk effe slegter.
Dit was 4:30 nm vandag. En sy klim in haar kar en ry terwyl sy weier
om te sê wie sy is. Weet nie regtig of haar registrasienommer iets
werd gaan wees nie. 'n Engelssprekende tannie.
Nou gaan ons poelieste toe. Ek neem die motorongelukvorm en
begin dit invul. Sy sê, nee, hulle moet dit self invul. ôrraait, vul
dit dan in. Geen enkele witmens agter die toonbank daar nie.
Dit was 4:50nm. Baie vriendelik verduidelik haar senior dat sy
die vorm moet invul. Weer 'n ôrraait van my af.
Sy sukkel, en hy moet haar wys waar om wat in te vul. En vir haar
sê hoe om die woorde te spel. Ek het gesê dat ons Suid gery het,
toe sê hy vir haar om East te skryf. En weer gee hy vir haar die regte
spelling van 'n woord.
Toe wil hy 'n skets van die ongeluk maak. Lekker moerrig teen die tyd,
gryp ek die papier onder sy pen uit, en sê dat hy wil raai. Toe skets
ek dit. Mooi vra hy of ek die skets op die vorm sal oordoen.
Nee, sê ek. jy het gesê dat julle die vorm doen. Nou doen julle dit.
My verklaring oor wat gebeur het. Sy vra of ek dit op die vorm sal
skryf. Nee, sê ek. Jy het gesê dat jy dit moet doen. Nou dòen jy dit.
Toe moet ek aan haar verduidelik wat 'bruise' beteken. Want, volgens
my het die modderskerms mekaar net so effe gekneus:-)
En ek moet haar leer spel.
5:40nm het ons daar uitgekom, en die vorm was so wrintiewaar
voltooi:-)
Hallo Almal, weet julle of daar nog Afrikaners hier erens in Nederland
wegkruip.. Ons is maar 'n klein groepie hier. Dit sal lekker wees om kontak
te maak.
As iemand kan help sal ek dit waardeer.. Of se sommer hallo!