<<<'n Sjinese werker in die konstruksiebedryf word glo sowat $1 per
"dag betaal. Dan werk die werker 'n skof van 12 uur 6 dae van die week en hy doen
"dit met 'n glimlag.
"Die Suid-Afrikaanse maatskappye kan net nie meeding teen sulke lae lone nie.
"Dis hard, maar ons mense het nog baie om te leer.
"Antonie>>>>
Ek stem saam dit sal 'n harde en moeilike les wees om te leer om te
oorleef op R80 per maand vir 'n 12 uur dag!
Besef jy dat die geboue wat so gebou word, waarskynlik inmekaar sal
donder omdat die werkers nie genoeg krag in hul lywe sal he om
behoorlik te werk nie!
(Vra jou vriende om net vir een maand kos en klere vir net een mens
vir R80 te gaan koop.)
En dan moet hulle natuurlik ook hul "rates en taxes" begin betaal,
magtag! Niks is verniet nie!
En die skoolfooie vir die kinders se skool want dis darem so
onregverdig dat 'n mens so belas word as jy meer as R50,000 'n jaar
maak! En dit net om te verseker dat "hulle" kinders verniet skool toe
kan gaan terwyl ONS moet betaal!
(...iets is fucked up hier....al is dit net die bytende agterdog dat
'n onsuksesvolle kommunistiese staat in SA waarskynlik 'n beter opsie
vir die werkers onder bespreking sal wees as 'n R80-wêreld .)
NS. Ek neem aan jou vriende sal ook bereid wees om die geld te maak
wat die "bosses" in China maak. Met dieselfde karre te ry. In
dieselfde huise te bly en dieselfde infrastrukture te he en dieselfde
winkels en dieselfde koopkrag onder die verbruikers!
Oor Philips: Kan iemand dalk sê of hulle 'n spesiale "deal" met die
vorige regering gehad het?
Was hulle operasies in die jare sewentig/tagtig soveel meer winsgewend
as vandag? Die uitvoere soveel beter? Die arbeid soveel goedkoper? Of
was daar ander faktore wat dit vir hulle voordelig gemaak het om hier
te bly?
Dit is waar dat wins die koning is in die wereld van besigheid, maar
dit is ook waar dat daar 'n soort moraliteit en kodes is onder die
beter maatskappye.
> From: "Abi Coetzee"
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5396] Tik van Omega en delta
> Henry en Marius skryf:
>> Henry Flint skryf.
>>>> Ek sien almal sukkel om Omega en delta te tik. Daar word meestal e^ ens.
>>>> gebruik. Die manier om die twee karakters te tik is om die "Alt"
>>>> sleutel in te hou en dan die syfers 136 vir Omega en 137 vir delta te druk.
>>>> Sodra die "Alt" sleutel gelos word sal die karakter verskyn. "Numlk"
>>>> moet aan wees en die syfers moet op die grys numeriese sleutelbordjie
>>>> gedruk word.
> Abi antwoord:
> Verkieslik moet geen "Alt" karakters gebruik word nie. Ons sit hier
> met 'n Globale Netwerk waar mense verskillende sagte- sowel as
> harde- ware gebruik. Verskillende sleutelbord drywer programme word
> ook gebruik wat kan maak dat 'n betrokke "Alt" karakter as iets
> heeltemal anders vertoon kan word as wat die oorspronklike versender
> bedoel het. Vermy dus die gebruik van "Alt" karakters.
> Groete.
> ==========================================================
> Abi Coetzee
> Senior Technician
> Bloemfontein
> South Africa
> ==========================================================
Dankie vir die korreksie Abi. Ek het gepraat voor
ek werklik gedink het.
Ai, ja... en ons het so baie vryheid van spraak gehad in die vorige
bestel ne^?
Is die veranderde woord dalk "kaffer"? Sover ek weet is dit nie 'n
verbode woord nie.
Wat wel onder die grondwet beskerm word is mense se waardigheid. Ek
reken dit het miskien meer met goeie maniere en beskaafdheid te doen
as met beperkinge. Toe ek klein was, het my ma my vryheid om my pap
oor die tafel na my suster te gooi, ook beperk.
Ernie Wentzel het een keer in 'n artikel in 'n tydskrif (ek dink dit
was Dennis Becket se Frontline in die beginjare) 'n omskrywing van 'n
liberalis gegee as min of meer iemand wat glo aan die handhawing van
die reg vir elkeen om sy lewe te kan lei soos hy wil.
In die Emerican Heritage Dictionary staan die volgende: " A political
theory founded on the natural goodness of human beings and the
autonomy of the individual and favoring civil and political liberties,
government by law with the consent of the governed, and protection
from arbitrary authority."
Dit klink vir my baie great.
( Wie op aarde was Gerhard Beukes?)
Ek is 'n arme Boerenoi,
By vele min geag;
aar tog is ek van edel bloed,
En van 'n hoog geslag.
Uit Holland het myn pa gekom
Na sonnig Afrika;
Uit Frankryk, waar die druiftros swel,
Myn liewe, mooie ma.
Hul skel my uit vir Hotnotsmeid,
Maar ek gee daar nie om;
Want aan myn lippies kan jy sien
Van wat geslag ek kom.
Soet vloei die woordjies uit myn mond;
Dit het ek van my ma;
aar as ek bid, dan hoor jy wel,
Ek is 'n kind van pa.
yn sussie wat uit Holland kom,
Die hou verniet haar groot:
Die lug is alte skerp vir haar,
Sy is al amper dood.
Die dokters kom nou bymekaar,
Hul maak tesaam 'n "Bond";
aar tog met al die doktery
Word sy nooit weer gesond.
yn niggie met haar stywe nek,
Die loop in rooi satyn;
En baing jonkmans loop haar na;
Sy denk hier baas te syn.
aar as die awenduurtjie kom,
Dan is die klomp by my:
Dis "hartjie" voor en "hartjie" na:
"Laat ons 'n bietjie vry!"
As ek maar eers myn vryer het,
'n Digter vol van moed;
Een wat my om myself bemin,
En nie maar om myn goed;
Wanneer die vryer tot my kom,
Vat ek hom by die hand,
En maak ek hom, hoe swak ek skyn,
Nog koning in die land.
Want ek het onder in myn kis
'n Ware towerstaf,
Wat ek nog van myn ouma het,
En niemand weet daaraf.
Hef ek die staf op, "Moedertaal",
Dan volg die land my na:
En ek is netnou koningin
Van heel Suid-Afrika!
Ek sien dat iemand dalk oorweeg ( of het dalk alreeds ) 'n WWW
bediener met Afrikaanse gedigte daarop wil opstel.
Ek is lid van die Junior Rapportryers en ons speel ook met die gedagte
rond om iets soortgelyks te doen. ( Miskien ook met inligting oor
Afrikaanse literatuur, nuwe Afrikaanse musiek en Afrikaanse kultuur
aktiwiteite ens.)
Alles is nog in 'n beplanningsfase, en ek sou graag verneem van enige
persoon of instansie wat iets soortgelyks beplan of reeds gedoen het.
Is daar dalk van die akedemici of uitgewers wat ook reeds soortgelyke
inligting op die Internet het ?
Sou dit vir u tot enige waarde wees en watter spesifieke behoeftes
kan ons dalk daarmee aanspreek ? Laat weet tog vir my.
Voor iedereen is de Nederlandse teletekst via Internet te
benaderen. Dus het laatste nieuws tot het weer in de gehele wereld
nu te bekijken.
Kijk naar HTTP://WWW.OMROEP.NL/CGI-BIN/TT/NOS/PAGE
Die berigte word gelos deur "vlamgatte". Hulle lok uit en sê enigiets
om mense in 'n forum kwaad te maak. Ek dink die idee (onder die meer
intelligentes) is om te sien hoe 'n lang woordestorm hulle kan begin.
Dis maar soos ouens wat uit bewegende karre vir 'n mens skreeu as jy
draf.
Gooi vir hulle 'n "toffie" (die internasionale teken van die duim en
vingers) en draf voort.
Gerald van Eeden skryf onlangs: "Gelukkig is daar nog 'n organisasie
soos die Afrikanerbond (voorheen...die Broederbond) waarvan die lede
nog daarmee erns is om Afrikaans te handhaaf." Robert Wagenaar
skryf in antwoord: "Ek is 'n bietjie bevrees daarvoor, dat Afrikaans die
eksklusiewe eiendom word van die Afrikanerbond."
Ek verstaan heeltemal Robert se vrese. Desnieteenstaande, dink
ek dat 'n mens nie die Afrikanerbond en 'n toekomstige rol daarvoor in
die nuwe Suid-Afrika moet ontmoedig nie. In die dekades voor die val
van apartheid was die Broederbond in 'n geweldige magsposisie. Hulle
was heelwaarskynlik deels verantwoordelik dat ons geliefde vaderland
in die moeras van die apartheids-era beland het. Hulle druk was egter ook
verantwoordelik vir die uiteindelike besluite wat deur die Nasionale Party
geneem is om die apartheidswette af te skaf en die politieke gevangenes
vry te stel.
Volgens Allister Sparks in "Tomorrow is Another Country" het
Pieter de Lange, wat in 1983 voorsitter van die Broederbond geword het,
alreeds in 1986 kontak gehad met Thabo Mbeki by 'n Ford Foundation
byeenkoms op Long Island, New York. Dit was dus gedurende die tyd
van P.W. Botha nog. Sparks skryf: "De Lange claims that the Broederbond
was well ahead of the National Party in its reformist thinking." Sparks is
ook vol bewondering vir Broederbonders soos Sampie Terreblanche en
Willie Esterhuyse wat later aktief deelgeneem het aan gereelde kontakte
met die A.N.C. en belangrike kataliste geword het in die veranderende
denke van die Afrikaner intelligentsia, saam met mense soos Willem de
Klerk, die broer van die man wat uiteindelik die taak sou erf om die
Afrikaner los te maak van die vrag wat hy vir dekades op sy eie skouers
geplaas het en later te swaar gevind het om te dra.
'n Mens hoop dus dat die Afrikanerbond nou homself aktief sal
beywer vir die voortbestaan van Afrikaans deur volop geldelike hulp te
soek vir die instandhouding van robuuste Afrikaanse koerante. (Wat 'n
genot vir 'n Afrikaner in Noord-Amerika om die Beeld , die weeklikse
Burger ens. in Afrikaans af te laai!) Hulle kan ook byvoorbeeld dit
makliker maak vir mense om in Afrikaans te publiseer deur Afrikaanse
letterkundige tydskrifte te ondersteun en nuwes in stand te bring. Ek
hoop ook dat die Afrikanerbond miskien dit sou oorweeg om hulself
die Afrikaanse Bond te noem, om sodoende die vier miljoen sprekers
van Afrikaans wat nie sogenoemd "wit" is nie, onder hulle vlerke te
neem . Hulle kan ondersteuning verleen met beurse vir studente wie se eerste taal
Afrikaans is, pryse vir Afrikaans in skole waar die voertaal Engels is, en
net 'n algemene poging om te verseker dat dit 'n vreugde sal bly om in
Afrikaans te skryf, te praat en te dig.
Gloudina Bouwer
I just read a beautifull story in a book called 'Kort Afrikaans':
Karolina Ferreira. Some of the Afrikaanse authors in the book are
quite well-known in The Netherlands, but Lettie Viljoen is not.
Can anyone tell me more about her? What did she write before? Is her
work translated in English or Dutch? If not, it should be, in my
humble opinion!!
+++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++++
Christel Terwiel, Women's Reproductive Health Consultancy
Utrecht, The Netherlands
Phone: *31 30 2769201 (office) | *31 30 2730130 (home)