Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreƫls om op dreef te kom.

The Cocos Island Web Page

Di., 23 Januarie 1996 00:00

Learn more about this unique tropical island, 300 miles off the Costa
Rican coast, her treasures and here unique eco system not found
elswhere in the world.

Go to:
" http://www.oocities.org/TheTropics/3425 "

Best results with Netscape or Mosaic !

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings

Di., 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 19:18
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5716] Vertaalde woordspelings

Ek was 'n paar jaar lid van 'n tweetalige Toastmastersklub. Die ordemeester,
Phil Coombs, het die gewoonte gehad om 'n kort onderbreking aan te kondig as
"There will now be a wee break" - met 'n betekenisvolle knipoog ter wille
van diegene wat dalk nie die stouterige woordspeling gesnap het nie.

Ek daag hom toe uit om 'n geskikte Afrikaanse ekwivalent te vind. En so
gou soos blits kom dit: "Daar sal nou 'n blaaskansie wees"

Hoe lyk dit met nog voorbeelde van perfekte vertalings van woordspelings?

Dirk

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Lojale verset

Di., 23 Januarie 1996 00:00

Ek lees in die boek "Lojale Verset" van NP Van Wyk-Louw die volgende :

"Opstand is net so noodsaaklik in 'n volk as getrouheid. Dit is
nie gevaarlik dat 'n rebellie misluk nie; wat gevaarlik is, is dat
'n hele geslag sonder protes sal verbygaan."

Hy het dit geskryf in 1938 ( ja dis reg - 1938).

Ek wonder of dit nie presies is wat met ons die afgelope 50 jaar
gebeur het nie. (O ja, die res van die boek is seker net so van
toepassing op vandag -nl is Afrikanerkultuur belangriker as die
Suid-Afrikaanse kultuur).

Waarom sukkel ons mense om betrokke te raak by sake van belang ?

In my hart is ek eerstens Afrikaner, al is ek net so lojaal teenoor die
Nuwe Suid-Afrika ( ek sal nie vlug nie ).

Is dit dan so verkeerd as ek protesteer oor die minagting van Afrikaans
? Ons is nie 'n minderheid nie.(Daar is volgens die Internetbronne 7
miljoen Afrikaanssprekendes in Suider Afrika)

Wat antwoord ek my tweejarige dogter as sy na haar gunsteling TV
programme ky en my vra : "Pa, wanneer is dit weer in Afrikaans" , en ek
probeer nie om iets aan die saak te doen nie.

Nou ja, daarom het ek aan die SAUK geskryf en my ontevredenheid te kenne
gegee en daarom betaal ek nie my TV lisensie nie.

Groetnis

Fanus

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Wat gebeur hier!!

Di., 23 Januarie 1996 00:00

Hoe lewensvatbaar is die forum?
Ek het gou 'n telling gemaak en van die 116 berigte in my legger was
90 afkomstig van DS:[AFRIKAANS] wat ek vermoed 'n e-mail-stelsel is
bestaande uit 'n geslote groep. Dit lyk asof bydraes daaruit op die
forum geplaas word.
Dit bevat interresante argumente en standpunte, maar 'n mens wonder
of jy alles sien.
Hoe kan jy weet wat daar bespreek word?
Dit maak gewone forum-deelnemers buitestaanders tot die hoofstroom
van die groep.
En as al die AD [AFRIKAANS]-bydrae hier geplaas word, wonder 'n mens
wat is die nut van een van die twee wat gedupliseer word?
Is dit inderdaad 'n geslote gespreksgroep?
(Miskien is daar meer lewe en demokrasie in soc.culture.south-africa.)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie

Di., 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 17:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5709] SLYPSTEEN: robotfoto, smuktassie

Net gedog ek sou die twee pragtige woorde met julle deel.

robotfoto = identikit (uit 'n Vlaamse nuusberig)
smuktassie = vanity case (in vanoggend se Beeld)

Dirk

Afrikaans, ons taal | 11 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5708] Re: Wapens en Grondwet

Di., 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 16:08
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5708] Re: Wapens en Grondwet

Michael van Hartskamp skryf:
> Het spijt me dat ik nederlands schrijf, ik kan alleen Zuidafrikaans
> lezen

Nederlands is myns insiens op die Afrikaanse poslys en
soc.s-a.afrikaans welkom. Daar is talle Nederlanders, Vlaminge en
selfs 'n Fries of twee (ja, ons verdra hulle, mits hulle nie in Fries
skryf nie :-)) wat bydraes lewer. Dit sorg vir interessante
besprekings oor taal, asook vermaaklike misverstande! :-)

Nederlanders word egter gou vermaan om tog nie na ons "taaltje" as
"Zuidafrikaans" te verwys nie. Dis so polities onkorrek hier as
die gebruik van "Diets" in Nederland/Vlaandere. :-D
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5705] Gewere en grondwette

Di., 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: JC Claassen[SMTP:C...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 15:22
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5705] Gewere en grondwette

Marius vra of die dra van gewere in die Amerikaanse grondwet vervat
is.

Inderdaad; ek het nie nou 'n grondwet by my nie, maar daar staan -- ek
meen in die aanhef -- die frase "the right to carry arms". In die
VSA-debat oor wapens word hierdie frase ad nauseam uitgepluis.
Voorstanders van strenger beheer meen dat die reg in die konteks van
die 18e eeu gesien moet word, bv dat jy jou teen ondiere en Wilde
Weste-barbare moes beskerm.

Ek gaan snork volgende keer as 'n wapenvoorstander weer met die
cliche kom: Gewere maak nie mense dood nie; mense maak mense dood
(Marius se argument.) Ons is nou een maal in 'n land waar 'n groot gros
mense nie respek vir die lewe het nie. Sit nou 'n wapen geredelik binne
hierdie mense se bereik, en jy het die resep vir chaos (Amper soos Koos
met 'n kredietkaart in 'n bordeel). In hierdie land maak mense met gewere
mense dood. Jy kan nie die mense wegvat nie (die tronke is vol en wat
help dit die vermoorde in elk geval na die daad gepleeg is?) Dus: neem
die wapens weg. Stel 'n algehele wapenverbod in, met uiters streng
strawwe (bv 10 ware jare; geen regstellende parool nie) as jy na die
keerdatum met 'n wapen in jou besit betrap word. Ons het drastiese
maatreels nodig. Oortuig 19 000 (negentienduisend!!!) moorde -- 50 per
dag !! -- verreweg die meerderheid met wapens (nie die kulturele soort
nie -- julle nie?

Singapoer is nog 'n vbld van streng wapenbheer. Ek het erens gelees
dat selfs die nasionale skietspan se gewere by die polisiestasie
toegesluit word; as hulle wil oefen, moet hulle die gewere eers met 'n
palawa van permitte gaan "trek". Wat wapenbeheer betref, druis my
argument in teen die burgerlike vryheid wat ek saam met baie van die
geselsers sterk ondersteun -- jammer, maar hierdie anargie vereis
buitengewone stappe.

Chris Claassen
Unisa
cla...@alpha.unisa.ac.za



>>> Marius Swart 23/January/1996
01:53pm >>>
Jan lange antwoord my

> Marius baie mense in die VSA glo dat hulle 'n konstitusionele reg het om
> 'n vuurwapen te he.

Kan iemand dalk help? Ek is onder die indruk dat dit werklik in hulle
grondwet vervat is.

> In 1798 het John Adams gese "Our Constitution was > made for a
moral and religious people. It is wholle inadequate for the > government
of any other"

> Ek sal vandag baie veiliger voel as dit 'n > kriminele oortreding word vir
enige van die miljoene skoolkinders wat > dink hulle 38 pisstool uitruk as
iemand hulle verkeerd aankyk.

Seker 'n pistool.

Heeltemal reg. Maar die probleem is nie die besit van vuurwapens nie.
Wel dat 'n vuurwapen onverskillig gerig en gebruik word en skynbaar
ook op 'n onverantwoordelike ouderdom. Die wet moet gemik wees teen
verkeerde gebruik, nie teen verantwoordelike vuurwapen besitters.
(Soos ook die bestuur en besit van motors).

> In > Switserland kan die mense gewere besit, maar dit is iewers
toegesluit en > hulle moet polisie toestemming kry om hulle gewere vir jag
of skyfskiet > uit te neem. Ek dink dit is beskaafd.

Switserland is 'n uiters bekaafde land. Dus is dit toepaslik en in
ooreenkoms met jou aanhaling hierbo. Ook is die bestel daar so ingerig
dat magsvergryping baie moeilik of selfs onmoontlik is.

Groete
Marius

Veiligheid & wapens | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5704] The witness

Di., 23 Januarie 1996 00:00

----------
Van: JC Claassen[SMTP:C...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: dinsdag 23 januari 1996 15:05
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5704] The witness

Ester skryf oor die Amish, en vra of ons die rolprent "The witness"
gesien het waarin die Amish-seuntjie 'n moord op die lughawe gesien
het.

Dag Ester:

Dankie vir die verdere inligting oor die interessante Amish. Maar wat het
jy gedoen toe jy na daardie fliek gekyk het? Soos op ho?rskool in die
agterste ry gesit en vry? (1) Die seuntjie het die moord op 'n stasie
gesien, NY s'n om presies te wees. Was jy te ver heen om die verskil
tussen 'n trein en 'n errouplein raak te sien?! Terloops, daai klassieke
stasiegebou van NY word dikwels in moewies gebruik, bv die
massadanstoneel in "The Fisher King" (2) Rolprent se naam is "Witness",
met Harrison Ford en Kelly McGillis. (Nee, ek's nie normaalweg so
bloukouspuntenerig nie -- net as dit by moewies kom! )

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

abusive word (scheldwoord): 'MOER'

Ma., 22 Januarie 1996 00:00

Hi,
I am a linguist from Belgium.
I am very much interested in 'het Afrikaans', more specifically in
certain links between the present Afrikaans and our Middle Dutch
(Middelnederlands).

At present I am busy with a comparison in abusive language (I know, a
weird subject, but still: interesting and even intriguing sometimes!).

I know that the word MOER (=African) is a very impolite word, an
insult for everyone.
However, the meaning (and/or origin) of this abusive word intrigues
me: in present Dutch this word (moer) means nothing more than a female
rabbit.
What exactly does it mean in the African language?

Please, be not insulted by this question!
It is merely for my linguistic study, and the answer would help me a
lot! It is rather urgent too!


Thank you.


Toon

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5684] Skeerdery

Ma., 22 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Tom Larney[SMTP:...@puknet.puk.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 18:09
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5684] Skeerdery

Joop se versugting:

> Ek wens julle wil ophou om AL die Afrikaners oor een kam te wil
> skeer.

Om Afrikaners oor een kam te skeer
is onverantwoordelik, en seer
ongewens, en nog
verkeerd ook, maar tog
makliker as probeer te sorteer.

(...en heelwat minder uitputtend!)


Tom Larney
Ferdinand Postma-Biblioteek / Library, PU vir CHO
Privaatsak X05, 2522 Noordbrug, Suid-Afrika / South Africa
FP...@PUKNET.PUK.AC.ZA Tel: 27-148-2992780

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 15:24:29 UTC 2026