Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5854] Re: Menser

Di., 30 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Tom Larney[SMTP:...@puknet.puk.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 19:32
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5854] Re: Menser

Reinier skryf:

> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke. Soos die
> Hervormer, Johannes Calvyn ons in die laaste hoofstuk van die
> Institusie vermaan (ek sien hom in my geestesoog, met vinger verhewe),
> die aardse regering is 'n tydelike bestel - dit mag nie sy eie absolute
> waardes verkondig nie. Is die idee van "fundamentele regte" nie maar
> 'n sekulêre religie nie? Het die mens inderdaad "regte" - die
> "inalienable rights" wat in die Amerikaanse grondwet opgeteken staan?

Ja, die Land des Doppers... Ons is maar 'n minderheid hier in die
Dopperhemel en worstel daarby ook maar met die dinge. (Ja, ek is een,
ten spyte van so 'n ondopperse van soos Larney - my ma was darem 'n
Venter.)

(Ek bewonder jou kennis van Calvyn en van soveel meer. Dis beskamend.
Re^rig.)

Om weer by die ander punt te begin: die twee groot gebooie (dis nou die
waaraan die hele wet en die profete hang) plaas op almal van ons
verpligtinge en sekerlik op die staat nie minder nie. As ek reg onthou
sê die Heidelbergers dat ons ons naaste se belange moet bevorder en het
hulle oor nie een van die tien gebooie 'n alte eng vertolking nie. (Die
osai"ese wette is ook nie heeltemal vry van regte tussen die
verpligtinge deur om die goeie orde onder die volk te handhaaf nie. Ek
huiwer om 'n vers as voorbeeld te noem, want die teoloe" eksegetiseer dit
onder mens uit.)

Natuurlik is jy reg as jy s dat fundamentele regte iets van 'n sekule^re
religie geword het. Op sy beste sou mens hoogstens kon sê dat dit 'n
poging tot operasionalisering van ons verpligtinge was, maar in die
proses het die klem nogal verskuif. Ek kan egter met die beste wil in
die wêreld nie insien dat ons dit daarom saam met die badwater moet
uitgooi nie. Hierdie manier om woorde en konsepte prys te gee aan ander
gedagterigtings het gemaak dat baie van ons Doppers nou nog huiwer om van
'n basaar te praat. (Toemaar, die Gatjieponners en ander het genoeg van
hulle eie stommiteite.)

In kort: die slegte klank van die woord maak nie mense se waarde en
waardigheid as die kroon van God se skepping en die implikasies van God
se orde en sy wet hiervoor tot niet nie. En die staat (natuurlik 'n
tydelike bestel) ontkom nie aan sy verpligting om dit te positiveer nie.


Tom Larney
Ferdinand Postma-Biblioteek / Library, PU vir CHO
Privaatsak X05, 2522 Noordbrug, Suid-Afrika / South Africa
FP...@PUKNET.PUK.AC.ZA Tel: 27-148-2992780

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: RP en die Broeders

Di., 30 Januarie 1996 00:00

fe...@is.co.za (Koos) wrote:
>
>
> namens alle mense in Gauteng, is hy verkeerd.
> As die Roodepoortse rugbyklub verklaring aan die president faks
> waarin hy se hy praat names alle rugby-spelers in die land en hy het
> nie alle rugby-spelers eers probeer raadpleeg nie en agter geslote
> deur besluit om die faks te stuur, is hy verkeerd.
>
> Verstaan jy?
> Jy kan behoort aan die klub wat jy wil. Dis een ding.
> Jou klub praat dan egter net NAMENS SY LEDE. Dis 'n ander ding. Dis
> die ding waaroor ek praat.
> Die Rapportryers reik nie verklaring uit "namens al ons lede" nie,
> maar sê hulle praat namens "die Afrikaner".
> Ek het hulle nie my segsman gemaak nie.
> Hulle praat nie namens my nie.
> Hulle kan my uitnooi om saam met hulle te stem of nie, maar hulle kan
> nie namens my praat nie.
> Ek behoort nie aan hulle nie.

Om eerlik te wees, ek het nog nooit veel ooghare vir die Broeders en
die Ridders gehad nie. Ek weet ook dat hulle nie namens die Afrikaner
kan praat nie. Hulle kan wel se "Ons as Afrikaners..". Dit het egter
nog niks te make met of hulle "oop" is nie.

Oor die Broeders se geheime agendas ens. Wat maak dit saak as hulle
geheime agendas het. As hulle dit tot uitvoer bring, se dit nie maar net
hoe onnosel die res van ons is nie. As broeders mekaar onregverdiglik
bevoordeel deur van hulle lede voor ander aan te stel en poste. Beteken
dit nie maar net dat die res van ons maar teen hulle kan diskrimineer
nie. Wat ek probeer se, ek dink hulle het die reg om hulle geheime
agendatjies op te stel. Die res van ons kan hulle mos maar heeltemaal
ignoreer.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd)

Di., 30 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 10:20
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5840] Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd)

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>
>> > >As dit gedoen was, was dit beslis nie op enige noemenswaardige
>>>> >skaal aangepak vir enige tydperk wat 'n verskil kan maak nie.
>
>>> Inderdaad net wat Freek beweer het. "Oorbruggingskursusse" moes
>>> meesal onmiddelik gestaak word, weens druk uit wat die
>>> onderwysministerie so graag "the community" noem. Maar daarvan het
>>> jy dalk ook nie gehoor nie - hmm?
>
>>> Groete, Leendert>>
>
>> Inderdaad het ek nie.
>> Vertel my meer daarvan asb.

Sekerlik - kyk die koerantargiewe oor die onderwerp "onderwys" sedert
Januarie 1995 of daar rond.

>> CR SWart in Pretoria - ek het werklik gedink dit is een van talle
>> skole in Suid-Afrika. Is ek verkeerd?

Nee.

>> Was die skool en sy program
>> so massief dat die hele land en gemeenskap en regering en so meer
>> daaraan gemeet kan word.

Nee. Dit was ook een van die talle skole waar sulke programme nie van
die grond af kon kom nie, omdat dit verbied is. In die geval van
Gauteng, weens klagtes uit die gemeenskap, is die skole deur die
onderwysdepartement self verbied om sulke programme in te stel en
voort te sit.

>> Vertel my asb. meer van die skool.

Kry hulle nommer by navrae en vra hulle self.

>
>> Was daar druk uit die "community"?

Volgens koerantberigte en volgens Mev Metcalfe se kantoor wel.

>> Was daar nie en lieg die owerheid? Se asb.

Jammer, hier te te veel negatiewe in die sin - ek volg nie wat jy wil
he^ ek moet "Se" nie.

>> En as daar druk was, hoe groot was dit, wat was die redes, hoe is
>> dit oorgedra? Se asb. Noem sommer die ander skole ook asb. Ek is
>> seker daar is 'n paar ander in die land.

Jou belangstelling is so intens dat ek jou graag wil verwys na
prime^re bronne. Kyk gerus die koerantargiewe, vra gerus by die
onderwysowerhede en doen gerus navraag by sommige van die ander skole
in die land waarvan jy reeds seker is.

Maar jou navraag gaan tog oor die omvang van die "program". My
stelling was dat geen omvangryke program van die grond kon kom nie,
omdat dit in die kiem gesmoor is - deur onderwysowerhede self, op
aandrang van wat hulle "die community" noem.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaanse betaalkanaal

Di., 30 Januarie 1996 00:00

Ek verneem ou Christo Wiese en sy pelle beoog 'n afrikaanse betaalkanaal. Net
soos die ouens in die verlede Sanlam, AVBOB, ens ens op die been gebring het.

Dis hoogtyd dat die afrikaner ophou om te kerm oor hoeveel mini-minute
afrikaans hy op tv, in skole, en in die wagkamers van tandartse gaan
toegestaan word. Hou jou oe oop vir soortgelyke ventures.

Daai betaalkanaal is 'n moneyspinner. Hou 'n ogie oop vir afrikaanse
privaatskoolketting, die herlewing van die afrikaanse pers. Jy weet waar om
jou aandele te koop.

Kyk, die afrikaner het gekom uit die survivor-klas van europa. En sy soldate
was nog altyd die dapperste, sy politici die skelmste, en sy ekonome die mees
geslepe.

'n Meerderheidsregering gaan dit nie verander nie.

Wanneer gaan die omsendbriewe vir die herlewingsvergaderings van die broeders
en die rapporters begin aankom?

Skryf hierdie op die tafel van jou hart: Oor twintig jaar is die afrikaner
weer aan bewind.

(Hierdie is nie noodwendig 'n weerspieeling van my politieke oortuigings nie.
Maar wel 'n barometer van politieke sinisme.)


Werda, Charl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis

Di., 30 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: dinsdag 30 januari 1996 17:37
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5850] Re: Radikalis

> Ek het nie nou die HAT byderhand nie, maar die tweetalige woordboek
> ondersteun jou mening. Verskonings. Daar bestaan wel "radikalisme" en
> "radikaliseer".
>
> Is mens 'n radikaal, of bloot radikaal? M.a.w. word die onbepalende
> lidwoord gebruik?

Ek het ook nie nou die woordeboeke byderhand nie, maar ek vermoed die
HAT en Kritzinger gee radikaal ook as selfstandige naamwoord en nie
net as byvoeglike naamwoord nie. In Engels se jy ook "He is a
radical". Miskien moet die taalkundiges maar weer help.
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

MOER

Ma., 29 Januarie 1996 00:00

Die woord Moer (soos in opdonder, slaan) kan natuurlik 'n verkorting van die
woord 'moker' ook wees ?

In elk geval, 'n vriend van my open die ander dag 'n bespreking so:
'Namens die aartappelfeeskomitee aan die hoofmoer hier...'

Dries Venter, Pretoria

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

D.J.Opperman: Kitaarspeler & Oud-digter

Ma., 29 Januarie 1996 00:00

Opperman:

KITAARSPELER

Die klank verklik my vreugde en verdriet,
ek vra wat elke ding my snare bied;
sal alles doen en selfs verraai
net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.


OUD-DIGTER

Die panne is nie opgedroog. Die spoor
van die grootwild het ek 'n rukkie net verloor
en leef intussen van die enkel reel
wat springend ritsel om die oog en oor.

Daar bly die bose vuurtjie wat ek mos kan stook
en vlae reen lok as die gifpot kook.
Maar uit die pot spring net 'n dwarrelwind
en daagliks word ek doller van wildedagga rook.

Doller... dan sterker as die jongeres gespier,
sien ek wat hulle nie kan sien: die koel rivier,
die gemsbok en reenvoel... opgeefselend
oor my Kalahari's wit papier.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5809] Re: Wie wou vir Koos koos? -Reply

Ma., 29 Januarie 1996 00:00

----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 7:13
Aan: afri...@unseen.aztec.co.za; wage...@xs4all.nl
Onderwerp: [AFRIKAANS:5809] Re: Wie wou vir Koos koos? -Reply

'n "koos" met 'n klein lettertjie is 'n piepot - die toekenning word gewoonlik
gemaak aan iemand wat op die een of ander manier droogmaak
G.
PS: iemand wat op groot skaal droogmaak, kry 'n goue koos, so Koos kom
lig daarvan af

>>> Robert Wagenaar 28/January/1996 03:50pm
>>>
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef iz...@igs.net (Izak
Bouwer):

> Iemand skrywe onlangs op die nuusgroep:
> ?Ek dink hierdie Koos verdien ?n koos.?
> Wat beteken die woord ?koos?? Ek ken dit nie.
> Uit die sinsverband het ek gedink twee betekenisse
> is moontlik: (1) Koos verdien ?n opstopper.
> (2) Koos verdien ?n soen.
> Is ek enigsins warm?
> As die eerste alternatief die regte is, dan wil ek net se:
> Los vir Koos uit.
> Koos is cute. (Gloudina)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5829] Menseregte

Ma., 29 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Tom Larney[SMTP:...@puknet.puk.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 16:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5829] Menseregte

Freek spreek:

> Dit is nou vir mense soos jy wat glo dat mense met sekere menseREGTE
> gebore word. Ek sal egter bereid wees om met jou daaroor te redeneer
> om jou gelukkig te hou. Ek persoonlik glo egter dat ek net voorREGTE
> het, wat die Liewe Heer aan my skenk.

As 'n mens bely dat alles alleen bestaan deur die voorsienigheid van God
en dat ek alles wat ek het, aan sy genade te danke het (of volgens Koos
Doep: "Wat ek is, is net genade; wat ek het, is net geleen"), dan moet
mens sekerlik ook sterk leef by die belewenis en belydenis van voorregte
wat ons uit die Hand van God ontvang. Akkoord.

Maar is dit die laaste woord daaroor ook in my verhouding met ander
mense? Het ek geen aanspraak op ander om my nie die belewing van daardie
voorregte te ontsê nie? As daar 'n gemeenregtelike basis is (sekerlik
op grond van en in ooreenstemming met die sesde en agste gebooie) vir die
staat om mense te straf vir moord/aanranding en diefstal en vir my om
skadevergoeding of genoegdoening van hulle te eis vir sulke oortredings
teen my, hoekom is ander aspekte van God se orde nie ook 'n basis vir my
opeis van regte teenoor andere nie?

Voor ek te filosofies raak: as alles net voorregte is wat God aan my
skenk, het die Afrikaner dan 'n reg op voortbestaan en het Afrikaners /
Afrikaanssprekendes 'n reg om te eis dat hulle taal se bestaan behoorlik
erken word? (Vrae waarop ek, terloops, positief antwoord.) As daar geen
sodanige aansprake is nie, hoef ons in reaksie op die huidige kreeftegang
van Afrikaans in die openbare lewe, en op ander dinge wat ons bekommer,
sekerlik nie meer te sê as ou Job in 1:21 nie. As daar wel sulke
aansprake is, maak dit, glo ek, nie saak of ons hulle menseregte of xyz
noem nie. Dat dit nie regte teenoor God is nie, stem ons oor saam.



Tom Larney
Ferdinand Postma-Biblioteek / Library, PU vir CHO
Privaatsak X05, 2522 Noordbrug, Suid-Afrika / South Africa
FP...@PUKNET.PUK.AC.ZA Tel: 27-148-2992780

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5822] Re: Wie wou vir Koos koos? -Reply

Ma., 29 Januarie 1996 00:00

----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: maandag 29 januari 1996 9:16
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5822] Re: Wie wou vir Koos koos? -Reply

'n "koos" met 'n klein lettertjie is 'n piepot - die toekenning word gewoonlik
gemaak aan iemand wat op die een of ander manier droogmaak
G.
PS: iemand wat op groot skaal droogmaak, kry 'n goue koos, so Koos kom
lig daarvan af

>>> Robert Wagenaar 28/January/1996 03:50pm
>>>
In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef iz...@igs.net (Izak
Bouwer):

> Iemand skrywe onlangs op die nuusgroep:
> ?Ek dink hierdie Koos verdien ?n koos.?
> Wat beteken die woord ?koos?? Ek ken dit nie.
> Uit die sinsverband het ek gedink twee betekenisse
> is moontlik: (1) Koos verdien ?n opstopper.
> (2) Koos verdien ?n soen.
> Is ek enigsins warm?
> As die eerste alternatief die regte is, dan wil ek net se:
> Los vir Koos uit.
> Koos is cute. (Gloudina)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 15:13:40 UTC 2026