Waarom met ape-masker my misken
as ek die digkuns heilig tot bedryf
en Nyl en papperasse met die pen
vir gode onpartydig wil beskryf;
as ek deur drif en keuse van my woord
bewys: Ek is een oomblik Potifar
se vrou met die japon en silwer koord
nalatig los, dan Josef wat verwar
van daardie dy en skemerende lies
wegvlug?
"Want jy, met iedereen se lot
te vereenselwig om ooit kant te kies,
poseer soms as 'n duiwel, soms 'n god,
maar swaai wellustig van die masker los
aan 'n liaan na dieptes van 'n bos."
Onse vader wat in die hemele is,
laat u naam geheilig word;
laat u koninkryk kom; laat u wil
geskied, soos in die hemel net so ook
op die aarde;
gee ons vandag ons daaglikse brood
en vergeef ons ons skulde, soos
ons ook ons skuldenaars vergewe;
en lei ons nie in versoeking nie,
maar verlos ons van die Bose. Want
aan u behoort die koninkryk die krag
en die heerlikheid tot in ewigheid.
Amen
--------------------------------------SPRINGBOKS RULE THE WORLD-------
) /
ANDREW HARWOOD .oooO (_/
Environmental Engineering ( )
Carleton University \ (
\_) Oooo.
Email: ahar...@chat.carleton.ca ( )
OR har...@engsoc.carleton.ca ) /
Postal: 7 Weatherwood Cres.; Nepean, .oooO (_/
Ontario; K2E 7C5; Canada ( )
\ (
-------------------------------------WALKING OVER THE COMPETITION-----
Jong, ek is in effe agter met die lees van die Afrikaanse nuusgreop op
die net. Ek laai die artikels gereeld af en lees oor naweke.
Nou lees ek die lekker stuk hierbo aangehaal.
ooi ideaal wat jy stel. Maar is dit die moeite werd? In my ervaring
is taal in verdelende ding. n Manier om mense te groepeer - ons VS
hulle.
Ek het geen besondere voorliefde vir die Britte nie, maar die wrede
Bulldog wat meer dele van die wêreld verower het as Gengish Khan,
het ten minste as een goeie erfenis, n We^reld taal geskep. Dit het
sake heelwat vereenvoudig.
Hoekom moet ons n taal aan die lewe hou? Daar is ander kultuurgoedere
wat meer belangrik en meer universeel is - soos jy noem in jou
artikel.
Die Waliesers en Iere se tale was ook doelbewus onderdruk deur die
Bulldog (selfs in hierdie eeu) maar nou vlam die tale weer op -
ongelukkig gepaart met groter Nasionalisme en "ons VS hulle" .
Maar my hart is nie waar my bek is nie!
Nou dat ek hier in n multi-kulturele gemeenskap woon, geniet ek
hierdie Afrikaanse nuusgroep, artikels en veral die gedigte BAIE.
Afrikaans is ook n handige medium vir n private gesprek wanneer dit
nodig is. Jy moet egter versigtig wees want daar is heelwat mense wat
Afrikaans of Nederlands verstaan. Dit is n goeie manier om nuwe
vriende te maak - n doelbewuste "ons is anders as julle maar as jy on
verstaan is jy mos een van ons - so soek n maatjie vir n praatjie".
My Afrikaner vrou was vir 6 maande in Taiwan on Engels aan Sjinese te
leer en handboek te skrywe!
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 17:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5985] Vrydag-grappie
[Verafrikaans vanaf die poslys vir Vlaamse nuus. Geen persone 4-18. ]
Oom Piet Labuschagne lewer al jare pos af in dieselfde buurt, en sy
aftreedag is net 'n maand weg. Hy vertel vir almal hy tree oor 'n maand af;
later, oor 'n week; en uiteindelik, baie nadruklik: M^ore is my laaste dag.
En inderdaad, op die laaste dag kry oom Piet 'n hele paar presente:
'n bottel brandewyn, 'n kilogram biltong, 'n sakkie gedroogde perskes,
selfs hier en daar 'n R20-noot ...
Heel laaste op sy roete is die Pieterses. Hier verwag hy nie veel nie.
Die man is 'n regte ou buffel, en die vrou het nooit 'n los sent nie.
Maar mev. Pieterse, nogal 'n aantreklike blondine, is baie hartlik.
Sy nooi hom in, en dit is sommer slaapkamer toe, en sy laat hom baie,
baie welkom voel, sy vyf-en-sestig jaar ten spyt. Daarna neem sy hom
na die kombuis, en gee hom 'n lekker bak warm boontjiesop, nes sy ouma
dit nog gemaak het. Uiteindelik is hy by die voordeur, en sy stop vir
hom vyf rand in die hand.
Oom Piet is 'n bietjie uit die veld geslaan. "Al die jare lewer ek hier
pos af, en jy was nog nooit anders as baie korrek en hoflik met my nie.
Maar nou -- die asemrowende tyd in die bed! die heerlike sop! Hoewel
die footjie nou nie juis groot is nie."
"Dis eintlik my man se voorstel," sê sy. Nou verstaan hy eers niks. "Ek
het hom vertel dis vandag Oom se laaste dag," en sy vee 'n blonde lokkie
weg van haar voorkop, "toe brul hy: 'F.. die bliksem, nie 'n sent meer as
vyf rand nie!' Maar die sop, Oom Piet, dit was my eie idee."
----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5972] Re: Jamie Uys
Johannes van Vuren vra;
> Weet enige iemand of sy films op video vekrygbaar is - veral sy
> Afrikaanse films?
>
Ek is redelik seker dat THE GODS I en II op video is.
----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 14:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5980] Re: Jamie Uys
Johannes vra:
> Johan, is die Afrikaanse weergawe van The Gods ook op video?
> Kan jy my die adres stuur van die plek wat hierdie videos verkoop.
> Dankie by voorbaat,
> Johannes.
>
Ek sal probeer uitvind. Maar - was daar ooit 'n Afrikaanse weergawe van The
Gods?
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 16:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5981] Re: Geld, munt en banknote
Jeff Zucker skryf:
[knip uitleg van verskil tussen muntstukke en banknote]
> Klaarblyklik het bostaande verskil in die moderne wereld min
> of meer verdwyn. Banknote word glo, ewe veel as muntstukke,
> as "geld" beskou (sowel van 'n juridiese as van 'n praktiese
> standpunt).
Jy is natuurlik reg betreffende die verskil tussen geld en banknote, en
ook dat die verskil tot 'n groot mate in die moderne wereld afgewater
is.
> Nou, terug na Hayek, met sy "radikale" voorstel vir die
> privatisering van die geldeenheid. Ek neem aan dit
> betref alleen die vervaardiging en uitdeling van
> banknote, en nie van die munt nie. (Korrek, Reinier?)
My voorbeeld van die Romeinse Ryk het natuurlik "egte" geld (Romeinse
goud- en silwerstukke) as voorbeeld gehad. In effek het jy 'n
toenemende hoeveelheid geld as betalingsbewys wat vir dieselfde aantal
dienste en goedere (ons veronderstel die vereenvoudigde geval) gebruik
word, met die gevolglike daling in waarde van die geldeenheid.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
----------
Van: Johannes...@sandwich.pfizer.com[SMTP:Johann...@sandwich.pfiz er.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 21:33
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5949] Re: Jamie Uys
Reinier,
Bly om te hoor dat Al Debbo nog leef. Ek onthou nog hoe ons as kinders sy films
geniet het. Een van hulle was genoemd "Donker Afrika" of soiets. Puik.
Maar wat van Jamie se films op video. Weet iemand wat die geval is?
> Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.
Die afgelope naweek se Rapport het 'n kort artikel oor Al Debbo gehad.
Die ou is nou in sy middel sewentigs, en nog springlewendig.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
----------
Van: Craig...@aol.com[SMTP:Cr...@aol.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 21:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5950] "Prayers" in Afrikaans
Hallo!
Ek is Afrikaans leer. Kan iemand my die "Lord's Prayer" en 'n aandete
"prayer" in Afrikaans stuur. My epos adres is CRAIG...@AOL.COM. Baie
dankie!
Groete,
Craig Ostrander
Kansas City, MO USA
Craig...@AOL.COM
----------
Van: Dr. J.A Brink[SMTP:b...@risc6.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 11:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5974] Re: BERYMDE PSALMS
Jan Lange skryf:
> My Dopper Hero is Robert Schuller.
> Hy is 'n lid van die
> Reformed Church of America. Hulle is die oudste
> kerk in Amerika (1620)
> Hulle naam was eers: The Dutch Reformed Church.
>
> In sy nuwe boek vertel hy dat hulle kerk georganiseer is in Klassisse ?
> 'n Dopper term, is dit nie?
>
> Snaaks hulle sing 'n hele paar liedere wat nie bereimde Psalms is nie.
^^^^^^^^
oepsie!
Dit is nie so snaaks nie - in der waarheid sing die oorgrote meerderheid van
die kerke wat die Gereformeerde belydensskrifte gebruik, nie net berymde
psalms nie. Dit sluit in die NG en Hervormde Kerke in Suid-Afrika, en die
verskillende Gereformeerde Kerke in Nederland (en natuurlik die Nederlandse
Hervormde Kerk ook) en ook die Eglise Reformee in Frankryk. Laasgenoemde
kerk het nog verder gegaan, en hulle het nie eers meer al 150 Psalms in
hulle liederebundels nie (hulle gebruik verskeie; die mees gebruikte is Arc
en Ciel, en Nos Coeurs Te Chantes).
Ek wil nog uitvind wat in Hongarye gebeur. Hulle het 'n kerk daar wat 'n
baie sterk Calvinistiese tradisie navolg. Hulle gebruik bv die ou Geneefse
melodiee nog net so by al hulle psalms. Ek weet egter nie of hulle daarby
nog `vrye liedere' (die Dopperterminologie) ook het nie.