Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Looking for USA-RSA Correspondence

Di., 27 Februarie 1996 00:00

Greeting from Texas,

I am looking to correspond with anybody in South Africa; discussing topics
such as politics, culture, etc.

Ik spreek ook Nederlands en zou ook graag Afrikaans leeren....

If interested, Email me at kiloy...@aol.com

Thanks!

Ed.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons taal in die buiteland

Ma., 26 Februarie 1996 00:00

Ek wil weet hoe baie mense weet dat die Afrikaanse taal in die buiteland
gebruik word.
Ek het nie die afgelope 14 jaar in Suid-Afrika gewoon nie, so is my taal
soms 'n bietjie vreemd maar nog kan ek die taal goed praat en
skryf...beter dan meeste rooinekke!!! Maar ek het in die loop van die
jare opgemerk dat as 'n Engelssprekende Suid-Afrikaner in die buiteland
kom en 'n andere maatjie ontmoet dan begin hulle meteen Afrikaans te
praat, dus word die taal weer en lingua-franca of miskien 'n geheime taal
in die buiteland. Nou, die kindertjies van mense wat nie jare in
Suid-Afrika gewoon het, begin ook die taal 'n bietjie leer en so voorspel
ek 'n situasie in die toekoms waneer die Afrikaanse taal lewende buite
die grense van Suid-Afrika word, maar tog meer belabgrik herken word.

Enige meninge hieroor,

Groetnis uit die re"en in Mokum (Amsterdam)

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

C. Louis Leipoldt: Op My Ou Ramkietjie

So., 25 Februarie 1996 00:00

   Op  My Ou Ramkietjie
     C. Louis Leipoldt

Op my ou ramkietjie
   Met nog net een snaar
Speel ek in die maanskyn,
   Deurmekaar.

Ek sing van Adam
  En Eva se val,
Van die ou Paradys.
   "Halfpad mal!"

So se die mense
    Wat my hoor speel
As die skemer my wang soen
    Soos ferweel.

As die maan my aanhoor,
    En die sterre knik,
Dan speel ek kordaat voort,
    In my skik.

Wat gee ek om mense
     Wat se ek's mal,
As die varings my aanhoor
     By die wal?

Wat om my vrinde -
     Wat nooit nie verstaan -
As die sterre my toeknik,
      En die maan?

Op my ou ramkietjie
      Met nog net een snaar,
Speel ek in die maanskyn,
       Deurmekaar.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

nog 'n gedig

So., 25 Februarie 1996 00:00

Ietwat uit 'n vreeslik koue Noord-Kaliforniee". Ek onthou no'g
die naam van die digter, no'g die titel, my Nederlands is swak,
en van die woorde is seker ook deur my geheue opgevrommel.

Dis nogtans een van my lieflingsgedigte, en laat my baie aan my
eie 'mager' gedigte en fantome dink...

NS: As iemand die digter se naam ens. ken, laat my tog asb. weet!


De digter van het mager woord
Heeft nauwelijks nog te eten
Te schuchter voor een moord
En onbekwaam om in te breken
Blijft hij de slaaf van zijn fantomen
Die hem tot op het been verteren
En dan de meute laten komen
Om hem zorgvuldig te kremeren.


Daar's hy! Hoop my Hollands is nie te vrot!
--
=======================================================
E. Tom Thomas Awumbiwa
Anthropology, UC Berkeley sigodinisinye...
=======================================================

Prosa & poësie | 0 kommentare

Geld & gedicht

Vr., 23 Februarie 1996 00:00

J. van Lennep

'Geld is de beste vriend'

Van vriendschap heb ik veel gehoord,
Maar wat men daarvan meld,
In tegenspoed, geloof mijn woord,
Geen beter vriend dan geld.
Ja geld is de vriend,
Die 't best u dient,
Ja geld is de beste vriend.

Bedreigt u soms een bange kwaal,
En hebt gij d'Arts besteld,
Dan-'t voegt dat men kunst betaal'-
Geen beter vriend dan geld.
Ja geld is de vriend,
Die 't best u dient,
Ja geld is de beste vriend.

Wilt ge, om een lang Proces te ontgaan,
Dat u met zorgen kwelt.
U soms met praktizijns beraan,
Geen beter vriend dan geld.
Ja geld is de vriend,
Die 't bst u dient,
Ja geld is de beste vriend.

Zij slechts de brandkast boordevol,
En 't leed wordt niet geteld.
Dus, wat de wijsgeer smale en schroll'
Geen beter vriend dan geld.
Ja geld is de vriend
Die 't best u dient,
Ja geld is de beste vriend.


Maurice

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Plekbeskrywing: ADAMS MISSION STATION

Vr., 23 Februarie 1996 00:00

Naby Amanzimtoti, omtrent twaalf kilometers in die
binneland in, is daar 'n plek wat toentertyd Adams
ission Station genoem was, maar nou heelwaarskynlik
'n Zoeloe-naam het. Die hele plek was as 'n Nasionale
onument verklaar, omdat dit die plek is waar die
eerste westerse skool in die gebied van die Zoeloes gebou
was. Dit was gedurende die tyd van die Voortrekkers al
daar en Daniel Lindley, een van die Amerikaanse sende-
linge, het ook die Voortrekkers as predikant bedien
wanneer hulle sy hulp aangevra het.
Toe die Natalse onderwysdepartement hulle honderdjarige
bestaan wou vier, het hulle die datum geneem waarop hierdie
eerste skool by Adams Mission Station oopgemaak is.
Gedurende die daaropvolgende jare het Adams College,
tegelyk 'n sekondere en industriele skool en ook inrigting vir
die opleiding van onderwysers, 'n groot rol gespeel in die
lewens van die swart gemeenskap. Baie welbekende swart
leiers het hul skoling daar ontvang.
Ek het twee aparte periodes van my lewe daar Afrikaans
gegee. Die eerste keer, voordat Bantoe-onderwys dit ingesluk
het, het ek 'n swart prinsipaal gehad. (Ek was die enigste
wit onderwyser in 'n andersins geheel swart sekondere
skool.) Toe ek 'n paar jaar later weer daarheen gaan, toe is
dit oorgeneem deur die departement van Bantoe-onderwys.
Maar in plaas van meer swart onderwysers en prinsipale
(wat 'n mens sou verwag as gevolg van die beleid van aparte
ontwikkeling), was die hele plek nou oorstroom deur wit
onderwysers en hoofde van departemente, almal blykbaar
daar vir vinnige promosie na prinsipaalskappe in ander swart
skole.
Daar was nog 'n ander skakel tussen die Amerikaanse
sendelinge en die geskiedenis van Suid-Afrika. Op Adams
het ek albei kere gebly in 'n huis met die naam Mary Lyon.
Dit was die naam van 'n beroemde Amerikaanse vrou wat
van 1797-1849 gelewe het en verantwoordelik was vir die
oprigting van Mount Holyoke College in 1837, 'n inrigting
waar vroue dieselfde soort kursusse kon loop as mans by
Amherst, wat daar naby is in suidelike Massachusetts.Toe
Andrew Murray se arbeid uiteindelik gelei het tot die
ontstandkoming van die Wellingtonse Kollege vir die
opleiding van onderwyseresse, het hulle die model van Mary
Lyon by Mount Holyoke gevolg en Mary Lyon 'n ereplek
in hulle ontwikkelingsgeskiedenis gegee.
Ek het my verblyf op Adams Mission geniet, die eerste
keer meer as die tweede. Die eerste keer was die studente
'n mengsel van verskillende stamgroepe, en die onderwysers
'n opwindende mengsel: Ou Dr. Wilker, wat uit Nazi-Duitsland
gevlug het, 'n Engelsman wat later op Cambridge belangrike
studies van W.B.Yeats gepubliseer het, 'n swart onderwyser
uit Kenya wat altyd vir ons vertel het die sny op sy wang is
veroorsaak deur die klou van 'n leeu, en 'n jong digter wat
alreeds gepubliseer het in Zoeloe en wat baie van sy klasse
misgeloop het omdat hy besig was om 'n gedig te skryf. En
die prinsipaal van die skool was 'n wit Wes-Indier wat vir
Cambridge krieket gespeel het en gereeld vir drie dae griep
gekry het net wanneer daar 'n krieketwedstryd uitgesaai
word.
Ek wonder soms of die ou skoolgeboue nog daar staan,
en hoe die lewens van die studente en die omgewing verander
het. En of daar nog neushoringvoels rondloop. Een jaar het 'n
klomp van hulle die onderste glasvensters van die skool
stukkend gepik. En ek verlang na al die subtropiese weelde
van bome en plante. Veral die een bos met wit blomme soos
sterre wat in die heuwels om Adams gegroei het en klein
rooi vruggies gedra het. Wat was ek verbaas om te sien dat
hulle dit gebruik vir heinings in San Diego, 'n plek waar 'n
mens ook ander Natalse plante vind: "yesterday, today and
tomorrow" en frangipani, en sommer 'n hele klomp plante
van oor die hele Suid-Afrika. Dis seker daar waar al die
strelitzias vandaan kom wat nou 'n absolute standaard is
in enige Amerikaanse blomrangskikking.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: [AFRIKAANS:6141] Re: Koppeling met poslys

Do., 22 Februarie 1996 00:00

> Van Leendert:
>
>> Is dit nie tyd dat die Akademie, Rapportryers of iemand vir Robert 'n
>> toekenning gee vir sy toegewyde werk aan Afrikaans op die internet
>> nie?
>>
>> Voorlopig : 'n Mosie van dank en hulde aan Robert - sekondante?
>>
>
> Hoera (x3) vir Robert
>
> Joop
> _________________________________
> Franz Dullaart (021) 650 3053
> J...@ITS.UCT.AC.ZA
> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
> Trappe van vergelyking:
> min, minder, minister
> _________________________________
>
Duisend dankies.

Leon Brill

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

William Blake (1757-1827)

Do., 22 Februarie 1996 00:00

Man by his reasoning power can only compare
& judge of what he has already perciev'd.

If it were not for the Poetic or Prophetic character
the Philosophic & Experimental would soon be at
the ratio of all things, & stand still, unable to do
other than repeat the same dull round over again.
(There is no Natural Religion)

Without Contraries is no progression.

Man has no Body distinct from his Soul; for that call'd
Body is a portion of Soul discern'd by the five Senses,
the chief inlets of Soul in this age.

Energy is the only life, and is from the Body; and
Reason is the bound or outward circumference of
Energy.

Energy is eternal delight.

Eternity is in love with the productions of time.

What is now proved was once only imagin'd.

Everything possible to be believ'd is an image
of truth.

The tygers of wrath are wiser than the horses of
instruction.

For man has closed himself up, till he sees all things
throë narrow chinks in his cavern.

If the doors of perception were cleansed every thing
would appear to man as it is, infinite.

For every thing that lives, is Holy.
(The Marriage of Heaven and Hell)


William Blake (1757-1827) was 'n tydgenoot van
onder andere Beethoven en Napoleon. Hy het dus
gedurende sy leeftyd beide die Amerikaanse
Vryheidsoorlog en die Franse Rewolusie deurleef
en was aan die kant van diegene wat ook gehoop
het vir vernuwing in Engeland. Hy het Newton
se meganistiese wereldsiening sterk teengestaan.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: [AFRIKAANS:6108] Re: EPosbom aan SAUK -Reply

Do., 22 Februarie 1996 00:00

In article , WBN...@serval.vista.ac.za says...
>
> Encore!
> Daan
>

As ek die foon antwoord, sê ek steeds "Goeie dag SAUK Radio Nuus hier" want
TV se veranderinge het met ons niks uit te waai nie. Dat TV "suig" is waar,
dus miskien is enige verandering 'n verbetering.

Hendrik

Ek werk maar net hier om liggaam & siel min of meer bymekaar te hou...die
geestesgesondheid (sanity) is 'n luxury

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6163] Re: Nuus oor Switzerland

Di., 20 Februarie 1996 00:00

Abi skryf:

[knip samesweringsteorie]

> Die tipe van nuus skryf ek nie op 'n poslys nie , maar direk aan jou.
> Daar is te veel mense wat die poslyste dophou en dit is die tipe nuus
> wat die regering van die buiteland wil weerhou.

Aha! Nou het ek jou! Ek moet jou in kennis stel dat ek ere-voorsitter
van die Illuminati is (m.a.w. ek vervang die geblaasde gloeilampe by
die huis).
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 15:14:14 UTC 2026