> GEBAKKEN-AARDAPPELEN-OPROER
> ---------------------------
> Het is natuurlijk zeer goed mogelijk Frank, dat er iemand
> in het oerwoud of soortgelijke woesternij jouw gerijmel
> op prijs stelt. Zelfs een vies oud wijf schijnt uiteindelijk
> aantrekkelijk te worden, als je als man er jaren niet een
> meer hebt gezien. Persoonlijk kan ik mij dat niet erg goed
> voorstellen, maar, dat kan, zegt men.
> Niettemin vind ik je kreupel-rijmelarij een belediging
> voor de taal in het algemeen, voor het Afrikaans in het
> bijzonder, en voor het Algemeen Beschaafd Nederlands, het
> ABN, in het bijzonder bijzonder.
Dankie Bernhard. Miskien sou nog 'n "Dorre Strande" 'n beter soort
antwoord gewees het (maar hierdie keer met 'n minder vrye
metrumspatroon). Ten minste bevat jou boodskap 'n goeie beeldende
vergelyking (hoewel sommiges dit redelik onsmaaklik mag vind). Die
enigste reaksies tot dusver op die rymelarye was uit die "oerwoud of
soortgelyke woesterny", behalwe vir diegene wat 'n rol in die rympies
gespeel het. Daars rymelary en rymelary, nes daar po"esie en verbastering
is, soos jy tereg in jou boodskap uitwys (hoewel Jacqueline en "Zakkeline"
na my beskeie mening omtrent gelyke kunsvermo"e in die kort versies wat
jy siteer uitstal). Daars "pornografiese" limerieke wat oulike limerieke is,
en dan is daar "pornografiese" limerieke wat simpel is. Elkeen het maar
sy mening. Maar ek meen wel ek het al genoeg van alle soorte gesien om
die verskil te ken. In elk geval maak dit glad nie saak nie, solank dit
pret is. Niemand kry seer nie. (Of hoe...?)
In die 17e en 18e eeue in Engeland is die koepletvorm so dikwels gebruik
dat daar omtrent soveel weergawes daarvan was as van die algemene
taalgebruik. Dryden en Pope was omtrent altyd goed (nie net slim nie), en
andere was minder goed, en andere weer altyd power. Maar partymaal kon
mens in 'n satire met 100 koeplette twee of drie vind wat die teiken
tref, en dan die ervaring die moeite werd maak. Soms was dit net wat
die inhoud betref, en soms weer die epigrammatiese effek van die vers. Dit
was byvoorbeeld my indruk van Thomas Hobbes se middelmatige
vers-outobiografie, wat ook in koeplette geskryf is. Ek weet glad nie of
dieselfde tradisie in Nederlands bestaan nie. Duits het sy eie soort
volksrymkoeplette, maar dit het min in gemeen met Dryden se politieke
satires. Die presiese soort volksrym wat mens in Max und Moritz en die
Struwwelpeter vind, en dan weer Raeuber Hotzenplotz, is uniek aan Duits,
sover ek weet. Ek ken nie die Nederlandse volksrym tradisie nie - behalwe
die Middelnederlandse goed soos Van de Vos Reinaerde, en so aan (en dis
seker ook nie "volksrym" nie).
Wat jou taalopmerkings betref: Daars sommiges wat in jou trant meen
Nederlands is 'n verkleinering van, en 'n belediging vir, Hoogduits. Nes jy
geregtig is om Nederlands te praat en jou soort Nederlands as ABN te
beskou, is ek geregtig om Afrikaans te praat en my soort Afrikaans as ABA
(wanneer die geleentheid dit wil hê :-)) te beskou. Ek dink, ten spyte van
my akademiese verengelsing, dat ek tog nog die verskil kan sien. Of jy
die verskil ken, weet ek nie. Ek het geen benul wat jou ervaring van
Afrikaans is nie.
Kom nou Bernhard, hou nou op met die gif. Jy dwing my elke keer om 'n
antwoord te verskaf, want jou boodskappe bevat altyd ietsie meer as
suiwer gif, waarop mens tog kan reageer. Jy wil tog nie sê jy voel so
diep in jou siel gekrenk dat jy nie anders kan nie. En die ander
"abonnees" sal mettertyd al ons boodskappe ignoreer, ingeval hulle alweer
deur gif moet ploeg. Daars 'n verskil tussen "goed gehumeurde" skertsery,
in kreupelrym, prosa, Arabies of pidgin-Swahili, en kleinlikheid. Daars
'n verskil tussen hewig stry en kleintjies kry. Die "Dorre Strande"
poging was 'n bewys van jou vermo"e om 'n spesifieke gees raak te sien,
en in dieselfde gees voort te gaan. Van jou ander bydraes was weer 'n
bewys van iets anders in jou. Ek kan sien jy het wel 'n humorsin, maar
soms is jy weer amper koddig important en sentensieus. Miskien is dit
eintlik 'n uiting van 'n goed vermomde dieper vlak van humor en ironie
wat jy heerlik geniet. As dit wel so is - knap gedaan. Jy't my beslis
geflous. As dit nie so is nie, dan krap daar iewers diep in jou iets baie
lelik of baie hartseer, en is dit moeilik om daarop te reageer as mens
jou nie beter ken nie. Ek wil jou nog gebruik vir verwysings na Reve se
boeke - ek het op die oomblik nie tyd vir ander leeswerk nie, maar sou
graag wou weet watter een van die twintig Reve-boeke wat jy ken jy sou
aanbeveel. (Ek het net De Avonden gelees, en geniet. Ek is nie 'n
ou vir homo-erotiese dinge nie, maar die anargiese denke wat in Reve
voorkom vind ek heerlik, en dan was daar iets aan De Avonden wat op 'n
ontstellende manier die verganklikheidswaansin wat ek dikwels voel netjies
vasgevat het.)
Drink maar daardie schnapsie, Bernhard. Miskien help dit.
Warmste lentedrukkies en soetsappige ouvrousoene,
Frank.
> Niettemin vind ik je kreupel-rijmelarij een belediging
> voor de taal in het algemeen, voor het Afrikaans in het
> bijzonder, en voor het Algemeen Beschaafd Nederlands, het
> ABN, in het bijzonder bijzonder.
Wat het ons hier? Nog Puriteinisme uit die land van versekulariseerde
Calvinisme? Nee wat, Bernhard. Talle van die artikels wat op hierdie
poslys verskyn is seer sekerlik 'n "belediging" vir die taal, of vir
ABA, of vir ABN. Afrikaans was per slot van sake 'n belediging vir
diegene aan die Kaap wat slegs Hoog-Hollands wou besig, dus is dit
seker nog steeds 'n belediging vir ABN, met die moontlike uitsondering
van die Stichting P C Hooft, wat toe darem vir Elizabeth Eybers 'n
toekenning vir haar rymelary gegee het :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
die 1975 boek nie op die program gewees het nie).
Terloops, Reinier: ek het 'n paar artikels van John Gray oor Gerald Cohen
se marxistiese idees omtrent gelykheid gelees, wat baie goed was:
"Against Cohen on Proletarian Unfreedom" in E.F. Paul et al (eds)
CAPITALISM, Oxford: 1989, 77; "Marxian Freedom, Individual Liberty, and
the End of Alienation" in E.F. Paul et al (eds) MARXISM AND LIBERALISM,
Oxford: 1986, 160.
Ek het 'n seminaar hier oor Robert Nozick aangebied, en moes Cohen se
aanval op self-eiendom (selfbesitting) aanvat. Cohen se nuwe boek,
SELF-OWNERSHIP, FREEDOM AND EQUALITY Cambridge University Press 1995, is
ontsaglik goed. Cohen, 'n Marxman, verduidelik hoe die liberale aanvalle
op libertarisme die pot mis sit, omdat hulle die konsep van self-eiendom
nie met genoeg erns behandel nie. Cohen dui aan hoe tradisionele Marxiste
eintlik aan self-eiendom geheg is, omdat hulle begrip van uitbuiting
as sentrale steunpilaar op self-eindom rus. Dan probeer Cohen die begrip
onskadelik stel, omdat die begrip die vryheidsgesindes se idees net help.
Hy slaag gelukkig nie in sy poging nie. Maar sy boek is briljant, en baie
vermaaklik. Daars glo iets in die Oxford Journal of Legal Studies 1995
oor die hele debat, waarna ek nog moet kyk.
Die Sandel-boek oor liberalisme was reeds op my lys, maar die lys hou net
aan groei. Ek sal voor Julie 1997 die boek gelees kry. Wat Nozick betref,
is die volgende vryheidsgesinde kritiek op ANARCHY, STATE AND UTOPIA baie
insiggewend: Eric Mack, "Nozick on Unproductivity: The Unintended
Consequences" in J. Paul (ed) READING NOZICK, Totowa New Jersey, 1981;
Eric Mack, "Distributive Justice and the Tensions of Lockeanism",
(1983-4) SOCIAL PHILOSOPHY AND POLICY, 132.
Ek wil baie graag nog die Gray-boek oor Hayek lees. So baie boeke, so min
tyd.
Sommer met die intrapslag is daar inligting oor die nuutste boek deur
Sowell.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Frank vra:
> Reinier het 'n paar keer in sy boodskappe oor staatsinmenging na Sowell se
> boek oor regstellende aksie verwys. 'n Titel met "Disaster", as ek dit
> nie mis het nie. Nou wil ek graag die ding vind, en wil weet wat nou weer
> die presiese titel was, en die datum van uitgawe. Ek weet hy het 'n rits
> boeke oor regstellende aksie geskryf, een in 1975 (Affirmative Action
> Reconsidered), en ek sien daars 'n 1990 boek met die titel Preferential
> Politics: An International Perspective. Maar die Bodleian het blykbaar
> nie die titel waarna Reinier verwys nie, wat ontsaglik eienaardig is,
> behalwe as die ding vanjaar eers verskyn het, of voor 1988 (maar dan sou
> die 1975 boek nie op die program gewees het nie).
Jeff Zucker het die artikel vir my gestuur (dankie, Jeff). Hy het dit
in die 1989 uitgawe van Commentary gevind. Die titel is "'Affirmative
Action': A Worldwide Disaster". In die artikel verskyn die volgende
inligting:
"Thomas Sowell, senior fellow at the Hoover Institution, Stanford, is
the author of many books, including "A Conflict of Visions", "The
Economics and Politics of Race", "Ethnic America", and most recently,
"Choosing a College". The present essay (whose appearance here is made
possible by the Harry Elson Commentary Fund) is adapted from his new book,
"Preferential Policies: An International Perspective", to be published
next year by Morrow."
Don Caldwell haal ook vir Sowell se "Preferential Policies" aan in sy
hoofstuk oor regstellende aksie (Affirmative Action: Look Who's Racist
Now) in "No More Martyrs Now: Capitalism, Democracy and Ordinary
People" (Conrad Business Books, Johannesburg).
Ek het ook 'n rukkie gelede Laissez Faire Books se katalogus van Jeff
ontvang. Daarin verskyn enkele resensies van Sowell se boeke.
Jy kan dit ook op die World Wide Web besigtig by:
Dankie vir die inligting oor die ander boeke. My vryheidgesinde
navorsing is slegs 'n stokperdjie, dus moet ek jou versugting
deel oor soveel boeke, so min tyd.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
"Leendert van Oostrum" <OOS...@scientia.up.ac.za> wrote:
<<>Soos ek verstaan het Trevor Manuel se vorige ministerie iets te doen
>gehad met miseries soos hierdie.>>
Ek sien jy is op jou wetenskaplike beste.
As jy wil, kan ek gou 'n paar menings en gerugte op die boonste vloer
gaan haal en insit in die bespreking. Stel jy belang?
At 01:12 31-03-96 SAT, Frank wrote:
>
> TOE TYD WEER KOM
-------------------------------------------------------
Zoals ik al eerder schreef, vind ik jouw gedichten
behoren tot de categorie kreupel-verzen en Sinterklaas-
rijmen. Bestemd voor de welwillend toehorende
familiekring, goed gehumeurd bijeen achter zorgvuldig
gesloten buitendeuren. Met aan je ene zijde je
toegewijde vrouwtje, en aan je andere zijde je
liefhebbende moedertje.
Maar er is nog iets met jouw 'verzen'. Normaal
kan ik het Afrikaans redelijk lezen. Maar jij maakt
er al 'dichtend' zo'n bizarre woorden-brij van, dat
ik er met de beste wil niet uit kan komen. Voor mij
volstrekt onbegrijpelijke taal soms. Wel uniek, dat
wel, maar toch geen verrijking van de Afrikaanse
Letteren, naar mijn bescheiden mening.
Bernhard Bezemer
"Vaak dient het rijm slechts om de innerlijke
ongerijmdheid te bedekken." (Saitschick).
Toe tyd weer kom, toe sit ons met 'n land -
Te bowe gaan die plekkie die verstand -
Waar eeue saamspan om die gek te skeer,
En kolk en maal, en maal en kolk maar weer,
Wat saamgegooi het alle soorte mens
Soos malsiekjan se goeters in sy spens,
Wat eers gewoed het met die aardbolgal;
aar nou is almal slaansaknelsonmal.
In 1652 kom Oom Jan,
Wat lank moes soek om skeurbuik te verban,
By platbergbaai se strand met skepe aan
En kom en gaan en gaan en kom en gaan,
Tot dinge reed'lik goed begin te lyk
En Britse ogies suid begin te kyk;
Dan was daar nog 'n klomp van Frankryk ook
En binnekort begin die pot te kook.
Want Xhosa was daar, Zoeloe, Matabeel
En bruin en swart en pienk en bietjie geel,
Vir een ou plekkie was dit effens veel,
En graag wil mensdom nie met ander deel,
Dis bloed en spies en bom en haelgeweer
En vlaggies hys en stryk en hys hul weer;
Daar kom toe diamant met goud daarby,
En wragtig sal die storie end nooit kry.
Hoe lyk die plekkie nou, wil almal weet,
Nou dat daar blom wat demokrasie heet?
Nee wat, dit lyk asof daai demo-ding
Vir ons nog meer soos vantevore bring;
et kierie en met krom masjiengeweer
oor almal heerlik voort soos van weleer;
Dit lyk asof die bloed nou verder spat
En taxiboef kraai koning in die stad.
Die Koningin van daardie demo-ding
Het eers vir Stompie toe haar man bespring;
Haar man probeer wel vrede te bewaar,
aar sê bra min oor skiet op Zoeloeskaar;
Daars mense wat die setlaars wil verbrand,
En ander wat wil slag vir stukke land;
Die een wat gister nog Lenin siteer
Wil als wat beef nou graag privatiseer.
Daars baie honger en daars baie haat,
Daars baie wat die demo-ding verlaat,
Daars amnestie vir my en tronk vir jou,
Daars hordes wat veel eerder breek as bou,
Daars treine bloed en treine lekker sous,
Daars boeties wat vir bandjies poste smous,
Daars tannies wat swart kindertjies verbied,
Daars oompies wat swart kindertjies snags skiet.
Nou wonder ek, as wolf mens vir mens is,
Soos Hobbes vertel, of hoop vir ons spens is.
Daai eeue met hul maljan gekgeskeer
In hierdie land verbaas ons keer op keer;
Die mens is dwaas, die demokrasie dom,
Maar die wat beter weet bly blykbaar stom;
Waar mag van andere my altyd kwaal
Laat demo-ding my vryheid asemhaal.
Vrydag se koerant hier in OZ vertel dat Mandela ewe vriendelik vra dat
mense uit sy persoonlike finansies bly.
Alhoewel ek oortuig is dat Mandela die beste ding is wat met NSA kon
gebeur, wil dit nie sê dat mense hom n onvoorwaardelike kretiek vrye
lisensie mot gee nie. Die ding lyk tiepies Afrika-politiek.
Gegee die jaarlikse salaris van die eersteminister van OZ, sal dit 100
jaar neem om soveel in salaris te ontvang maar dan sal hy dit feitlik
als gebruik vir lewenskoste en slegs n persentasie daarvan kan spaar.
Indien die eerste minister van OZ geld uit ander bronne ontvang, sal
dit die onderwert van parlimente^re komisies wees en as in konflik met
sy amp beskou word.