Is u op soek na inligting aangaande bestemmings of bestemmings met
konferensie fasiliteite of bestemmings met 'n verskil in Suidelike
Afrika? Soek nie verder nie!
Iemand met die naam van 'n bekende SA handdoek het eenkeer gevra: wie
is Mark Behr? Ek se: wie weet? Aan die ander kant, wie was Mark
Antonie? Of Niels Behr, of was dit Bohr? Maar dit is alles NIKS teen
die vraag: wie was Piet Ferreira? Nou ja, twee manne het skofte
gewerk, glo by Yskor (destyds. Noustyds Iscor, danksy weglopers soos
die ploertige handdoekmeisie wat VIR STELLA SICGAU AFRIKAANS gegee het
asseblief neem kennis julle gepeupel en voel nederig! Vir 'n jaar! En
nou ken die ou ousie g'n woord daarvan nie, shame) en een was die
voorman wat op die ander een (die agterman) gepik het. Die voorman het
tydig en ontydig vir sy agterman gevra: wie's Beethoven. En wie's
Mozart. En wie's Shakespeare en Einstein en Mark Behr, ek bedoel Niels
Bohr. En die agterman het dit gevat, en gesluk, en gesjarrap. Tot
eendag. Toe vra hy die voorman, jy's mos so slim, wie's Piet Ferreira?
Se my, wie is Piet Ferreira? Man, se die voorman, moet jou nie probeer
slim hou nie, laaitie, daar's nie so iemand nie! Issit? Se agterman,
wel, Piet Ferreira is die ou wat elke aand wat jy skofwerk jou vrou
spring. Nou, wie was Mark Behr weer?
Albert
Onthou julle die "goeie ou dae" toe SA en Nederlands nog maats was ?
Die dae van "Uitspan op die Hollandse werf" op die Afrikaanse radio ?
'n vriend skryf uit SA:
> Ek lees deesdae heelwat Hollands, Brusselmans is 'n vlaming van wie
> se boeke ek nogal hou. Sy beste boek is m.i. Ex schrijver.
> "De angst is al zolang mijn vijand dat ik haar met moeite kan missen,
> zij is bijna een vriendin geworden. Ze is de leegte die ik nooit zou
> vullen mocht ik een been of een arm mankeren. Ik bedoel, ik zou nooit
> een prosthese nemen want ik zou de vertrouwde leegte missen.
> Maar natuurlijk is het een manklopende vergelijking. Angst is immer
> allesbehalve een leegte. Angst is een container propvol stront, maar
> dan wel je eigen stront. Bij haat is de container gevuld met
> andermans stront en dat is niet zo lekker".
Dit kom uit:
DAGBOEK VAN EEN VERMOEIDE EGOI"ST, deur HERMAN BRUSSELMANS.
-----------------------------------------------------------
Dit is darem lekker om te weet dat ons so maklik Nederlands kan lees.
Ongelukkig kan die Nederlanders nie so maklik Afrikaans lees nie.
Afrikaans is 'n vereenvoudiging van Nederlands,
as die Nederlanders Afrikaans lees moet hul bysit/improviseer,
(wat moeilik is)
As ons Nederlands lees, reduseer ons (want ons skryf mos soos ons praat)
(wat makliker is)
Een van die mooiste boeke wat ek nog ooit gelees het is:
"KARAKTER" - Roman van zoon en vader, deur F.BORDEWIJK
Ons het dit as voorgeskrewe werk behandel toe ek op Hoe"rskool was.
Vra tog 'n bietjie rond vir iemand wat omstreeks 1976 op
hoe"rskool was, dalk kry jy nog een wat iewers rondle^.
Kyk, jy MOET hierdie boek lees, anders het jy 'n gat in jou opvoeding!!!
XOLI <3n28m...@vms.csd.mu.edu> wrote:
<<. But I would rather stay away from farters
>(Whites) because I think Blacks and Whites have very fundamentally
>irreconciliable differences. Anyway, I'll continue trying to learn
>Afrikaans until I can not only read it but speak it fluently.>>>
It is a pity you do not understand Afrikaans as the original posters
share the exact same view as you do.
You will have a lot to say to each other. You will probably become
soul mates.
Laerskooldogter van Volksrust deur Swartes gemolesteer
PIONIERSPARK LAERSKOOL op Volksrust smeer 'n saak toe van 'n
laerskooldogter wat deur twee Swart leerlinge op die skoolterrein
gemolesteer is. Die Swartes is veel ouer as die dogtertjie. Na
wat verneem word, is die dogtertjie in standerd drie of vier.
Die twee Swartes het 'n kledingstuk van die dogter verwyder.
In die proses het hulle haar ook met 'n mes gedreig. Die ouers
het die dogtertjie na 'n mediese dokter geneem, maar dit is nie
bekend in welke mate sy beseer is nie. Die ouers het die saak
by die polisie aangemeld en is van voorneme om daarmee hof toe
te gaan.
Die een Swarte is bekend as 'n ou moeilikheidmaker. Hy het al
by geleentheid 'n Blanke seun in die gesig geslaan. Toe hy op
'n stadium deur 'n prefek gekonfronteer is, het hy hom in die
gesig gespoeg. Hy het selfs nie gehuiwer om vir 'n onderwyseres
obsene vingertekens te wys nie.
Die Swart seun is slegs vir drie dae geskors. Daarna was hy
weer terug op die skoolbanke. Die verskoning wat aangevoer word,
is dat hy skoolpligtig is. Inderdaad gaan hierdie verklaring
glad nie op nie, aangesien daar eenvoudig aan hom ges kon word
dat hy vir hom 'n ander skool moet soek.
Die Laerskool Pionierspark is besig om die saak te probeer
toesmeer. Ouers kla dat hulle glad nie die hoof oor die
aangeleentheid te spreek kan kry nie.
Toe Die Afrikaner mnr. Christo Nel, die hoof van die skool
gebel het, het hy dadelik, sonder om te groet, die telefoon
neergesmyt toe hy verneem het waaroor die navraag gaan. Hy het
glad nie kans gesien om die saak te bespreek of die feite te
erken of te ontken nie.
Deur sodanige optrede het die hoof in die bresse getree vir die
Swart oortreders, ten koste van die Blanke dogtertjie wie se eer
in die gedrang gebring is.
Laat ek julle voorstel aan Eugene De Kock (nou deur die hof skuldig
bevind aan moord):
"APARTHEID KILLER..."
======================
"Witnesses and evidence implicated his team in gruesome series of
covert crimes, including bombing, poisoning, torturing and burning
to death of anti-apartheid activists in South Africa and abroad.
He led a ruthless hit-squad based at Vlakplaas, near Pretoria,
which targeted opponents of apartheid.
De Kock's speciality was using torture, blackmail or other means
to persuade captured black guerillas from the ANC to work for him.
By the time he was arrested early in 1994, he had eight passports
and had deposited big sums of money in offshore banks. FW De Klerk's
government contributed to De Kock's wealth with a golden handshake
of about $336000 in 1993."
Wanneer ek terugdink aan die eilande van die
Oranje waar ek grootgeword het, wonder ek dikwels
oor hoe daardie eilande gelyk het voor die witman
daar aangekom het. Het die Eynikwa (of Riviervolk)
permanent op die eilande gebly? Hoe het hulle die
somtyds breed en altyd gevaarlike strome oorgesteek
sonder die brue wat ek in my kinderdae daar gevind
het? Hoe het die eilande daar uitgesien voordat die
witman dit oorgeneem het en al die bome uitgehaal
het om plek te maak vir die lande en kanale wat daar
vandag is?
In 1896 en 1897 was daar 'n verskriklike droogte
in die Noordkaap, gevolg deur die runderpes. Om die
mense te help wat heeltemal uitgeboer was, het die N.G.
Kerk besluit om op sommige van die eilande van die
Oranje 'n besproeiingskema te stig. Mense het uit alle
oorde aangestroom. Hulle is grond gegee teen nominale
pryse, op voorwaarde dat hulle ook help met die verwy-
dering van die bome, en die graaf van die kanale wat die
volop water van die Oranje op die lande sou bring. Wat
die Eynikwa van hierdie dinge gedink het, is seker nooit
ten boek gestel nie.
Die besproeiingskema was 'n reuse-sukses. Op die
vrugbare eilandgrond kon 'n mens bykans enige ding
plant en dit het floreer. Baie het, soos my pa, sultana-
wingerde gehad waar hulle rosyntjies gemaak het. Hulle het
altyd gejuig as dit 'n slegte jaar in Australia was vir rosyn-
tjies, want dan het hulle geweet die pryse vir hulle eie pro-
duk sou hoog wees daardie jaar.
Die N.G. Kerk het die Kakamas nedersetting beskou as
'n sosiale eksperiment, 'n kruis tussen kommunisme en 'n
diktatorskap. Geen boer was toegelaat om meer as een "erf"
te besit nie. Die kerkwinkels het die monopolie gehad vir alle
verkope. Geen hotelle en geen alkohol is toegelaat nie. Alle
besluite is geneem deur die Sinode van die N.G. Kerk. Meeste
van die dorpies het geheet na die lede van die Hoofkommissie,
daardie predikante wat belas was met sake van die skema. Dit
is ook interessant om te weet dat Kakamas die eerste plek in
Suidelike Afrika was waar onderwys verpligtend gemaak is.
Vir wit kinders natuurlik. Die afstammelinge van die Eynikwa
het 'n integrale deel van die intensiewe boerdery geword wat
op so 'n besproeiingskema aangaan. Maar hulle was gehuisves
in die riete op rivierwalle, of in "kroeke" in die heuwels buite
die dorpies wat na predikante vernoem was.
Eintlik was dit 'n bietjie van 'n wit paradys. Maar stadig
het 'n slang in die gras sy kop begin uitsteek. Veral na 1945
het meer en meer mense begin agiteer dat die koloniste self
meer van 'n aandeel moet he in hoe die plek regeer word.
Eers het die N.G. Kerk geweier om gehoor te gee. Later het hul
ingegee en drie koloniste uitgekies om op die "Hoofkommissie"
te dien. (My pa was een van die drie.) Hierdie konsessie het
nie eintlik gehelp nie. Die agitasie het aangegaan. Dit was be-
spreek in die Parlement. Meer en meer konsessies is toegestaan.
Ek neem aan daar is nou hotelle en drank daar op Kakamas.
Ek wonder of die mense daar nou gelukkiger is.
Ek wonder ook hoe dit lyk daar op die eilande van die
Oranje in die nuwe bedeling. As ek een wens kan kry, is dat
die nasate van die Eynikwa ook nou toegelaat moet word om
grond daar te besit, te deel in die eilandparadys waaruit hulle
so onregverdiglik uitgedryf is in die laaste eeu.
VERRAIER No 1
==============
Ek lees Mnr Trevor Manuel, Minister van Finansies,
het gedurende 'n rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks
luidkeels sy steun vir die All Blacks betuig. Met die laaste 2 doele
van die All Blacks het hy blykbaar op en af gespring.
'n Toeskouer het hom gevra waarom hy nie die Bokke ondersteun nie.
Hy het geantwoord dat hy nie 'n wit Suid Afrikaner is nie en
"dit maak 'n groot verskil".
Ek kan nie help om te dink watter groot indruk dit gemaak het toe
Nelson Mandela met die Rugby Wereldbeker die Bokke kom ondersteun
het nie. Hoe mooi dit nie was as teken van welwillendheid nie en
hoe lank die mense daaroor gepraat het nie.
Maar Trevor Manuel is nie daarin geintereseerd om die hand uit te steek
in 'n nuwe Suid Afrika nie. Hy wil nie 'n voorbeeld stel nie.
Hy stel nie daarin belang om sy wrokke privaat te hou nie.
Inteendeel, hy bring sy ou wrokke en stal dit uit.
Hy is 'n rassistiese poephol, en ek het my respek vir hom verloor.
VERRAAIER No 2
==============
and...@aztec.co.za (Andries du Toit) het 'n ruk gelede oor
Mark Behr geskryf:
> het hy op een of ander digterkonferensie voor almal gebieg
> dat hy die hele tyd lank eintlik 'n polisie-informant was.
> Die etter.
> Wag net: hy bring seer sekerlik een van die dae 'n boek oor sy
> sielswroeginge as 'n piemper. Die stank van vrot perskes?
Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
teen betaling. Want almal wat mos nie vir die Nasionale Party gestem
het nie was 'n "kommunis/linkse radikale" en moes ondermyn word.
Hierdie misrabele idiote het gedink het hulle is James Bond
en doen die land 'n guns. Wat allerhande vuiligheidspeletjies gespeel
het op die kampusse en dan 'n kloppie op die skouer gekry het daarvoor,
en 'n geldjie in die sak (vir 'n motortjie of so).
Ek hoop julle vet braai uit. Julle is laer as slangkak op die bodem van
die see.
gal...@ibm.net wrote:
>
> Ek stem saam. En daar was baie ouens soos hy.
> Studentjies op universiteite wat gespioeneer het op hul mede-studente
> teen betaling. Want almal wat mos nie vir die Nasionale Party gestem
Ek weet nou nie van die betaling nie, maar die spioenasie was daar.
Die beste was dat hierdie ouens nie so uitgeslape was soos hulle
gedink het nie. Ek onthou nog van 'n vriend wat so pas terug gekom het
van Europa. Hy was ook vir 'n dag lank in Oos Duitsland. Met sy
terugkoms vind hy 'n versteekte mikrofoon binne in sy rekenaar.
Die spioene wou graag iets he^ om te vertel...
Toe ek taamlik lank gelede in Kanada kom
woon het, het ek opgemerk dat die mielies geel is.
Ek het aanvanklik gepraat van die feit dat hulle
mielies hier anders is. Toe vra hulle my hoe dit in
S.A. lyk. Toe ek vir hulle vertel die mielies is wit,
toe kyk hulle my snaaks aan. (Seker gedink wit
mense uit die rassistiese Suid-Afrika kla selfs as
hulle mielies nie wit is nie.)
Nou omtrent vyf ses jaar gelede kom hier 'n nuwe
mielie op die mark. Hulle noem dit "peaches and
cream." En siedaar, tussen die geel pitte is daar die
ivooragtige wit en sagter pitte waaraan ek gewoond
was in SA. En met elke jaar wat verbygaan, is daar
meer wit en minder geel pitte. Vanjaar merk ek op
hulle noem dit nie eens meer "peaches and cream"
nie.( Hier noem hulle mielies natuurlik "corn.")
Ons is nou in die heerlike periode wanneer al die
lokale groente en vrugte in oormaat in die winkels en
marke is. Vir omtrent 'n maand is alles goedkoper en
heerlik vars. Teen die middel van Oktober, wanneer
ons "Thanksgiving" vier, is die oorvloed ongeveer oor.
(Die Amerikaners se Thanksgiving is eers aan die einde
van November.)
Ons eet selfs ons eie Kanadese perskes. Hulle kom
van die Niagara Peninsula. Dis 'n deel van Ontario wat
baie meer suid is as die res van Kanada. Dit word ook
beskerm deur die "Niagara Escarpment" (laerige heuwels
wat die Niagara Valle moontlik maak, wanneer 'n rivier
daaroor vloei.) In die Niagara Peninsula is daar ook uit-
gestrekte wingerde. Hulle maak daar wyn. Lank gelede
het selfs Kanadese (wat nou nie eintlik wynkenners is nie)
hul neuse opgetrek vir die Kanadese wyn. Maar in die
afgelope dekades het mense uit Europa baie goeie wyne
daar begin produseer. Hulle maak daar ook "yswyn." Hul
laat die druiwe in die land staan, en pluk dit eers wanneer
dit alreeds daarop gesneeu het. Die wyn is dan glo baie
soet. Maar dit is baie duur en ek het nog nie daarvan geproe
nie. As ons wyn wil drink, koop ons Bolandse wyne.