Kan iemand mij vertellen waar het woord baie vandaan komt. Het lijkt
niet op een Nederlands woord noch kan ik het in verband brengen met een
Engels woord.
Bij voorbaat bedankt
--
Arie Oudman oud...@lingsoft.fi
Lingsoft, Inc
Somtyds sit jy in 'n wagkamer êrens en tel 'n tydskrif op wat nou regtig
oud is. Dan lees jy 'n artikel wat geskryf is voor die Berlynmuur geval het, of
voor die U.S.S.R. opgebreek het. Dan kry jy so 'n snaakse gevoel op jou maag.
En jy vra vir jouself: droom ek dit alles - dat die Muur geval het, dat Duitsland
nou weer net een land is, dat Suid-Afrika uiteindelik 'n werklike demokratiese
land geword het? Somtyds lees jy stories of gedigte wat geskryf is in daardie tyd
wat almal nou wil vergeet. Dan voel jy so 'n spesiale hartseer. Was dit nou nodig
dat soveel mense van alle kleure soveel moes gely het? En vir wat? Hier volg 'n
gedig wat sulke gevoelens by 'n mens wakker maak:
'n Paternoster vir Suid-Afrika
Lina Spies
Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -
van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.
Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboe oor magtelose diere
en skerp skere wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die looitjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.
Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,
en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie...
Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding
Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie
Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
"afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
Afrikaans. Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur. Ons land lê
aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).
Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
'n eksamennommer nie.
Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.
Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
het.
Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.
Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.
1) Boeke gepubliseer Oktober - Desember 1995 nou op die lys
2) Alle boekelyste in tabelvorm om makliker te lees
3) Indekse en soekmasjien beskikbaar vir Outeurs en Titels
4) Fotoalbum (skrywers) nou in raam-vorm ("frames") sowel as
raamloos vir die web-lesers wat raam-gebreklik is.
Groete
Joop
--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"
1) Boeke gepubliseer Oktober - Desember 1995 nou op die lys
2) Alle boekelyste in tabelvorm om makliker te lees
3) Indekse en soekmasjien beskikbaar vir Outeurs en Titels
4) Fotoalbum (skrywers) nou in raam-vorm ("frames") sowel as
raamloos vir die web-lesers wat raam-gebreklik is.
Groete
--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"
Daar is wel mense wat geloofwaardigheid gee aan die opvatting dat
Afrikaners dom, agterlik, onbelese en 50 jaar agter die klip is. Van
hierdie mense het nou die Web betree. Gaan kyk gerus by http://www.science.gmu.edu/~bwallet/afrikaans.html
Daar is wel mense wat geloofwaardigheid gee aan die opvatting dat
Afrikaners dom, agterlik, onbelese en 50 jaar agter die klip is. Van
hierdie mense het nou die Web betree. Gaan kyk gerus by http://science.gmu.edu/~bwallet/afrikaans.html