Baie dankie vir die ouens wat by Poplap en Nakkie die Nar se tuisblad 'n
draai gaan maak het. Ons gaan die inhoud van die blad weer Maandag (7
Oktober) verander. Dus kan jy weer vir ons kom kuier vir nuwe kinder
sê-goed en eksamenflaters.
http:www.pix.za/nakkie-die-nar
HELP ASSEBLIEF !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Ek probeer die my ou advertensies (uitnodiging Nakkie die Nar) op
"newsgroups" afhaal, kanselleer, "delete", maar sonder sukses. Vertel my
wat ek moet doen. Jy kan vir my skryf by: nakkie....@pixie.co.za
VAN: Danie Erasmus, ondervoorsitter van die Krugergenootakap van Pretoria
DATUM: 1996-10-08
KRUGERDAGPROGRAM. DONDERDAG 10 OKTOBER 1996
TEMA VIR 1996:
Die eeufeesherdenking van die hoeksteenlegging van die Gereformeerde Kerk
Pretoria en die skenking van die marmerleeus deur Barney Barnato aan
staatspresident Paul Kruger op 10 Oktober 1896.
Verloop van verrigtinge
15:30 Verootmoedigingsdiens - Gereformeerde Kerk Pretoria (Paul Krugerkerk)
deur dr Hennie Botes van die N.H.-kerk Nabooruspruit.
16:15 Beweeg saam met Voortrekkers na die Begraafplaas en Helde-akker.
16:30 Aankoms van eregaste, kransleggers en besoekers by die Ou Begraafplaas
en Helde-akker.
16:35 Vlaghysing deur Voortrekkers.
Geleentheidsrede deur prof P.G. Nel.
Kransleggingseremonie.
17:35 Vlagstrykking deur Voortrekkers.
18:00 Tee en verversings by Krugerhuismuseum.
18:45 Stigling van loodskomitee vir die eeufeesherdenking van die aanvang
van die tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 onder leiding van die
Afrikaner-Kultuurbond.
19:30 Stigting van die President Paul Krugerskool vir Gereformeerde-Volkseie
Onderwys onder leiding van die Gereformeerde Kerk Pretoria.
Kuituurkonsert in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangebied
deur die Voortrekkers.
Kunstenaars: Karel Trichardt, Francois en Elizabeth Fourie.
BRING ASB U VlERKLEURVLAE SAAM
U vriendelike samewerking vir die bekendstelling van die program sal hoog
op prys gestel word.
Een van die onderwerpe op Agenda (die TV program) was eenkeer die
verhoudings van Nederland met Suid Afrika en Afrikaners. Volgens
hulle 'navorsing' beskou Nederlanders Afrikaans as 'koddig en
'n troetel-taaltjie', is dit waar ?
> Een van die onderwerpe op Agenda (die TV program) was eenkeer die
> verhoudings van Nederland met Suid Afrika en Afrikaners. Volgens
> hulle 'navorsing' beskou Nederlanders Afrikaans as 'koddig en
> 'n troetel-taaltjie', is dit waar ?
Ik vind Afrikaans inderdaad een prachtige taal om te lezen.
In ieder geval is het veel kleurrijker dan het Nederlands, dat steeds
meer Engelse woorden overneemt.
Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die reaksie, maar ons het nog BAIE meer reaksie nodig. Lyk my die
mense is bang om te vertel van hulle kinders se oulike sê-goed. Laat ons
hoor hoe 'n oulike ding jou kleinding kwytgeraak het en miskien wen jy nog
R100 op die koop toe. Ons verander die tuisblad elke Maandag, dus wat van
'n kuier.
Ek het uitnodigings na ons blad wat ek wil "delete", maar dink jy ek kry
dit reg. Hoe moet ek dit doen. Ek is maar net 'n dom nar en weet nie veel
van sulke goed af nie.
Ek het gehoor dat Etienne op een of ander manier die Frans(Latyn herkomstig)
is vir Stefanus(Germaans herkomstig), ek twyfel of dit waar is... is dit ?
eti...@jupiter.up.ac.za (Etienne Marais) wrote:
> Ek het gehoor dat Etienne op een of ander manier die Frans(Latyn herkomstig)
> is vir Stefanus(Germaans herkomstig), ek twyfel of dit waar is... is dit ?
Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die persone wat gereageer het. Ons verander ons tuisblad elke
Maandag oggend om 6 vm met nuwe kinder sê-goed, eksamenflaters en wyshede.
Indien jy nog nie vir ons kom kuier het nie, jy sal ons kry by:
Indien jou kleuter of jong kind iets pittigs kwyt geraak het of as jy van
'n kostelike eksamenflater weet, stuur dit ASSEBLIEF aan ons en ons plaas
dit op ons pretblad sodat almal op die Net dit kan geniet en jy kan nog
R100 wen ook. Stuur dit aan:
Baie dankie vir al die ouens wat vir ons tuisblad gaan kuier het. Dankie
ook vir die persone wat gereageer het. Ons verander ons tuisblad elke
Maandag oggend om 6 vm met nuwe kinder sê-goed, eksamenflaters
en wyshede.
Jy kan die oulikste kinder sê-goed, eksamenflaters en wyshede kry by:
Indien jou kleuter of jong kind iets pittigs kwyt geraak het of as jy van
'n kostelike eksamenflater weet, stuur dit ASSEBLIEF aan ons en ons
plaas dit op ons pretblad sodat almal op die Net dit kan geniet en daar
is nog R100 te wen ook. Stuur dit aan: