Ek het op my tuisblad (http://www.pix.za/nakkie-die-nar)
vir my lesers gevra wanneer dat die volgende eeu begin.
Ek het lekker terugvoering ontvang. Gaan loer bietjie daar
in en lees wat die ouens dink. Sommige sweer op 1.1.2000
en ander sê: "Aikona, dit moet 1.1.2001 wees."
Wanneer dink jy moet jy jou klappers gaan koop om die
nuwe eeu te verwelkom?
Stuur my asseblief jou mening na dm...@pixie.co.za
Ek sou graag wou weet wat die onderwysbeleid van die nuwe regering is. In
"my tyd" was dit pover.
Miljoene moes onderwys "ondervind" in n taal wat nie hulle moedertaal was
nie, alhoewel in hul vaderland.
Ek dink hier is verandering ingetree? Kan die verskillende taalgroepe nou
onderrig word in hule eie taal ? (dit is n vraag) Ek kan my voorstel dat
dit waansinnig veel probleme bring. Ook die opleiding van leerkragte. Wie
doen die opleiding vir n groep wat haast geen opleiding geniet het nie. Wie
skryf die boeke, wie bepaal wat? En die GESKIEDENIS, vanuit welke
perspektief?
Ek was op Afrikaans hoër seunskool Pta. (alleenlik blankes, natch.) waar
ons n verwronge onderwys gehad het en ons daagliks vertel was dat ons die
room van die bevolking was. Meer fout kon die lerare nie gewees het nie.
Skuim eerder. Toe op Tukkies verder studeer. Dit was wanhopig en in
vergelyking swakker dan n gymnasium hier in Nederland. Later was ek dosent
aan UCT en by Wes-Kaap. Groot verskille tussen die universiteite m.b.t.
standaard, wat n direkte gevolg was van wetgeving. (Voor-skool, skool en
behuising van die studente (beroep van ouders) detrimenteel beinvloed deur
die wetgeving van die versufte landsregeerders) Was W.A. de Klerk nie
hiermee gemoeid nie?
Dit klink vir my asof die onderwysstelsel nou vir die "eerste keer" van die
grond af opgeset moet word vir die hele RSA. Ook is dit so dat onderwys
nie losstaan van die gehele bestel nie. Alles pril op die oomblik.
Onopgeleides moet oplei. Ongeduld van welke kant dan ook is ongepas op die
moment.Soook afbrekende kritiek. Dit lyk my juis om alle kragte te bundel
en te ondersteun.
Ten minste kan almal nou vrylik praat en hulle stem laat hoor en uitbring.
In "my tyd" was van my vriende en studente hiervoor in huisarres geplaas,
in tronke gesmyt en gemartel, was ons telefoons getap en was ons gereeld
bedreigd en versmaad. (ag dit is nou maar by the way want wie gee om; dis
mos verlede tyd en ons moet dit vergeet. Here and Now is al wat tel en wat
maak dit nou ook uit dat jou geliefdes dood is daar in die wye en droewe
land, of dat jy vir jare as....... o shit ek is nog n bietjie bitter, ek
werk daaraan. )
Met vriendelike groet
Xfiles
Nog n vraag: Is -seg- n gebruiklike woord in Afrikaans. Ek lees die woord
in vreemde kontekste op die ng.
Ek weet ek gaan OK wees,
ek weet ek gaan,
ek weet ek gaan by die reling
by Seepunt staan en kyk na die see
en draf tot by die vuurtoring
en die stink ruik
van Moeliepunt se vrot bamboes.
Ek gaan nog baie beach toe gaan
en Clifton se ware inspekteer,
en 'n designerslewe h^e,
my gesig gaan ruik na suntanlotion
as ek in die aand drinks drink
by die Ambassador,
en my vrinne gaan kom kuier
en rinkink tot laat,
want ek weet
ek gaan OK wees.
Daar is al baie geskryf en diep gedink oor potjiekos. Maar weet iemand dalk
waar die driepootpot vandaan kom?
Het die wittes dit by die inheemse stamme raakgeloop of is dit 'n Europese
erfenis?
Eers was net die water koud
wat uit die warmwaterkraan gekom het
sodat my pa nie kon skeer nie
Maar toe wou die oond nie warm word
toe ma wou soetkoekies bak nie
Na twee uur het my gefrustreerde suster
met nat hare en krulpenne
onder die droër uitgeklim
Toe het ek die gordyne oopgetrek
om te sien wat aangaan:
'n Stalagtiet van ys het van die son afgehang
tot op die aarde
Herman,
Jou hele ou storietjie (gediggie??) is duidelik gemik
teen Suid Afrikaners (ex-pats) oorsee.
Dit is duidelik dat jy een of ander ding het
teen hulle wat jou gat krap ne^ ?
Jou verwysing na "sentimentele gediggies" op die nuusgroep is onnosel:
enigiemand wat die nuusgroep goed ken, weet dat hier 'n verskydenheid
gedigte geplaas is, in Afrikaans, van verskeie digters uit verskeie
tydvakke. Dit het jou vry gestaan om ander te pos.
Die nuusgroep gaan immers om Afrikaans en Kultuur.
Kry ook jou feite reg, dit is nie Gloudina wat "O God van Jakob"
geplaas het nie. Dis ek.
En toe kom jy met jou Army herinneringe daaroor,
(Is jy dalk sentimenteel?).
Ek het eerlikwaar meer van jou verwag, veral na ek eenkeer jou bydrae
gelees het oor die Stellenbosche predikante en die komissie.
Jy opinie oor ex-Suid Afrikaners is beledigend en uiters oppervlakkig,
Wat jy skryf is slegs waar van sommige ex-Suid Afrikaners,
maar dit is 'n verskriklike veralgemening.
Daar was en is 'n moerse uitog uit RSA, weens verskillende redes.
En daardie redes het nogal baie met die Afrikaner en politiek te doen.
Dit is duidelik dat jy eenvoudig bitter min weet/wil weet van Afrikaners
in die buiteland, en alweer die ou stereotipiese idees oor hul gorrel.
Jou goedkoop kritiek is 'n tipiese reaksie van Suid Afrikaners tuis
wat dit nog altyd probeer afmaak het.
'n Regte ou laertrek mentaliteit. Verskans jou teen die invloed van "buite".
amde...@gold.up.ac.za wrote in article
...
> In article
> fe...@is.co.za (Koos) writes:
>
>> By the way ou China, ek was Koos lank voor jy Koos probeer wees het
>> op die nuusgroep.
>
> Dis nogal moeilik om met die twee Koose tred te hou. Dit kos 'n gekyk na
> epos adresse en 'n oproep van assosiasies voordat jy die Koos kan plaas.
>
> Dit laat my dink hoe moeilik dit is om met twee kose tred te hou, een
> waarvan die oor eefens na regs is en die ander een waarvan die oor
> definitief na links is.
>
Dit laat my dink aan 'n ou Afrikaner gewoonte wat feitlik heeltemal, in die
stad in elk geval, uitgesterf het -- die gee van byname, en 'naam
aanpassings' om mense met dieselfde naam te onderskei. Dit het mos saam met
die 'hand-me-down' name waarvoor die mense so lief was gegaan. Dus was daar
in een familie Piet Kaalkop, Piet Dominee, Piet Biltong (die lang, maer
een) en Piet Spek.
So nou moet ons maar praat van Koos Links en Koos Regs.
****
Miskien moet iemand die volgende se betekenisse neerskryf en vir 'n
taalmuseum stuur, want dis terme wat gaan uitsterf, without a whimper, I
might add.
Kafferboetie
Pluraal
Bosbefok, of bossies
Totale aanslag
lokasie
dompas (vernoem na die man wie se gesig nog in pretoria se middestad pryk)