Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Lewe in Johannesburg

Wo., 16 Januarie 2008 07:49

Op pad huis toe is die krag WEER af in Braamfontein. Die gevolg is dat
nie een van die verkeersligte werk nie. Soos gewoonlik is daar geen
metro-polisie te bespeur om die verkeer te reel by die uiters besige
kruisings nie.
Vat dus so 'n uur om die stuk of twee kilometer deur Braanfontein te
ry.

Die aand by die huis, sit ek kwart oor nege voor die PC en skielik is
die ligte WEER af. Ervaring het geleer dit van minstens twee uur voor
dit weer aankom. Dis as jy gelukkig is. Party plekke was in die
afgelope maand 'n hele dag op 'n slag sonder krag.

City Power antwoord die foon na 20 minute en bevestig dis Eskom. "two
to four hours" skat hulle voor die krag weer aankom.

Dis die derde keer die week, hoewel ek vermoed daar was 'n vierde keer
ook omdat die DVD opnemer se tyd en datum een oggend weg was. Dit
gebeur as die krag afgaan.

Moet vandag onthou om kerse te koop. En nog flitse, want die
kragonderbrekings gebeur altyd sonder waarskuwing en dan is dit
pikdonker.

Vanoggend in die Star is daar 'n storie van 'n rekenaar-bedryf in
Wendywood wat se van die 40 uur per week wat hulle kan werk, kan hulle
deesdae net 20 uur iets doen. Die res van die tyd is die krag af.

Ek begin nou amptelik spaar vir 'n klein krag-opwekker.
En, o ja, moet nie vergeet om te se die prys van elektrisiteit van een
van die dae met iets soos 10% styg.

So, hoe maak dit ons anders as ander state wat uitrafel? Ons is baie
anders! Daardie state het krag-onderbrekings. Of gebrekkige
krag-lewering. Ons het "beurtkrag"!!

Rekenaars & selfone | 26 kommentare

Sien julle my pos?

Di., 15 Januarie 2008 09:32

Hi,

Hessie het in Desember gekla sy sien nie my poste nie. Ek kry die gevoel
dis steeds so en dat ander deelnemers ook nie my poste sien nie.

Sal dié van julle wat hierdie pos sien, dit bevestig asseblief?

En die clever rekenaarfundis, soos Dave, vertel my asseblief wat die
moontlike oorsaak kan wees dat Hessie en ander nie my poste sien nie? Ek
gebruik nie Google nie, maar news.telkomsa.net.

Torreke

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Enjins

Ma., 14 Januarie 2008 19:15

"Torreke" skryf in boodskap news:mfidnQ71Qe7r0YvaRVnyuQA@saix.net...
> Soos jy weet, die konvensionele binnebrandenjin met sy suiers wat
> op-en-neer beweeg, teken enorme energie verliese aan as gevolg van die
> voortdurende verandering in spoed van die suiers - ou nuus! Enjins wat
> net roterende dele het, soos die turbines, het nie dieselfde soort
> verliese nie, maar ander nadele (stadige versnelling, hoë snelhede maar
> min wringkrag) maak hulle onprakties vir motors. Omdat daar nie positiewe
> verplasing is nie, is die effektiwiteit in elk geval nie beter nie.

Hallo Torreke!

Ek was besig met navorsing oor pseudo-wetenskaplike
onsin toe ek op hierdie plasing van jou afkom.

Pragtig! 'n Ware juweel! Seker die beste voorbeeld in
die hele geskiedenis van die Internet!

Wat jy hierbo sê is omtrent op dieselfde vlak as om te
sê: "Soos jy weet, val 'n klip vinniger as 'n veertjie
as gevolg van sy groter gewig - ou nuus!" Of: "Soos jy
weet, draai die son om die aarde - ou nuus!" Dis die
soort van "waarhede" wat verkondig is in die tyd van
Galileo. Soms deur kerkvaders met 'n Bybel onder die
arm vir effek.

Vertel bietjie hoe jy die sprong gemaak het van (a)
daar is energie-verliese in 'n binnebrand-enjin met
suiers, na (b) die verliese is as gevolg van die
voortdurende verandering in spoed van die suiers.

Swart Simon

Wiele | 70 kommentare

Nuwe jaar met spoed in

Ma., 14 Januarie 2008 12:04

Die pennie het uiteindelik by die gesin (almal vroue) gedrop dat ek
boring tegnologie parte vir Krismis verkies.

Gaan toe die nuwe jaar in met 'n nuwe motherboard en en 'n nuwe
3D-kaart.

Spoed is soooo nice...

Maar Dave, Ek moet toe XP weer oplaai en sit toe vir die eerste keer
met 'n Sata2 hardeskyf. XP sonder SP2 sien nie die hele skyf raak nie.
Mens moet anyway eers format. Doen toe so, maar XP wil nie installeer
nie. Begin elke keer en plaas leggers op die HDD maar wanneer dit moet
boot van die HDD af, kry ek elke keer weer die installasie-skerm van
die CD af.

Vista installeer soos 'n droom. Besluit toe om maar met Vista te leef.
Sal maar net skryf, internet surf en game speel en al my ander
programmetjies vergeet tot Vista se groot patch kom.

Maar die internet-konneksie wil natuurlik nie installeer onder Vista
nie. Dis 'n Vodacom-3G-kaart waarvoor ek eers 'n PCMCIA slot op die
moederbord moet instaleer - en dit was wat nie onder Vista installeer
nie. Nie een winkel het een wat Vista compliant is nie.

So, Vista sonder die internet. Ondenkbaar.

Een volle dag daaraan gewy. Vista twee keer geinstalleer en twee keer
afgehaal. XP verskeie keer probeer. Een keer geskreeu. Maar
merkwaardig kalm gebly.

Op die einde blyk dit die fout was die volgende: Toe ek die HDD
geformat het, het en nie gese dit moet 'n "active partition wees nie".
Duh

XP sal dus nie van dit opboot nie. Duh...

Interresant egter dat Vista dit doen.

Anyway. Noe is alles OK en ek speel Crysis met die setting ALMAL OP
HIGH. He,he...

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Sien julle my pos?

Ma., 14 Januarie 2008 10:23

On Tue, 15 Jan 2008 11:32:07 +0200, "Torreke" wrote:

> Hi,
>
> Hessie het in Desember gekla sy sien nie my poste nie. Ek kry die gevoel
> dis steeds so en dat ander deelnemers ook nie my poste sien nie.
>
> Sal dié van julle wat hierdie pos sien, dit bevestig asseblief?
>
> En die clever rekenaarfundis, soos Dave, vertel my asseblief wat die
> moontlike oorsaak kan wees dat Hessie en ander nie my poste sien nie? Ek
> gebruik nie Google nie, maar news.telkomsa.net.
>
> Torreke

Sien dit

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bees loer in

Vr., 11 Januarie 2008 21:27

Ek het jare terug bietjie tyd spandeer op die groep, en nou die dag gewonder
of dit nog bestaan, en of Gloudina nog gedigte pos, en so aan.

Lyk nie of baie verander het intussen nie!

Groete

Bees

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuwe jaar voorneme

Do., 10 Januarie 2008 12:00

Vanjaar is die eerste keer in my lewe wat ek 'n nuwe jaar voorneme gehad
het, en op die oomblik besig is om dit uit te voer. Dit is nou al 10 dae
sedert ek opgehou rook het, en kan nie glo ek het dit nie al vroeër gedoen
nie. Moenie 'n fout maak nie, die eerste week was vrek moeilik, maar dit
raak elke dag makliker.

Het enige van julle 'n nuwe jaar voorneme wat jy besig is om uit te leef ?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bok Afrigter

Do., 10 Januarie 2008 11:15

Enige iemand hier 'n idee wat Heineke Meyer nou gaan doen. Persoonlik kan ek
nie glo hy was so stupid om enigsins vir die pos aansoek te gedoen het nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hospitale in SA

Di., 08 Januarie 2008 19:11

Die 8ste Desember het ons vertrek om vir die familie te gaan kuier.
Enkele dae vroeër is my jongste broer in 'n hospitaal opgeneem as
gevolg van asma.

Toe my dogter op 'n stadium aan die hospitaal personeel gevra het
waar die dokter is wat hom moes behandel, is sy geantwoord met "it is
weekend." Hy was te siek om sy klere te vervang met slaapklere, en
hulle het hom vir dae laat lê in 'n sweetpak.

Dit is nie 'n staatshospitaal nie maar 'n privaathospitaal waarvoor
ten duurste betaal is - Leslie Williams van Goldfields in
Carletonville. Vroeër jare was dit 'n bekende hospitaal. Nou is dit
berug - soos die res.

Die agste Desember het ons vertrek met die veronderstelling dat ons
hom in die hospitaal sal besoek, en hy dan later na sy huis sal gaan
waar ons saam sal kuier en alles met hom goed sal gaan.

Intussen het hy gesterf. Omtrent die tyd wat ons hier vertrek het
het hy 'n finale aanval gehad - met geen hulp nie want hy was in 'n
hospitaal.

Eers gister is 'n doodsertifikaat uitgereik en dus moes die verassing
wag tot vandag, omdat die dokter met verlof was.

Die familie het, terwyl ons op reis was, met mekaar geskakel en
afgespreek om dit nie vir ons te sê nie totdat ons gearriveer het.
Baie wyse besluit gewees.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Misdaad in Suid-Afrika: Week 1 van 2008

Di., 08 Januarie 2008 07:56

In hierdie eerste week van die nuwe skrikkel was daar nog twyfel oor die redes
vir die vertraging in die vervolging van polisiehoof Jackie Selebi.

Nogtans het misdaad teen die "normale" hoë vlakke aangehou.

Aan die Rand had ons die volgende:

Die Tanzaniese ambassadeur ernstig gewond in 'n huisroof
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2244927,00. html

28 Des: Egpaar in bed geskiet
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2244936,00. html

2 Jan: Egpaar byna 2 keer in 4 dae vermoor
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2245736,00. html

3 Jan: Wêreldbekende voëlkenner Robin Guy (75) by sy swaer se huis in
Bryanston, Johannesburg geskiet
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2246197,00. html

4 Jan: Vier Japanese diplomate ook aangeval by aankoms vanaf die
lughawe. http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247797,00. html

4 Jan: Fred Picton-Turbervill voor sy gesin geskiet in Waterkloofrif
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247264,00. html

5 Jan: Egpaar tweede keer in twee weke aangeval
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247822,00. html


6 Jan: John Loots (43) vyf keer in sy bed in Doornpoort, Pretoria
raakgeskiet, ontkom
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247795,00. html

Dieter Hinz geskiet in Kromdraai, Wes-Rand deur "polisie"
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2247281,00. html

'n Gesin word 3 keer in een nag deur gewapendes tuis aangeval

In die Wes-Kaap:

Pa van sepie-akteur in Rawsonville by sy winkel doodgeskiet:
http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/2008/01/07/B1/6/BO Ljgabelbegrafnis_1628.html

Transitoroof in Franschhoek
http://www.dieburger.com/Stories/News/16.0.3498184693.aspx

Tiener by strand dood gevind
http://www.dieburger.com/Stories/News/16.0.3498184585.aspx

Oos-Kaap:
Pa spring by boonste verdieping uit, red gesin ondanks vele messteke
http://www.dieburger.com/Stories/News/Regions/16.0.349445455 9.aspx

Twee Somali's doodgebrand in hul winkel
http://www.dispatch.co.za/2008/01/08/Easterncape/absoma.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    149  150  151  152  153  154  155  156  157  158  159  160  161  162  163  164    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 10:39:11 UTC 2026