Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Al ooit gehoor van die groen vlam? - vlam.jpg (1/1)

Di., 06 Mei 1997 00:00

begin 644 vlam.jpg

%0A!__]GR
`
end

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Rob Kaplan internet site

Di., 06 Mei 1997 00:00

M wrote in article
...
> Here is the address for the Rob Kaplan internet site ..
>
> give it a visit and give it your support
>
> http://www.robkaplan.org.za
>
>
heel interessant hoeveel mense al die blaadjie besoek het in sy kort
bestaan.
sterk woorde wat daar staan.
wonder wanneer gaan ons demokratiese verkose regering begin ag slaan op die
meerderheid se wense?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

suid-afrika foto

Ma., 05 Mei 1997 00:00

Nu op het net:
Foto's uit Suid-Afrika in die reisgallerie op:
http://www.xs4all.nl/~sievers

Welkom, Alex
Dankie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Droe Beskuit is vir die Engelse vrot brood

Ma., 05 Mei 1997 00:00

My vrou maak lekker beskuit. Anysbeskuit wat so krummel op jou tong
as jy hom eers in jou koffie doop. Sy gee my so 'n tupperware houer
vol om saam werk toe te neem. Die dae wat die werk oorloop in my
etenstyd dan haal ek so 'n paar uit en eet saam met my koffie. Sulke
regte boere koffie en beskuit hier reg in Engeland. Die Britte het
mos nie 'n eweknie vir beskuit nie. Die slag vergeet ek van die houer
en sy beskuit. Hy staan daar eenkant in 'n kas en vergaar stof.

Maande en ek bedoel so vier maande daarna maak my dametjie by die werk
se kaste skoon. Kom sy op die houer en beskuit af. "Goodness
gracious - it's your lunch and its months old!!!" Die afgryse op haar
gesig en die lang gerekte arm waarmee sy aangee vertel my sy dink:
Vrot en Stank!!!

Ek loer in en daar lê vroutjie se beskuite so mooi droog en lekker
soos die dag wat sy hule ingepak het. Met groot aanskou haal ek een
uit en hap lêkker aan hom.

Dit was amper of daai Engelse dame gooi net daar op. Hulle is maar
baie delikaat as dit kom by eet. Baie haastig is sy die kamer uit. Sy
het al die werksmense vertel ek eet "My three month old lunch!!!"

Elfuur neem ek dieselfde houer saam teekamer toe. Doop een so in my
koffie en smul aan hom. Nodeloos om te sê - nie een Brit man of vrou
kon bly nie. Ek het heel allenig gesit en beskuit eet.

Groetnis

Braam die Luigat

Haal die eerste l af van my E-pos adres.
Daai l is om gemors E-pos te vermy.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Echoes across the globe

So., 04 Mei 1997 00:00

Moenie alleen voel nie.

(Dalk is dit meer as iets anders die fondamente van die samelewing wat
wereldwyd hier aan die einde van die eeu skuif.)

"...a great many people feel that the quality of life has declined.
Crime has soared, prisons are overflowing, public transport is
unreliable and expensive, the health service is reeling from
reorganisations and education appears in perpetual crisis."

New Scientist 26 April 1997 oor die toestand in Brittanje.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hy was hier

Do., 01 Mei 1997 00:00

hy was nou net hier
die man van wie ek altyd droom
hy't in die kar gery waarin sy dood is
dieselfde ruiker in sy knoop gehad
daar was 'n grin op sy gesig
sy hare het gelig van die wind
die kar had geen dak
daar was bloed aan sy hande
en aan myne

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Wo., 30 April 1997 00:00

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Jakkals streke in Afrika..

Wo., 30 April 1997 00:00

Jakkals loop rond in die bosse en gaan sit daar onder
die tak waar haan sit. Hy groet vir haan ewe vriendelik
en vertel hoe lus hy is vir ordentlike geselskap. Jakkals
nooi toe vir haan om af te kom, want sy nek raak seer van
so opkyk.

Jakkals belowe om haan nie op te eet as hy afkom nie, maar
haan bly sit daar bo.

Jakkals vertel toe vir haan van die groot nuus dat al die
diere van Afrika nou saam woon in vrede, maar haan lag
heerlik vir Jakkals se stories, toe Jakkals wou weet hoekom
haan dan so lag, vertel haan van die wildehond wat hom
gisteraand bekruip het en dat boer en sy honde juis oppad
is om te kom ondersoek.

Jakkals groet haastig vir haan en wil net wegkom, maar nou
gesels haan eers lekker.

"hoekom wil jy al loop Jakkals ?" vra haan, "jy is tog seker
nie bang vir die honde nie ?, daar is mos vrede tussen al
die diere van Afrika"

"o ja," antwoord jakkals, "maar die vraag is of die onnosele
honde daarvan weet" en hy draf vinnig daar weg.

Jan, dink jy nie die sprokie is nou nog van toepassing nie ?
Ek het dit in die afrikaanse sprokie boek gelees, en moes
dit met jou en galjoen deel.

groete, Vyg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Ubuntu - vgl Was Afrikaners Nazis?

Wo., 30 April 1997 00:00

Ek waardeer AM de Lange se aanmerkings baie. Dit gee my 'n
wyer beeld van konsepte wat ek, regtelik of verkeerdelik, tot
dusver slegs binne my eie persoonlike raamwerk betrag het.

Ja, natuurlik, die Christelike gelowiges is verdeeld. Soos
u tereg opmerk is dit voor die hand liggend as mens na al
die verskillende denominasies kyk wat elk die waarhede van die
Bybel verskillend interpreteer.

Maar kom ons kyk na daardie verskille. Neem die Metodis, wat bv.
die uitverkiesingsleer verwerp, teenoor die Gereformeerde wat
dit aanhang. Of die Baptis wat die grootdoop voorstaan en
die Metdodis en Gereformeerde en andere wat dit verwerp. Tipies
is die verskille dinge waaroor Gods Woord hom nie duidelik
uitlaat nie. Daarby gesê bevind ons onsself in 'n gevalle wêreld
waar die sonde telkens seëvier en dit is dus te wagte.

Neem nou Ubuntu. Weereens, soos u tereg opmerk, is daar
verskeie toepassings van die begrip. Net soos Christenskap
kan dit vir sleg sowel as goed aangewend word.

Hier is dus 'n ooreenkoms.

Die verskil is dat die Christelike geloof 'n maatstaf het waarteen
reg of verkeerd gemeet kan word. In Ubuntu ontbreek dit.

Wie is ek om vir die Zoeloe te sê: "Jy doen verkeerd as jy 'n ander
man doodslaan omdat dit teen die beginsels van Ubuntu indruis",
terwyl die Zoeloe self Ubuntu as sy regverdiging van die wandaad
gebruik. Daarteenoor is dit maklik om die daad op Christelike gronde
te veroordeel, ongeag die denominasie van die gelowige.

Ek het spesifiek na WARE Christenskap verwys in my skrywe, om daarmee
te probeer laat blyk dat ek na die strewe verwys om soos Christus te
lewe, en nie verkeerdelike interpretasies wat direk in stryd is met
die Christus-voorbeeld, wat ons telkens in die geskiedenis in die
kerk opmerk, tot vandag toe nog.

Feit bly staan, die gelowige kan sy dade aan die Bybel meet en dan
tot die slotsom kom dat hy verkeerd gehandel het, in stryd met
wat die Bybel leer. Dit het ons in die belydenis van die moderator
van die NG Kerk dat die kerk gesondig het in sy steun aan apartheid
en dat die kerk om vergifnis pleit.

Waaraan meet die disipel van Ubuntu homself? Die maatstaf ontbreek.

'n Stelling van u waarmee ek ongelukkig nie kan saamstem nie, is dat
Chirstenskap nie 'n onmiddelike uitkoms vir ons land en al sy mense
in die huidige bedeling bied nie. Ek glo dat dit wel so 'n uitkoms
bied. Nie as gevolg van die goedheid van die mense wat hulle
Chirstenskap uitleef nie, maar eerder as gevolg van die mag van die
Here wie hulle aanbid.

Die ommeswaai wat in KZN plaasgevind het kort voor die verkiesing is
'n klinklare bewys hiervan. Ek en baie ander skryf hierdie ommeswaai
direk toe aan die verhoor van duisende gebede wat regoor die wêreld
aan God opgedra is om in te gryp. Miskien weet u ook van die massa-
saamtrek by Kingspark in Durban waar duisende gelowiges saam
spesifiek oor die saak gebid het. En dit het gebeur.

Weereens vra ek: kon Ubuntu die ommeswaai bewerkstellig het? Ek is
bevrees nie, want tot wie bid die disipel van Ubuntu en wie is daar
om die gebed te verhoor?

Hierdie vraag ignoreer natuurlik u Sothovriend se verduideliking dat
Ubuntu 'n harmonieuse verhouding met medemens, natuur SOWEL as God
beteken. Vraag is: wie is die God? Onder die swartmense met wie ek
te doene het, is die Godsbegrip diep ingeketen. Umvelinqangi, Hy-Wat-
Van-Die-Begin-Af-Bestaan, meen ek is 'n eeue-oue begrip. Eerder as
'n hulpmiddel is dit egter 'n las in evangelisasie omdat dit
Christus as Middelaar uitsluit. Van die uitgangspunt dat die
Christelike geloof die enigste ware geloof is, dra Ubuntu niks by
om die gelowige selfs beter te maak nie, maar die gevaar dat hy
as gevolg van Ubuntu en sy geloof in Umvelinqangi vir Christus
verwerp bestaan wel.

Dit is egter nie al rede hoekom Christenskap 'n uitkoms bied nie. Tot
'n mindere mate is daar is ook die verdraagsaamheid van die gelowige.
Dieselfde verdraagsaamheid kan weliswaar ook bestaan as gevolg van
'n aanhang na die Ubuntufilosofie, maar soos u self sê, dit gaan die
vuurdoop nie weerstaan nie, want mense is feilbaar. Daarenteen maak
die gelowige nie op homself staat om die Christus-voorbeeld te volg
nie, maar eerder op die werking van die Heilige Gees wat van sondaars
heiliges maak. Weereens, AS hy dan tog faal as gevolg van
ongehoorsaamheid teen die leiding van die Heilige Gees, dan is dit
dieselfde Gees wat hom van sy sonde sal oortuig en hom tot
skuldbekentenis bring. Ubuntu maak staat op slegs die gedisiplineerde
navolging van 'n lewensfilosofie, en as daardie filosofie dan verkeerd
toegepas word is daar niks om die mens te oortuig dat hy verkeerd
gehandel het nie.

Ek dink dat as ek as Christen my opinie oor Ubuntu wil saamvat sal ek
die volgende sê:

Ubuntu is 'n voordelige filosofie wat wel, soos u opmerk, bewys is van
God se algemene genade. Terloops, ek het nooit voorheen so daaraan gedink
nie. Dit is pragtig. Ek wil egter nie Ubuntu voorstaan as 'n filosfie
om te probeer uitbou (of herstel) in ons land nie, want dit dra niks
by wat die ware Christelike geloof nie in elk geval doen nie. Om te sê:
Kom ons laat Ubuntu weer leef! is ook gevaarlik want dit het geen
konkrete maatstaf nie en kan dan verkeerd toegepas word. Meer nog,
Ubuntu bewerkstellig nie 'n saligheid in die hiernamaals nie, wat tog
die uiteindelike doelwit is, en nie bloot 'n harmonieuse saamleef op
aarde nie. Ubuntu as filosofie SAAM met Christenskap dra tot die
Christenskap niks by nie, en Ubuntu sonder Christenskap bied slegs
vae, feilbare en tydelike voordele.

Kom ons arbei eerder om mense te bekeer tot die ware geloof. Kom ons
streef eerder om self ons Christenskap so uit te leef dat dit wel 'n
verskil maak in ons onmiddellike omstandighede.

Dis hoe ek die ding sien.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

groeten uit nederland

Wo., 30 April 1997 00:00

Harstikke leuk die afrikaanse nieuwsgroep.
Ik zal proberen wat afrikaanse woorden te leren: het is een prachtige en
eerlijke taal.
Hou'en zo en sukses !

Gerard Ruijs

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534  1535  1536  1537  1538    »]
Tyd nou: Di. Jan. 27 00:08:24 UTC 2026