Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Ferdi

Wo., 30 Januarie 2008 11:06

Hi Ferdi

Jy praat so van huistoe ry in die middae met verkeersligte wat nie werk nie.
Maandag het ek 'n persoonlike nuwe rekord behaal deur 5 ure vanaf Pretoria
tot in Centurion te ry. Ek et 16:00 weg gery en het 22:10 by die huis
ingeloop. Dit is 'n totaal van 40 Km, wat jou dus so 8 Km per uur gee - het
jy 'n idee hoe kwaad was ek, en sover ek kon sien die mense om my.

Dit was glo agv 'n gebreekte trok naby die Allandale afrit. Wat ek egter nie
kan verstaan nie, is dat die trok in die nuwe skouer baan gestaan het, en
dus nie regtig 'n probleem ingehou het nie. Wat wel die gemors kon
veroorsaak is die 3 Metro polisie voertuie wat met hulle blou ligte by die
trok gestaan het.

Toe ek so ent van die trok af was, sou ek my hele salaris daarop gewed het,
dat dit een helse ongeluks toneel moet wees. Ek weet nie wat is fout met die
mense op 'n Highway nie. Ek dink die gautengers is die nuuskierigste mense
op aarde, en die ou wat die hardste gedonner moet word is die ou wat in die
regterbaan (vinnige baan) ampet tot stilstand kom, net sodat hy tog net nie
iets moet mis nie.

Ek dink ek moet begin kyk na daai eiland down under

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Data oor krag-krisis

Wo., 30 Januarie 2008 10:45

Albei uit Beeld van vanoggend:

-------------------------

Defekte kos Eskom in 2 dae 15,7% kragvermoë
30/01/2008 01:41 - (SA)

Jan de Lange
Defekte in elektrisiteitsturbines het die afgelope twee dae 'n verlies
van 6 185 MW of 15,7% van Eskom se totale opwekkingsvermoë veroorsaak.

Sulke defekte het in dié tyd by 11 van Eskom se 13
steenkoolkragsentrales ontstaan volgens vertroulike daaglikse verslae
oor toestande by kragsentrales wat Sake24 te siene gekry het.

Die verslae is 'n kommerwekkende aanduiding van die ouderdom van
kragsentrales, swak instandhoudingswerk en 'n tekort aan onderdele.

Turbines wat gebreek en heeltemal gaan staan het, het eergister 'n
verlies van 4 235 MW op die netwerk veroorsaak en gister 3 491 MW.
Turbines wat nie volgens hul vermoë krag opwek nie, hoofsaaklik weens
steenkoolprobleme, het nog 2 694 MW laat verlore gaan.

Dis uit die verslae duidelik dat die Arnot-kragsentrale by Middelburg
en die Duvha-kragsentrale naby Witbank feitlik geen steenkool het nie
of met nat steenkool gevoer word.

'n Turbine by Matla, wat 575 MW opwek, is reeds in Desember in 'n
brand beskadig en sal tot laat in Februarie buite werking wees.

Gister was agt turbines buite werking.

Die defekte in die reusagtige masjiene is stoomlekkasies by Hendrina
en Camden en verstopte asdeure by Majuba naby Standerton. Nog 'n
eenheid by Majuba is weens oonddruk-probleme tot stilstand gebring en
'n kortsluiting het by Kriel ontstaan nadat 'n transformator gebreek
het.

Dis meestal defekte wat aan instandhoudingsprobleme toegeskryf kan
word.

Nog twee turbines by Majuba, een van die land se twee grootste
kragsentrales, werk onder hul vermoë as gevolg van ander tegniese
probleme.

Mnr. Jacob Maroga, uitvoerende hoof van Eskom, het gister in antwoord
op vrae hieroor gesê Eskom is ná die elektrisiteitskrisis van die
afgelope twee weke deur die regering opdrag gegee “om die
instandhoudingswerk baie ernstig te doen”. “Ons sal meer op
instandhouding fokus, want die toerusting is oud en word nou harder
gedryf as voorheen. Dié gebreke strook met die gebruikstendens dat ons
die toerusting harder laat werk,” het hy gesê.

Turbines met 'n opwekkingsvermoë van nog 3 715 MW werk nie omdat
beplande instandhoudingswerk, inspeksies en opgraderingswerk daaraan
gedoen word.

Dit beteken dat Eskom op die oomblik sonder 25,2% van sy
opwekkingsvermoë moet klaarkom.

Voordat tien jaar gelede met intensiewe herstrukturering by Eskom
begin is, het elke kragsentrale genoeg onderdele op die perseel gehou
om minstens een volledige eenheid bestaande uit 'n stoomketel en 'n
opwekkingsturbine heeltemal te kon herbou. Die stoorkamers met die
onderdele is egter tot niet gemaak.

Die instandhoudingspersoneel is meestal afgedank en die funksie van
onderhoud is heeltemal gesentraliseer. Instandhouding word sedertdien
deur Rutek, 'n tegniese filiaal van Eskom in Pretoria, en twee Duitse
maatskappye behartig.

Die lewering van steenkool is in die naweek indringend ondersoek deur
'n taakgroep bestaande uit Eskom-verteenwoordigers en
steenkoolprodusente.

“Daar is probleme met die lewering van steenkool, die gehalte van die
steenkool wat gelewer word en die hantering daarvan, want dit blyk die
steenkool word nat,” het Maroga gesê.

------------------------------

Rubriek deur die ekonoom Mike Schüssler

26%-kragdonkerte 'n riller
30/01/2008 02:44 - (SA)

Baie mense verstaan nie die kragkrisis, wat 'n lang aanloop het, nie.
Terwyl die sondaars gesoek word, bly die feite oor die hoeveelheid
elektrisiteit waarsonder Suid-Afrikaners moet klaarkom en die duur van
dié ernstige krisis duister.

Kragonderbrekings het gewissel van 10% in die week van 14 Januarie tot
sowat 26% verlede Maandag. Die krisis is nie bloot die gevolg van 'n
gebrek aan belegging aan die aanbodkant nie, maar swak instandhouding
en steenkooltekorte het ook 'n beduidende impak.

Sommige van die heersende tekorte behoort binne die volgende paar
maande opgelos te word en al kan die land sonder veel ontwrigting op
'n 10%-kragtekort oorleef, sal 'n tekort van 26% katastrofies vir die
ekonomie wees.

'n Verdere probleem is dat die voortgesette groei in kragtoevoer
beperk sal wees en dit beteken dat ekonomiese groei daarom ook aan
bande gelê gaan word.

Elektrisiteitsvoorsiening en groei

Elektrisiteitsvoorsiening en ekonomiese groei is gekoppel. In die
moderne ekonomie is elektrisiteit die lewensbloed van die formele
sektor se ekonomiese bedrywighede – baie maatskappye kan nie
daarsonder klaarkom nie. Wanneer elektrisiteitsvoorsiening
onbetroubaar is, moet maatskappye ander planne beraam om hul goedere
of dienste te lewer. Sommige maatskappye kan dié skuif maak sonder
veel ontwrigting, maar ander se hande is afgekap, want só 'n
verandering sal nóg elektrisiteit verg.

Suid-Afrika – soos die meegaande tabel verduidelik – het
kragdoeltreffender per eenheid groei in bruto binnelandse produk (BBP)
geword namate die land wegbeweeg het van die mynbou en swaar
nywerhede. Sedert 2000 het Suid-Afrika se elektrisiteitsverbruik met
net 0,8 eenhede per eenheid BBP-groei gegroei . In die 1960's was dit
sowat 1,5 eenhede per eenheid BBP-groei.

Sommige sektore, soos die mynbou, het nou 'n groter behoefte aan
elektrisiteit, al het mynboubedrywighede die afgelope 8 jaar met sowat
1% gedaal. Kraggebruik deur die mynbousektor het sedert 1996 met
altesame 4% toegeneem, volgens Eskom se jaarverslae. Die meegaande
grafieke toon dat die mynbou aanvanklik 19% van Eskom se verkope
verteenwoordig het, maar dat dit verlede jaar afgeneem het tot 15%.
Die tweede tabel hierbo toon groei op 'n jaargrondslag van 0,4% sedert
1996.

Vervoersektor verbruik minder

Die vervoersektor se aandeel van kraggebruik het gekrimp deels omdat
wegbeweeg is van spoorvervoer, wat deur elektrisiteit aangedryf word,
na padvervoer, wat deur diesel aangedryf word.

Die grootste groei was in die kommersiële kategorie omdat sommige
ondernemings wegbeweeg het van munisipaliteite om hul krag só
goedkoper te bekom. Kragvoorsiening aan die kommersiële sektor het met
25% gegroei.

Die naasvinnigste groei was in die internasionale kategorie wat met
10,7% per jaar toegeneem het. Elektrisiteitsvoorsiening aan die
buiteland het sy aandeel van die totaal verdubbel van 3% tot 6% en
veral sedert 2000 het verkope-groei in dié kategorie versnel.
Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van elektrisiteit volgens syfers
wat maandeliks deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) uitgereik word.

Huishoudelike kraggebruikers is die kategorie wat die derde vinnigste
gegroei het met 6,7% per jaar die afgelope 11 jaar. Dit is vanweë die
sukses met die voorsiening van krag aan armer gebiede en die snelle
bouwerk deur die private sektor én die staat. Dié groei loop ook ten
nouste saam met huishoudelike be­steding aan duursame en semi-duursame
goedere.

Al lyk dit of huishoudelike besteding en kragvoorsiening gekoppel is,
het dit die afgelope jare geblyk dat huishoudelike be­steding vinniger
gegroei het as kragvoorsiening. Die voorsieningsprobleme kan deels
teruggelei word na die tekorte in die Wes-Kaap laat in 2005 en vroeg
in 2006. Volgens die SSA het die Wes-Kaapse ekonomie steeds in 2006
met 5,9% gegroei ten spyte van die kragtekort.

Die kragvoorsiening wat nie beskikbaar is nie – nou tussen 10% en soms
selfs 26% – is veel hoër as die 2% tot 5% destyds in die Wes-Kaap.

Die prys van krag per kategorie

Een van die vreemdste aspekte van dié krisis is dat die minister van
openbare ondernemings ons vertel dat Suid-Afrika 'n netto invoerder
van elektrisiteit is, terwyl die land volgens die SSA 'n netto
uitvoerder daarvan is.

'n Nadere ondersoek ontbloot dalk die rede vir die minister se
verduideliking. Suid-Afrika is 'n netto uitvoerder van krag omdat ons
dit aan ander lande verkoop teen veel goedkoper as aan ons eie
burgers.

In Eskom se jaarverslae sedert 1996 is die prys per kilowatt-uur van
ons internasionale verkope deurlopend laer as die gemiddelde vir
Suid-Afrikaanse verbruikers. Selfs die goedkoopste elektrisiteit wat
Eskom aan Suid-Afrika se groot nywerhede verkoop, is meer as 'n derde
duurder as die prys wat ons buurlande daarvoor betaal (kyk na die
tabel hieronder).

Dit kom prakties neer op 'n subsidie aan ons buurlande, waardeur hulle
goedkoper krag kry as wat aan Suid-Afrika se groot kragkopers gelewer
word.

Verder is die jaarlikse prysverhoging aan huishoudelike gebruikers die
afgelope 11 jaar sowat 7,2% en is dit dus ver bo die inflasieteiken.

Die prys van uitgevoerde krag is met net 4,6% per jaar verhoog, terwyl
die totale jaarlikse prysverhoging vir kragkopers in die algemeen net
4,4% was. Huishoudelike kraggebruikers – wat reeds die meeste betaal –
se prysverhogings is ook die strafste. Groter inflasiedruk word dus op
Suid-Afrikaanse huishoudings geplaas as op ons buurlande.

Dit is seker ook nie die einde daarvan nie, want Eskom beplan
gemiddelde prysverhogings van byna 20% per jaar.

Die vraag is nou of Eskom ook die prys van uitgevoerde elektrisiteit
soveel gaan verhoog en of Suid-Afrikaners sal aanhou om die koste van
die uitbreidings – wat ook tot die buurlande se voordeel strek – te
dra.

Op inflasie sal die impak van 'n 20%-toename in kragpryse regstreeks
sowat 0,8 persentasiepunt wees. Dit sal die VPIX jare lank buite die
teikenband hou en die onregstreekse uitwerking kan dié 0,8
persentasiepunt selfs verdubbel.

) Schüssler is 'n ekonoom van T-Sec en ­Sake24 se Ekonoom van die Jaar
in 2005.

Nuus | 12 kommentare

Eskom se krag en Namibië

Wo., 30 Januarie 2008 07:18

Interessant in 'n brief aan lede van die Namibian Manufacturers Association,
maak hulle melding van die feit dat die Koeberg Krafsentrale nie ten volle
opereer nie omdat die een reaktor nie kan werk nie omdat dit besig is om
'refueled' te raak en eers ten volle sal kan werk in die begin van
Aprilmaand.
Vir ons land is daar nog 'n probleem. Ons betaal vir 'n kragstasie in
Hwange, Zim om gerehabiliteer te raak en daarvandaan krag te kry. Sowat
150MW. Tot dusver gee hy al 40MW, maar die probleem is dat die
elektrisiteit via SA herlei moet word en daar is 'n bottelnek tussen noord
en suid Suid-Afrika.
Intussen is ons Nampower besig om 'vuur onder die gatte' van alle
bestaande ou kragstasies watnog moontlik krag kan lewer, te maak.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

City Views

Ma., 28 Januarie 2008 17:58

City Views
Dit is wat ek dit noem, en ek werk al 'n paar dae daaraan.
Postersize grootte. Ssomtyds geirriteerd maar gewoonlik bevredig...
Dit sal binnekort na die drukkers gaan.
As ek in dieselfde bui as nou is, sal ek julle dan die finale prduk
ook wys. As julle in dieselfde bui is as nou, sal ek nie.

http://dave.photos.gb.net/p48085578.html

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

(Beter en/of) Nuwe (Argument) Energie en/of Water Verskaffing Stelsel(s) om te verhoog ? Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

Ma., 28 Januarie 2008 16:20

(Beter en/of) Nuwe (Argument) Energie en/of Water Verskaffing
Stelsel(s) om te verhoog ?
Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

-

Vry en regverdig, die blou-groen lig word hiermee gegee.
Aan Energie en/of Water Verskaffing (Lede en) Leiers.

Voor, tydens en/of na,
die hou van debat(te), menings peiling(e), referendum(s), en/of
verkiesing(e).

Vir die insluiting van (ondersteun) Goedkoop, Elektrisiteit.
Soos verstaan ontwikkel deur (Mev. en) President N Tesla,
(en andere).

Asook Water boor, (Salidasie en) Desalidasie,
en Water Vervoer, (Lede en) Leiers.

Om ty(e) en/of datum(s) te verskaf,
om verby benodigde suplus(se) te beweeg.

Om groter ekonomiese groei te kan beleef,
(indien wel so verkies word).

Voor, tydens en/of na,
beraadslaag (is), is en/of gaan word,
met (Lede en/of) Leiers van -
G-20, G-8, G-7 (Lid), en/of EU, VSA, VK Land(e),
(indien wel nodig),
en/of
(soos verkies en/of ondersteun).

(By voorbaat baie dankie. )
(U ondersteuning, (in die verband), sal inniglik waardeer word. )

(Ontwikkel en/of gestuur,
voor, tydens en/of na die lees van,
die ((huidige), huidige, beter en/of) nuwe,
Upanishads en/of Vedas,
Bagavad Gita,
Dhammapada,
Heilige Koran,
Send-Avesta,
(Torah),
en/of
(Christelike) Bybel. )

(Vir 'n (ondersteun), (vrye en/of regverdige), langer,
(ondersteun) Aangename uitkomste (ondersteunings en/of) Bereiking
(Inisiatief),
,
verwys (onder andere), na -
,
(ondersteun) Verkose vers(e) van -
www.Bahai.org, (www.bahai-education.org/ocean),
(gesamentlike) ((Handboek(e) )) (Inisiatief),
,
www.SriSathyaSai.org.In, (www.srisathyasai.org.in),
(gesamentlike) ((simbol(e) )) (Inisiatief),
,
www.LcdBible.org,
en/of
www.BibleDatabase.org, (Inisiatief). )

(Indien hierdie 'n Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel
(Inisiatief) is,
lees aub. van bo na onder, links na regs. )

(Die gee van 'n wenk, sal inniglik waardeer word.
Vir die ((skep), vervorming en/of) ondersteuning,
van 'n Bron / Fonds,
om voordele, byvoordele, asook fondse,
na te kan deponeer,
voor, tydens en/of na,
die bereiking van Aangename uitkomste.
-
Om fondse, ens. van te kan ontvang,
om Aangename uitkomste, te bereik.
-
Om (ondersteun) meer voltyds,
aan die diens te kan deelneem,
en/of
na die openbare vlak te vervorm,
(ondersteun) oorhandiging daarvan aan die President van
Suid Afrika. )

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: SA players to be rated on hit parade

Ma., 28 Januarie 2008 13:17

On Mon, 28 Jan 2008 15:13:35 +0200, "Torreke" wrote:

> Ek hou hiervan!!!

Anyway, sorry. Verkeerde nuusgroep gepos. Moes na die rugby een toe
gegaan het

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

NZ anti-apartheid-vegter weier eer van SA regering

Ma., 28 Januarie 2008 13:10

New Zealand anti-apartheid leader rejects SA award nomination
Associated Press
Monday January 28

WELLINGTON - A veteran New Zealand anti-apartheid campaigner has
rejected a nomination for a prestigious South African award for
foreigners, saying he is dismayed over conditions in the country,
local
media reported Monday.
John Minto, nominated for a Companion of O. R. Tambo Award by a South
African government official, asked for the nomination to be withdrawn,
the Christchurch Press newspaper said.
"(South Africa) was the democratic country with so much hope and I
think
for so many people it's been the deepest of disappointments, and
certainly it has been for me," Minto said.
"I'm just deeply dismayed at what's happened," he told the newspaper.
The Tambo award is the highest honor granted non-South Africans in
recognition of friendship, cooperation and support.
Previous recipients include Mahatma Gandhi, Kofi Annan, Salvador
Allende
and Martin Luther King Jr.
A union organizer, Minto was national coordinator of the Halt All
Racist
Tours movement during the controversial 1981 Springbok rugby tour of
New
Zealand - when an all-white rugby team representing South Africa was
strongly opposed by many New Zealanders.
In an open letter to South African President Thabo Mbeki, Minto
blasted
the African National Congress government which, he said, had left
black
South Africans "worse off than they were under (white) minority rule."
"When we protested and marched into police batons and barbed wire here
in the struggle against apartheid, we were not fighting for a small
black elite to become millionaires," Minto wrote.
"We were fighting for a better South Africa for all its citizens.
The faces at the top have changed from white to black but the
substance
of change is an illusion," he noted.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nou wat nou

Ma., 28 Januarie 2008 07:13

Nou hoekom sit ek vandag hier met so sadistiese grynslag op my gesig die
"Fan strike die outhouse" poste en lees. Seker maar omdat ek al so baie in
die verlede gewaarsku en gesê het dit is net 'n kwessie van tyd voor die
kaart huis inmekaar gaan tuimel, en dan herhaaldelik oor die vingers getik
is.

Gloudina - Getrou aan tradisie sal 'n "soortgelyke voorval" in 'n ander land
gaan soek, dit dan met SA vergelyk, en binne sekondes verklaar dat dit nie
'n ras ding moet of mag wees nie. Gloudina swyg egter oor die feit dat die
ANC se leuse "Liberation BEFORE Education" was. Sy swyg ook oor die feit dat
honderde wit mans wat GEWEET het wat hulle doen by, hulle werk verloor het
agv Eskom se mal drang en doeltitte om swartes aangestel te kry nie. Sy swyg
ook oor die feit dat in die VSA daar nie gedwonge BEE is nie ... Ag en so
kan ek aangaan.

Ja Gloudina daar was nie klagtes oor ras daar in die VSA gewees nie, want
toe hulle die mense aangestel het, het die beste ou vir die werk die pos
gekry ... Dit kan nie in SA gesê word vir 95% van alle poste meer nie. Nie
eers vir die Springbok afrigters pos nie.

Jy se die volgende vir Dave

[As daar allerhande afgryslike moorde plaasvind
in die VSA is daar geen gekla oor ras nie. Maar
as sulke dinge in SA plaasvind, dan speel jy
onmiddellik die rassekaart.]

Dit wys in watter fee verhaal bulsit jy lewe. In SA word 99% van alle wit
mense wat vermoor word, gedood deur 'n swarte. Net so word 99% van alle
swartes wat vermoor word ook gedood deur swartes, en slegs 1% deur wittes.

Swartes word in busse na howe toe aangery om te gaan toi toi in 'n geval
waar 'n wit ou swartes dood gemaak het, en die media is gou om dit 'n ras
moord te noem, maar as dit anders om was, dan was dit maar net inbraak of so
iets gewees.

Gloudina - Vir jare is ek en 'n paar ander ouens hier uitgelag, sleg gese en
gebrandmerk as regse rassiste ens. Sorry om te se maar die wiele is besig om
af te kom in SA ... Soos voorspel deur ons. ! En ek gaan op die NG elke dag
wat ek hier is, dit in die mense se gesigte gooi, want ek moes vir jare lank
na hulle liberale kak luister van hoekom dit dan nou nie sal gebeur nie. En
weet jy wat ou antie ... Ek het slegte nuus vir jou en al die ander ouens
hier .... Dit is maar net die begin !

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die fan strike die "outhouse"...

Vr., 25 Januarie 2008 10:41

Gold Fields het pas aangekondig hy skort al sy bedrywighede in SA op.
Dit kom nadat Eskom - as 'n oplossing vir die krag-krisis - die
goudmyne gevra het om toe te maak.

Koeitjies & kalfies | 72 kommentare

Bladsye (1835): [ «    146  147  148  149  150  151  152  153  154  155  156  157  158  159  160  161    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 09:35:48 UTC 2025