ek kan die prof se standpunt insien. jou navraag was gebaseer op ras, en
dit in sy verstand (en ek dit sou in myne ok) meen rassisme.
ek kan ook verstaan dat mens nie enige mens na enige mens se huis toe kan
nooi in hierdie van ons nie.
en dit beteken dat wat die prof gesê baie waarde dra:
>> NOT to come to Sasolburg on our study tour of southern Africa. The
>> group is against all kinds of racism and we do not wish to visit those
>> who are still committed to the apartheid way of thinking.
Alwyn Nel wrote in article
...
> Het enige iemand 'n idee wat ooit van Dr. Verwoerd se sluipmoordenaar
> geword het?
>
> As hy nog gelewe het met die ANC oorname sou hy sekerlik visie president
> geword het. Dus neem ek aan dat hy terreggestel is. Korrek?
>
>
NEE my ou Maat,
Hy is aangestel as Mandela se Politieke Raadgewer.
Groete uit die Oos Kaap.
Frikkie
Indeks:
1. Inleiding en looflied
2. Voorgestelde Formaat of Ree"ls
3. Spangees
1. Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.
Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou he^, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong 'n dag op 'n
slag kan kou.
2. Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Daar is natuurlik ook die probleem dat vele idiome verpolitiseer sal word.
Hoe gaan ons die kaf van die koring skei?
Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende ree"ls voor:
2.1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2.2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom: " gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker. Dit bly dan aan jouself oorgelaat of jy al die response
op die nuusgroep ook wil vergader.
2.3. Begin die boodskap met die idioom
2.4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
2.5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
2.6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
2.7. Vermy afjak en politiek.
Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige ree"ls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.
Dus sal ek 'n voorbeeld gee:
Titel - Idioom: pap...
Idioom: Van die hand na die mond, val die pap op die grond
Verduideliking: dinge draai nie altyd so uit as wat beplan is nie.
(English: Things often do not turn out as planned. There is many a slip
twixt ? the cup and the lip.)
Voorbeeld: Ek wil graag 'n elektroniese idioompers op die been bring,
maar tussen die hand en die mond, val die pap op die grond.
3. Spanwerk sal die kanse van pap op die grond minder maak. Ek huiwer om
die idioom, of is dit 'n leuse, wat met "Eendrag" begin, te noem.
Na aanleiding van Gloudina se elektroniese gedigpers, wonder ek of daar
genoeg belangstelling is in hierdie nuusgroep vir 'n spanpoging tot 'n
idiomebundel?
Wat van die talle Afrikaans studente?
Daar is defnitief 'n behoefte aan bydraes.
Enige Webmeesters onder ons wat stoorplek op 'n Netblad vir die vergaarde
idiome beskikbaar sou stel, is natuurlik baie welkom om van hulle te laat
hoor.
Na aanleiding van 'n hele paar email versoeke, oor hoe mens die kappies
en deeltekens op die letters kry, pos ek hier 'n paar. (Daar is 35
waarvan ek weet)
alt136 ê
alt130 é
alt139 ï
alt147 ô
alt137 ë
alt148 ö
alt138 è
As ek jou eendag moet neerl^e
sal dit in Bitterfontein se los sand wees
Stof tot stof sal jou nie raak nie
maar son en maan sal in die swartklip
oor jou gaan Die kannieblom se roesrooi
sal jou wang se gloed bewaar
en die sout sal teen jou vasslaan
jou lyf teer gebalsem hou
Joseph Calev wrote:
>
> Hello! I'm trying to translate "I love you" into every language in the
> world. Could someone please translate it into Afrikaans for me? Any
> other languages such as Ndebele, Pedi, Sotho, Swazi, Tsonga, Tswana,
> Venda, Xhosa, or Zulu would also be appreciated.
>
> thank you,
> 'Joe Calev
>
> ____________________________________________________________ ______
>
> visit my webpage at http://www.duke.edu/~jsc1
> national anthems of 114 countries
> photographs of Latvia, Lithuania, Estonia, Russia, Sweden, Finland,
> Germany, Czech Republic, Liechtenstein, and France.