Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Afrikaans probeer verkleineer !!!

Do., 15 Mei 1997 00:00

Wen wrote in article ...
> In article ,
> "EMC" wrote:
>
>> 3. Ek glo nie America On Line(AOL) weet van sy aksies nie, want dit lyk
> vir
>> my soos 'n verbreking van sy ooreenkoms met hulle regulasies.
>
> Ek het ook al daaraan gedink om AOL te laat weet van sy doen en late, maar het
> daarvan afgesien, want ek twyfel sterk dat dit enige uitwerking sal hê. Hy het
> immers die reg om wat hy dink reg is op die nuusgroep te pos, of dit nou snert
> is of nie. Die enigste ander uitweg sou wees om die nuusgroep te
modereer.

Wen,

Mense het probeer om die farao reg te help. Hy (sy?) stel nie daarin
belang nie, maar maak sy stories net slimmer.

Mense het probeer om die farao uit te trap. Dit blyk net olie op die
vuur te wees.

Al wat nou oorbly, is sensuur. Sensuur is baie gevaarlik. Sensuur kan
individueel (privaat) of kolletief (openbaar) wees. 'n Manier van private
sensuur is om die persoon te ignoreer. Die gevaar is dat die sensureerder
sal vergeet om as barmhartige Samaritaan teenoor die gewonde op te tree.
'n Manier van openbare sensuur is om die persoon deur 'n moderator t
oegang te wyer. Die gevaar is dat 'n skewe beeld van die werklikheid sal
onstaan.

Ek dink steeds dat as reghelp nie wil werk nie, is individuele sensuur die
volgende stap van optrede. As sensuur nie meer wil werk nie, is 'n
voorkomende aanval die voorlaaste stap (3) van optrede. Die laaste stap
(4) is verdelging. Ek wil nie graag by stap 3 betrokke wees nie. Ek probeer

alles om stap 4 te vermy.

Beste wense
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuusgroep

Do., 15 Mei 1997 00:00

> Met die stigting van hierdie nuusgroep, wat met groot stryd gebeur het
> omdat mense soos hierdie farao dit beveg het, het ons onderneem dat enige
> bydrae in enige taal aanvaarbaar is solank as wat dit oor Afrikaans gaan.

Hello At,

Miskien weet die ander mense op die nuusgroep van sy geskiedenis, maar vir my - wat eers
onlangs begin deelneem het, sou bit baie interest wees om te hoor hoe dit ontstaan het, wie die
mense is wat dit saamgestel het, wanneer, die geboorte-pyne, ens... Wil jy nie bietjie vir ons
vertel nie?
Asseblief?

Dankie,
Vira.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thotmes

Wo., 14 Mei 1997 00:00

Hello Mich

Klaarblyklik weet ons held net so min oor Egipte en sy geskiedenis as van Suid Afrika.
Wag, laat ek eers diep asemhaal en my elemente balanseer, voor ek my bloedig vererg.
Shame, hy probeer darem lees, maar dis begrip wat kortkom. ("None so blind as those who
_Will_ not see").

Verskoon asb., maar nou móét ek eers so bietjie na Engels oorslaan, want Afrikaanse woorde
ontgaan my -

> The Nubian state was centered in Lower (Northern) Nubia. The
> Nubian name for this area is unknown, but the Egyptians called it "Ta
> Sety,"

Wrong! Under the Pharaohs the land was called Kush/Cush.
Sety I was an Egyptian king of the 19th dynasty who campaigned in Syria, Libya etc. The
hieroglyph of the bow symbolized the might of the Egyptian nation over its enemies. 19th
dynasty military expansion is also represented in art by surrendering enemies/captives being
shown as holding their bows above themselves , symbolically placing themselves beneath the
dominance of the victorious Egyptian king. See the image of the captive Libyan in the mural of
Seti I, temple of Amun, Karnak.

The Egyptian word for bow is "iunet" or "pedjet", and doesn't even remotely sound like "Sety".
(??????)

> the Egyptians called it "Ta
> Sety," the 'Land of the Bow,' in reference to the famed Nubian archers.

> he he he he he

> In (ca.747 B.C. ) King Piye (Piankhy) marched into Thebes with his Nubian
> troops and conquered Memphis and restored UNITY to Egypt. This period of
> rule by the NUBIANS in Egypt is referred to as the XXV Dynasty.

Wrong again.
Egyptians made a habit of invading and occupying Kush, the earliest record being of King Snefru
(c.2613 BC). Pharaoh Thutmose I occupied it way beyond Abu Hamad, at which point they
decided they may as well incorporate it into Egypt. A viceroy was dispatched to ensure Nubian
tribute was paid to Egypt. Kashta managed to conquer upper Egypt, where Piankhi ruled for a
very short while, before he was forced to evacuate. Nubians had _Absolutely NOthing_ to do
with Unification in Egypt. What a flagrant display of ignorance! The legendary Menes, in about
3100 BC, was responsible for this feat. When speaking about the conquering of Egypt and
subsequent occupation, we can mention the Persian Cambyses, the Hyksos, Alexander the Great
and the Roman Empire, Muslims, but definitely Not Nubians!

> So you see, the Nubians did in fact rule the Egyptian empire and the
> information given here is taken from several books in which I could
> provide for your reference.

This quotation indicates the mind of one who concentrates on the drop, ignoring the ocean. Like
Chicken Licken who screamed "the sky is falling down" when an acorn fell on his head.

>> **No way Mich---they ALWAYS painted their GODS BLACK. And you are
>> half-correct, only SOME of the Gods were half-animals. BUT the
>> human-headed GODS were in fact painted BLACK---as night.

Need I say it? WRONG! - as usual.

The only one ever depicted as jet black was Anubis, who was associated with death and the
Underworld.

cf.: Isis - pearly white; Horus - pigmented with red ochre, as was customary for the male form;
Amon, Osiris, Khons, etc., etc., etc., - the list goes on and on.

"Empty barrels make the most noise" en díe kêrel maak baie lawaai op hierdie NG.

Dankie vir julle geduld met my uitbarsting. Kon dit nie meer inhou nie, maar nou moet ek liewer
terugkeer na my werk. Genoeg tyd spandeer op die onosele ........... met sy King Pie,
Pyramidpaté, en tot-Mes wat net wag "tot" dit in iemand ingesteek kan word.

Vira

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: SA English vs US English/Afrikaans

Wo., 14 Mei 1997 00:00

In article ,
"Tie...@cat.com" wrote:

US: Jerky
SA/Afrikaans: Biltong

> light bulb globe

Afrikaans is gloeilamp

> I'm also looking for "famous" expressions like "It makes you think doesn't

One I remember from my childhood is 'Braaivleis, rugby, sunny skies and
Chevrolet'

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 41 kommentare

A Song for Beginner-students of Afrikaans (including Thotmes 3)

Wo., 14 Mei 1997 00:00

TULA,TULA NOU

Tula, tula nou,
terwyl my babatjie slaap.
O muisies, staak jul wilde gejakker;
ou kriekie, tula,
jy raas hom wakker!
Tula, tula nou,
terwyl my babatjie slaap.

tula : "Thula" is Zulu for "to be quiet."
nou: now
terwyl my babatjie slaap: while my baby sleeps
muisies: little mice
staak jul wilde gejakker: stop your wild running
around
kriekie: little cricket
jy raas hom wakker: you are waking him by
making a noise. Wakker: awake

Words by Theo Jandrell
Music by Pierre Malan

The FAK ( collection of Afrikaans folksongs)
gives the spelling as "tula" for "to be quiet." But
the Zulu spelling is actually "thula" for the word
meaning "quiet, silent, peaceful." I am not quite
sure that the Afrikaans "tula" used as a command
to "shut up" is used in the same way in Zulu.

thulasizwe: Zulu for person in authority.
thule: silent, quiet, peaceful
thuli: reserved person

Gloudina Bouwer

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Photo CD fotos van Kaapstad

Wo., 14 Mei 1997 00:00

http://www.sale.demon.co.uk

Kaapstad vanaf Seinheuwel, Sonsondergang oor die V&A Waterfront,
Pikkewyne by Bettysbaai, Houtbaai Hawe, Robeiland se robbe....

Bikini in Bainskloof, Kleinmond, Wellington ...

Gaan kyk, en verlang terug soos nog nooit tevore nie :) Fotos geneem
gedurende die paastyd '97.

Groete,
Rana
--
rana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thotmes - onosel om te reageer

Wo., 14 Mei 1997 00:00

Hoekom mense die hierdie Toti antwoord en hoegenaamd met hom probeer
redeneer is vir my amper meer frustrerend as sy idiotiese geskryf.

Verstaan dit tog , jy kan nie enigsins met 'n mal bobbejaan redeneer
nie , praat eerder met jou hond by die huis of met jou goudvisse of
iets.

cheers
JP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Roering" deur CAREL VAN DER MERWE

Wo., 14 Mei 1997 00:00

ROERING
Carel van der Merwe

Hansbul maak vuur
in die kallerhok
by die skuur.
Boerklong sit op sy st^ere
rug teen die muur
keer met sy hoed die vuur se gloed
maar bly die skouspel beloer.
Hansbul speel kitaar
en raak die snaar
van sy meisie
wat dans langs die vuur.
Skadu's roer teen die muur.
Sy swaai haar se sye
laat sien haar se dye.
Boerklong vang 'n broekie
se blits
voel 'n vonk -
iets woel
wat altyd doodstil sit.
Hy wonder waantoe
as sy speelserig sing:
Appelkoospit
appelkoospit
wat bo in die boom
se mik
sit....

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

TotmesIII (Was Re: Aanhoudende aanval op die kultuurgroep)

Wo., 14 Mei 1997 00:00

At skryf :

>> ThotmesIII
>>
>
>> Ek het gedink die nuusgroep is in Afrikaans vir Afrikaans
> sprekendes.
>> Hoekom is almal so tegoedkomend met die vent. As hy nie in Afrikaans
>
> wil
>> kommunikeer nie, dit is sy probleem.
>
> Met die stigting van hierdie nuusgroep, wat met groot stryd gebeur het
>
> omdat mense soos hierdie farao dit beveg het, het ons onderneem dat
> enige
> bydrae in enige taal aanvaarbaar is solank as wat dit oor Afrikaans
> gaan.
> Dit is wel die geval met hierdie farao. Daarom kan jy nie vir hom sê
> om
> elders te gaan speel nie. Naar jy kan hom ignoreer soos party mense 'n
>
> stopstraat ignoreer.
>
> Beste wense
> At de Lange

Ek hoor wat jy sê, At, en ek verstaan hoekom. Ek dink die probleem met
TotmesIII is die feit dat hy nie bereid is om in 'n debat betrokke te
raak nie. Die ou se sg. "feite" word keer-op-keer as halwe waarhede
bewys, en nog steeds groei sy haat net. Hy kry altyd iets nuuts om te
gebruik om die witman as 'n monster uit te beeld, wat seker in sekere
gevalle die waarheid is, soos wat die TRC vir ons sê, maar die
veralgemenings is darem te veel.

Die persoon voel duidelik dat afrikaanssprekendes niks anders as
KKK-lede is wat net 'n ander taal praat nie. Hy gaan so ver om afrikaans
af te maak as 'n "BASTARD language". (Om nie eers te praat van sy
irriterende gewoonte om HOOFLETTERS te gebruik nie. Ek het usenet begin
gebruik so na die einde van 1992 se kant, toe daar nog soiets soos
"nettiquette" was. Dit is partymaal komieklik om sy pos te lees en dan
jouself probeer indink hoe dit sou klink as mens die hoofletters as
skreeu/roep sien. In elkgeval, hierdie ou herinner my aan Pereira, nog
'n ou vol haat wat van Duitsland geskryf het, hier om-en-by 1994-5. As
ek dit nie mis het nie, is hy die een wat na afrikaans verwys het as
"That disease of the vocal chords". Ek sal nie verbaas wees om so 'n
uitlating in een van T III se boodskappe raak te loop nie.

Ek voel dat die man bandwydte mors, dat hy niks konstruktiefs het om te
sê in hierdie NG nie, en dat hy maar ignoreer moet word. Miskien kan sy
boodskappe gelees word vir die komedie-waarde daarvan, wanneer Suburban
Bliss net te vervelig raak (is dit ooit nog op ? Hoekom ? )

Miskien is hierdie 'n goeie een: hoekom word afrikaanssprekendes as
morone uitgebeeld op TV ? Willie Esterhuisen maak baie geld daaruit,
maar is daar regtig mense soos Ouboet van Orkney Snork Nie ? Sonder dat
hulle iets onwettigs gerook het ?

Julle gedagtes word waardeer.

H-J

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Weer en wind

Di., 13 Mei 1997 00:00

Hier in Noord-Amerika word ons weerpatrone
totaal gedomineer deur die "Jetstream." Dis 'n
wind wat oor die vasteland waai vanuit die Stille
Oseaan wes van ons totdat dit uiteindelik die
Noord-Atlantiese Oseaan oos van ons bereik.
Dis glo 'n sterk wind, wat die spoed van vliegtuie
kan beinvloed. Die normale pad van die Jetstream
is rofweg op die grens tussen Kanada en die VSA.
Maar daar is natuurlik groot wisselings. Ons weer-
kanale wys ons elke dag die pad van die Jetstream.
Veral in die winter is dit van die grootste belang.
Somtyds waai die Jetstream eers hoog na die arktiese
dele van Kanada en waai dan af na die suide van die
VSA voordat dit weer noordwaarts draai. Dis sulke
tye dat die VSA se suide baie koue weer kry, soms
met ys en sneeu, terwyl die oostelike dele van Kanada
relatief warm is dieselfde tyd, want ons kry die wind
eers wanneer dit daar in die suide verwarm is. As die-
selfde ding in die somer gebeur, en ons kry die wind
eers nadat dit in die VSA se Suide 'n draai gegooi het,
dan word dit hier bo in Kanada onuithoudbaar warm.
So ons Kanadese hou van die Jetstream so net op die
grens tussen die twee lande, veral in die somer. Hulle
kan hul hitte vir hulself hou.
Ek was geinteresseerd toe At de Lange van die
ingewikkelde weersisteem in SA praat. Ek wens hy wil
meer daaroor uitwei. In die Noordweste het ons die
westewind gehad elke somersaand so teen tien uur.
As dit nie die aand kom nie, dan weet ons dit gaan baie
warm die volgende dag wees, en daar gaan donderwolke
uit die noorde opstapel, en uiteindelik gaan ons die ver-
skriklikste donderstorm kry wat vir ure en ure sal aanhou.
Later, toe ek in Pretoria gebly het, was daar die vinnige
baie intense donderstorms. Dit het my so laat lag toe
die Kanadese joernaliste wat in SA was vir die verkiesing
in 1994 altyd so grootoog gesit en vertel het van die
daaglikse donderstorms in Johannesburg. Dan onthou
ek ook 'n verskriklike donderstorm in die Krugerwildtuin,
wat gevoel het soos die einde van die wereld. En in
1981 besoek ons Kaapstad in November. Die wind
waai net absoluut vreeslik oor die hele Boland. Ek dink
toe eers dat ek maar vergeet het hoe die suidooster
kan waai (ek was omgewaai in Adderleystraat, iets wat
my kinders nou nog oorvertel.) Later lees ons darem in
die koerant dat dit 'n "swart suidooster" was. Wat is die
oorsaak van die suidoosters? En hoekom waai die wind
altyd in Port Elizabeth? En waarvandaan waai die winde
in die Vrystaat? Snaaks, ek dink nie aan wind as ek dink
aan die Vrystaat nie.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532  1533  1534  1535    »]
Tyd nou: Wo. Jan. 21 00:27:23 UTC 2026