'n Ieder nasie het sy land!
Ons woon op Afrikaanse strand;
Vir ons is daar g'n beter grond
op al die wye wêreld rond.
Trots is ons om die naam te dra
van kinders van Suid-Afrika.
Geskryf deur C.P. Hoogenhout, A. Pannevis,
D.F. du Toit, S.J. du Toit.
Musiek deur W.J. van Gorkom
verwerk deur G.G. Cillie.
Ieder: each
woon: live, reside
g'n: contraction of "geen" (none)
trots: proud
dra: carry, have
The first draft of this song was written by Arnoldus
Pannevis and published in "De Zuid-Afrikaan" in
1875. Readers were invited to improve the six verses
of the poem. S.J. du Toit, his brother D.F. du Toit
(Oom Lokomotief) and C.P. Hoogenhout contributed,
and the final form appeared in the first edition of
"Die Afrikaanse Patriot" (1876). W.J von Gorkom,
the writer of the tune, was Director of Education in
the Z.A.R. between 1876-1878, when he returned to
the Netherlands.
There are six verses to the poem, indicating that
each nation not only has its own language, but its own
law, its own rights and its own time. This was written
at a time when Afrikaners in Transvaal and the Orange
Free State did indeed carve out for themselves states
in the SA interior. However, the western part was ruled
by the English, and the words of the song have a distinct
revolutionary drift, especially the sixth verse, which is
a kind of warning to all people not to disregard the will
of God who wishes to grant each people what is due to
them.
S.J. du Toit went on to become the editor of "Ons
Klyntji" (Our little one) first published in 1896. An
attempt was made to keep the publication apolitical, but
these were times of upheaval in Southern Africa. Poems
against the Jameson Raid first appeared in "Ons Klyntji."
Lateron du Toit tried to keep the publication free of the
politics that were ripping the region apart. Eventually
S.J. du Toit came out as pro-Rhodes and disapproved of
the policies followed by Paul Kruger. This influenced
the popularity of "Ons Klyntji" after the war. Eventually
it stopped being published in 1906. However, as the first
literary journal in Afrikaans, it ought to be remembered
as pioneering journalism.
Hi Leendert,
Dankie vir die reaksie en inligting.
Wanneer ek praat van "gepeuter aan stelsels"
dan bedoel ek nie uitsluitlik die nasionaal-sosiale
gepeuter van die apartheidsjare nie. Ek bedoel wat
lank voor 1948 aangegaan het, en nou nog aangaan.
Ek dink SA is 'n uitstekende laboratorium vir die
studie van mensestelsels. My geliefkoosde voorbeeld
is die kondisie van daardie oorspronklik-Hollandse
mense wat stadig deur Namakwaland en Boesmanland
noordwaarts getrek het. 'n Mens sou verwag dat hulle
so ver van die "beskawing" sou veragterlik en minder
intelligent word. Maar dis nie waar nie. Miskien is ek
nou maar net Noordkaap chauvinist pig, maar die
Afrikaners wat vandaar kom is, wat gesondheid en
intelligensie betref, uit die hoogste rakke. (Ek dink
dat die mengsel van gene wat plaasgevind het op die
eilande van die Oranje ook besonder gesond was.)
As ekstreme voorbeeld van jou geliefkoosde tuis-
onderrig: My pa het geen skoling gehad behalwe wat
'n reisende onderwyser so nou en dan vir hulle in sy
deel van Namakwaland kon gee nie. Toe beland hy
tussen die wingerde van die Oranje, waar hy taamlik
ingewikkelde rekenkunde moes doen om uit te vind
hoeveel hy sy werkers moet betaal vir die wingerd-
stokke wat hulle in die vroegwinter gevleg het. Toe ek
hom eendag ondervra oor hoe hy dit doen, toe vind ek
uit dat hy sy eie stelsel van rekenkunde het wat net so
vinnig is as die een wat ek in die skool geleer het.
Ek wil egter meer leer oor die konsep wat At so oor
en oor benadruk: KREATIWITEIT. Ek neem aan dis 'n
konsep wat in chaos teorie 'n spesifieke betekenis het.
Ek weet min van die dinge. Wil jy meer verduidelik oor
wat Van Peursen sê. Ek sou ook meer wil uitvind oor
wat in jou verhandeling beskryf word. Ek neem egter
aan dat jy ook in ag neem dat jou predileksie vir tuis-
onderrig sy eie element in die vergelyking inbring, wat
jy as wetenskaplike van kennis moet neem. Daar is
mense soos ek wat dink dat skoolgaan essensieel is vir
die ontwikkeling van ander elemente in die grootword
van kinders - nie net die ontwikkeling van leierskap
nie, maar ook as 'n sosiale observasiepos. Die westerse
skool is vir my 'n opvolging van die meer primitiewe
stamskole waar jy met jou ouderdomsgroep omgaan,
gedwing word om om te gaan.
Wat op aarde gaan aan met die vieslike pornografie wat skielik hier
verskyn? Wie dit ookal pos is die opperste lafaards; hulle los nie eens
'n adres sodat 'n mens kan antwoord en hulle vertel hoe siek en vieslik
hulle is nie.
Uitdrukking: Foeitog.
"Foeitog, ek is so jammer vir jou."
The expression "Foeitog" is an exclamation
of pity or sympathy, widely used even in SA
English. Like "shame" it is used to exclaim
at something small, endearing or helpless.
Afrikaans has borrowed so many emotive
words from the indigenous languages, mainly
Khoi and San, that I was quite surprised to see
the Dictionary of SA English indicate the origin
of this expression as the English "fie." I would
be interested to know whether this expression
also exists in Dutch, which would indicate that
it was a expression common to all Germanic
languages.
The expression "foeitog" can be used instead
of the expression "siestog." Here the word "sies"
is almost certainly from the Khoi "tsi."
The word "tog" is widely used as an intensifier
or modal adverb in Afrikaans:
" Help my tog": please help me, I beg of you.
"Dis tog baie snaaks": It really is very funny.
"Dis tog te mooi" : It is really very beautiful.
The word "tog" is of Germanic origin, but I suspect
is in wider use in Afrikaans than in Dutch. It is such
a versatile word that English South Africans use it
quite frequently, especially in the Eastern Cape.
Ek stel belang daarin om na ander
s-afrikaners se kuberkuns te kyk.
indien jy rondpeuter met grafika
of animasie of tuis-skyfievertonings
sal ek graag van jou wil hoor.
ek is 'n amateur kuberkunstenaar,
en teken graag met die muis.
ek versamel ook klanke, wat ek
in my tuis animasies en skyfievertonings
gebruik.
indien jy belangstel om een van my werke
te sien sal ek dit op versoek e-pos.
ek probeer my prente kompakteer,
maar grafika is nou maar een maal
groot in byt.
...wie weet waar Willie Wouter woon ?
..Willie Wouter woon waar wilde weste winde....
As 'n mens in Suid-Afrika woon is daar nogal voordele. Soos die Verse
van Lorca - vertaal deur Uys Krige - wat jy vir R5 op 'n sale by Facts
and Fiction in Eastgate optel.
(Ja, eet julle harte uit in julle silverskoon strate waar die polisie
geruisloos patroleer!! :) :) )
Toe dag ek ek dik gou die een in vir julle...
DIE KLAG
My balkon het ek toegemaak
want die klag wil ek nie hoor nie.
Maar van agter die blindings en die lee" vensters,
van agter die swaar gordyne en grys mure
hoor ek niks anders nie as net die klag.
Daar is maar min engele wat sing,
daar is maar min honde wat blaf,
'n duisend viole pas in die holte van 'n mens se hand;
maar die klag is 'n reusagtige engel,
die klag is 'n reusagtige hond,
die klag is 'n reusagtige viool,
die wind waai dof van al die kreune wat hy dra
en die strome is traag van al die trane wat hul drenk,
die snikke, krete smoor self die see se gedruis
en ek hoor niks anders nie,
ek hoor niks anders nie as net die klag.
At, noudat ek terug kan skakel in die kring in,
wil ek 'n paar versoeke rig en vrae vra.
(1) Jy sê: "Die natuur reflekteer ons skeppings
vir ons terug." Jy praat dan van die Euphorbia
venenata, van hou oud hulle kan word, van die groei
na 'n paar millimeters reën, van 'n insnoering in
hulle arms. Hoekom is "hulle verhaal van die laaste
30 jaar skrikwekkend"? Kan hierdie plante ook groei
waar daar meer water is?
(2) Dis vir my fassinerend dat jy chaos-teorie so
gebruik in jou veld, wat tog dan seker plantkunde en
sekondêr opvoedkunde is? Ek weet min daarvan. Kan
jy verder uitwei. Kan jy ook verder nog uitwei oor
"Eddington en Progogine se bydraes."
(3) Het chaos-teorie 'n boodskap vir diegene wat
wetenskaplik die SA bestel in die laaste halfeeu wil
bekyk, nadat daar so herhaaldelik taamlik drasties
aan bestaande stelsels gepeuter is?
Daar is nog baie ander dinge wat ek wil vra, maar
hierdie is vireers genoeg. Dankie, Vira, dat jy so 'n
gesprek begin het. Ek wil aanbeveel dat jy begin om
die Engelse digter en beeldende kunstenaar William
Blake (1757- 1827) te begin bestudeer. Hy het sy eie
werk geillustreer. Ek glo hy is die digter en filosoof
en kunstenaar vir die een-en-twintigste eeu. Hy het
gerebelleer teen die meganistiese denke van Newton
en sy tydperk, en het 'n mens voorberei vir Einstein.
Wie weet is At se chaos-teorie ook daar, mens is net
te dom om dit raak te sien.
Gloudina
Ek het nou onlangs verjaar, en ek kon nie help om te dink aan die
ouderdom en sy gevolge nie.
Toe ek 'n student was het ons die volgende stapliedjie gesing:
(op die wysie van - een of ander bekende wysie):
as ek vrek en ek vrot in die aarde
en die wurms krioel om my heen
skop dan sand op my graf met jou tekkies
as bewys van jou liefde vir my.
----------------------
Dis nou tipies van hoe 'n student omgaan met sulke heftige kwessies
soos lewe en dood !
wat is die mens ?
vel, been en pens.
bars die pens,
vrek die mens
Party mense dink natuurlik die son skyn uit hulle gatte uit.
Maar die dood is die groot gelykmaker:
Of jy nou ryk of arm is, jy sal vrek.
Die dood kan jy nie vryspring nie, en wanneer jou tyd kom weet jy nie.
En jou rykdom kan jy nie saamvat nie (party mense is so hard aan die
geldmaak dat hul dit vergeet).
Dit laat my dink: Japanese wetenskaplikes het mos nou met die genes
van muise gepeuter, hulle het die genes van jellievisse ingeplant en
muise geteel wat gloei in die donker. Ek dink sekere mense wat
dink hulle is beter as ander (soos die wat nie voor die
waarheidskomissie wil erken dat hulle foutjies gemaak het nie),
moet van die genes kry om in hul gatte in te plant. Dan kan almal
mos sien hoe wonderlik hulle is.
'n ou vriend van my se pa het aan een of ander siekte
gely en was onbeholpe en na aan sy dood.
Op 'n dag maak sy pa toe per ongeluk sy broek vuil.
Hy help toe sy pa bad toe, waar sy pa toe in trane is van
verleentheid. Hy seg toe aan sy pa om hom nie daaroor te kwel nie:
"Hoeveel keer moes pa nie my vuil agterent skoonmaak toe ek klein
was nie ??".
Ja ons vergeet maar te gou.
Ons moet af en toe herrinner word daaraan dat ons almal kaalgat
in die wereld ingekom het en vir jare ons doeke volgeskyt het.
Ja ons word ouer. Ek werk eergister in die voortuin,
en omdat ek in die buitelug is, en ek boontjiesop geeet het,
dag ek ek los maar 'n wind. Ek het my misgis (seker oor ek nou
al weer 'n jaar ouer is), en die "wind" was toe 'n knal.
Dit laat my toe dink aan wat 'n vriend my eenkeer vertel het:
Die ou omie het partykeer in die kerk gesit en poep.
(Hy het seker al swak spierbeheer gehad maar wou graag kerk toe kom).
Kinders het natuurlik aan die giggel geraak.
Hy het hom toe liederlik vererg en ten aanskoue van die hele gemeente
opgestaan, agtertoe gekyk en uitgeroep: "EK POEP JA!".
Mense, moenie dat 'n poep jou onderkry nie !
(of van die kerk af weghou nie)