Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Delwer" deur E.W.S. Hamond

Di., 08 Julie 1997 00:00

DELWER
E.W.S. Hamond

My pa was 'n delwer
in die klipgramadoelas
op soek na die blouwitsteen.

Ek is sy seun,
soekend na my geluk,
en uit die woordwoesteny
uit my kleim gelig,
blink jy, my ongeslypte
klip-gedig.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 2 kommentare

Biltong en Droë Wors

Di., 08 Julie 1997 00:00

Enige ex-Suid-Afrikaners wat belangstel in die verskaffing per pos van
biltong en droë wors aan hulle, laat weet my asseblief per e-pos. Ek
is op die oomblik slegs besig om die moontlikheid daarvan te ondersoek
en het nog nie die wetlike aspekte van die uitvoer van hierdie produkte
per pos ondersoek nie.

Ek stel veral in die volgende inligting belang:

* Hoe gereeld sal u biltong en droë wors van my bestel?

* Hoeveel (kilogram) sal u op 'n slag bestel?

* Watter tipe biltong en droë wors stel u belang in (bees/springbok/
koedoe/wild/ens.)?

* Sal u gekerfde biltong en droë wors verkies of verkies u heel stukke?

* Wat is u bereid om per kilogram te betaal daarvoor (in u eie geldeenheid
of in SA Rand)?

* Sou u verkies om in u eie geldeenheid te betaal of verkies u om
in SA Rand te betaal?

* Hoe sou u verkies om daarvoor te betaal (per tjek aan my
gepos/per kredietkaart/enige ander metode)? Wat sou u reken
is 'n veilige metode van betaling, sodat u (en ek) beskerm is
teen boereverneukery?

* Hoe sou u verkies om u bestellings te plaas (per e-pos/per gewone
pos/enige ander metode)?

* Sal daar enige wetlike probleme in u huidige land van verblyf wees
met die ontvang van hierdie produkte per pos?

* Enige ander inligting wat u reken belangrik is?

Stuur u antwoord joh...@nac.ac.za (verwyder .nospam. uit adres
in opskrif)

Johan Kriel

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

'N RUIMTETUIG HET IN DIE KAROO GELAND !!!!

Ma., 07 Julie 1997 00:00

Het julle dalk die 1ste fotos gesien wat die ruimtetuigie
gister van Mars se oppervlak geneem het ??

Dit lyk wragtie presies nes die karooo !!
Klipperig met klipkoppies in die agtergrond !

Hulle se dit is mos vreeslik warm daar ook.
Nou wonder ek darem:
Miskien het die ruimtetuig onwetend van baan verander en
al die tyd weer op die aarde, iewers in die karoo kom land.
Dalk ry die verkenningskarretjie nog so rond en kom op 'n
turksvybos af: Ek sien al die berigte in die koerant:
"LIFE ON MARS!!".
En dan ry die karretjie verder en kom dalk op 'n boer of 'n
windpomp af. Dit sal die wereld behoorlik aan die gons he:
"STRANGE, ANCIENT FORM OF LIFE FOUND ON MARS!!"
Dit sal natuurlik die laaste prentjie wees wat die ding stuur,
want daarna sal die boer se boerboel die karretjie toetakel
en sy "nek" afbyt.

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vensters in Suid-Afrika in.

So., 06 Julie 1997 00:00

       Ons het onlangs 'n interessante gas vir 'n paar
dae gehad hier in Ottawa. Hy is die huidige prinsipaal
van Adams College en was hier in Kanada vir twee
maande om navorsing te doen vir sy D. ED wat hy
op voltooiing sal ontvang van R.A.U. Die ontdekking
dat 'n Zulu nou sy graad by RAU kan behaal, het my
asem weggeslaan. Dit is inderdaad 'n nuwe SA! Nog
groter was my vreugde toe Thula my vertel dat een
van die departementshoofde by Adams College,  'n
jongerige ou, sy B.A. en M.A. en Ph.D. behaal het by
die Universiteit van Zululand. 'n Man met 'n goeie
Afrikaanse van nog boonop.
   Thula het benewens sy grade in die opvoedkunde
ook 'n graad in die Wet. Sy veld van navorsing is in
Onderwys en die Wet, en hy sê Kanada is een van die
beste plekke om navorsing te doen in sy veld. Dis
Thula se tweede besoek aan Noord-Amerika. In die
tagtigerjare het die Amerikaanse ambassade vir hom
in 'n leiersprogram vir 'n maand na die VSA gevlieg
en, voorsien van sy eie gids, vir hom oral rondgewys.
   Thula is 'n baie eerlike en heldersiende man en
praat openlik oor goeie en minder goeie dinge in beide
die ou en nuwe regime. Nog iets wat my getref het:
Hy het sedert sy aanstelling op Adams Mission begin
veg vir die herstelling van die naam Adams College,
'n naam wat gedurende die apartheidsregime brutaal
verwyder is van 'n skool wat sedert die tyd van die
Voortrekkers in Natal alreeds bestaan, die heel eerste
westerse-styl skool in Natal. Toe hy my vra of ek vir
hom kan sê waar hy 'n foto van Adams kon kry, kon ek
hom gelukkig in aanraking bring met Bill Booth,  een
van die Amerikaanse sendelinge wat in die jare vyftig
van Adams Mission moes padgee, 'n man wat na meer
as dertig jaar uit SA nog Zulu kon praat met Thula op
die telefoon. Bill en sy familie gaan Adams Mission in
Oktober besoek. Teen daardie tyd hoop ek daar hang 'n
portret van Adams in die hoofsaal. So in die nuwe SA
word dinge herstel, mense hulle regmatige plek gegee,
al was hulle velle ook wit.
      Ek het deur Thula insigte gekry in die lokale Natalse
politiek en oor die probleem wat die "exiles" ook vir die
swart Suid-Afrikaner in die werksmark skep.Mens hoop
dat hierdie probleem van korte duur sal  wees.
     Ek was ook geinteresseerd  in wat familie en vriende
my kon vertel van reise binne SA. 'n Suster rapporteer
dat hulle geen geweld teengekom het nie, maar dink dan
dat dit miskien is omdat hulle nie op hoofpaaie gereis
het nie. 'n Frans-Kanadese vriendin rapporteer ook geen
sien van geweld nie. Sy praat egter met afsku van 'n Afri-
kaanse vrou in 'n Bloemfonteinse museum wat vlot Frans
met haar kon praat, en vir haar sê dat hulle in SA moes
gedoen het wat die witmense in Amerika gedoen het:
hul moes al die nie-blankes doodgeskiet het. Michelle
maak egter vir my ook die byna ongeloofbare observasie:
"die swartmense glimlag nie."
  'n Paar dae gelede bel ons seun, wat op die oomblik in
Kaapstad studeer, vir ons uit Windhoek. Hy sê dat hy vir
ons 'n e-pos boodskap gestuur het, maar net seker wou
maak dat ons wel van hom hoor. 'n E-pos boodskap van
'n jeughostel in Namibië! Hoe verander die wêreld tog
nie. Hy vertel dat hulle vir twee nagte by Ai-Ais geslaap
het. Hy doen wat ek nog altyd so baie graag sou wou
gedoen het. In my dae was daar net baie slegte grond-
paaie na Ai-Ais toe, en my ma was nie bereid om soos
ons bure met 'n kar en perde daarnatoe te ry nie, al het
ons nie te ver daarvandaan gebly nie. Nou doen my
Kanadese seun alles waaroor ek net  kon droom. Hulle
is op pad na Etosha. Hopelik sal hulle met die terugkom
die Aughrabiese Valle besoek. Hy sal dan verby die plek
ry waar sy oupa, wat hy nooit geken het nie,  begrawe lê.
Die Valle het seker ook al baie verander sedert ek dit as
kind baie besoek het. Hoop die blouerige klein verkleur-
mannetjies hardloop nog daar rond op die rotse.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Le roux; familie; navorsing

So., 06 Julie 1997 00:00

Enige inligting oor die herkoms van die Le Roux famielie sal waardeer word.
Enige inligting kan aan my ge-email word hen...@iafrica.com
By voorbaat dankie.

Hennie Le Roux.

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Gesproken Afrikaans op het net

So., 06 Julie 1997 00:00

Hallo allemaal,

ik ben op zoek naar een zender die Afrikaans gesproken programma's (bij
voorkeur nieuws) op het internet plaatst. Ik heb onlangs ontdekt dat
sommige zenders dit doen (bijvoorbeeld Radio Wereldomroep op
http://www.wrn.org/stations/rnw.html ), maar ik heb nog geen Afrikaanse
zender kunnen vinden. Voor Zuid Afrika heb ik alleen het engelstalige
Channel Africa gevonden.

Mogelijk weet iemand van jullie een zender die deze service aanbiedt.

Bij voorbaat dank,
Arthur.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TIKDIENS BESKIKBAAR!

So., 06 Julie 1997 00:00

Vir vinnige, netjiese en akkurate tikwerk teen baie billike pryse, kontak
Petro se Tikdienste.

Alle tikwerk word op rekenaars gedoen en ons gebruik die nuutste rekenaar
programme op die mark.
Geen opdrag is te klein of te groot vir ons nie. U dokumentasie vir
tikwerk kan ons bereik deur middel van ons faks, koerier of per spoedpos.
Ons sal die getikte dokumente aan u terug stuur per e-pos of per koerier
of per spoedpos - dit is u keuse!

Vir meer inligting, kontak ons by :- e...@megaweb.co.za

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

AANDAG! - UITVOERE - AANDAG!

Sa., 05 Julie 1997 00:00

Vir aandag:- ALLE MAATSKAPPY BESTUURDERS, ENS.

Vra uself die volgende vrae af, naamlik:-

1. Is my maatskappy gereed vir uitvoer na die buiteland?
2. Is ek nog mededingend in my bedryf?
3. Is ek besig om my markaandeel te verloor?
4. Is my eie bemarking nog doeltreffend?

Indien u u maatskappy se winsgewendheid en se toekoms op prys stel, lees
asb. dan verder.

Ons is 'n Afrikaanse uitvoermaatskappy wat 'n koste-effektiewe diens lewer
en u produkte se gelyke kans gee op die internasionale markte, en dus u
maatskappy se winsgewenheid verhoog. Ons e-pos adres is
by e...@megaweb.co.za

Die harde feit is:- SUID-AFRIKA IS BLOOTGESTEL AAN INTERNASIONALE
HANDEL,waar VRAAG EN AANBOD die pas aangee, en al manier hoe
Suid-Afrikaanse maatskappye ekonomies sal oorleef op langtermyn, is om
meer en meer te konsentreer op die uitvoermark! Neem as voorbeeld, die
Chinese en Oos-Asiatiese ekonomië wat teen 'n ongelooflik tempo groei!

Uitvoere is die besigheid van die 90's!

As u voel dat u gereed is om met die wêreld mee te ding, kontak ons sonder
versuim, omrede ons glo dat ons die 1e Afrikaanse uitvoermaatskappy is wat
ons dienste ook op hierdie geselsgroep aanbied. Ons is 24 uur beskikbaar,
en is ten volle gerekenariseerd!

Ons e-pos adres is : e...@megaweb.co.za

Ons Webadresse is :- http://www.productfind.co.za/export.htm

en


http://www.freeyellow.com/members/southern-cross

Vriendelike groete!

NB:- Onthou u mag ons kontak vir inligting ook, ons sal dit met graagte
verskaf!

Die uwe

---------------------------
EMC LE GRANGE

Ruil, koop & verkoop | 1 kommentaar

Welkom Pieter-Dirk Uys !

Sa., 05 Julie 1997 00:00

Welkom aan Evita Bezoudenhout in die wonderlike
wêreld van die Kuberruimte !

Ek het verlede jaar "Evita praat kaktus" gaan
kyk by Evita se Perron in Darling, dit was so
tipies, so Suid-Afrikaans, baie snaaks.
Pieter-Dirk Uys is seker een van Suid-Afrika se
hardwerkendste en bekendste dame en heer,
in die teaterwêreld.

voorspoed en geluk met jou spinnerak !
is dit nou meneer of mevrou ?

Vyg Fynbos

spin gerus 'n draad na: http://www.millennia.co.za/evita

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Dimensies, Chaos en nog wat.

Sa., 05 Julie 1997 00:00

Vira, ek is baie bly dat jy van Blake hou. Jy sal
seker dan ook weet dat W.B. Yeats baie beinvloed
is deur William Blake. Yeats en sy kollega Ellis
het ons ook die groot diens bewys deur ongeveer
die profetiese boeke van Blake onder die aandag
van die publiek te bring, na die paar eksemplare
vir jare net in private versamelings bestaan het.
As jy belangstel in die Blake kritiek wat sy werk
wil sien in die hermetiese tradisie en in die tradisie
van die neo-platonisme, ken jy �Blake and Tradition�
van Kathleen Raine en �Yeats and Tradition� van
F.A.C. Wilson? Interessant genoeg het ek saam met
Frank Wilson skoolgehou op Adams College ( op
Adams Mission in Natal) vir twee jaar. Hy is toe na
Cambridge waar hy sy Ph.D. gekry het met sy werk
oor Yeats, wat verskyn het as �Yeats and Tradition.�
Hy en Kathleen Raine het nou saamgewerk.
Pam van Schaik van UNISA is 'n outoriteit oor
Blake en die Kabbala, wonder of jy weet. Daar is
ook 'n Blake-eposlys, waarvan ek jou die adres kan
gee as jy geinteresseerd is om dit te ontvang.
Daar is natuurlik baie kritici wat wil hê dat
'n mens nie Blake moet sien as navolger van die
hermetiese tradisie of die kabbala nie, maar hom
liewer moet sien as iemand wat sy tyd se denke
ver vooruit was.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1505  1506  1507  1508  1509  1510  1511  1512  1513  1514  1515  1516  1517  1518  1519  1520    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 08:14:54 UTC 2026