I am looking for sources of Afrikaans language on the Internet
Di., 16 September 1997 00:00
I am looking for sources of Afrikaans language with live pronunciation on
Internet
Where can I find that??
I am also very interested in SouthAfrican political life and culture,
especially I am looking for info and news about Afrikaans political parties
and institutions.
My will is to create and mantain a solid "electronic" connection with
everyone who
is interested in this topics as I am too.
Thanks for everybody who will contact me at unio...@pegaso-ip.it
Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe |
0 kommentare
Afrikaanse woordbreking in WordPerfect
Di., 16 September 1997 00:00
Soos reeds bekend is, bestaan daar 'n Arikaanse speltoetser vir
WordPerfect 6.1 wat ook werk op WordPerfect 7 (dit is 'n *.lex of *.mor
lêer as ek reg onthou) maar dit help natuurlik niks vir outomatiese
afkapping nie want daar is nie 'n sog. "hyphenation dictionary" nie. As
'n mens dus outomatiese woordbreking ("hyphenation") probeer aanskakel,
dan vind dit (verkeerdelik) volgense Engelse reels plaas. Daar is wel 'n
"hyphenation dictionary" vir Hollands wat ek in die Corel WordPerfect 7
pakkie gekry het. Nou het ek net gewonder, of 'n mens dit nie dalk so
kan bewerk dat die Hollandse een vir Afrikaans kan werk nie, want die
afkappingsreels gehoort min of meer dieselfde te wees. Het iemand dit al
probeer?
--Ewald
=============================================
Ewald E W Hesse Ewa...@apollo.co.za
LAN Manager Phone +27 12 4502287
Apollo Informatics Training Fax +27 12 454021
Denel Informatics PO Box 11578
Erasmuskloof 0048 Pretoria
South Africa
=============================================
Rekenaars & selfone |
0 kommentare
Baniere!
So., 14 September 1997 00:00
Vir almal wat Afrikaans lees en kan verstaan!
Ons is nie "spammers" nie, ons probeer nie goed in u keel afdruk nie en ons
probeer ook geensins pornografie verkoop nie, en ons is glad nie van plan
om enigsins enige persoon na te kom nie. Ons
wil egter u die Afrikaanse leser help, om Afrikaans op die Web te laat
leef! Daar is by die 100 miljoen
web gebruikers en deur van ons dienste te gebruik sal u geweldige
blootstelling onmiddelik kry- en dit in Afrikaans!
Watter produk lewer ons?
1. Het u die banniere gesien wat op elke webbladsy deesdae gesien word? Wil
u graag een hê - ons kan u help!
2. Ons is 'n groot internasionale maatskappy wat verteenwoordiging het in
14 lande.
3. U bannier is natuurlik in Afrikaans - met u gegewens daarop.
4. Die koste - besoek ons en u sal sien!
5. Die gehalte - dit is hoekom daar 14 lande alreeds betrokke is met meer
in die pyplyn.
Waar is dit ?
http://south-africa.hyperbanner.net
Baie dankie dat u hierdie boodskap gelees het!
Ruil, koop & verkoop |
0 kommentare
Musieksmaak
Vr., 12 September 1997 00:00
Ek wonder of die deursnee afrikaans sprekende persoon werklik so dof is as
wat die verkoopsyfers van Worsie Visser en Leon Schuster se CD's aantoon.
Jell ons is commin.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Musiek & liriek |
9 kommentare
Sandsteen stene
Vr., 12 September 1997 00:00
'n Mens sien op ouerige dorpe baie van die huise wat van sandsteen gebou
is. Die stene is hoekig en netjies. Is daar miskien iemand wat weet hoe
hulle die stene so gekry het ? Ek meen, dit is korrek om te sê dat dit
gekap word, 'n gekappery laat egter 'n klip nie presies breek waar jy dit
gebreek wil he^ nie. Buitendien sien 'n mens 'n soort van rand op die
stene. Enige inligting sal waardeer word.
Louis
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Afrikaans Spell Check
Vr., 12 September 1997 00:00
I am using the new Netscape Communicater and would like to download an
Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
my spelling is Shite!!!
help!!!
thank you
Rekenaars & selfone |
1 kommentaar
Re: Afrikaans Spell Check
Vr., 12 September 1997 00:00
Koos wrote:
> On Fri, 12 Sep 1997 15:08:33 +0800, bokkie
> wrote:
>
> an
>> Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
>> my spelling is Shite!!!
>> help!!!
>>
>> thank you>>
>
> As far as I know there are two available for Win95 that works with MS
> Word while Corel's language module have one for WordPerfect. Just make
> sure you buy for the correct version of WordPerfect.
Ja thanks Koos.....problem is I'm sitting in China! Is there anywhere I
can download it from??
Thanks
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
"Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE
Do., 11 September 1997 00:00
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie
Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.
Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Prosa & poësie |
1 kommentaar