Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DAMES EN HERE, DIE NUWE KERSVADER !!!!!!

Di., 07 Oktober 1997 00:00

Die PC (Politically Correct) het altyd een of ander ding hier aan die
gang in Australie, as dit nie gaan oor seksistiese taal nie,
teem hulle oor die Aboriginees ens. (asof hulle enisins omgee).
'n Histeriese ou groepie nat poepe wat in 'n ander wereld leef en
hulself gedurig op die skouer klop.

Hier is 'n groot winkel-kettingroep wat jaarliks honderde kersvaders
aanstel. Omdat hulle mense uitsoek wat soos kersvader lyk,
wou hulle toe na die hof toe om verskoning te kry dat hulle mag
"diskrimineer", m.a.w. hulle wou basies slegs blanke,vet mans aanstel.
(Bietjie belaglik sou ek se, maar in elk geval:)
Weens 'n groot reaksie van veral die Polities Korrekte drukgroepe,
oftewel die "Thought Police", moes hulle die saak laat vaar.

Nou wonder ek hoe hul advertensies vir kersvader moet lyk:
Verkieslik 'n nie-blanke, behorende tot 'n minderheidsgroep,
verdrukte groep, wat regstellende aksie benodig, verkieslik 'n vrou,
homoseksueel of iemand wat aan een of ander verontregting ly en wat
"horizontally/vertically/intellectually... challenged" is. Om godswil
net nie 'n doodgewone, normale, blanke man nie.
O gits!, het ek tog nie gese "normaal" nie ? Dan is ek nou al weer in
die kak, want dan impliseer ek mos die ander is abnormaal...

In elk geval, die oorspronklike kersvader "Santa Claus" kom
van "Saint Nicholas", in Turkye (van alle plekke!). Hy ontwikkel dan
bv. in Nederland (Sinterklaas), waar hy ook 'n mal handlanger het,
genaamd Swart Piet. (Nederlanders, vertel ons asseblief meer !).
Die Amerikaners maak hom toe vet en rooi (die Coke maatskappy het
blykbaar hul hand daarin gehad). ens.

So hoe lyk hy in elk geval ? Kom ons Dekonstrueer kersvader !
Ek wil he hy moet groen wees. Nie polities-korrekte groen nie, net groen.
Ook nie 'n siek-groen of army-groen nie, net groen, 'n doodgewone
bleddie groen!

Vriendelike groene, - ek bedoel, groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

AK47 aanval op aarbeiplaas Stellenbosh

Di., 07 Oktober 1997 00:00

Enige nuus? Of is dit nou ou nuus, dat ek mosterd na die maal is?
--
rana

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

My land

Ma., 06 Oktober 1997 00:00

Blou

Ek het jou lief my land.
Ek het jou lief om jou blou
Ek het oor die aarde gereis...
en oral gedink aan jou Blou

Lokasies, waar glas en sink en gruis
onder die son snou van blou.

Klutskwyt en wit bewerasie
onder Geswolle Donderblou
en ek
bid
'n
potblou ~ klein Gebed
Wanneer ek wakker lê
om jou!

'n Vriendin het hierdie gedig getoon set - hoop ek het die woorde
reg. (Gloudina sal seker weet wie dit geskryf het - dit het my
ontgaan.)

Toe ek dit gehoor het, het ek besef dat daar nog baie 'treur' in
my is oor my land. (Ek raak vreeslik sentimenteel hier ver van my
geboortegrond!?)

Riana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

her:koolkop

Ma., 06 Oktober 1997 00:00

"Stephanus Schoeman"
wrote:

> Ek het verwag dat 'n klomp van julle op my gaan spring omdat ek erken dat
> ek sonnige SA verlaat het -
> en daar is julle glad gaaf! Ek het nou al klaar my reaksie geformuleer van
> hoe al julle voorsate ook
> Europa verlaat het om donker Afrika mak te maak, ens. En daar van julle die
> wind nou skoon uit my
> seile. Amper soos die grap van die ou wat 'n papwiel gekry het tussen niks
> en nêrens en toe moes
> stap na die naaste plaas. Soos hy stap werk hy hom op. Daar gaan niemand
> tuis wees nie en as daar
> iemand is sal die te suinig wees om die domkrag te leen, ens. Toe hy warm
> en moeg klop, gaan die
> deur oop en hy sê:"steek jou 'jack' in jou gat".

dagsê,

ek het die grap al gehoor, maar dit was lekker om
dit weer te hoor, ek't lekker gekekkel.

ps: iemand wat besonders koel is, word deesdae
'n koolkop genoem ! ;-)))

nou kekkel ek al weer vir die grap...hie.hie.hie..

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is julle nou moeg ?

So., 05 Oktober 1997 00:00

Is julle nou klaar .....of weg ?

Ons mis julle so van die kantlyn af.
begin 600 SAPFILE.BMP

end

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Oorlog-trauma in Suid Africa (bossies)

Di., 07 Oktober 1997 00:00

Ex-soldate/veteraane

As jy in die SADF was en die oorlog na al die jare nog in jou kop aangaan
.... saans jou in jou slaap vervolg ... dit moelik maak om te lewe tussen
"normale" mense ... jy met niemand kan praat omdat jy voel niemand sal kan
jou verstaan nie ... jy met iemand wil praat wat die selfde ding deurmaak
...

Dan kan jy kontak maak Marius van Niekerk
E-mail: van.m...@stockholm.mail.telia.com

of as jy meer will lees oor die South African Veterans Association (SAVA),
'n Suid Afrikaanse Veteraan Vereniging wat bestaan uit veteraane, en strewe
om om te sien na die behoeftes van getraumatiseerde veteraane en hulle
families, besoek ons tydelike website:
http://www.tragedy.demon.co.uk/sava

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Esperanto vir wereldtaal.

Sa., 04 Oktober 1997 00:00

Esperanto gebruikers is veel meer aktief as wat ek gedink het,
daar is ook periodieke Suid Afrikaanse Esperanto byeenkomste.
Ek kry ook die indruk dat media dekking en publieke siening
van die taal onakuraat is.

http://www.esperanto.net/veb/
http://www.interlingua.com

soc.culture.esperanto:

(vergeet maar van hierdies as jy TUKS se nntp bediener gebruik :)

alt.esperanto:
alt.esperanto.beginner:
alt.talk.esperanto:

alt.esperanto.amuzo.varia:
alt.esperanto.anfaenger:
alt.esperanto.debutant:
alt.esperanto.homanstudaro.varia:
alt.esperanto.humanstudaro.varia:
alt.esperanto.katolika:
alt.esperanto.komencanto:
alt.esperanto.komencanto.nacilingve:
alt.esperanto.komp.varia:
alt.esperanto.konfig:
alt.esperanto.latina-3:
alt.esperanto.negoco.varia:
alt.esperanto.parolado.varia:
alt.esperanto.principiante:
alt.esperanto.sci.varia:
alt.esperanto.sekso.varia:
alt.esperanto.shoshin-sha:
alt.esperanto.soc.varia:
alt.esperanto.varia.varia:
alt.talk.esperanto:
lt.uu.lang.esperanto.misc:
fido7.esperanto.rus:

Esperanto, 'n tweede taal vir almal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

slagter se lewe

Sa., 04 Oktober 1997 00:00

die volgende geskrewe is deur 'n slagter van 90 jaar oud.

die is met sy een vinger getik op 'n ou tikmasjien in 'n ouetehuis in
Kimberley.
ek is self 'n slagter en dink dit is pragtig.
bye
martin
A BUTCHER'S LIFE

The night was dark, an hour before dawn,
The alarm would ring, a new day born,
A butcher's life was hard work then,
Only suited to the toughest of men,
A hurried wash, and breakfast, Oh no?
Then down the road a lighted butt would glow.
On reaching the shop, work started steady,
Meat to break down, cart to pack ready,
The breakfast was welcome, always a treat.
Hotbilly tea, and juicy grilled meat:
Then off on the round in the old cutting cart,
Clean striped apron, white coat, so smart,
The women were darlings, I remember with ease,
The majority of them one could never please.
Some wanted roasts, chump chops or grills,
Others each morn needs little liver pills:
But the butcher keeps cheerful, happy and gay,
Please all the women, their custom must stay.
Some would want lamb, a leg cut in half,
And if a good butcher, you'd do it and laugh.
But all good things must come to an end.
Now even the butchers have modernized trend.
No more rounds to drain a man mad,
To star at eight is not halve bad.
But to have old comrades, as I had then,
I guess I'd go buchtering all over again.

Deur Oom Swnnie (Swannepoel Slaghuis)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

her: slawerny

Vr., 03 Oktober 1997 00:00

asar...@aol.com (ASAR2001) wrote:

knip-knip

> In his book "Capitalism and Slavery," Eric Williams places the ORIGIN of this
> revolution in historical perspective and calls attention to its early
> developments: When, in 1492, Columbus, representing the Spanish monarchy,
> discovered the New World, he set in train the long and bitter international
> rivalry over colonial possessions for which, after four and a half centuries,
> no solution had been found. Portugal claimed the new territories on the ground
> that they feel within the scope of a papal bull of 1455 'authorizing her to
> reduce to servitude---all infidel people.'
>
> After carefully sifting the rival claims, the Pope issued, in 1493, a series of
> papal bulls which established a line of demarcation between the colonial
> possessions of the states: The East went to PORTUGAL and the West went to
> SPAIN. Though the announcement of the fact came much later, the European
> "scramble for Africa," and subsequently Asia and North America, STARTED THIS
> ACT. The labor and raw materials of Africa, Asia, and South America, and the
> West Indies FINANCED the European Industrial Revolution.
>
> In the year 1457 the Council of Cardinals met in Holland and sanctioned, as a
> righteous and progressive idea, the enslavement of Black Africans for the
> purpose of the conversion to Christianity, and to be EXPLOITED in the labor
> market as chattel property. This devilish scheme speedily gained the
> sanctimonious blessing of the Pope and became a standard policy of the Roman
> Catholic Church, and later of the Protestant churches, enduring for three
> centuries.
>
> And so, the slave trade began, inaugurating an era that stands out as the most
> gruesome and macabre example of man's disregard for the humanity of man.

knip-knip

Ek moet hier saamstem dat die kerk en christenheid

grotendeels die direkte oorsprong is van die mees
gruwelike dade wat teen die mensdom gepleeg is.

Lank lewe ek al in 'n samelewing wat glo in die
bestaan van 'n god, n god so gruwelik en wreed,
'n god wat jaloers is en oorlog voer.

In verband met slawerny verwys ek na die bybel:
deuternomium 15 verse 12 tot 1, gaan lees dit
self.

Slawerny is goedgepraat deur god, en alhoewel god
vra/beveel dat slawe goed behandel moet word, gaan
hy verder deur uit te wys dat die slaaf jou tog
geld gespaar het !

As aktiewe en uitgesproke atheis is ek van mening
dat die kerk/christendom die gehele mensdom
onverruklik in die verkeerde rigting van sosiale
en geestelike ontwikkeling gestuur het.

Geloof in god moedig jaloesie, rasisme, slawerny,
seksisme en oorlogvoering aan. Hier sluit ek alle
geloofstipes in god in, nie net christelikheid
nie)

Wat 'n ramp ! Ek is so spyt dat die mens in al sy
barbaarsheid hierdie hipokrietiese lewensfilosofie
aangeneem het.

Al die goedheid wat daar wel uit hierdie geloofs
filosofie gekom het kan nie die gruwelikheid
daarvan verlig nie.

vriendelike groete
Vyg Fynbos

(ek aanvaar wel elke individu op eie meriete
indien hulle glo of nie, so moet my atheisme nie
as 'n dreigement teenoor jou persoonlike geloof
sien nie)
............................................................ ........................
byvoegsel:
ander atheiste kan gerus ontwaak en uit die klas
klim !

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re:Afrikaan is cool

Vr., 03 Oktober 1997 00:00

Ek het verwag dat 'n klomp van julle op my gaan spring omdat ek erken dat
ek sonnige SA verlaat het -
en daar is julle glad gaaf! Ek het nou al klaar my reaksie geformuleer van
hoe al julle voorsate ook
Europa verlaat het om donker Afrika mak te maak, ens. En daar van julle die
wind nou skoon uit my
seile. Amper soos die grap van die ou wat 'n papwiel gekry het tussen niks
en nêrens en toe moes
stap na die naaste plaas. Soos hy stap werk hy hom op. Daar gaan niemand
tuis wees nie en as daar
iemand is sal die te suinig wees om die domkrag te leen, ens. Toe hy warm
en moeg klop, gaan die
deur oop en hy sê:"steek jou 'jack' in jou gat".

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494  1495    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:21:05 UTC 2026