Ek weet lank al dat my server nie al die
pos vir my nuusgroepe optel nie, maar
was bitterlik geskok toe ek met Alta Vista
se usenet soekmasjien sien hoe baie
pos ek mis,,
ek vra derhalwe om verskoning dat ek in
die verlede nie altyd gereageer het op
bydraes tot my artikels nie.
Ek is nou hoogs bedonnerd, en sat van
derde wêreldse diens hier uit Thailand.
Hierdie junglebunnies werk my by die minuut
meer en meer op, met hul apatetiese houding
en o so swak en stadige diens, gee my
enige tyd Afrika !!
en daarby kan ek ook nie thai verstaan nie..
kan jy jou verbeel....hoe dit moet wees om
iets te versoek hier ???
Ek kan glad nie se dat ek baie gelukkig is met die huisgenoot se inhoud
nie.
Dit is meestal 'n klomp gemors en hul fokus deesdae net op Diana. Ek het
simpatie met haar dood, maar hul kan nou gerus varser stories kry.
As dit nie iets totaal onrealisties is nie, is dit platvloers. Ag nee,
bring eerder
vir ons beter stories soos wat dit altyd was.
In een van my gunsteling Koos Du Plessis liedjies, Die swerwer, kom die
volgende woorde voor:
Wie sou jy die swerwer noem, die een met tas en reis biljet......
My vraag gaan oor die woorde (of moontlik een woord) reis-biljet.
Dit is duidelik dat ek deel is van die jonger generasie want ek het nog
nooit die woord in 'n alledaagse gesprek gehoor of gesien in 'n boek of
tydskrif nie.
Kan 'n wyse my verduidelik wat die betekenis daarvan is? As ek moes raai
sou ek se dit is 'n hoed?
Nog 'n ander herfs is besig om verby te gaan hier
in die noordelike deel van Noord-Amerika. Hierdie
jaar het ons 'n gas van Suid-Afrika gehad wat gekom
het spesifiek om die blare te besigtig. Ons het dus ons
roetes gereël deur plekke waar daar baie bome was. Na
haar aankoms in Toronto (en 'n besoek aan die Niagara
Valle) is ons terug deur die Algonquin Park, waar daar
takke was wat al mooi verkleur het. Na 'n paar dae in
Ottawa is ons toe in Noordelike New York Staat in,
deur die Adirondacks, waar sommige hange alreeds
omtrent heeltemal verkleur was. Lake Placid, waar die
Olimpiese winterspele al tweekeer gehou is, is in die
Adirondacks.
Ons het al verder suid gery tot by New York, waar
die blare nog nie heeltemal met mening verkleur het nie.
Ons het New York-besoek nou tot 'n pynlose kuns ont-
wikkel. Ons slaap by 'n hotel in New Jersey wat vier myl
van die Lincoln Tunnel is. Dan gaan ons per bus die 20
minute in na die Port Authority se busterminus, wat binne
loopafstand is van Times Square. Hierdie keer het ons
saam met ons vriendin op shuttle-busse geklim en die
stad soos toeriste besien. Nou ken ek die stad nog beter.
Ons het eenkeer lekker gelag. Na 'n besoek aan die
Statue of Liberty klim ons weer op 'n boot om terug te
gaan na Battery Park (die suidpunt van Manhattan.) Toe
ons afklim van die boot, begin ons stap na waar ons die
hoë geboue van Battery Park sien. Na 'n ruk sê ek vir
die twee ander dat ek dink Battery Park verder is as wat
ons dink, en dat daar miskien water tussenin is. Dis eers
toe dat ons uitvind dat die boot ons na New Jersey toe
geneem het. Dit kos ons toe om weer op 'n boot te klim
en terug te gaan via Ellis Island na die suidpunt van die
eiland van Manhattan.
Na New York is ons noordwaarts na Boston, waar
ons in die aandskemer om Walden Pond geloop het, en op
die Boston Common 'n toerbus kon haal wat ons al die
historiese plekke kon wys, soos waar die Boston Tea Party
plaasgevind het. Toe is ons nog verder noord. In die
White Mountains van New Hampshire het ons die herfs
in al sy volledigheid gesien - hele hange van berge met
net herfskleure, niks groen tussenin nie. Een van die
lokale mense het vir ons gesê dis een van die beste jare
vir blare in 'n lang ruk, omdat daar nie reën en winde was
wat die blare afgeskud het nie. Om al die skakerings van
rooi en perskekleur en nartjiekleur en die lappe geel van
die berkebome te sien, los my net elke keer sonder woorde.
Terug in Kanada in was die blare al oor hulle fleur,
maar die verskillende skakerings van geel tussen die silwer
van die kaal takke het 'n mens nog diep geroer.
Uiteindelik het ons ge-eindig waar ons begin het. Ons
het Thanksgiving met twintig ander mense by ons dogter
deurgebring. Op die Thanksgiving -Maandag het ons gaan
eet in die revolving restaurant van die CN Tower en vir
Toronto en die eilandjies in die hawe uit die hoogte besien.
Die dag net voor ons ons vriendin op die vliegtuig gesit het,
is ons na die Oktoberfest in Kitchener-Waterloo. Hulle het
die grootste Oktoberfest in die wêreld buite Duitsland. Die
oulikste vir my was hoe vier mans op die ritme van 'n
lied 'n maple log deurkap.
Nou is die herfs ongeveer verby. Daar is nog hier en
daar kleur en ek is lief vir die geleidelike afstroping wat
daar van nou af plaasvind. Ek is ook reg vir die winter
se ander maniere van doen. Maar ek moet sê : hierdie
herfs was seker een van die bestes wat ek nog belewe het.
Almal wat ywerige galjoenhengelaars is - maak asb. met my kontak. My man
wil navorsing oor galjoenvangs doen en soek julle adresse. Hy wil graag hê
dat jy 'n vraelys moet voltooi en ook ekstra's stuur: soos resepte ens.
ens.
Sal interessant wees om te sien hoeveel visvangers is op email - maar
indien jy 'n visvanger ken, wat nie email het nie - gee hom seblief die
boodskap!
RUST
Ek wil vandag 'n paragraaf of twee skryf oor iets wat ek lankal op die hart
het.
Ek is gaande oor kommunikasie. Dit fasineer my geweldig, enige soort ding
waarmee jy met iemand ander kan kommunikeer is ek gaande oor.
So 'n klompie jare gelede was ons vir 'n ruk lank in die era van Burgerband
radio's. Ons het baie nonsies gepraat, maar ons was 'n lekker klomp
bymekaar. Wanneer jy op reis was dan het jy langs die pad sommer met enige
ou gesels, oor enige onderwerp. Dit was lekker al het ons baie twak
gepraat.
Toe ek begin bewus raak van so 'n ding soos die Internet het ek gedink dat
hier nou 'n medium is waar ons éérs lekker gaan gesels, al praat ons dan
ook maar nonsies met mekaar. Ek was blykbaar totaal verkeerd. Dit lyk my
ons doen op die Net wat ons by ons huise doen. Rondom die erf is 'n
tweemeter hoë muur. By die ingang is daar 'n staalhek wat met 'n geweldige
slot gesluit kan word. Wat buite of by my buurman gebeur, gaan my nie aan
nie. As daar 'n groot vragmotor by sy huis stilhou en sy meubels begin
inlaai, terwyl hy en sy vrou by die werk is, sal ek liewers nie hulp
ontbied nie, want ek wil tog net nie betrokke raak nie. Lyk my ons het die
grootste kommunikasie medium wat die mensdom nog beleef het, maar ons wil
tog net nie betrokke raak nie.
Ek het op 'n stadium die stoute skoene aangetrek en aan 'n klompie vreemde
ouens geskryf, wie se adresse ek by 'n "soek gids" gekry het. My briefie
aan die vreemde Internetters het ten doel gehad om penvriende te maak. Ek
het my briefie so kort as moontlik gemaak en so vriendelik as waartoe ek
instaat was.
99% het nie van hulle laat hoor nie
.1% het terug geskryf en die ander
.9% het aan my lelike briewe geskryf omdat ek aan hulle durf skryf het.
Het ek die Internet verkeerd opgesom OF voer ek die ding verkeerd aan?
Jy kan aan my persoonlik skryf of jy kan jou eerlik mening op die
nuusgroepe skryf. Ek sal enige kommentaar vat soos 'n man.
Soos 'n ou vriend altyd gesê het: Laat jy nou net lekker wees,
mooi bly,