Gepraat van spam, ek kry honderde van die goed, en ek vermoed hulle kry my
adres uit die paar nuusgroepe wat ek besoek. Hoe gemaak om dit te verhoed?
Ek sien party mense gebruik 'n vals email adres op hulle nuusgroep
boodskappe (iemand@nospam.ens.ens) maar ek gebruik dieselfde program vir
email sowel as nuusgroepe, en wil nie elke keer my options verander as ek
nuus wil pos nie. Enige idees? Dis seker al klaar te laat, ek vermoed my
adres is op een van daai CD's met die 7 miljoen addresse want ek het 'n spam
ontvang wat die CD adverteer...
'n vriend stuur my die volgende,nogal goed gestel, tipies Koos:
Blameer dit op Apartheid
------------------------------------------------------
(Koos Kombuis en die Warmblankes)
Daar's diewe in die driveway
Daar's gangsters in die pad
Daar's ouens by die traffic light
Wat jou kar wil vat
Hulle steur hulle nie aan heinings nie
Burglar bars is nutteloos
Die hele land vol satan
Die hele land is boos
Bele jy geld in Masterbond
Verloor jy dit te gou
Pos jy 'n brief by Telkom
Dan verdwyn dit in die blou
Die regering gee nie om nie
Die ministers bly stil
Selfs die Matie- rektor
Het sy vingers in die till
Blameer dit op apartheid
Blameer dit op De Klerk
Blameer dit op ou Satan
Of blameer dit op die kerk
Die hele land vol onrus
Fokkol werk en fokkol kos
Die Here is op holliday
En die duiwel is nou los
Verkeerskonstabels kyk maar weg
As minibussies wette breek
Hulle doel is net om tickets
Op geel strepe aan te steek
Jy kan maar raas en toeter
Jy kan maar vloek en ryp
Moet net nie dat die twintigsent
In jou parkeermeter verstryk
Alex Borraine stel nie belang nie
Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe
En Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas
Blameer dit maar op De Kock
Blameer dit op die army
en die polisiemag wat als opfok
Daar gebeur so baie skandes
In elke bleddie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders
Hul prentjies pryk op elke paal
Daar's diewe in jou driveway
Wat jou BMW wil steel
Daar's plakkers in die pastorie
Met messe teen jou keel
Darem ongelooflik die verskonings van PW, Vlok,Pik & kie,
voor die Waarheid en Versoeningskomissie, dat hulle "nie geweet nie",
oor al die gruwelike apartheidsondes.
Dat dit maar net 'n ou "misverstandjie" was dat die polisie gedink
het woorde soos "elimineer" en "permanent uit die weg ruim" beteken
doodmaak en nie arresteer nie. Haai jinne! Dat hulle nou so verkeerd
kan verstaan! Hoor niks, sien niks, weet niks...
Hierdie mense LIEG !
Of hierdie ouens was donners onnosel, of hulle het dit goedgekeur.
Die FEIT is hulle het GEWEET. (Kamma "vermoed"...se gat!).
En dan verwag hulle mens moet ewig dankbaar wees vir hul ou aalmoesie
van 'n pseudo-verskoninkie? Pik Botha kan maar sy erkentenis dat hy
"meer" kon gedoen in sy hol opsteek. Die bliksemse vermetelheid nog!
En dan kom dit nog op die nuus oorsee, waar mens hul LIEGSTORIES
in AFRIKAANS op band in die agtergrond hoor, terwyl die vertaler vertaal.
(Dit is eintlik die "cherry op die koek" van die nuus, eintlik heel grappig):
Hoor hier, onthou julle nog Suid Afrika?, hoor net DIE politikus se
verskoning, hy se dit was maar net 'n misverstand, "eliminate"...
Ha, ha ha!
Ja, die Afrikaner se naam is alweer gat!
Maar ons ou Afrikanervolkie staan nog maar by sy LEIERS, tot die bitter
einde, verdedig hulle, kom vir hulle op... want almal wat hul so kritiseer
is tog so ONREGVERDIG,ONINGELIG,PARTYDIG,MOEDSWILLIG,VERSTAAN NIE,
SIT-OORSEE-EN-WEET-VOKKOL...
Onse EERBARE, GEREPEKTEERDE, OPREGTE, CHRISTELIKE, LEIERS.
Die Nasionale Party Helde wat die land regeer het met 'n Blink Toekoms
vir almal...maar nou nie die verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul
beleid nie. LAFAARDS!
Ek kan dit nog vat dat mense verkeerd gedoen het as hul MANHAFTIG genoeg
is om dit RONDBORSTIG te erken. Maar hierdie ouens is LAFAARDS,
HUIGELAARS en SKOBBEJAKKE. En whiskeygesig, pokergesig Pik
was amper die nuwe NP president. Maar nou het die NP mos 'n knapie wat
al op Universiteit sy hande vuil het van Apartheid-skelmstreke en geheime
organisasies en fondse. Dis mos nou die NUWE, SKOON NP!
Sulke NUWE, EERBARE LEIERS...'n blink toekoms!
STEM NASIONAAL!!
Sterkte hoor! Gaan soen ou swart tannies en omies se agterente in die
townships en kyk of julle hul kan oortuig die NP het verander.
Kom kyk gerus by http://host4u.co.za
kontak my by hos...@host4uxxx.co.za (Verwyder net die xxx as jy my wil
kontak. Ek sit dit in omdat ek nie te veel gemorspos wil kry nie)
Herman Steyn
Kan iemand bietjie raad gee. Daar is blykbaar 'n "Screen Saver" wat 'n ou
van die Net kan aflaai. Soos ek verstaan is dit 'n ou wat op 'n eiland sit
en wag vir redding, maar elke keer as daar moontlike redding kom, dan is hy
met iets anders besig. Weet iemand waar ek dit kan aflaai. Gooi asseblief
die inligting in my "posbus" by dm...@global.co.za
Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners het
hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook Afrikaans,
maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.
Attie Heunis wrote in article
...
> Ek is besig met 'n "opinion poll". Ek wil uitvind wat dink Afrikaners het
> hulle om op trots te voel. Ek val niemand aan nie, ek is self ook Afrikaans,
> maar ek stel daarin belang. Gee asb. vir my jou naam ook.
>
My voorouers het uit Frankryk na die donker onsekere suidpunt van Afrika
gekom. Hulle was die sogenaamde Franse Hugenote. Dit moes moerse guts gevat
het. Hulle het gevare en barbare in die wildernis trotseer met ongekende
mannemoed. Ek is trots daarop.
Hulle het 'n nageslag gelaat wat die wildernis getem het, stede gebou het
en goud uit die aarde gemyn het. Hulle het Afrika op die map geplaas.
Hulle het gehelp om die infrastruktuur in Afrika tot stand te bring wat ons
vandag die "beskawing" noem. Ek is trots daarop.
Ons het die Pierneefs en die Maggie Loubsers. Chris Barnard het die eerste
hartoorplanting in die wereld gedoen. Boerseun - Suid Afrikaner ... Ek is
trots daarop.
Krygkor het die eerste helikopter (Rooivalk) ontwerp wat 'n "loop" kan
doen. Die G6 kanon is nog onge-ewenaard. Wat ookal jou sentiment is, dit is
briljante ingenieursvernif... en ek is trots daarop.
Sasol was die eerste (enigste?) "refinery" wat petrol uit steenkool
vervaardig het. SA tegnologie. Ek is trots daarop.
Onder Oudtshoorn se lug wyd en blou,
spoel die aarde klipperig en bruin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Hier kan jy die soet van die druiwe behou,
ingelê as verwysingspunt van jou lewenslyn.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Die pad see toe is 'n geelslang wat vou
om ronde klowe en oor die berg se kruin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Kyk! Die beierende Klein Karoo sak nou
weg en begin later agter die berg verdwyn,
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Dan, agter die voetheuwels, die see se blou!
En voor dit, die goue lyn van sand en duin.
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.
Ronel, op hierdie strand staan jy nou.
Jy lag en beduie weg van die pyn
hier onder jou laaste lug plat en grou -
Blou en wild bult die see by Mosselbaai.