Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Nag" deur THEO WASSENAAR

Sa., 08 November 1997 00:00

NAG
Theo Wassenaar

Die klein blink ogies van die groot swart nag
Staar my so stil aandagtig aan vanaand;
Hul glimlag net so effentjies en sag,
Asof hul reeds my diepste wens verstaan't.

Ek voel dat daar 'n band onsegbaar teer,
Die groot heelal tot een geheel verbind,
Dat daar 'n gees wat ewig is regeer,
Voor wie die skepping klein voel soos 'n kind.

'n Onbegrepe wêreld sonder sin
Sou hierdie lewe wees vir hom wat in
Homself alleen 'n siel en wese vind:
Hy dwaal, 'n vreemde tussen wesens doof en blind.
In hom alleen word waar geluk gewek,
Wat hom in alles, die Al in hom ontdek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "Kwatryne" van I.D. DU PLESSIS

Do., 06 November 1997 00:00

Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis

Djokjakarta

In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

Duiwe

Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die hoë prieel van die lug.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

neusring

Do., 06 November 1997 00:00

Hoe voel julle oor 'body-piercing' en die kultuur van -ringe en
-'studs' wat nou al hoe meer algemeen gesien word, ook onder ons
Suid-Afrikaanse jongmense?
--
rana

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Ek trek dit terug!

Do., 06 November 1997 00:00

Oepsie! Ek het seker "reply to author" gedruk i.p.v. "reply to group", en
die boodskap by Koos se privaat laat aflewer. Skuus Koos!

In elk geval, dis wat ek teruggekry het:

************************************************************ *****

On Thu, 6 Nov 1997 09:18:14 +0200, you wrote:

Moet asb nie my privaatheid probeer binnedring deur e-pos ongevraagd
aan my te stuur wat spruit uit n openbare wisseling op die nuusgroep
nie.

***********************************************

En hier volg die boodskap wat ek op die nuusgroep wou plaas:

************************************************

>>[/color]
>
> Kan ek jou asseblief net daarop wys dat ek nie jou vriend is nie?

Ag dis 'n verlies!

[geknip: rasionalisering vir 'n onvermoë om verskoning te vrag]

> N.S. Gaan dink bietjie oor die sin waar die volgende in voorkom.
>
> hande geklap het.>>
>
> En probeer die konteks van die hele sin soos n grootmens raak te sien
> in plaas van speletjies met woorde te speel om jou te probeer
> loswikkel iets waarin jy jou gelieg het in n klaarblyklik koorsige lus
> om modder te gooi.
>
> Jy's boring.

Goed Koos, ek trek dit terug: Pakendorf en Du Plessis het heel onkonsekwent
vir die ANC hande geklap.

Tevrede?

> Cheers.
> Moenie worry om te antwoord nie. Ek gaan nie.

Toemaar, niemand sal dit mis nie.

Vriendelike Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ANC se geldprobleem

Wo., 05 November 1997 00:00

Dit lyk asof die ANC se geldprobleem nog nie op 'n einde is nie.

Opposisieparty in die Nasionale Vergadering het volgens gister se ebeeld erg
geprotesteer. Dit blyk dat die Westminster Stigting in Brittanje 'n skenking
aan die Parlement gemaak het om "die vestiging van demokrasie" te bevorder.
Dit blyk ook dat die ANC die volle bedrag vir hulself toege-eien het.

Koos, hulle mis blykbaar tog jou ledefooi!

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nuus uit SA

Wo., 05 November 1997 00:00

Vir deurlopende nuus uit die hartjie van SA,
besoek http://www.ebeeld.com

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Alles in een week! (Was Wen al die tyd reg?)

So., 02 November 1997 00:00

Luister nou net na "Kommentaar" op Radiosondermense. 'n Program waarin die
week se nuusgebeure in oënskou geneem word. Die program is "politiek korrek"
in die fynste besonderhede, en die deelnemers daaraan word deur Pollux in
Rapport gereeld as "poefters en paaiers" (= mense wat gatkruip by die
regering) uitgevreet. Vanaand se P&P was Harald Pakendorf en Tim Du Plessis
van (Drog) -Beeld - albei gereelde deelnemers, wat in die verlede erg in
(veral) Afrikaners se kele afgeklim het, en heel konsekwent vir die ANC
hande geklap het.

Wat my getref het, was dat daar vanaand van poef en paai weinig sprake - die
twee het aanmekaar hul "bekommernis" uitgespreek.

Daar was nog wat hierdie week gebeur het, maar ek volstaan met vier items:

Storie 1

So 'n maand ot twee gelede het Wen (as ek reg onthou) verwys na berigte oor
die ANC se finansiële probleme.

Hy het toe voorspel dat ons weer 'n reeks bankrowe sou kry.

Dit was nie twee weke later nie, toe word R18 milj geroof in 'n uiters
professionele rooftog op die pad tussen Pretoria en Bronkhorstpruit.

Een van die verdagtes wat gevang is, is geidentifiseer as 'n voormalige
MK-lid. Hierdie week besoek die minister van veiligheid en sekuriteit,
Sidney Mufamadi, die verdagte in die sentrale gevangenis in Pretoria.
Politieke opponente van alle kante kry die piep daaroor.

Die P&P is nie tevrede met die minister se verduideliking nie. Hulle wys op
twee of drie vorige "vreemde" optredes van die minister in soortgelyke
situasies

Storie 2

Die hoof-ondersoekbeampte van die Waarheids- en Versoekingskommissie word in
getuienis betrek by die slagting by die Heidelbergtaverne. Sedertdien is
daar ook gerugte dat sy huis gebruik is om APLA-soldate op te lei.

Die P&P (tot dusver groot aanhangers van die WVK) stem saam die integriteit
van die kommissie "ernstig in gedrang" is (as ek die woorde reg onthou.)

Storie 3

'n Beskuldigde in 'n bankroof word uitgeken as 'n baie bekende digter en
kunstenaar in die swart gemeenskap - die "peoples poet".

Storie 4

Die onderwyswysigingswet word aanvaar met bepalinge wat belangrike
menseregtekwessies (die reg van ouergemeenskappe om onderwysers in skole aan
te stel) nie beheer nie, maar aan die minister oorhandig om na goeddunke te
besluit.

Die P&P verwys daarna dat dieselfde gebeur het in die onlangse wet op
medisyne, waar die minister die reg verkry om na goedunke patenteg op
medisyne ter syde te stel.

Die P&P wys daarop dat ons hierdie soort "regering per regulasie" veral
onder die laaste jare van die NP-regering gekry het - en dat dit toe beskou
is as toonbeeld van hoe die regstaat ondergrawe is.

"The more things change, the more they stay the same": Vanaand se
"Kommentaar" het my amper herinner aan "Sake van die Dag" met AM van Schoor.
Nou as die poefters en paaiers so begin praat, klink dit bietjie laat in die
dag.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Puntradio

So., 02 November 1997 00:00

Het enigiemand al na puntradio geluister?
Dis die nuwe afrikaanse geselsradio op 1332Khz mediumgolf.
Ek huur 'n motor in Kaapstad en toevallig is die radio daarop ingestel.
Toevalligheid of briljante bemarking, ek weet nie.

Anyway dis die stasie waar Piet Koornhof en Pik Botha gaan dj speel.

Piet se slot se naam is punt in die geskiedenis, of so iets.

Ek wonder toe of Piet sy bydrae tot die TRC via puntradio gaan maak.

(Iemand help: was hy minister van bantoesake? of was dit plurale
betrekkinge?)

Ek dink die stasie gaan dalk 'n welkome verandering op Afrikaans stereo
wees. Kom ons hou duimvas.

Al is dit nou net om te lag oor die gekhede van has-been politici.

Volgens een van die dj's het hulle reeds na twee dae op die lug 'honderde'
oproepe ontvang.

afrikaanse sal nooit uitsterf nie.

Charl

PS: sal iemand asb 'n email adres vir die stasie pos as hulle dit te wete
kom?

-------------------==== Posted via Deja News ====-----------------------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Idioom: 'N BOER MAAK 'N PLAN

Sa., 01 November 1997 00:00

Idioom: 'N BOER MAAK 'N PLAN.

Dit word gesê van iemand wat baie
vindingryk is. Said of someone who
is very resourceful.

This idiom is probably one of the most frequently
used in the Afrikaans language. Literally it means
"a farmer makes a plan." However, because the
Afrikaners are also sometimes called "Boere", it
has developed a tangentially racial component to
its meaning, especially when it is used by Afrikaners
themselves. I sometimes wonder though whether this
idiom did not originally come from Europe, with its
basic meaning rooted in praise for the resourcefulness
of the farmer.

Gloudina Bouwer

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Uit "Klaas Geswind en Syn Perd" deur F.W. REITZ

Sa., 01 November 1997 00:00

Uit "Klaas Geswind en Syn Perd"
F.W. Reitz

Die drank is tog 'n snaakse goed:
Hy gee die bangste kźrel moed.
Al is 'n Hotnot nog so olik,
Een sopie maak hom netnou vrolik;
Steek hy maar net 'n dop of drie,
Dan stuit hy vir g'n duiwel nie.

Maar Klaas het darem naar gelyk,
Toen hy daar in die kerkhof kyk:
Syn bloed het wonderlik gekook,
Toen hy gewaar hoe dit daar spook:
Daar speul die duiwel op 'n tromp
Vir veertig spoke in 'n klomp:
Hul dans daar rond dat dit so gons,
Geen ouderwetse kotiljons,
Maar eers "Aleksander Klipsalmander"
Trap hulle algar met malkander;
Toen was dit weer die "hondekrap",
Totdat die sweet so van hul tap!

Die goed was byna poedelkaal,
En kyk, die vrouens was té skraal,
Maar een daarvan, 'n bietjie dikker
Maak so 'n uitgehaalde flikker
Dat Klaas, plaas van syn bek te hou,
Skree: "Arrie, dit was fluks van jou!"

Soos hy dit seg, toen moet hy ja,
Die heel boel sit hom agterna.
"Kol, loop nou dat die stof so staan,
Anders is Klaas vanaand gedaan!
Kom jy maar net die drif verby,
Dan dalkies raak jou baas nog vry;
'n Spook is nes 'n bokkapater,
Hy loop nie sommer in die water.
Toe Kol, die duiwel sny jou spoor!"
Hier lég die drif - hiert! -sy's daaroor;
Haar stert het hul glad uitgeruk,
Maar Klaas is los, dis syn geluk.
Vir dié wat lus het om te draai,
Wil ek maar net een woordjie raai:
Gedenk aan Klaas Geswind syn perd,
En vraag jouself: waar is haar stert?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 10:14:10 UTC 2026