Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re:waar is al die ware Afrikaners?

Di., 18 November 1997 00:00

. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
> baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
> nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
> veel besig gehou met kind wees.
>
> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
> Kanada?????????????????
>
> Riana

Slaan my ook dronk. As huidige inwoner van Upington kan ek saamstem met
Riana.

Groetnis,
Hermann

Hallo Hermann

Hoe gaan dit met julle is Upington? Is dit warm? Dit is op die oomblik 13
grade buite die huis maar sal hopelik warmer word as hierdie wind van die
suidpool af net nie weer begin waai nie. Hierdie noordwester het nooit
gedink sy sal eendag in November nog truie en jasse dra nie?!

Stuur groete vir my familie as jy hulle dalk raak loop: my oupa is al
oorlede Martiens van Staden maar 5 van sy kinders bly nog daar:Bennie,
Willem en Maansie van Staden, Kotzes, en baie kleinkinders. Ai maar nou mis
ek my mense!

Groetnis van die land van die lang wit wolk.
Riana Schoeman (Visser)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die knusheid van die exile-verlede

Ma., 17 November 1997 00:00

Is dit hoekom sommige susters van die revolusie so vaskoek in die vermeende
verlede? Omdat selfs "die verlede" 'n fabrikasie was, en hulle dit nou nie
kan erken nie?

Uit "Red Socks in the Sunset" - RW Johnson.:

"Although many such exiles maintained strong sympathetic links to the
movement, you can still hear tales of the golden age of South Africa s Left
in many houses in Golders Green or Highgate only a minority remained so
seriously involved that they were willing (and it was a crucial test) to
uproot themselves again after 1990 and return to South Africa. For the
remnants of the old elite who did return, and Slovo was their symbolic
leader, it was a return in triumph but also in tragedy, for the fact was
that the great change had come a little too late. Some had died in exile;
many were simply too old to change countries again; others found the new
South Africa a bewildering and difficult place.

Having spent decades proclaiming that the reform of apartheid was a sham,
that nothing had changed, it was a shock to find that a lot had indeed
changed. "

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dit laat haar koud!

Ma., 17 November 1997 00:00

On Mon, 17 Nov 1997 11:19:56 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
><<>In die konteks van berigte van vroue en kinders wat sinneloos vermoor word,
> het Gloatina Ot het die volgende kil verklaring uitgereik:
>
> "Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke papgeslaan is, net omdat hulle
> iets kritiseer,sal ek begin opgewonde raak."
>
> Jimmy Kruger, minister van polisie onder Vorster: Toe joernaliste hom vra
> wat sy reaksie is op die dood van Biko, was sy berugte antwoord:
>
> "Dit laat my koud".>>

Die verskil is natuurlik dat Kruger gese het dit laat hom koud OMDAT
iemand pap geslaan is.

En dat Gloudina se dit laat haar koud as NIE papgeslaan word nie.

Daar is natuurlik een moerse verskil tussen die twee stellings.

(Leendert, is jy OK? Hoekom praat jy so baie kak deesdae?)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Gloutina Ot : spore van waansin

Ma., 17 November 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...

>
> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
> tyd nie.
>
> Gloudina

Hierdie identiese opmerking het jy tevore gemaak, toe jy nie meer weet hoe
om te antwoord nie (maar jy onthou seker nie).

Sedertdien het jy weer klagtes gehad omdat ek oor naweke op jou boosheid
reageer (maar dit het seker ook iewers tussen die ou gedagtes verstrengel
geraak).

Just make up what remains of your swinish mind, wouldn't you woman?

(PS: om op jou geseur te antwoord neem weinig tyd, Gloatina. Dis maar
aanmekaar dieselfde storie. En as jy nie meer so vinnig kan tik nie, is dit
treurig. Maar almal het nog nie daardie stadium van degenerasie bereik nie.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re:Waar is ware Afrikaners?

So., 16 November 1997 00:00

het baie van ons so 'n 'aparte'
> lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
> nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
> land gebeur nie.
>> Verskonings, verskonings. Dit was daar vir almal
>> om te sien. Julle wou nie sien nie. Het jy nie
>> geweet hoe kinders in Soweto in die strate dood-
>> geskiet word nie?
Nee Gloudina, ek het nie. Upington het in 1976 nie eers TV gehad nie en as
skoolkind het ek nou nie juis nuus oor die radio geluister nie. Toe die
skole onrus na Upington toe uigebrei het, het die meide saam met die
polisie ingespring en een het sommer haar en 'n paar ander kinders met 'n
blikbeker op die kop geslaan. Dit was sekerlik minder bloedig as in Soweto
en ander plekke. (Maar vertel my wat hierdie sotlike redenasie doen om
moorde in die nuwe SA te verminder?!) Maar terwyl ons nou op die ou paaie
is, die vroeër geeerde Boesak is deur die Universiteit omdat die tantes in
ons geweste pannekoeke gebak het om sy kostes te betaal - die wittes was so
sleg en harteloos was!

Maak dit as 'n verskoning af, as dit jou beter sal laat voel Gloudina. Ek
het op Keetmanshoop skool gegaan, elke namiddag terug gery na 'n skaapplaas
buite die dorp, en matriek op Upington. So jy moet maar glo wat jy wil, ek
weet dat ek en my tydgenote ons in daardie jare met onskuldige dinge besig
gehou het en van Soweto het ek die eerste keer in my matriekjaar 1976,
gehoor. Saam met heelwat dinge wat ek nooit geweet het nie. As tipiese
Afrikaner dogter het ek so oordentlik as moontlik my pa en sy tydgenote
begin bevraagteken. Maar selfs hulle, besef ek vandag, het maar net die
punt van die ysberg gesien. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
veel besig gehou met kind wees.

Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
Kanada?????????????????

Riana

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Leendert se day job

So., 16 November 1997 00:00

Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
tyd nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Punt geselsradio

Sa., 15 November 1997 00:00

Wie luister na Punt? En voldoen dit aan die behoeftes van Afrikaanssprekendes?

Wat my betref doen hulle goed vir 'n begin. Hulle is nog nie kontroversieel
genoeg nie en die onnodige swak gebruik van taal deur sommige aanbieders
(Standaard Afrikaans wat met swak Engels gemeng word) is steurend, maar sal
hopelik regkom.

Soli maak die stasie. En die natuurlike en gemaklike bydraes van die
plattelandse mense, van alle agtergronde, en in die besonder van die "capeys",
bewys die lewenskragtigheid van Afrikaans.

Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Antoinette Pienaar: Rivers of dust

Sa., 15 November 1997 00:00

Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
Groenpunt, Kaapstad.

Ek sal graag kommentaar wil hoor van ander persone wat haar vertoning reeds
gesien het. Ek het nie baie gehou van "Lossie liefde vir later" wat sy vroeër
vanjaar op Oudtshoorn gehad het nie, maar hierdie vertoning was vir my 'n
groot verbetering. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
haarself met die gehoor te deel.

Indien iemand graag die vertoning wil sien/hoor, kan besprekings gedoen word
by 021-4188338. Die venue is baie lekker.

Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Antoinette Pienaar: Rivers of dust

Sa., 15 November 1997 00:00

Chris wrote in article
...
> Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
> Groenpunt, Kaapstad. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
> haarself met die gehoor te deel.

Vaderland Chris, waar kry sy die tyd vandaan?

:-)

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

slange en die Taal

Sa., 15 November 1997 00:00

Leendert!

Hier's 'n goeie een vir jou. Marieta Roos skryf in haar artikel "Slang!
Marteldood van die stekende naalde" in die Huisgenoot van 13 November die
volgende:

"Dit bleik Paul was in der waarheid allergies vir die slang se gif. Sy
liggaam het in 'n toestand van anafalaktiese skok ingegaan onmiddelik na
die byt."

En weer later: "Daarom moet 'n pasiënt eers met antihistamien ingespuit
word om hom daarvoor te desensiteer." OK, my peabrain kan desensiteer
uitwerk, hoe ongewoon dit ookal mag wees, maar anafalaktiese is een te
veel. My 1976 weergawe van Kritzinger is nie veel wyser nie.

Maar het iemand (ek meen dit was At de Lange) nie eenkeer genoem dat die
Huisgenoot op vlak vier Afrikaans geskryf word nie? Sou hierdie tipe taal
aan daardie standaard voldoen?

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 04:31:02 UTC 2026