Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" 'n Kleinvers vir Ma" deur ANNE-MARIE CONRADIE

Do., 20 November 1997 00:00

'N KLEINVERS VIR MA
Anne-Marie Conradie

Ma, saam met moedersmelk
het ons Totius, Leipoldt en Visser verteer;
kwartelklein woorde ontsnap uit koutjies
spalk arendsvlerke oor die aarde uit
moedersmelkwoorde lê donsig in vreemde lande
tussen blaaie van bundels vol verse
in doolhowe van boekrakke in biblioteke
tussen Cervantes en Guido Gezelle
lê my tenger vere by digkuns van poëte.

Prosa & poësie | 0 kommentare

mweb

Wo., 19 November 1997 00:00

This is a multi-part message in MIME format.

------=_NextPart_000_01BCF50F.CD7458C0
Content-Type: text/plain; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: 7bit

Weet iemand of daar 'n swakker isp is as mweb? In die begin was hulle
oraait maar vandat hulle so ernstig begin adverteer het kry ek maar geen
geluk met hulle nie. Die servers is ongelooflik stadig, lyne is altyd
besig of die servers is sommer net stukkend. Kla help ook nie, die help
line se maar net hulle sal na die probleem kyk. Ongelukkig kan ons op die
platteland nie kies nie. Dit is of hoe telefoon rekeninge om Pta of Jhb
toe te bel of sukkel voort met die enigste isp in die deel van die land.

Wat kan 'n mens doen om beter diens te kry?

Groete

------=_NextPart_000_01BCF50F.CD7458C0
Content-Type: text/html; charset=ISO-8859-1
Content-Transfer-Encoding: quoted-printable

Weet iemand of daar 'n swakker isp is =
as mweb?  In die begin was hulle oraait maar vandat hulle so =
ernstig begin adverteer het kry ek maar geen geluk met hulle nie. =
 Die servers is ongelooflik stadig, lyne is altyd besig of die =
servers is sommer net stukkend.  Kla help ook nie, die help line se =
maar net hulle sal na die probleem kyk.  Ongelukkig kan ons op die =
platteland nie kies nie.  Dit is of hoe telefoon rekeninge om Pta =
of Jhb toe te bel of sukkel voort met die enigste isp in die deel van =
die land.Wat kan 'n mens doen om beter diens te =
kry?Groete

------=_NextPart_000_01BCF50F.CD7458C0--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd

Wo., 19 November 1997 00:00

Verskoon maar die onervarenheid hier. Hou daarvan om te lees en nie deel te
neem nie, weens onkunde aan die een kant, en weens amusasies aan die ander
kant.
Die gesprek in die buiteland oor wat in S.A. gebeur, en waaraan Leendert so
knus deelneem is werklik interessant. Die verwyte wat rond geslinger word
oor sewentigerjare se kinders wat nou verwyt word omdat hulle nie 'n
verandering wou laat plaasvind nie, is plain belaglik en onsinnig.

In S.A., Leendert, is wel Afrikaners wat in die sewentigerjare, toe jong
studente, besluit het om die stelsel van binne die Afrikaner binnekring te
verander, waarvan Roelf Meyer, en al die jonger NP leiers deel was. Die
verandering in denk wyse was belangriker as 'n oorlogvoering. Dit het
ongeveer twintig jaar geneem, maar dit het eventueel gebeur, en hierdie
binnekring revolusie is nie op kennisgewingborde opgeplak of ooit erkenning
aan gegee nie. Net vir die interessantheid.

Die huidige dinamiek onder die Afrikaners wat Afrikane is en wil wees, is
om 'n verskil aan die toekoms te maak en daar word baie hard daaraan gewerk
sonder vele gejaag na erkenning en medaljes vir anti-apartheid sentimente
soos wat tot vervelens toe deur Gloudina probeer verdien word.

Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.

Hier op grond vlak, dig teen die aarde, is goeie dinge besig om plaas te
vind, waaraan 'n groot groep Afrikaners deelneem wat in die
waarheidskommissie bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede, maar
nou ook verantwoordelikheid wil neem vir die toekoms. Dis so ver verwyderd
van die werklikheid van die deelnemers aan hierdie nuusgroep, dat dit nie
die moeite sal loon om te verduidelik nie. Kom terug aarde toe en maak op
grondvlak 'n verskil, dis wat julle moet doen. Maar om heeldag te sit en
filosofeer oor dinge waarvan julle skrikwekkend min weet, sal geen hond
haar-af maak nie. Of miskien is die pogings om intellek te adverteer maar
slegs net dit, en niks meer nie.Of miskien slaag julle daarin om 'n beeld
te skep van 'n land en die Afrikaner, en te hoop dat oningeligtes julle sal
glo.

As julle wil weet wat werklik besig is om met die Afrikaner te gebeur en
julle kan die geduld openbaar om dieper as CNN en koerantberigte te delg,
kan ons maar gesels.

Julle sit op die pawiljoen terwyl my soort besig is om die wedstryd te
speel op 'n baie harde baan en in moeilike omstandighede. Miskien verander
julle denkwyse ook. Of beter, miskien sal julle meer insig he om beter
insette te lewer.

Die gesprek is nogtans interessant en word baie geniet. Groetnis.

--
Bye Bye

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Is jy lief vir jou taal?

Wo., 19 November 1997 00:00

Ek het 'n paar Engelse websites; ongelukkig het ek nie tyd om dit te vertaal
in Afrikaans ook nie. As iemand so patrioties wil wees om dit vir my te
doen, sal ek salig gelukkig wees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wat nou, Koos?

Wo., 19 November 1997 00:00

On Wed, 19 Nov 1997 13:20:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Ek sien nerens waar hy se die nuwe beleid laat bantoe-onderwys na
Moeder Theresa lyk nie.
Met ander woorde dat dit erger is nie.
Dit is presies wat ek gedink het. Uit konteks aangehaal en baie
selektief ook om jou punt te steun.

(Jy wat op n tyd so na bronne navraag gedoen het as iemand iets se
waarvan jy nie hou nie!)

Net om jou ou geheue te verfris: onderwysbeleid 'n crime against humanity is wat bantu education na Moeder[/color]
>> Theresa laat lyk.>>>>

En het jy toe al uitgevind wie Derek Hanekom is?
En slaan sommer bietjie na oor Gill Marcus se "kleur" ook. Ek het haar
uitgelaat.

Ek besef jy het waarskynlik al van daardie uitsprake van jou vergeet.
Maar hulle staan nog hierbo iewers.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

"Sin-vol"

Di., 18 November 1997 00:00

SIN-VOL

Die lyn van 'n wang -
die rooskleurige sagtheid -
wat meer wil ek hê?

Beskut deur jou wang -
die sagte pienk van jou tong
en watter plesier!

Toe weerligstrale
die nag verlig was jy daar -
donker geliefde

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AWB

Di., 18 November 1997 00:00

Ek is op soek na AWB lede op die net, Veral die wat in BOP was.
E-Mail my gerus by
rsa...@global.co.za

Groete
Fred

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer?

Di., 18 November 1997 00:00

Gloudina blyk baie te se he van ver af - soos een wat 'n hond agter die hek
terg. Kom terug, girlie, en sit jou kinders in 'n staatskool hier by ons.

Kom vra vir die 4 verkragters wat gister skotvry afgekom het om 'n nasie te
bou.

Kom vertel vir my vriende wat vermoor is hoe edel die stryd was, daar van
ver af.

Kom struggle ons stryd in die hede, nie in moddergevegte oor die verlede
nie.

Kan jy?

Ons kan.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ope brief aan At.

Di., 18 November 1997 00:00

Beste At,
Dankie vir die aanmerkings wat jy oor my gemaak
het. Party van hulle het seker waarheid in, in party van
hulle is jy die kluts baie ver kwyt. Ek wil egter vir jou
vra: moenie vir jou identifiseer met wat tussen Leendert,
Koos en my kwytgeraak word nie. As jy dit nie as 'n spel
sien nie, dan sien jy nie die volle prentjie nie. (Ek dink
meeste van die nuusgroeplesers is intelligent genoeg om dit
te sien vir wat dit is.) Hulle kan sien dat Leendert se agenda
is om te verkondig hoe goed hy is met kwinkslae, en dat
hy, deur vinnig genoeg soos 'n brak in die rondte te tol,
hoop dat niemand uitvind wat sy werklike standpunt oor
enigiets is nie, en wat sy rol en aktiwiteite gedurende die
vorige bedeling was nie. Ons ken almal sulke mense. Hulle
word genoem glibberige kalante. Dit kan 'n soort sport
wees om vir hulle uit te vang. My secret agenda op die
oomblik is om vir Leendert uit te lok om soveel van hom-
self te ontbloot. Dis verbasend hoe baie 'n mens kan optel
van mense se gewoontes deur net te onthou van wat hulle
op die nuusgroep gesê het (soos byvoorbeeld of hy rook
of nie.) In Leendert se geval vloek hy mense uit en kom
baie na aan sweer en vuil praat, en dit is vir my so
ongerymd met iemand wat ons nou om elke hoek en
draai wil laat glo dat hy 'n oortuigde Christen is.
Ek wens hy wil meer oor sy geloof en oor die Christelike
leer uitwei. Die kere wat ek dinge geskryf het om hom 'n
kans te gee om oor dié dinge uit te wy, het hy tjoepstil
gebly. Snaaks.
Nog net dit - ek het vriende en informasie in
Suid-Afrika uit alle dele van die bevolking - NP
en PAC en INKATHA aanhangers. Dat ek die ANC
aanhang, is 'n kreasie van Leendert se brein, geskep
om iets te hê om te skryf op die nuusgroep. Ek kan
nie wag dat die tyd kom dat beide die NP en die ANC,
net soos die ou Verenigde Party, in die boesem van die
verlede verdwyn nie. Hoe gaan dit met Roelf en Bantu
se party. Lyk dit of hulle 'n kans het om die opposisie
in die volgende verkiesing te vorm? Sal jy vir hulle
stem?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat dan, Koos?

Di., 18 November 1997 00:00

Koos verklaar:
>
> Just for the record. Watter menseregte skend die ANC-regering?

My kinders s'n - onder andere. In besonder, hul reg op ouersorg en hul reg
op onderwys.

>
>
> >> familie, toe hulle vir Biko papgeslaan het en toe
>>> met hom opgery het Pretoria toe en hom toe daar
>>> afgefinish het.
>>
>> Wat was die datum?>>
>
> O, weet jy nie juis van sy dood nie?

Inteendeel. Die datum sal my help om na te slaan of ek nog die betrokke
korrespondensie het.

>
>
> moet die
>> gemors kom opruim nadat die swart regering 'n ding tot in die grond in
>> geregeer het. Dis nou in gevalle soos die SABC.>>
>
> Interresant dat die SABC begin wins maak, ne?

Dis wat ek gesê het. Maar sê my Koos? wanneer het die ANC ophou wins maak?

>
> > onderwysbeleid 'n crime against humanity is wat bantu education na Moeder
>> Theresa laat lyk.>>
>
> Kan jy asb. die bron gee, Leendert?
> Waar en wanneer het hy dit gese en wat het hy gese, Leendert?
> Want as hy dit nie gese het nie.....
> Of as hy so uit verband en kwalifikasies aangehaal word dat dit
> gelykstaande is aan doelbewus verkeerd aanhaal....

Wat dan, Kosieknaap?

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:23:45 UTC 2026