J wrote:
>
> Baie geluk aan die springbok rugby span. Ek dink ek en baie ander moet aan
> Nick
> ekskuus vra, ons het hulle nie 'n kans gegee nie, maar hulle het die knoop
> deur gehaak.
>
> Doen so voort!!!
>
> Japie
> Maar ek aanvaar dat mense wat vir dagblaaie werk se tydhorison beperk is tot
> die 24 uur tussen die vorige saktyd en die volgende.
En al die tyd het ek gedink dat dit maar net ek is
wat so vergeetagtig is.
Dis seker hoekom die dagblaaie elkeen soos 'n
weerhaan optree. Die een dag ky hulle oos, die
volgende dag weer noord-wes. Waar is die goeie
ou dae (vyftig jaar en vroeer) toe eer en trou die
twee voete van koerantmanne was.
Ek het lank terug 'n boek van 'n filosoof gelees
wat van mening was dat elke mens se tydbestek
(tydhorison, tydverloop wat vir daardie mens
werklik is) 'n groot invloed op sy/haar denke het.
'n Mens met 'n tydbestek van 30 dae sal met dinge
tot 30 dae in die verlede of 30 dae in die toekoms
werk. As iemand met iets tot 300 dae in die verlede
of net 30 dae in die toekoms werk, is daardie mens
se tydbestek die kleinste van die twee, naamlik 30
dae.
Hy het beskryf hoe mense optree wat 'n tydbestek
van 24 uur of minder het, 1 tot 2 dae, 3 tot 7 dae,
8 tot 30 dae, 31 tot 365 dae, 1 tot 3 jaar, 4 tot 20
jaar, 21 tot 100 jaar, 100 tot 2000 jaar en langer
as 2000 jaar. Sy waarnemings het my laat hoender
vleis kry. Hoe korter die tydbestek, hoe meer
wisselvallig tree die persoon op. Hoe langer die
tydbestek, hoe meer kreatied tree die persoon op.
Ek wonder hoeveel mense in Suid Afrika se tydbestek
is langer as 1 jaar?
> zich wegsteken in hun eigendunk,
> wat als in een ruige overwinningsroes,
> onder een bittere vlag van blindheid,
in die Kanadese diaspora
> ens........
@igs.net wrote in article ...
>
>
> NA-APARTHEID
> Roger Wastijn
>
> Nu zijn wij bevrijd,
> een wenkende toekomst
> staat met open armen
> op elke hoek van �die pad�,
> braakliggend land
> zal worden bewerkt
> en wij nemen weer deel
> aan de Olympische spelen.
>
> Maar wat als verre broeders
> zich wegsteken in hun eigendunk,
> wat als in een ruige overwinningsroes,
> onder een bittere vlag van blindheid,
> ze mijn taal en stem vertrappelen
> en ik, onder een vlaag van wraak
> bedolven word, door economisch
> en cultureel verdwaalde gekken?
>
> (Uit �Concept� November 1997)
"griet" se skrywe
"Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd"
is tipies van baie ander hier:
Dat mense in die buiteland maar liewer hul bek moet hou (dis nou die
wat krities is), want hul weet nie wat aangaan nie ens.
(hul sit en kyk mos net CNN....).
Foeitog, dat hulle nou so "skrikwekkend" min weet!
Griet, jy openbaar 'n regte ou laertrek mentaliteit:
Dis dieselfde ou storie uit die dae van die Totale Aanslag: Die hele
buitewereld is verkeerd en "verstaan" nie, net die wat in SA bly
(en Nasionaal stem) weet mos wat aangaan en kan daaraan bou...
Jou denke is nog steeds vasgevang in 'n oudmodiese NP-afrikaner-laer.
Dis die wat jy skryf dat die verandering in die "Afrikaner
binnekring" kamma so belangrik was. Ja, ons moet tog net kennis neem
dat die eintlike helde die jonger NP leiers van destyds was. En, jy skryf
hulle het nie eers erkenning gekry nie... Foeitog.
Ek dink jy moet 'n slag kennis neem van die rol wat sanksies, swart
vakbonde en hul industriele mag, buitelandse druk en "onluste" gespeel het.
Die NP het eenvoudig ingegee, nie omdat hulle wou nie, omdat hul geen
keuse gehad het nie. Die NP was nie in beheer van verandering of die
tempo daarvan nie. Jou "binnekring" storie is tipies van 'n
egoistiese afrikaner sentiment wat die NP en sekere van sy leiers die
eer wil gee, en 'n sentrale rol in die veranderingsproses.
Die wat eer verdien was die BUITE die laer, soos Beyers Naude.
Digene binne die laer verdien 'n skop onder die gat!.
Die Arikaner-NP het altyd die wat kritiek uitgespreek het uitgeskop
en laer getrek. Op dieselfde manier wil jy nou sekere mense op die
nuusgroep marginaliseer. Pogings tot verandering vanuit die binnekring
het bloot verandering vertraag, want dit het mense 'n valse hoop gegee.
Jy skryf van die "groot groep Afrikaners "wat in die waarheidskommissie
bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede..". Soos wie nogal ?
Pik, FW, PW, Vlok..??? Die lafaards, soos Vlok wat lieg dat dit maar
net 'n ou "misverstandjie" was dat die polisie gedink het woorde soos
"elimineer" en "permanent uit die weg ruim" beteken doodmaak en nie
arresteer nie ?
En ek is nou al regtig GATVOL oor mense wat die plaas van AFRIKAANSE
gedigte op 'n nuusgroep vir AFRIKAANS kritiseer. As jy niks beter kan
doen nie, hou jou mond. As jy nie van die keuse hou nie, plaas jou eie!
Ek dink daar is baie mense in SA wat kamma 'n toekoms wil bou,
maar wat so vasgeknel is in hul denke dat dit hul goed sal doen om weg te
gaan en 'n bietjie perspektief te kry. Moenie 'n toekoms bou voordat jy
nie die verlede onder die knie het nie.
Owen Barrow verwys met minagting na PW Botha. Nieteenstaande
my afkeuring van die politikus PW Botha wil ek hom gelukwens dat
hy die WVK noem wat dit is - 'n sirkus en 'n klug. Met Tutu die hoofnar
en Borraine die hoof-aap, tesame met al die ander 'performing animals' kan
dit nooit anders as 'n spektakel wees nie.
Waar is die ANC ampsdraers wie se klere nog stink van vuurhoudjie swael en petrol
wat 500 mense genadeloos lewendig verbrand het - waarom word hulle nie voor die
'sirkus' gedaag om aan die swart gepeupel vermaak te verskaf nie. Waarom word
Afrikaners alleen verguis en verneder?
Ek weet nie hoe goed dit met Roelf en Bantu gaan nie maar die storie van
die week was Roelf se besoek aan die Groot Krokodil. Het die man rerig g'n
idee van die politiek nie? Is hy so hard-up dat hy met sulke mense moet
gaan praat? Sy slegte tydsberekening is bewys toe die WVK ondersoekspan 'n
rukkie later daar by die krokodilpan opdaag met 'n dagvaarding vir die
antediluvian akkedis met die hele wereld se TV en koerant joernaliste.
Aikona. Die man is of baie dof of polities naief of het absoluut geen
scruples nie. Ek dink hy wou die bietjie persbelangstelling in die
verlowing tussen die Wildernis kruipende dier en die Karoomeisie 'n bietjie
gaan uitbyt maar die ding was soos altyd vir arme Roelfie 'n totale
mislukking. Dis eintlik 'n jammerte want die politiek in SA is te steriel
en gepolariseerd. Die probleem is egter dat mense soos Bantu, Roelf, Winnie
en PW nie in een party kan saamleef nie en dis hoog tyd dat Roelfie dit
besef.
Groete
Saturated van Simonstad
Kyk bietjie na hierdie website: HTTP://www.lia.net/agrobler/Bomskok.htm
Was julle al daar?
Het julle al iets begin doen oor afrikaansoppienet?
Miskien moet julle ophou kyf en begin bou.
Cheers
On 20 Nov 1997 17:35:17 GMT, "Stephanus Schoeman" <s_sch...@hotmail.com> wrote:
<< Verder kan ek net so 'n
> Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. >>
Ek vermoed dis n wêreldwye "trend" wat seker maak deel van die global
village ding is.
My kinders se beste vriendjie op die oomblik is n Kanadees wie se
ouers hier werk. Sy gaan nou hier skool saam met hulle.
Verlede jaar was een van hulle vriendinne n Italianer wie se pa hier
op kontrak gewerk het. Hulle kom aanstaande jaar terug vir nog n jaar.
Hulle is Italianers in SA.
Hulle link ook met die Internet op huis toe om op hoogte te bly.
> Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
> 'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
> kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
> gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.
Gloudina skryf:
Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
(onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
wat ander mense hiervan dink.
-----------
Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
swakker Afrikaans sal praat nie. Ons het meer Afrikaanse musiek aangekoop
voor ons SA verlaat het, as ooit te vore. Ek het 'n vriendin ontmoet wat
Afikaanse gedigte toon set en het met meer passie daarna geluister as wat
ek my ooit sou kon in dink. Dis maar soos met so baie dinge - jy waardeer
dit meer as jy weet jy kan dit dalk verloor. Verder kan ek net so 'n
Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. Miskien gee die afstand
asook die kontak met 'n multi kulturele volk soos in NZ my meer perspektief
as wat ek in SA gehad het. Daar het ek in elk geval die laaste 2 jaar so
gespartel om ekonomies te oorleef en ons lewe 'veilig' te maak dat ek nie
tyd gehad het om my oor baie ander dinge te bekommer nie.
Ek groet uit 'n koel Christchurch (12.2 grade maar dit is darem nog half 7
in die oggend - hier wissel die temperatuur maklik met 10 grade binne 'n
uur!!!) Maar dis groen, mooi en skoon al mis ek die geel warmte van die
Afrika son.