Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re:Ode to the queen of Africa

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Ai, ewe naief nog ek Anoniem maak 'n grap! Wys jou net hoe skeef my
persepsie hier in die vreemde kan raak.

Hoe groot is Winnie se aanhang werklik nog?

Groetnis
Riana

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Aan Gloudina oor haar papslaan mistykie ...

Ma., 01 Desember 1997 00:00

@igs.net wrote:
>
> Lou writes:
>
>> Papslaan van wit seuns in die tronke - noem jy dit goeie bedoelings. Die
>> hemele behoed ons van jou slegte bedoelings.
>>
>> Lou
>
> Is jy, ou Lou, ook nou een van die bende wat
> my probeer met klippe doodgooi. Net omdat ek
> gesê het dat ek nie glo dat die huidige regering
> tot dusver aan die soort misdade skuldig is as die
> vorige nie. Ek het gesê dat ek nog nie hoor van wit
> seuns wat in tronke papgeslaan word omdat hulle
> "verkeerde" politieke oortuigings het nie. Wanneer
> soiets plaasvind, kan jy verseker wees dat ek
> daarteen sal objekteer, en my familie sal aanraai
> om die land te verlaat. Ek dink jy en jou pals
> het nou genoeg gif gesuig uit een sin wat verdraai
> en verdraai word, net om vir julle die kans te
> gee om orgasmies ander aan te val en vir julself
> te regverdig. Goodbaai, ou Lou. Daar is niemand
> so blind as hy wat nie wil sien nie.
>
> Gloudina

Gloudina

Jy is reg - daar is nie wat so blind as hy wat nie wil sien nie. Ons kyk
maar almal vanaf ons polities gekleurde brilletjie. Ons het die papslaan
storie seker oorbruik - maar het jy agtergekom - die poslys is soos 'n
tenniswedstryd - as jy eers agtergekom het die ander een kan nie 'n vlug
hou hanteer nie en hy dryf jou op die verdediging - dan gee jy hom weer
'n vlughou. Joune is jou papslaan - mistykie. :)

Moenie weggaan nie ons het iemand nodig wat konsekwent sal gapings laat
vir die vlughou ...

Cheers of is dit koebaai?
Lou

PS: Ek herhaal maar net my oorspronklike abtwoord - dat 'n paar wit ANC
manne maar swaar in die tronk geleef het oor hulle politieke
oortuiginge.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Verskuilde krag/vloekwoorde

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Ek staan toe vanoggend weer in die ry by die Hyperama en wag my beurt af by
die kasregister. Die swart dame by die kasregister was in 'n vurige gesprek
betrokke met die sakkie pakker, so tussen die oplui aktiwiteit deur.

Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
gebruik.

Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.

"Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.

Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Re: Verskuilde krag/vloekwoorde

Ma., 01 Desember 1997 00:00

On 1 Dec 1997 18:22:35 GMT, "Alwyn Nel" wrote:
>
> Natuurlik kon ek nie 'n woord verstaan nie, behalwe vir die "Jissis!!!" wat
> sy ge-uiter het elke keer net voor sy asem skep, om die nuwe tirade te
> begin. So 'Jissssisss...." En ek hoor al hoe meer swartmense dit daagliks
> gebruik.
>
> Nou kyk, dit sny deur murg en been, want sy druk dit hier vanaf die kern
> van haar siel uit. Ons almal weet tog "Jissis" is 'n versagwoord vir
> Jesus. Nes 'gonna" 'n versag woord is vir God, en "hene" eintlik Here
> beteken en "jissie of jislaaik" ook maar versagwoorde vir Jesus is.
>
> "Aarde ons" overgesetsynde - my hel! Wat beteken die uitdrukking: "my
> magtig!"? Wie is magtig? God is. So jy kon netsowel gese het - my God! En
> so is daar nog seker 'n goeie gros van verskuilde krag/vloekwoorde.
>
> Nou wonder ek net. Hierdie vrou het duidelik nie die vaagste begrip van die
> woord wat sy so doodluiters uiter nie. Moet mens haar wys maak daarop?
> Sekerlik sal dit onmiddelik gesien word as 'n rasistiese aangeleendheid.
>
> Alwyn

As sy regtig nie besef dat die woorde wat sy gebruik eintlik verband
hou met iets anders nie, dan is dit mos in die eerste plek tegnies
gesproke nie vloekwoorde nie... 'n Vloekwoord word mos met opset
ge-uiter. Of "hene" regtigwaar na God verwys hang seker van die
individu af. My punt is net dat indien EK dit nie so sien en gebruik
nie, kan dit onmoontlik nie as vloekwoorde of verkeerd gesien word
nie. Dis alles relatief en gebaseer op opinie.

Ek is egter seker dat die vrou by die kasregister tog weet waarna
"jissis" verwys.

Groete

Atlas`
============================================
Please remove NOSPAM in front of @ to reply
Homepage: http://home.global.co.za/~brynie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die reuk van vrot blare

Ma., 01 Desember 1997 00:00

Wes Australie is nes die Weskus in die Kaap,
dis sanderig, en nuwe huise word gebou nadat
die lieflike natuurlike bosse met stootskrapers
weggeskraap is. Dan bou hul huise
en plant gemors in die plek daarvan. Plante wat geen
aanklank het met plaaslike voels, insekte, diere, die weer
ens het nie, en sleg lyk ook. (Dis nou die land wat gedurig
dweep oor die omgewing en windgat is oor hul olimpiese spele
die "groenste" olimpiese spele in die geskiedenis is).

In elk geval, so met die gesels oor my toekomstige tuin
het almal raad, en die een enkele ding wat uitstaan is
dat almal my waarsku en afraai om bome te plant wat blare
verloor. Dis dan nou kamma soveel moeite om dit op te vee, dit
val in die swembad ens. En dalk kan jou buurman jou hof toe
sleep want dit waai in sy agterplaas en in sy geute....
(Die wereld volg amerika - almal sleep almal hof toe oor alles)
En om op te maak vir blare wat vrot en kompos, word chemikalie
gedurig gestrooi.

Ek het in Sydney ook 'n huis gehad: 'n munisipale regulasie het
goddank ontwikkelaars verplig om darem 'n paar van die pragtige
bloekombome op nuwe erwe te laat staan.
Dit was todat al die nuwe eienaars begin bou het:
Deur die bank het almal die laaste bome afgesaag. Kamma bang vir wortels
wat die huis sou "oplig" en takke wat op die huis sal val...en blare.
Binne 'n paar maande was al die bome en voels en sonbesies weg.

Ek verstom my dat mense so kan wees ! Is jy ook so ?
Ek hou van blare wat val !
Veral as dit mooi hersfkleure kry.
Ek hou van blare wat rondwaai. Ek hou van blare wat 'n tapyt op die
grond le. Ek hou van die reuk van blare wat vrot, so muwwerige
geur - die geur van paddastoele. Ek kan nie 'n swembad bekostig
nie, en buitendien, ons is by die see. Ek hoop 'n boom val in
party mense se swembad.

Dit laat my dink aan 'n toeristiese eiland aan Australie se ooskus.
Daar het hulle swembaddens ens gebou, en 'n traliewerk plankvloer
vir mense om op te loop. (sodat pieperige toeriste nie op
die grond/blare loop en sand tussen hulle tone kry nie). Alle dooie
blare en takke word onmiddelik verwyder. Japanese toeriste loop
tot waar die planke ophou, dan draai hul om waar die sandpaadjie
begin. Hul swem in die swembad maar nie in die lieflike skoon,
warm tropiese see nie.

Is dit die wereld wat mense deesdae wil he ?
Wil mense in 'n wereld van plastiekplante leef,
Waar alles altyd mooi lyk en nooit vrot nie ?
Waar die gekwetter van voels van 'n opname af kom,
en mens elektroniese sonbesies kan "aanskakel" ?
Ag nee wat !

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

IRC Servers / Chat Rooms

Sa., 29 November 1997 00:00

Ek is opsoek na Suid-Afrikaanse IRC Servers of die Net - adresse van
Suid-Afrikaanse Chat Rooms .

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Skuus Lou

Vr., 28 November 1997 00:00

Lou

Ek vra om verskoning - Gloudina is reg - ek het geen reg gehad om jou te
vra hoekom jy in SA bly nie. Die feit dat haar reaksie heftig was in
vergelyking met joune (wat nie geklink het of jy jou ernstig vir my
vervies het nie) laat my wonder of sy beseg dat die gaan-of-bly 'n baie
algemene gesprekspunt in SA geword het.

Ek is uit my hart bly oor elke gekwalifiseerde persoon wat bly en probeer
om dinge te verbeter. Mag julle daarin slaag en mag julle veilig wees.

Riana

Koeitjies & kalfies | 56 kommentare

KINDER STAALTJIES

Do., 27 November 1997 00:00

Begin jou dag 'n slag met 'n lag:

Ek pos drie maal per week aan ouens op my adreslys kostelike dinge wat
kinders gesê het. Hierdie is skoon staaltjies, soos die een hieronder.
Indien jy dit ook gereeld wil ontvang, gooi net 'n nota in my "posbus" en ek
stuur dit. Op die nota kan jy net sê: STUUR STAALTJIES". Die ander
ontvangers van die sêgoed sal ook nie jou adres kan sien nie. Ek belowe om
nie aam jou gemorspos te stuur nie. My adres: dm...@global.co.za

Die juffrou vra in die klas of die kinders weet wat "inenting" beteken. Jaco
is
dadelik by met 'n verduideliking: "Juffrou die dokter vat so 'n dik naald en
dan
steek hy dit in jou boud. Dan wag hy dat dit begin swel en as dit genoeg
geswel
het, dan vat hy 'n dun naald en steek dit in die swelsel in. Dan brand dit
vreeslik
en dan kry mens nie meer skoolsiekte nie."

xxxxxxxxxxxxxx

En 'n tweede een:

Ma het verwag en Anton het dit agter gekom. Toe hy 'n opmerking maak dat
sy ma besig is om "vet" te word, het ma die geleentheid aangegryp om aan
hom te verduidelik wat besig is om te gebeur. Sy het gesê dat Pa 'n saadjie
in haar geplant het en het verder na die beste van haar vermoeë verduidelik.
Hierdie storie van die "saadjie" moes iewers in die koppie vasgesteek het,
want
'n paar weke later is sy Ma besig om te verklee. Hy is ook in die kamer en
bekyk
sy ma op en af, loop nader, bevoel ma oor die maag, en merk ewe droog op:
"Jig, Ma, jy sal darem nou iets moet doen, want hierrie pit van Pa groei
darem nou
lat dit bars."

xxxxxxxxxxxxxxx

Groete,

Danie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kritiek teen die ANC

Do., 27 November 1997 00:00

Uit e-beeld

**************************

Nicholson gave evidence about her struggle to secure Cebekhulu's release
from a Zambian jail and said that not one of the countries approached by
her, had wanted Cebekhulu.

"This was because his protection would have cost too much since he had
critisized the ANC."

**************************

Die aanhaling verwys na die getuienis van Emma Nicholson vor die WVK. Nadat
sy Cebekulu uit die tronk gekry het, kon sy geen land kry, insluitende
tolerante Nederland en hovaardige Kanada, wat hom wou toelaat nie.

Vraag: waarom sou dit soveel geld kos dat geen staat dit kan bekostig nie,
om iemand te beskerm wat die ANC gekritiseer het?

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Die Eland" deur WILMA STOCKENSTROM

Do., 27 November 1997 00:00

DIE ELAND
Wilma Stockenström

Dat die klein-klein handjie se aanraak
die eland raak opspring en rooi en vaal draf
dit is die wonder wat hom voltrek in die grot

geel vinger rooi klei dit is die wonder
die eland lewend geraak op die wand van klip
die groot geel mensie en die klein bruin eland

die groot oker dier staan op uit die stof
en bekyk die lewe gelate geverf
uit die bek van die grot by die bak ghwarriebos

menseskepsel loop uit uit die bakkrans
uit na die vaal trop doer teen die vlak
om die wind te skep en die kort pyl te skiet

om die bok te skep met die horings swart
en die buik so vaalrooiskurf teen die vaalplatklip
en die sterk pote en die stomp stert en die riffelkwakkie

dit is die wonder wat hom voltrek as die pyl
in die hand wat hand bly kwas word
hand wat die klip laat leef

hand wat laat leef lewende hand
doop in slang en gifbol se gif die pyl
en span die boog breed soos die horison

na die teiken geteken teen die groot-groot lug.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:23:53 UTC 2026