Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Arms broker did give cash to the ANC

Di., 25 Maart 2008 21:36

"Torreke" skryf

> Thyssen

>             The German prosecuting authorities are probing claims that the
> company bribed South African officials and politicians to land a contract
> for warships for the South African Navy, and have formally asked the South
> African government for assistance. Moeller is a suspect.

Hier in Kanada is die nuutste skandaal wat op die
lappe kom ook in verband met die rol wat Karl-Heinz
Screiber, 'n Thyssen agent, gespeel het in die
politieke lewe van die vorige Konserwatiewe eerste
minister Brian Mulroney. Mulroney se naam word
deur die modder gesleep, deels as gevolg van die
feit dat hy op drie okkasies in kontant $100,000
van Screiber in hotelkamers ontvang het.
Die vorige Kanselier Helmut Kohl van Duitsland
het geval juis as gevolg van skandale wat ook met
Thyssen te doen het.
Thyssen is slegte nuus. Thyssen is die
vervaardiger van oorlogsmateriaal.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Tersiene " deur ELISABETH EYBERS

Ma., 24 Maart 2008 22:22

Tersiene

Elisabeth Eybers

Reeds oor die drumpel het my seun, wat hyg,

skool toe, van haastigheid, weer vasgesteek:

'Bestel dit tog vandag van die apteek-'

Sy stem, nou skor dan skraal, het yl gestyg:

'die roulynolie vir my krieketkolf!'

'Onthou!' roep hy, maar hoe kan ek vergeet

Eggo-deurtrek, al grom die honger wolf

van onvoltooide take, sing die kreet

om roulynolie vir my krieketkolf.

Roerloos sit ek voor my geslote boek:

as soveel ongesogte harmonie

gesluit word in 'n simpele versoek,

wat baat beoefening van prosodie?

Geen lettergrepe wat om voorrang stoei

in weersydse verset en kompromie

het ooit in gouer, gladder stroom gevloei

as roulynolie, klinkerryk; geen knal

was nog so klaar as krieketkolf. Hoe sal

my vers ooit weer volwasse word? Daar golf

geen skoner jambes in my moedertaal

as roulynolie vir my krieketkolf!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Doods stilte...

So., 23 Maart 2008 12:05

Is daar nog iemand hier wat iets ordentlik skryf?

Jan van Perth.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Praktiese toets

Do., 20 Maart 2008 06:09

"Riaan" skryf in boodskap news:1205995354.308975@vasbyt.isdsl.net...
> Ek het gister verjaar. Toe my pa my bel om my geluk te wens het ek met hom
> Engels gepraat. Toe hy my vra wat is dit dan nou met die Engels, het ek
> gese ek protesteer teen die twee Afrikaans sprekende studente wat onlangs
> in die nuus was met hulle video.
>
> Sy reaksie:
>
> Baie geluk met jou verjaarsdag Riaan - En baie geluk weereens, jy het
> sopas my top 5 lys van sotlike argumente gehaal.

Kan nie meer saamstem nie! Geluk in elk geval.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die penarie van die Dalai Lama

Wo., 19 Maart 2008 21:13

In vandag se koerante word daar berig dat die
Dalai Lama verklaar dat, as die Tibetane nie
vreedsaam agiteer in Tibet nie, hy as Dalai Lama
sal moet bedank. Hy is totaal gebonde aan die
beginsel van vreedsame protes, en sal nie kan
toelaat dat Tibetaanse Buddhiste geweldadig
agiteer en nogtans hom as die Dalai Lama sien
nie.
Dit is natuurlik 'n amper aardskokkende
uitspraak, komende van die Dalai Lama. Hy is
in sy funksie as Dalai Lama beide hoof van die
regering- van- Tibet -in- die- vreemde en ook hoof
van die Gelug Buddhiste. Die implikasies van
so 'n besluit sal intense implikasies hê, nie net
in die wêreldpolitiek nie, maar ook in die geledere
van Buddhisme self.
Die naaste voorbeeld van so 'n situasie
is natuurlik die voorbeeld van die monargie in
Engeland, waar die verteenwoordiger beide
hoof van die staat en van die kerk is.
Dit bring natuurlik ook die onderwerp
van "passive resistance" op, soos deur Ghandi
bepleit. Wanneer is geweld geregverdig of is
geweld nooit geregverdig nie?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Suidwester

Wo., 19 Maart 2008 07:12

Hi Suidwester

Ek het al voorheen hier genoem dat ek na sekere lande kyk indien ek wel sou
besluit om SA te verlaat. Oz was my eerste keuse, maar die ander dag noem 'n
ou aan my dat ek na Namibie ook moet kyk, want dit sal uit die aard van die
saak baie goedkoper wees, en indien nodig is jy net so 2 uur se vlieg van
die "huis" af.

Sal jy se die man het 'n geldige punt beet

Groete

Riaan

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

So pas vanaf 'n vriendin ontvang

Di., 18 Maart 2008 13:04

*
Ek het dit in .doc (word) file gekry met vele bold letters en kleure.
Jy kan dit self vir epos so doen of vra dat ek dit aanstuur.
Het julle enige opinies hieroor?
*

RAND MERCHANT BANK:
This is about petrol prices and an invitation to join the resistance.
By the end of this month petrol prices are set to soar even higher.

If we want the petrol price to come down, we all need to take some
intelligent, united action.

Last year there was a "don't buy petrol day"-but the oil companies
just laughed at that because they knew that we would "hurt" ourselves
by refusing to buy petrol.

It was more of an inconvenience to us than a problem to them.
But, whoever thought of the ideas, has come up with a plan that can
really work.
 
READ ON AND JOIN THE ACTION!!

By now you probably thinking petrol priced at about R7.50 is cheap. It
is currently at +- R8.00 for regular and unleaded.

Now that the oil companies and the OPEC nations (the bullies like US
and Britain) have conditioned us to think that the cost of a liter is
cheap at
R 8.20 ,
we need to take aggressive action to teach them that buyers control
the marketplace......... not the sellers.

With the price of petrol going up each day, we consumers need to take
action.

The only way we are going to see the price of petrol come down is if
we hit someone in the pocket by not purchasing their petrol.

And we can do that without hurting ourselves.

How?

Since we rely on our cars, we just cannot stop buying petrol.

But we can have an impact on petrol prices if we all act together to
force a price war.
Here's the idea:
For the rest of the year, don't purchase any petrol from the two
biggest overseas oil companies (which are now one), SHELL and BP...
(Local is Lekka - So buy Sasol / Engen / Excel)
If the overseas companies are not selling any petrol, they will be
inclined to reduce their prices.

If they reduce their prices, the other companies will have to follow
suit.

But to have an impact we need to reach literally millions of petrol
buyers.

It is really simple to do!

Now, don't wimp out at this point...keep reading, and all will be
revealed as to how simple it is to reach millions of people.

I am sending this message to 30 people. If each in turn sends it to
another 10 people (30 x 10 = 300)...and those 300 send it to at least
10 people 300 x 10 = 3000)
And so on, by the time the message reaches the sixth generation of
people; we will have reached over 3 million consumers!

If those 3 million people get exited and pass this on to 10 friends
each then 30 million consumers will have been reached. If it goes one
level further, you guessed it three hundred million people!

Again, all you have to do is to send this to 10 people. That's all.

How long will all that take? If each of us sends this e-mail out to 10
people within one day of receipt, all 300 million people could
conceivably
be contacted within the next 8 days! Acting together we can make a
difference.
If you're fed up paying too much for petrol, please pass this message
on.
COMMENCING  NOW  DON'T BUY BP /SHELL, go and support SA Brand SASOL,
our currency and economy will be strengthen by 65% in 18 months the
capital will stay in SA.
Africa must stop feeding the world giants it must feed itself.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Dave, ek dink dis nou genoeg

Di., 18 Maart 2008 12:31

Ek is seker ons almal weet teen die tyd wat jy probeer sê deur
artikels wat elders op die web beskikbaar is hier the reproduseer.
Waarom probeer jy een persoon oortuig deur die forum te hijack met al
die plasings? As dit bloot jou intensie is om ander bewus te maak van
wat in SA aangaan, dan hoef jy net een bydrae te plaas met die
verskeie links na die oorsponklike artikels toe. Dan is jy ten minste
ook aan die veilige kant wat kopiereg betref.
Jy behoort tog beter as meeste mense te besef dat dit nie die manier
is om 'n gespreksforum te bedryf nie. As jy 'n spesifieke artikel wil
bespreek, plaas dit, of selfs beter, plaas 'n opsomming daarvan tesame
met jou kritiek. Jy (en vele ander) het dit al so baie in die verlede
gedoen en dit het nog altyd 'n goeie debat aan die gang gesit. Maar
kyk nou hoeveel mense gee enige terugvoering op enige van jou vele
artikels wat sonder enige kommentaar van jou af net so geplaas word.
Ek het self ook geen probleem met die plasing van 'n Englese artikel
nie mits die doel daarvan is om 'n gesprek aan die gang te sit wat dan
natuurlik meeste van die tyd in Afrikaans sal plaasvind. Ek het ook
geen probleem met 'n paar mense wat dit verkies om dan hul opinies in
Engels of selfs Nederlands te lug nie. Dit is die uitsondering en
(amper) niemand hier is so dof om dit nie te verstaan nie.
En nee ek is nie die moderator of eienaar van hierdie forum nie maar
soos vele ander geniet ek dit om so af en toe hier in te loer. As 'n
gesprek interessant genoeg is, die deelnemers nie op mekaar skree nie,
en ek het 'n opinie daaroor, dan sal ek dit selfs oorweeg om 'n bydrae
te maak. Ek vind dit net oorbodig om alles wat ek alreeds op News24 en
ander websites gelees het weereens hier te sien sonder dat daar eers
enige kommentaar gelewer is deur die oorsproklike poster.
As ek dan ook die enigste een is wat voel jou plasings is bietjie
oorbodig, dan sal ek myself seker maar daarby moet berus. Of beter,
dalk myself daarby aanpas en dieselfde begin doen.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Electricity bill may rise by 24%

Di., 18 Maart 2008 11:58

On Tue, 18 Mar 2008 12:25:36 +0200, Dave wrote:

> Electricity bill may rise by 24%
> 18 March 2008, 07:30

Is op pad om gekonnekteer te word met Egoli gas - dis nou as die
slapgat maatskappy in randburg hulle goed agtermekaar kan kry.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    137  138  139  140  141  142  143  144  145  146  147  148  149  150  151  152    »]
Tyd nou: Do. Jan. 15 23:12:59 UTC 2026