Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Jaarlikse aanmoediging: Idioomversameling

Sa., 28 Maart 1998 00:00

Idiome - is hulle nie wonderlik nie? Ultra-kort gediggies, as't ware,
behalwe dat hulle nie in boeke, maar in ons monde leef.

Ek sou graag 'n hele versameling van idiome op my hardeskyf wou hê, sodat
ek hulle een vir een kan uithaal en soos blokkies biltong vir 'n dag op 'n
slag kan kou.

'n Paar van die lekkerste repies idioombiltong is te siene op die webblad:
http://www.mbnet.mb.ca/~harms/idiome.html

Hoe nou gedaan om die uitruil en versamel van idiome maklik te maak?
Hoe kan ons die kaf van die koring skei?

Met die bogenoemde in ag genome, stel ek volgende reëls voor:

1. Een idioom per boodskap (of wat is die Afrikaans vir "posting"?)
2. Begin die titel van die boodskap met "Idioom:" gevolg deur enige
woord uit die idioom. Dit sal verwarring voorkom, en maak alfabetiese
sorteer makliker.
3. Begin die boodskap met die idioom
4. 'n Verduideliking in soveel tale as wat tot jou beskikking is, kan
die pittigheid Afrikaans vir meer mense toeganklik maak.
5. Gee een of twee voorbeelde, asook 'n klein storie, as verduideliking
van die betekenis of oorsprong saam.
6. Teken gerus met jou naam, of gee dan een of ander verwysing.
7. Vermy afjak en politiek.

Natuurlik is hierdie voorstelle, net soos enige reëls op die internet,
net so kragtig as wat die gebruikers dit maak.

O
/\/
O (Bedink en getik deur Stefan Harms)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Jy is die Adder aan my boesem.

Sa., 28 Maart 1998 00:00

Wie in glashuise woon, moet nie klippe gooi nie.
Die pot verwyt die ketel.
Jy sal jou broek vinniger op 'n stok dra as wat jy dink.
Moet nie 'n gegewe perd in die bek kyk nie.
Pluk 'n lat vir jou eie gat.
As die kat dik is , is die muis bitter.
Kak en betaal is die wet van transvaal.
Waar die hart van vol is loop die hart van oor.
Elke skewe pot het 'n deksel
Van bakboord na stuurboord
tong in die kuus(of wat ook al)
Al haar (gloudina) varkies is nie op hok.
Hy het 'n klap van die windmeul weg.
Jy kan nie God en Mammon dien nie.
Jy moet jou gordel in trek
Kla met 'n witbrood onder die arm.
Pyn in die gat. (gloudina)
Jy is my ligstaaltjie. (nie Gloudina nie)
Pis en parafien..(die belasting wat die midde ooste betaal is pis en
parafien)
Van die os op die jas.
Dit reën katte en honne.
Ek ken 'n muishond aan sy reuk. (P.W.Botha...rubikon speech of daar rond)
Gebore met 'n goue lepel in die mond.
Gebore en getoë
Soos water op 'n eend se rug
Al dra 'n aap 'n goue ring bly hy steeds 'n lelike ding.
Jy kan 'n perd tot by die water bring maan jy kan hom nie maak drink nie.
Die appel val nie ver van die boom
Wis die probleem uit met wortel en tak.
Die Wortel van ale kwaad.
Buig die boompie terwyl hy jonk is.
Slim vang sy baas
Jy het die perd nou dik litte gery.(jy het dit oordoen)
Kla soos 'n tannie met 'n nat broek op 'n kerkbazaar (Gloudina)

Ander plein afrikaanse sinne (oorspronklik)
Eendag lag jy en ander dag kak jy.
Daai ou praat hier en slaan daar. (Mafia)
Ek sal jou opvreet vir brekfis.
Moet nie jou tiete vir my uithang nie. (moet my nie verlei nie) {J.A
Potgieter}

--
Mafuta   Sefebe

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Gloudina - net 'n vuis in die broek

Sa., 28 Maart 1998 00:00

--
Mafuta Sefebe

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom

Sa., 28 Maart 1998 00:00

| > Toemaar Gloudina, moenie sleg voel oor war jy groot geword het nie - ek het
| > al vir jou gesê om jou terapeut te vra om aan jou selfbeeld te werk.
|
|
| Wel, Nico, siedaar. 'n Mens
| stel vir jou 'n lokval en jy
| loop dom en blindelings daarin.
| Jy verklaar dus dat enige
| maatskappy ('n archaisme wat nie eintlik meer in Afrikaans gebruik word nie)
| wat NIE skelwoorde
| soos "jou moer" gebruik nie,
| agterlik is?

Hoe kry jy die kat so aan die stert beet? (Die idioom is vir Gloudina wat
nie 'n redenasie kan volg nie - seker al te lank nie Afrikaans gebruik nie
- nou kry sy so maklik die kat aan die stert beet)

Nee, Gloudina, dis nie wat ek gesê het nie. As jy wilde afleidings wil
maak, gebruik die bietjie gesonde verstand wat jy nog mag oorhê

In watter omgewing
| het jy grootgeword waar hierdie
| soort woorde aanneemlik was?

Het dit in die weermag en universiteit opgetel, en dit sê BAIE lekker.

Nico

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

IDIOOM: Landmyn

Sa., 28 Maart 1998 00:00

So stil soos 'n landmyn.

Verklaring: Onderdrukte aggressie.

Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
aktiveer.

Stefan Harms

Afrikaans, ons taal | 2 kommentare

Re: IDIOOM: Landmyn

Sa., 28 Maart 1998 00:00

| Voorbeeld: Die meeste lesers op enige openbare nuusgroep op die internet
| neem nie aktief deel nie, maar dan is daar 'n paar wat so stil soos 'n
| landmyn is: Hulle sê niks nie, totdat iemand hulle op een of ander wyse
| aktiveer.
|
| Stefan Harms
|

Jy moet sien hoe sit Gloudina ons af ....!

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

AFRIKAANS EN ENGELS

Sa., 28 Maart 1998 00:00

Almal lees culture S.A. en Culture S.A. Afrikaans.

Verstaan sommige van julle nie die verskil nie.
GAAN PLAAS JULLE ENGELSE BRIEWE ASSEBLIEF IN DIE ENGELSE NUUSGROEP

Ons sal daar ook antwoord.
Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Crunchie

Sa., 28 Maart 1998 00:00

Terwyl ek nou die dag deur ons “Dictionary
of South African English” blaai, kom ek op die
volgende af:

“crunchie” (slang) Offensive mode of reference
to an Afrikaner.

Een van die voorbeelde van die woord wat hulle
gee, kom uit ‘n David Kramer lied:

“Call me a crunchie,
And I’ll take jou outside,
I’ll show you just how,
the crunch is applied,
Then you’ll keep .... tjoepstil.

Volgens die woordeboek is die ander pejoratiewe
woorde vir ‘n Afrikaner “ hairyback” en “rockspider.”
Nouja, ek kan nie sê dat ek ooit met enige van hierdie
woorde in aanraking gekom het nie, maar ek kan tog
sien waar dit moontlik vandaan kan kom. Maar
“crunchie” slaan my heeltemal dronk. Vir my het die
woord net assosiasies met ‘n soort sjokolade. (Ek
vergeet nou of die sjokolade hier of in SA te vinde is.)
Is daar enigiemand wat vir my kan verduidelik waarin
hier woord sy oorsprong het?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gedig deur PHILIP DE VOS

Vr., 27 Maart 1998 00:00

GEDIG DEUR PHILIP DE VOS

Wees dankbaar
vir 'n bleskop
waar skilfers
nooit
kan nesskop.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Idiomatiese Uitdrukking: TJOEPSTIL

Vr., 27 Maart 1998 00:00

Idiomatiese Uitdrukking: Tjoepstil
Heeltemal stil.

"Absolutely silent." The origin of this word
in Afrikaans is traced to the Hindi word
"chup" (silence.) It probably entered
Afrikaans via the Malay used at the Cape
of Good Hope by the Malay slaves that
were brought to the southern tip of Africa
by the Dutch. In the seventeenth century
the Dutch had established colonial holdings
in the Far East and the settlement at the
Cape was a vital link in this colonial empire.

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1427  1428  1429  1430  1431  1432  1433  1434  1435  1436  1437  1438  1439  1440  1441  1442    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 21:44:56 UTC 2025