Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Skei Leendert en Gloudina

Wo., 29 April 1998 00:00

Ek is nuut in hierdie n.g. maar ek wil amper 'n wedenskap
aangaan dat Leendert en Gloudina twee ou getroudes is
wat op skei staan...........

Sakkie

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Die woord `skoenlapper'

Di., 28 April 1998 00:00

Dalk is hierdie vir julle net so interessant soos dit vir my was:

Op 'n ander nuusgroep was daar 'n bespreking oor waar die naam
`butterfly' nou eintlik vandaan kom. Een ou beweer toe dat dit direk
vertaal uit die Hollands kom. 'n Hollander help hom toe reg dat
`butterflies' in Hollands `vlinders' is en niks wat met botter te doen
het nie.

`Vlinder' ken ons in Afrikaans ook, maar dit was vir my vreemd dat hy nie
`skoenlapper' noem nie. Is dit nie ook oorspronklik Nederlands nie? Toe
vra ek, en vind uit dat `schoenlapper' wel in Nederlands bestaan, maar
gebruik word vir net een enkele spesifieke skoenlappersoort, en nie vir
alle skoenlappers soos in Afrikaans nie. En ja, die
letterlike betekenis van `schoenlapper' is wat ons 'n `skoenmaker' sal
noem, maar hoe dit gekom het dat dit aan die insek gekoppel is weet
niemand meer nie.

Intussen dink ek toe aan 'n paar ander voorbeelde waar
oorspronlik Nederlandse name op totaal onverwante Afrika-fauna toegepas
is:

`Eland' is die Nederlands vir 'n Europese takbok (die Engelse `elk' of
Amerikaanse `moose'). Die grootste boksoort in Europa, die grootste
boksoort in Afrika; 'n logiese verbinding.

`Wolf' vir hiëna. Roofdiere wat dikwels in troppe hou; weereens 'n
logiese verbinding.

`Tier' vir luiperd. Weliswaar nie 'n Nederlandse dier nie, maar een wat
die Nederlanders in Oos-Indië sou leer ken het.

`Vos' (die Europese rooi-vos) toegepas op verkeie jakkalssoorte, veral
die silwervos.

Nog voorbeelde enigeiemand?
Ek het iewers gehoor `gems' is die Nederlands vir `chamois', 'n bergbok
van die Alpe. Die enigste ooreenkoms met 'n gemsbok wat ek kan sien is
dalk in die patrone op die gesig. Ek wonder oor hierdie een. Die chamois
kom nie in Nederland voor nie, wel in Frankryk/Switserland/Italië. Kon
hierdie een dalk van Frans via die Hugenote gekom het? Ek kan my voorstel
dat 'n Hollander se poging om `chamois' uit te spreek by `gems' gaan
draai. Of sit ek die pot heel mis en is dit 'n inheemse naam?

Ek weet die puriste (beide taalkundig en dierkundig) gril vir wolf en
tier, en veral vir iets soos tierwolf (die gevlekte hiëna), maar ek dink
dis mooier name.

Groetnis
John

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

"spam"

Di., 28 April 1998 00:00

Het niemand 'n Afrikaans woord vir "spam"??? kakpos???

HWM

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: "spam"

Di., 28 April 1998 00:00

H.W.M. wrote in message ...
> Het niemand 'n Afrikaans woord vir "spam"???

spam = skop (sommer klomp ongevraagde pos)
Nou weer jy.....

(lekker koud in finland, ná !)

groete van kaia tot iglo
Kobus

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Not personal - please.

Di., 28 April 1998 00:00

| Exactly. Do you think past laws and the denial of real education can
| have *anything* to do with the unemployment rates, as well as the
| unwillingness (in the U.S. at least) of hiring even the qualified due to
| the types of stereotypes people like you have?!
| For someone spouting so many "facts" like you, you do not seem very
| bright or educated.

I'm not too bright. I read slowly and I only count to 100. I was not
highly educated. I bought my university degree. I dim out after sunset.

Are you happy now???

Please do not attack people on this newsgroup! And please do your
correspondence in Afrikaans, if you can. If you want to critisize, make
sure you are attacking a point of view and not a person. That's always
safer. I am sure you are bright and clever enough to understand that.

Try to be as possitive as possible!

Kind regards!
Nico!

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Re: Not personal - please.

Di., 28 April 1998 00:00

Mooi so Nico, volk hulle almal ! o|:-)

Groete
kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)

> Please do not attack people on this newsgroup! And please do your
> correspondence in Afrikaans, if you can.
> Try to be as possitive as possible!
>
> Kind regards!
> Nico!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse leestekens

Di., 28 April 1998 00:00

Danksy 'n wenk van Hannes Cilliers, kan ek nou 'n oplossing bied vir die
korrekte plasing van Afrikaanse leestekens:

Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language' en dubbelklik op die blou
strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.

Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
^, of ', of `, en daarna die betrokke klinker. Jou masjien praat nou
Afrikaans, soos Hannes dit stel!

Ek het 'n probleem gehad om aanhalingstekens te gebruik met 'n klinker direk
daarna (die masjien sit 'n deelteken op die klinker), maar die oplossing is
om die spasiebalk ná die aanhalingsteken te druk.

Nogmaals dankie, Hannes!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark

Di., 28 April 1998 00:00

Vanaf 2 Oktober 1998 word die Kalahari Gemsbokpark en sy eweknie in Botswana
een park, en sal bekend staan as die Kgalagadipark, en gesamentlik bestuur
word deur bewaringsowerhede van die twee lande, is verlede week bekend
gemaak.

Die park sal 37 991 vk km groot wees (Kruger Wildtuin 19 458), en dit word
beskou as 'n mylpaal in die skepping van parke oor landsgrense heen. Nog ses
sulke tipe parke word beoog in Suider Afrika, waarvan die kroonjuweel 'n
park sal wees bestaande uit die Kruger Wildtuin, Banhine in Mosambiek,
Gonarhezou in Zimbabwe, en die verbindingsgebiede tussen hulle. Hierdie park
sal 95 712 vk km groot wees.

In nog 'n verwikkeling, word beoog om die Mata-Mata hek tussen die
Gemsbokpark en Namibie" later vanjaar te heropen. Om te verhoed dat die park
bloot 'n deurgangsroete word, sal daar minstens 2 nagte in die park geslaap
moet word.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Leendert vra: wat is Apartheid?

Ma., 27 April 1998 00:00

Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval. Jy wil
hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
gestrykte konsep van apartheid voor te lê. Op so 'n
manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
eeu in SA gebeur het.
Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
1948 nie. Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
die probleme sou oplos van die vorige halfeeu. Maar
baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.
Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
aan en so aan en so aan. Eers het die SA bevolking wat
nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.
Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare. Teen die
1970's en 1980's was almal wat nog Christelike beginsels
gehad het, al teen die sisteem gekant. Maar daar was so 'n
duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
om dinge weer te normaliseer: dit wil sê om 'n atmosfeer
te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het. 'n
Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
wat die geval was in die laaste paar eeue.
Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Regstellende Aksie of Wettige Rassisme?

Ma., 27 April 1998 00:00

Ek moet nog die persoon ontmoet wat
nie in enige mate 'n rassis is nie. Ek glo
net dat solank jy niemand benadeel, of
skat volgens etniese groep nie, jy 'n gesonde
grondslag het om goeie besluite te neem.

Huidiglik word wetgewing verander om
werkgewers te dwing om mense aan te
stel volgens velkleur. Ek wonder net hoe
regverdig dit is teenoor die arme persoon
wat aangestel word met die minimum
ondervinding, alhoewel hulle meestal die
kwalifikasies het.

Sulke persone word eerstens verwerp deur
hulle eie mense as "sell-outs", en ten tweede
vind meeste van hulle dit onmoontlik om
effektief hulle nuwe posisies te behartig.
Deels omdat die persoon wat hom nou moet
leer, en dra in die posisie, nie die pos gekry
het nie omdat hy die verkeerde velkleur het.

Ons land probeer om kompiterend te raak
op die internationale markte. Hoe gaan ons
dit ooit regkry terwyl ons mense in poste aanstel
omdat hy die regte velkleur het in plaas van
omdat dat hy die werk kan doen.

Ek glo nog 'n mens gooi fondasie voordat
jy dak opsit.

Groetnis
('n uiters bekommerde)Sakkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1412  1413  1414  1415  1416  1417  1418  1419  1420  1421  1422  1423  1424  1425  1426  1427    »]
Tyd nou: Di. Jan. 20 22:47:43 UTC 2026