Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die onwaarskynlike held

Do., 07 Mei 1998 00:00

Ek dink dit was Hermann Gilliomee wat aan die begin van die jaar voorspel
het dat Louis Luyt die onwaarskynlike held van die jaar kan word.

Met sy weiering om te bedank as president van SARVU is daardie voorspelling
bewaarheid.

Nou, Gloudina, sal jy werklik oorlog kan sien.

Ek het nog nooit ooghare vir Luyt gehad nie. Maar die ANC se onregmatige
druk op SARVU het hom nou verhef tot die simbool van weerstand teen
onbehoorlike regeringsinmenging in die sake van die burgerlike samelewing.

Hierdie ding is groter as wat dit mag lyk. Dit is 'n toets vir ons grondwet.
Dit is 'n toets vir die ANC se wil om hom te onderwerp aan die grondwet. Dit
toets die ANC se toewyding aan die idee van "vryheid" waarvoor hulle hul na
bewering beywer het. Dit is besig om 'n baie fundamentele burgerregtelike
aangeleentheid te word.

Ter selfdertyd lyk dit so asof die ANC, Cosatu en die NSC probeer om die
aandag af te lei van hulle Madiba se "onbetroubare" getuienis onder eed.
Dieselfde ding wat in die VSA tot Nixon se ondergand gelei het.

Hierdie ding kan werklik baie lelik word - en 'n oomblik van waarheid.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

For JE...@THEWINDS.ORG(What a joke)

Do., 07 Mei 1998 00:00

je...@thewinds.org wrote:
>
> Dear Volk of South Africa,
>
> How are things in the "new" South Africa? Blah Blah Blah..............
> We want to hear from you. Please write to .
>
> South Africa can do without more of this kind of self-serving journalism.

--------------------------------------------

You are not interested in the truth about anything in either the "new" or
old South Africa beyond what you wish to gain for yourself with your
disrespectful sensationalism. Your e-mail address contains the truth about
this kind of reporting. Wind. Hot, foul wind.

Billy.
--------------------------------------------

For decades international reporters have used facts, twisted and distorted
it
to suite their needs, and made a lot of money through increased sales of
the
CRAP they printed. Why should we talk to Jeff?

GET LOST AND LEAVE US ALONE FOR A CHANGE. Go sensation hunting
somewhere else. Try the Racial problems in Britain and/or the USA, or are
you
not man enough to face a real challenge. People like you really piss me
off.

Askuus vir die taal Gloudina (en ander), maar verslaggewers soos die ou
maak
my die donner in.

Sakkie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"New" South Africa.

Do., 07 Mei 1998 00:00

In article #1/1,
"SAKKIE" wrote:
>
> je...@thewinds.org wrote:
>>
>> Dear Volk of South Africa,
>>
>> How are things in the "new" South Africa? Blah Blah Blah..............
>> We want to hear from you. Please write to .
>>
>> South Africa can do without more of this kind of self-serving journalism.
>
> --------------------------------------------
>
> You are not interested in the truth about anything in either the "new" or
> old South Africa beyond what you wish to gain for yourself with your
> disrespectful sensationalism. Your e-mail address contains the truth about
> this kind of reporting. Wind. Hot, foul wind.
>
> Billy.
> --------------------------------------------
>
> For decades international reporters have used facts, twisted and distorted
> it
> to suite their needs, and made a lot of money through increased sales of
> the
> CRAP they printed. Why should we talk to Jeff?
>
> GET LOST AND LEAVE US ALONE FOR A CHANGE. Go sensation hunting
> somewhere else. Try the Racial problems in Britain and/or the USA, or are
> you
> not man enough to face a real challenge. People like you really piss me
> off.
>
> Askuus vir die taal Gloudina (en ander), maar verslaggewers soos die ou
> maak
> my die donner in.
>
> Sakkie
>
> Ek is so bly iemand stem met my saam oor die soort van joernalistiek.

Self sogenaamde ordentlike lande (ek praat van n soetsappige plek in noord
amerika,) maak hulle hieraan skuldig. Ek weet persoonlik van n groep
verslaggewers wat reggestaan het met hulle kameras en n klompie swart kinders
afgeneem het vir die oorseese pers. Hulle het toe handevol lekkergoed op n
walglike puinhoop gegooi sodat die kinders daar moes inhol en woes soek na
die eetgoed. Dit het die joernaliste natuurlik afgeneem sodat dit lyk of die
arme bloetjies waansinnig van die honger daar rondskarrel vir lavenis. Soos
julle seker weet, dit is maar net een van die soort insidente. Die mense is
sogenaamd besorgd oor die kinders wat hulle daar afneem, maar ek vind die
vernedering is onbeskryflik.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

studentelied: Die kat kom weer

Do., 07 Mei 1998 00:00

Hier in Vlaanderen zingen wij volgend Afrikaans studentenlied vaak, (een
vernederlandste versie). Is het bekend in Zuid-Afrika en door wie wordt het
gezongen?

Die boer die zwoer hem blou
hij zou die kat doodschiet
Hij had zijn hoos gelaan
met kruit en dynamiet
Hij lei dei kat hem voor
de weg die hij moest kom
En de volgende morgen velletjes en beentjes

Maar die kat kwam weer
die kon ni langer wach
die kat kwam weer
die volgende dag
die kat kwam weer
geloof me t is waar
de volgende dag was die kat weer daar

De boer die zet die kat
toen op een goog gebou
en gooi hem naar beneen
met een flinke dou
de man diem op em krijg
wor plat gelijk een vijg
Twaalf vaderloze kindetjes...

Toen het die boer die kat
in 1000 stukjes gekapt
en steekt dan ieder stuk apartjes in een zak
hij stampte de boel goed aan en
denkt het is gedaan
maar telkens hij slaapt
droomt hij altijd maar van...

Er zijn nog 6 andere strofen, maar wegens omstandigheden(luiheid) ga ik die
hier niet allemaal overtypen
groetjes

Elke Abbeloos
elke.a...@zorro.ruca.ua.ac.be

Musiek & liriek | 1 kommentaar

Vang iemand BASS hier!!!!!!!!

Do., 07 Mei 1998 00:00

Ek soek goeie Bars vangplekke in en om Pretoria.
dankie
Jan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

RE: Gloudina en Leenderd se modderstoei

Wo., 06 Mei 1998 00:00

In article #1/1,
wrote:

>
> Nou, ou Gideon. Die saak is baie
> meer gekompliseerd as wat jy dit
> stel. Kom ons begin by die begin.
> Hoekom woon so baie mense modder-
> stoeiwedstyde by? Omdat hulle hou
> van die aksie, ou Gideon.

Hmmm... wel.. miskien, maar jy maak dit vir ou Leendert nou so swaar hier dat
hy sy pseudo-intellektuele masker opsit getemper met 'n druppeltjie of twee
humorlose vennyn.

En dan die ander ding natuurlik is dat modder (soos sekere ander natuurlike
afskeisels) natuurlik spat. Nou miskien is dit wat mense geniet. Persoonlik
sou my beskeie mening wees dat daar ander, meer grafies attraksies aan
modderstoei is.

> Nou,
> jy sê jy "hang aan die kante
> van die nuusgroep rond" maar is
> nou nie een wat gereeld bydra nie.
> Nou neem Gideon skielik die kuber-
> pen op, en waaroor skryf hy?
> Leendert en Gloudina se vete.
> Kan die Leendert/Gloudina "vete"
> dus 'n manier wees om bydraes
> te stimuleer, Afrikaans in die
> kuberruimte te bevorder?
Dit is moontlik, hoewel my bydraes gewoonlik saamgaan met hoeveel tyd ek het
om te bestee aan buitemuurse aktiwiteite. Hierdie week is daar relatief baie
van daardie kosbare kommoditeit beskikbaar so...
Ek is darem nie heeltemal stom nie, en het al van my liedjies wat ek maar so
aan die kant skryf op die nuusgroep geplaas en dan ook so af en toe in die ou
dae toe Ferdi/Koos redelik gereeld hier rondgehang het relatief baie bydraes
gemaak.

> Ek dink
> dis nie Leendert se doel nie. Hy
> is maar net 'n argumenteerder in
> murg en bloed, en ek dink hy geniet
> dit om met my te argumenteer. En
> in die proses gee hy my nogal
> waardevolle inligting oor SA. En
> ek hou maar net die plek warm
> vir Koos/Ferdi, wat soos 'n groot
> speld van die nuusgroep af verdwyn
> het. Hy was eintlik die baas-
> afranselaar vir Leendert. Ek dink
> Leendert is jammer dat Koos van
> die toneel verdwyn het. Hulle het
> soms net geargumenteer, oor niks.
> DIS 'n kuns.

Hehehe :)

Ja, Ou Ferdie is maar skaars hierlangs deesdae. Ek sien hom so af-en-toe in
ander nuusgroepe rondhang. Miskien het hy begin verveeld raak daarmee om
dieselfde ou argumente oor en oor met Leendert te hê. Ek meen - hoeveel
maniere kan jy nou sê: "Kom by ou bees". Miskien is hy bevorder van hoof
moeilikheidmaker na hoof ietsanders en nou voel hy nie meer so driftig oor
dinge nie.

>
> Nou, ou Gideon, vertel ons waar
> jy in die Boland bly, en hoe dit
> nou daar lyk. Ek hoor so graag
> van die Boland.
Wel... ek woon in die skadu van daardie "Boerse Fallus" soos wat Ferdi die
Taalmonument een keer genoem het. En die enigste manier om die Boland te
beskryf is met jou hande. Jy kan hom net sien of proe in die wyn. Die
woordeboek het nie genoeg woorde nie.
Die enigste ander plek wat naby kom is die Karoo, waar my ouers woon. Daar ry
mense net deur en sê: "Maak gou, dit is warm (of koud), bar en vervelig.".
Maar as jy stop vir 'n dag of 'n week of 'n jaar , dan begin jy sien met
ander oë, want dan leer jy eers kyk. Jy moet kyk vir dinge, wat die sien van
mooi soveel mooier maak. Jy gaan nie net verbyry teen 120 Km per uur en die
mooi sien nie. As jy nog nie op een van daardie ysterklipkoppies gesit en kyk
hoe die wolke inrol en op die ou end reën baar nie, het jy nog nie gesien
nie, want jy het nognie gekyk nie.

Die Boland is anders - jy word so oorweldig deur die groen van die wingerde
en boorde. As jy laatmiddag kyk na die berge, kan jy amper sien waar die
ekspressionisme sy oorsprong in oorweldigende kleur gekry het. As van Gogh in
die Boland gewoon het, sou hy nooit sy hart, sy oor en sy lewe verloor het
vir die liefde van 'n sterfeling nie.

Miskien is die waarheid eintlik dat mooi is soos jy mooi sien. Niagra se
water, Antartika se leegte, die Namib se sekelduine, Nederland se
laaglande... Waar jy dit soek, sal jy dit sien.

> Ek beloof jou ek
> sal nie met jou argumenteer nie.

Ek weet ;) Jy raas net met Leendert.

Hmmm... wel... meestal

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

onse mooi land

Wo., 06 Mei 1998 00:00

ek weet nie of ek nou maar net simpel is nie maar die manier hooe dinge
hier aangaan, gaan die land uit mekaar uit val, (die bietjie wat oor is van
hom in elk geval) maar nou ja, kyk soos daardie karakter wat daardie bom
in'83 geplant het en 13 mense dood gemaak het, die vark het meer as 11
ander ook al geplant en nou soek hy amnestie, is ek nou maar net paranois
of wat, die vark gaan dit seker nog kry ook!!

ok chow for now
louwtjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina en Leendert se moddergooiwedstryd

Wo., 06 Mei 1998 00:00

Eenvoudige Vraag:

Ag nou ja... Wat sal ek sê...
Ek wil tog 'n beskeie bydrae lewer en vir julle ou tweetjies vra om maar
julle moddergooiery iewers anders
heen te neem. -Gideon-

Riglyne. Kobus

goedbedoelde kritiek dalk van waarde was -Gideon-

geensins afbreuk doen aan die positiewe bydrae wat Gloudina en Leendert maak
tot die ng nie. Nou is ons by die punt wat dit nie meer regstel is nie, maar
belediging. Gideon

Ek stem nie saam nie. Baie van Gloudina se goed is "tongue in cheek". En
Leenderd skryf n vreeslike mooi Afrikaans. J

Eenvoudige Antwoord:

eenvoudig nie te lees nie - "delete" - "kill file", kritiseer, deelnemers
te sensureer ,goeters te verwyder, iriteer, verberg , voorbarig ,
voorsitter te speel, parlementêre prosedure, onderwerp aan jou gesag ,
politieke ontleders , formules, gesprekke sensureer, futiel. Leendert

Net polisie , 'nag' tot jy weggaan , chaos , kill file werk, Flame wars.
Lou

van die nuusgroep af terroriseer, reg toe-eien, reels te maak. Gloudina

Eenvoudige Reaksie

Ag nou ja... Wat sal ek sê...
Ek dink ons los maar eers vir Cyril.
Nogmaals ongelooflik baie groete
Kobus

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Gloudina - Liriek

Wo., 06 Mei 1998 00:00

Wel ou Gloudientjie, net om te wys dat ek darem nie net 'n hekel het on
Modderstoei nie:

Liriek

Sal ek nou 'n loflied bou
Van Boland berge blou
Of sal ek maar 'n liedjie skryf vir jou?

So baie het gesing en speel
Oor Tafelberg se jas
En almal dig oor die liefde sodra dit hulle pas
Almal dig oor die liefde sodra dit hulle pas

Ek is die sanger
En ek sing wat jy wil hoor
Van die swaarkry
En die blydskap
En die trande in jou oë
Alles is seker in die mate van musiek
Maar tussenin die note
Skuil die chaos van Liriek

Sal ek inspirasie vind
By voëls in die lug
Of sal ek maar net luister na die liedjie in my sug?

Gannabos en branders
Pypsteel en kaneel
Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel
Elkeen sê sy woorde al mag dit jou verveel

Ek is die sanger
En ek sing wat jy wil hoor
Van die swaarkry
En die blydskap
En die trande in jou oë
Alles is seker in die mate van musiek
Maar tussenin die note
Skuil die chaos van Liriek

Sal ek nou 'n loflied bou
Van Boland berge blou
Of sal ek maar 'n liedjie skryf vir jou?

Kopiereg - Gideon van Zyl 1998

Groete uit die Boland

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Musiek & liriek | 2 kommentare

Verlore Pos

Di., 05 Mei 1998 00:00

Henri Burger wrote in message ...
> Ek merk soms dat ek sommige ouens se pos net sien as iemand daarop reageer
> 'n Alternatiewe manier om dit te kontrolleer, is om na
> http://www.dejanews.com te gaan, en gratis in te teken deur 'My Dejanews'
te
> kliek. Vandaar kan 'n ou kyk wat op enige nuusgroep geplaas is.


Mens kan ook openbare nuusbedieners gebruik om in te teken op nuusgroepe. Go
Tools> Accounts >Add>News. Hou alles dieselfde, maar verander die server na een van die
hieronder. Dit kan deur enige iemand gebruik word. Wat gebeur, is dat jy nou twee news servers het,
en wat jy nie op die een kry nie, sal jy wel op die ander kry. Ek weet nie van die ander nie, maar die univ. van stuttgart s'n dra hierdie NG. Een nadeel is dat jy nie 'n plasing kan maak deur hierdie bedieners nie.

Public Access News Servers

news.uidaho.edu
news.uni-stuttgart.de
newshost.uwo.ca
usenet.seri.re.kr
voyager.iii.org.tw
Demonews.mindspring.com
news.savis.com
stallion.mikuni.com
no2.i-way.net
news.doha.net
news.nesbittburns.ca

(Uit Internet @ccess Africa)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1405  1406  1407  1408  1409  1410  1411  1412  1413  1414  1415  1416  1417  1418  1419  1420    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 17:48:43 UTC 2026