So, Patricia de Lille het haar hofsaak teen die parlement gewen. Vir die wat
dalk nie weet nie, die agtergrond:
In 'n debat in die Nasionale Vergadering op 22 Oktober 1997 het De Lille
sekere ANC lede uitgewys as spioene van die vorige regering. Die Speaker het
haar gevra om die aantygings terug te trek, wat sy onvoorwaardelik gedoen
het. Die ANC was nie hiermee tevrede nie, en het 'n ad hoc-komitee aangestel
wat die saak moes ondersoek. Die komitee, gelaai met ANC lede, het aanbeveel
dat De Lille geskors word, wat deur die parlement bekragtig is.
De Lille is hof toe, maar die Speaker het onder 'n wet van 1963 'n
sertifikaat uitgereik dat die hof nie die magte het om parlementêre
prosedures te ondersoek nie.
Regter John Hlope het beslis dat die beperkings wat op De Lille geplaas is,
nie "redelik of regverdig was in 'n oop, demokratiese gemeenskap gegrond op
vryheid en gelykheid nie." Hy het ook beslis dat die Speaker se sertifikaat
ongrondwetlik was, en dus ongeldig is.
Dus, 'n klein oorwinning vir demokrasie. Ek glo ons gaan nog baie sulke
uitsprake nodig hê, voordat almal sal besef dat ons 'n grondwet het, waaraan
almal hulle moet onderwerp. Ook die regering.
O ja, sover was daar ook nog nie beskuldigings van rassisme teenoor regter
Hlope nie!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Hallo, ik ben een Nederlander!
Is het iemand opgevallen dat zuid-afrikaans heel veel op het nederlands
lijkt?
Dat komt omdat er vroeger Nederlanders woonden.
Groet,
Michiel Rombouts
P.S. Als je dit niet kan lezen heb ik daar begrip voor.
Die klank verklik my vreugde en verdriet,
ek vra wat elke ding my snare bied;
sal alles doen en selfs verraai
net dat 'n nuwe deuntjie in my draai.
Ag Heer, vergewe my die sondes van die lied.
Kitaarspeler: guitar player
klank : sound
verklik : give away, let out, spill the beans
vreugde : joy
verdriet : sorrow
vra : ask
elke ding: each thing
snare: strings snaar/snare/snaartjie
bied: offer
sal alles doen: will do everything
selfs: even
verraai: betray
net : so that
nuwe deuntjie : new tune
draai: turn, go round and round
Ag Heer: O Lord
vergewe: forgive
sondes : sins sonde/sondes/sondetjie
lied: song
A constant theme in D. J. Opperman's later
work is about "die sondes van die lied"
(the sins of the song.) To him it is clear that
the poet very often, in order to write a good
poem, will say things that are not truthful or
true to his personal beliefs. It is to illustrate
this theme that Opperman wrote the poignant
very short poem "Die kitaarspeler."
In article ,
x-archive=no wrote:
>
> Kobus Pietersen wrote:
>>
>>>> Lou,
>>>> My ou,
>>>> Sê my gou,
>>>> Wat doen jy nou ?
>>>> Jy kan my mos vertrou,
>>>> Ek sê nie julle het verbrou,
>>>> Ook nie dat die nuusgroep gaan vou,
>>>> Van verdere vra sal ek my egter onthou,
>>>> Soos 'n boerboel se byt bly jy net klou,
>>>> En al wat ek kry is mense wat my uitjou,
>>>> Al wat ek vra is lekker kossies om aan te kou,
>>>> Lou sê gou, anders kom bliksem ek jou : pimpel, pers asook blou.
>>>> Kobus
>>>>
>>>> ten minste ruil mense gedagtes uit.
>>
>>> Baie goed ou Koos
>>> Wat natuurlik ook rym met doos
>>> Wat soos die Afrikaanse woord koos
>>> Dubbel menings vorm al word mense ook nou hoe boos
>>> Kan nie een van bogenoemde vergelyk met die reuk van 'n roos
>>> Maar die rymelary van my lyk maar ietwat voos
>>> So ek wend wend my blik maar eerder oos
>>> Lourens
>>
>> Koos
>> Jou doos
>> So sê Lou
>> Maar ook 'n koos
>> Net om sowat te troos
>> 'n Drama kan straks so ontvou
>> Wat maak jou sorge tog so grou ?
>> Om sulke dinge toe te snou
>> En boks is ook doos
>> Dit sal ietwat troos
>> Lou dis vlou
>> Jou roos
>> Koos
>>
>> Jacobus
>>
>
> Koos
>
> Vir my is jy nie 'n roos
> Maar voor die dames dalk bloos
> Verander ek die term
> Waarvoor die rymelary skerm
> Want kyk hoe trek die skrywers van 'regte' gedigte
> Vreeslik lelike gesigte
>
> So ons beter maar stop
> Die net polisie hou ons dop
> En dalk begin hul weer met die die gekerm
> Soos 'n kat oor 'n derm
> Oor Leendert en Gloudinatjie
> Se menings verskilletjie
>
> Lou
>
Lou,
julle wat so in die modder grou
raak nou flou.
Julle rympies gee my pyntjies
en laat my koud
hier naby my binnebout.
Billy.
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading
Miskien hoef ek nie so sleg te voel nie, ek is seker daar is,meer van my
soort hier rond.
Leendert, die gawe kubervriend, vertel my toe van die argiewe op die Net
waar boodskappe gekry kan word. Dis nou na aanleiding van my onvermoë om
terugvoering te "sien" op die NG: die hoofrede waarom ek nooit op kritiek
kan reageer nie.
Besoek toe die argiewe met 'n hoogse gesukkel, van baie dae, en baie
hooflyn "link" oproepe, en vind toe uit dat daar ook nie 'n volledige lys
van plasings is nie, maar ontdek tog wel daar 'n klomp plasings wat nie op
my rekenaar verskyn as die NG nuus afgelaai word nie.
Is daar nog sulke apies, soos ek, op die net, wat graag sou wou weet hoe om
sin te maak uit hierdie verwarring.Is daar tussen almal 'n geduldige
persoon wat vir ons die hele aangeleentheid mooi kan verduidelik - hou tog
asseblief nou ons rekenaar geleerdheid in gedagte met tegniese
verduidelikings. Dit sal besonder opreg waardeer word.
Is daar veranderings wat aangebring moet word wat ek nie van weet nie.
BELANGRIK: wie hersien die Net-argief, en hoe kry 'n mens al die dokumente
in die hande. Daar is net 'n beperkte hoeveelheid aangebring? HELP
ASSEBLIEF!
In die sewentigs het ons na flieks gekyk waarin Ge Korsten gespeel het; een
was "Hoor my lied" as ek reg onthou. Nou wonder ek of daar nie iewers is
waar mens die flieks op video kan koop nie. Sal lekker wees om weer die ou
goete te sien. My eerste liefde was die meisie (Marietjie was haar naam
dink ek) wat die ondersteunende rol in Hoor my Lied gespeel het . ;)
Seker 'n teken ek word oud.
Baie groete
Danie
dan...@doctor.com
NS. Enige CD winkel in SA wat Afrikaanse musiek verkoop op die internet?
Kobus Pietersen wrote in message ...
Daar was eens 'n meisie Gloudina Bouwer
Vandag is sy gelukkig dog heelwat ouer
Sy het eers in die warm Noordkaap gewoon
Maar toe word al haar pêlle mos onttroon
Terug kan sy nie, al word dit daar heelwat kouer !
HARDE WAARHEID
Baie geluk met `n PUIK en WARE gediggie????
Frikkie
Die partytjies klink almal lekker interessant. Moenie ophou nie.
'n Goeie partytjie op die plaas, (dis nou wanneer die statussimbole
weggebere is) kry my nog vas geanker aan die hartland van Afrika.
Worsie Visser op die draaitafel, grappe van alle kleure en geure, wyn uit
die soete boorde van die Boland, en laat- aand vir Koos Du Plessis, met sy
Vierde Horison-versameling agter die mikrofoon in - voluit.
Koos Wye Voete(KWV)-brandewyntjie kry so hier en daar aftrek met 'n ysie en
soet suiwer bergwater verdun;
Koos sing:" Die huis toe gaan pad is die pad wat jy vat as jou siel verdor,
maar jou oë bly nat,
En jy loop maar jy weet jy het die koers vergeet, lê die huis toe pad
tussen hoop en weet...."
Donkermaan word die stadsgaste per Land Cruiser teen die berg uitgeneem om
sterre te gaan kyk op die "eerste plate". 'n Skietlamp verras die Koedoes
en ander boksoorte, en 'n Kaapse Rooie'tjie word aangestuur vir hitte. Die
met hoogtevrees sit dieper weg in die bak, en neurie Koos se nostalgiese
deuntjies vir die nagdiere.
Teen hoenderkraai is ons al deur al die politieke ellendes: van die
verregse tot die Muslim-aanslae teen die land.Die regerende party word
gedissekteer en verpak in lae van sosialiste tot aards kapitaliste, en al
die verwarrende alliansiegroepe tussen-in.
Die tiener-telge het handdoek ingeggooi met die weerbarstige ouers uit die
sestigs en sewentigers, en 'n gevoel van welbehaaglikheid skuif saam met
die Suiderkruis oor die werf.
Ons triomfeer saam met 'n paar skrywers oor die uitdagings van die lewe,
ruil nuwe titels uit, en trap die prop van 'n lekker goeie ou port wyntjie
stukkend.
Dis hoogsomer en warm. Beddens en matrasse word in die maanlig ingesleep-
ry op ry, en droomland kom saam met die nonnetjiesuile op die werf aan.
As 'n verdwaalde alarm van 'n senuweeagtige stadsjaap afgaan, waneer 'n
werfhond teen die motorwiel piepie, skrik die lewe uit ons lywe uit, en
moet daar van vooraf port gedrink word om die saligheid te herstel.
Teen ligdag is ons uitgerus, en word wakker in die swembad - so 'n
vroee-oggend lekkerkry. Dan is die wereld reg, en die land 'n paradys om in
voort te woeker.
Die oorskiet word op nuwe kole warm gemaak, die afstammelinge kom fronsend
te voorskyn en kla oor die grootmense wat so gelag en raas het dat g'n siel
kon slaap nie.
Die perde word opgesaal, die proviand hooggestapel op die pakdonkies, die
utopie duur vir nog 'n paar genadige wonder dae voort - die stad slegs 'n
donker bedreiging in die verre toekoms vir sommige van
ons........................