Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Uit The Citizen (vir arno)

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Arno, hier is vir jou 'n (vertaalde) beriggie uit vandag se Citizen. Ek glo
nie jy sal dit op Nederlandse TV sien nie:

'n Man van Gallo Manor, Mnr Wayne Pretorius (37), is Woensdagaand
doodgeskiet toe hy sy verloofde uit die hande van motorkapers wou red. Me
NATALIE DUDLEY (32) en 'n vriendin is oorval deur drie gewapende mans toe
hulle gereed gemaak het om uit te gaan vir die aand.

Mnr Pretorius het sy verloofde se gille gehoor en uitgehardloop. Hy is op 'n
afstand van minder as 1 meter in die bors geskiet, en is later in die
hospitaal dood.(EINDE)

Wat maak hierdie anders as ander soortgelyke tragedies waarvan ons elke dag
hoor en lees? Wel, Arno, NATALIE DUDLEY is my vrou se niggie, so die keer is
dit 'n bietjie nader aan die huis.

Gloudina veg die Derde Vryheidsoorlog vanuit die kuberruimte.

Hier op aarde is ons terug by die Grensoorloë, Bloukrans en Umgundgundlovu.
Hoe ver is Bloedrivier en Vegkop? Of moet ons terug Kolonie toe? Sizwe?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Griet se tools

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Kobus,

Ek gebruik Explorer. Baie dankie vir al die hulp. Met al die gevroetel het
hierdie rekenaar an-alfabetiese sosioloog darem 'n paar nuwe ontdekkings
gedoen, en "sien" nou meer antwoorde. Tot by Dejanews geregistreer, maar
kry elke keer net twee plasings daar oor hierdie NG. Dankie in elk geval
vir alles. Ek kon nie die " uni-stuttgart.de" opspoor nie, maar sal weer
probeer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Moorde op plaasboere

Vr., 15 Mei 1998 00:00

114 plaasaanvalle in Maart en April


Pretoria - Gemiddeld byna 2 plaasaanvalle per dag het in
Maart en April voorgekom toe onderskeidelik 62 en 52
aanvalle landwyd aangeteken is.

Chris du Toit, president van die Suid-Afrikaanse
Landbou-Unie (Salu), sê in 'n verklaring gemoedere in die
landbougemeenskap loop hoog weens dié aanvalle en dit
raak al hoe moeiliker om die gemoedere te kalmeer.

Volgens Du Toit is die regering reeds by herhaling gemaan
om drastiese stappe te doen om misdaad in die algemeen
maar veral aanvalle op plaasbewoners te beëindig.

Hy sê die regering oortuig nie met sy versekerings om die
groeiende euwel in landelike gebiede uit te roei nie. Die
regering se integriteit, politieke wil en vermoë om
plaasaanvalle te beëindig en doeltreffende strawwe in te
stel wat misdadigers sal afskrik, word ook toenemend
bevraagteken.

Du Toit se reaksie kom ná die moord op Daniël Marais van
die plaas Mariedale by Koffiefontein in die Vrystaat.
Marais is Dinsdag deur 'n werker vermoor kort nadat hy
vir die werker borg betaal het en die werker saam met
Marais en sy vrou aandete geëet het.

Du Toit verwys ook na die aanvalle op Amelia du Plessis
van Piet Retief wat vroeër die week by 'n plaashek
aangeval en ernstig beseer is en Pieter Niemann van
Naboomspruit wat aangerand en vasgebind is deur
aanvallers wat hom gedwing het om 'n brief te teken
waarin hy verklaar dat hy skape aan hulle verkoop het.

Du Toit vra boere om uiters versigtig te wees wanneer
hulle vreemdelinge op hul grond opmerk. Hy maan hulle ook
om altyd hul eie veiligheid voorop te stel.

In sy reaksie op die Marais-moord sê Piet Gouws,
president van die Vrystaatse Landbou-Unie (VLU), boere
moet paraat bly en by plaaslike veiligheidsaksies
inskakel.

Hy doen ook 'n beroep op boere wat nie lid is van die
georganiseerde landbou nie om by die unies aan te sluit
sodat hulle deel kan word van die beveiligingstrukture en
kan saamstaan teen die ''aanslae van buite''.


Tot weder siens

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

War and Peace...

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Wow, tannie...

dis die eerste keer dat jy regtig snaaks is.
Hou aan daarmee, miskien sal ons een dag tog nog op een beskaafde manier kan gesels
sonder dat jou politiek misvormde idees hierdie nuusgroep in vlamme doen bars.
(Onthou mos: jy het die kywery doen onstaan. Nie ek nie. Ek het net n vragie gevra
en jy het my toe 'n apartheidsvark genoem.

Dit interesseer my maar min dat jy skaam is oor jou verlede, maar moenie dit jou
dryfveer maak om jou skuldgevoelens in hierdie groep te los nie. Moenie die
hedendaagse Afrikaners met die outijdse Afrikaners uit die Boland van jou tyd
vermeng nie.

En boe-al moenie, ek herhaal... moenie elkeen wat een ander opinie het as joune
onmiddelik afskilder as 'n rasis of erger; 'n apartheidsvark noem nie. Dis
beledigend, en getuig van baie min innerlike beskawing.
Dis tyd dat jy jou kappie van jou koppie afsit en die wereld inkyk met jou oe pleks
van met jou blinkers.

Is jy nou bereid om jou strydbyl te begrawe? Die tyd sal ons wys.

Voor ek dit vergeet... Hierdie beriggie is ook aan "Sizwe" gerig wat klaar in sy
eerste pos na sy terugkoms begin mis te spuit. Dis ongepas.

@igs.net wrote:

> Jennifer Lynne writes: >
>>
>>
>>>> Dit lyk amper of al die liefkoos woordjies in Afrikaans en Nederlands as
>>>> beledigend word beskou deur die swart bevolking of is ek nou mal?
>>>>
>>>> Jennifer
>>>
>>> Dit lyk vir my hulle het ook
>>> bobbejane in California.
>>>
>>> Die tannie met die kappie
>>
>> Ja, hulle het onlangs naar die Suide gekom vanuit Kanada, waar hulle hul
>> gatte afgevries het in die laaste winter toe Tannie Gloudina geen krag het om
>> hulle pap warm te maak nie.
>
> Die Kanadese bobbejane is wyser as om
> na California uit te wyk. Hulle is te
> bang hulle huise val in die see. So
> nou en dan gaan 'n Kanadese bobbejaan
> egter daarnatoe, en maak 'n geldmaker-
> film soos die Titanic, en hy kry 'n
> ander Kanadese bobbejaan om die hoof-
> tema daarvan te sing. Hoera vir die
> Kanadese bobbejaan.
>
> Die kappie met die tannie.

groete

Jennifer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: War and Peace...

Vr., 15 Mei 1998 00:00

> "Jennifer L. Logan" skryf:

> Voor ek dit vergeet... Hierdie beriggie is ook aan "Sizwe" gerig wat klaar in
> sy
> eerste pos na sy terugkoms begin mis te spuit. Dis ongepas.

Jy's befok in jou kop. Jy praat oor swart mense wat hul kinders opsny (in
"onderdele" nogal) op 'n manier wat nie net jou onkunde ten opsigte van sekere
kulturele praktyke openbaar nie, maar ook jou stereotipiese, neerhalende en
rassistiese interpretasie daarvan. En jy wil vir my kom preek oor wat gepas is
al dan nie. Voetsek, jou naai. En NOU kan jy praat van ongepas.

Sizwe

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ontvang 'n inkomste.

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Dit is moontlik om geld te bele en komissie te ontvang vir mense wat
onder jou geld bele. Jy kan 'n onmoontlike hoeveelheid geld ontvang elke
maand.

Kontak my vir informasie

C Smit

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

MAI : bedreiging vir wêreldburgers!

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Lig jouself in oor MAI ...

Hierdie is 'n waarskuwing betreffende die MAI (Multilateral Agreement on
Investment). Hierdie ooreenkoms, ontwerp om die soewereiniteit van lande regoor
die wêreld weg te neem, sou onderteken word in April in Parys, Frankryk. Maar
danksy intense teenkanting deur nie-regeringsorganisasies wêreldwyd was hierdie
ondertekening uitgestel. Lees hoe dit gedoen was by :

http://www.theglobeandmail.com/docs/news/19980429/GlobeFront /uintrn.html

Lees 'n bietjie self oor die ware toedrag van sake by :

http://www.thewinds.org/archive/economy/mai11-97.html

Of doen 'n soektog na "MAI" by jou naaste soekmasjien. Lees ook hoe die
Kanadese die sakie benader het :

http://www.canadians.org/

Ons as SA burgers blyk onkundig te wees oor die bestaan van MAI. Maar dis te
verstane - die ondertekenaars van MAI het onderneem om die hele sakie geheim te
hou. Ander lande skrik ook nou eers wakker. Miskien moet ons 'n bietjie hoor
wat ons politici te sê het hieroor?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

afrikaners in london

Vr., 15 Mei 1998 00:00

hi daar

net 'n vinnige wondertjie: Ek is al 2 jaar in london, en vandat ek hier
geland het, voel dit vir my asof die getalle SA'ners hier eksponensieel
toeneem. Ons is 6 afrikaners in 'n huis, my pelle is 12 piete in 'n huis
en so kan ek aangaan. Man, deesdae praat ek net engels in die
werksomgewing! Wat ek graag wil weet is die persepsie wat hier so
oorweldigend is, ook in SA waarneembaar?

lekker somergroete uit London

Carel van der Wath

Emigrasie & buiteland | 4 kommentare

Kan iemand my help?

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Waar in Kanada is pedanti�, of is dit nou in Nederland, of is dit nou mense
wat van Pedanti� af kom wat nou daar woon? Ek het in my Wêreldatlas gekyk en
nie eens Encarta het ietas daaroor nie.

Ek sien maar Lendert pos so oor die Pedantiese Kanadese en Nederlanders, nou
wonder ek maar.

Groete uit die Boland

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kan iemand my help? Ja

Vr., 15 Mei 1998 00:00

Gideon wrote in message ...
>
> Waar in Kanada is pedantië, of is dit nou in Nederland, of is dit nou mense
> wat van Pedantië af kom wat nou daar woon? Ek het in my Wêreldatlas gekyk en nie eens Encarta het iets daaroor nie.
> -Gideon-


Ou Gideon

Ook maar lekker stupid né ?
Pedantië is op die sewende kontinent reg langs Astrantis.
Dis 40 dae te perd van jou af, dan by die eerste robot links.
Dis meestal 'n barre woestyngebied met dryfsand, alhoewel 'n sekere deel een
groot modderpoel is, waar mens nie weer maklik uitkom nie.
America, die popgroep, is die enigste mense wat ek van weet wat so 'n trip
oorleef het, en die storie kon vertel. Moet jou nie daarin begewe nie,
netnou word jy ook soos die mense wat daar oorskryf.
Ander buurlande is Arogansië, en Superfragilisticexpealidosious. Weet jy
miskien iets van hierdie lande. ?

Groete vanuit Burmudriehoekia.

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403  1404  1405  1406  1407  1408  1409  1410  1411    »]
Tyd nou: So. Des. 21 17:49:18 UTC 2025