ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: >
On Tue, 19 May 1998 02:10:22 -0700, "Jennifer L. Logan"
> wrote:
> oor die algemeen nie die geduld om hul hande te waag aan digkuns.>>
>
>
> Opperman Van Wyk Louw Breyten Breytenbach Adam Small Johan van Wyk
> Dylan Thomas William Shakespeare Walt Whitman John Donne William Blake
> Rimbeaud Lorca Stephen Spender William Yeats Quasimodo Bertolt Brecht
> Yevtishenko ens ens ens
> ?
>
>
> (he,he..)
Ferdi, Jennifer (met twee n's) het
soos 'n groot speld verdwyn. Kom
terug Jennifer. Ons mis jou. Jy
kan maar in Nederlands ook pos.
15 ml Olie
1 Groot ui, gekap
700 g Skaapskenkel
1 Bief geur blokkie
200 ml Water
3 Groot aartappels, geskil en in kwarte gesny
400 g Ertjies
3 Wortels, geskil en in skywe gesny
25 ml Souspeoier
25 ml Mielieblom
2 ml Roosmaryn
5 ml Pietersielie, gekap
Sout en peper na smaak
Metode
Verhit die olie en braai die uie en dan die vleis.
Voeg die bief geur blokkie en die water by en prut vir 45 minute.
Voeg die aartappels by, laat vir 'n verdere 45 minute prut.
Voeg die ertjies en wortels by en prut vit nog 15 minute.
Meng die souspoeier en mielieblom met 50 ml water. Roer dit in die bredie om dit dik te maak. Geur na smaak.
Die bredie lewer ongeveer 6 porsies
Wenk: Vir lekker toebroodjies, sny die oorskiet bredie fyn, voeg mayonnais by en smeer op brood.
> Vertel ons meer vand ie politieke
> toestand in SA.
Gloudina,
Ek dink Griet het redelik akkuraat aangedui hoe die verskuiwings deesdae
plaasvind.
Die jongste Markinor peilings van steun vir die verskillende partye dui aan
dat die ANC se steun af is van 62% in die '94 verkiesing na 54%. NP af van
20% na 10%. Die DP, PAC en UDM (Holomisa en Meyer) blyk die voordeeltrekkers
te wees. Baie belangrik is dat 10% op die stadium besluitloos is.
Die ANC het aangedui dat hy graag 67% steun in die volgende verkiesing wil
h�, ten einde grondwetlike veranderings te kan aanbring. Hulle is selfs
bereid om met die IVP saam te werk om dit te bewerkstellig. Politieke
waarnemers voorspel dat opposisiepartye 4 van die provinsies kan beheer na
die volgende verkiesing (Kwazulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap en Gauteng). Om
grondwetlike veranderinge te kan doen, moet die regerende party ook 6 van
die 9 provinsies beheer.
Miskien meer insiggewend en potensieel meer vêrreikend is ontevredenheid wat
van binne die ANC-alliansie self kom. Jeremy Cronin, leier van die SAKP, is
erg krities oor die ANC se gebrek aan lewering van verkiesingsbeloftes.
Sowat 90 huidige ANC LP's is van die SAKP.
Hoe dit ook al sy, die party wat enige impak op die ANC wil maak, sal
beduidende swart steun moet trek. Die NP kan dit nie doen nie, en is in wese
besig om te verdwyn (ek vermoed dit is 'n doelbewuste strategie wat 'n jaar
gelede uitgewerk is). Die DP sal nie sommer sy beeld as 'white and rich'
afskud nie. Die IVP is hoofsaaklik 'n Zulu party. Wat bly oor? Die UDM. Hou
hulle dop, nie om die ANC te verslaan nie, maar om 'n sterk impak te maak.
Politieke waarnemers sal vir jou sê dat die enigste werklike opposisie wat
die ANC het, en na '99 sal hê, ekonomiese druk vanuit die buiteland is.
Mosambiek, tot onlangs die armste land ter wêreld, het tans 'n groeikoers
van 10-12%. SA s'n is 0,75%. Die Maputo-korridor projek het 'n hoër
kredietgradering gekry as SA. Hoekom?
Groot Broer het gepraat. Hy sê "Ons sal handel dryf met SA (maar julle
beskuldig van 'dumping' van vlekvrye staal), maar geen ontwikkelingshulp gee
nie." (Trade, but no Aid.) "Mosambiek, aan die ander kant, sal beide kry. So
lank julle hand op die blaas met Castro en Gaddafi is, kan julle oor die
grens loer en sien wat julle mis."
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
> Ons gaan kyk toe na 'n spesiale hoe-resolusie-grootskerm film
> in 'n spesiale teater, 'n film oor die sterre en die heelal en alles.
> Die kamera begin by 'n waterdruppel uit 'n moeras.
> Dit wys eers klein watervlooitjies wat binne die druppel rondswem,
> dan zoem dit in na nog kleiner dingetjies,
> eensellige diertjies en nog kleiner: X-Y-chromosome en DNA,
> na al kleiner dinge zoem die kamera.
> Dan molekules en atome en elektrone ens.
> 'n ongelooflik ingewikkelde en wonderbaarlike heelal in 'n waterdruppel!
Galjoen,
Dankie Galjoen......ek het jou plasing geniet.
Waar het jy dit gesien? Was dit dalk by die Omni? Laat weet.
Jy kan gerus die boek lees, 'The fingerprint of God' deur Hugh Ross.
Die skrywer is 'n Christelike Joodse wetenskaplike, 'n interessante
kombinasie!
Ek wil graag my webbladsy aan julle voorlê vir 'n opinie.
Die probleem is dat dit 'n kommersiële site is, en ek wil nie iemand die harnas injaag nie.
Die produk is egter nog nie te koop nie, maar sal later beskikbaar wees.
Mense wat dit al gesien het, is gaande daaroor, maar ek sou graag 'n breë opinie wil hê van veral julle buitelanders af.
Sal dit aanvaarbaar wees as ek die adres op hierdie nuusgroep pupliseer?
Gee asseblief 'n aanduiding.
Baie lank gelede het iemand gevra waar die naam koeksisters vandaan
kom.
Eergister sê iemand terloops by die werk dit kom van die geluid wat
die vuurwarm koekie maak as dit die yskoue sous tref. Uit ondervinding
weet ek dit maak "sissssss" soos dit die sous opsuig.
Dis die lekkerste koeksisters. Hard en donkerbruin gebak in olie en
dan dadelik in die yskoue sous gemaak van water, suiker, suurlemoen en
kaneel.
Dan suig die uitgerysde holtes in die gevlegde koekie die sous op. Sit
in die yskas en eet later saam met koffie. As die koffie kitskoffie is
sal die here jou straf.
Dit moet regte koffie wees. Of cuppucino of 'n 50/50 mengsel van
koffie en warm melk. Die melk moet tot amper kookpunt warm gemaak word
en eers dan in die warm koffie gegooi word.
As jy dit saam warm maak (die melk en koffie) kry dit so 'n bitter
smaak.
Die beste koffie word gemaak met stoom wat deur die gemaalde bone
geforseer word.
As jy verder iets wil byvoeg, gooi 'n druppel of twee vanilla essence
in die koffie.
Sit agteroor met jou voete teen die tafel, crack 'n stupid joke met
die mens by jou, eet 'n koeksister en drink die koffie.......
Boere drugs...
(Later maak jy die kombuis skoon wat vol fokken suiker-stroop en oral
taai is van die koeksister-makery.)
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes: > Baie lank gelede
het iemand gevra waar die naam koeksisters vandaan
> kom.
> Eergister sê iemand terloops by die werk dit kom van die geluid wat
> die vuurwarm koekie maak as dit die yskoue sous tref. Uit ondervinding
> weet ek dit maak "sissssss" soos dit die sous opsuig.
Ja, ons Dictionary of South African English
gee die Nederlandse woord "sissen" as die
oorsprong. Dit sê ook dat dit heelwaarskynlik
van Maleise oorsprong is. Ek wonder tog hoe
hulle in die warm Maleisiese weer iets kon
regkry wat so staat maak op baie koue stroop?
Ek het nog oral waar ek gereis het my o"e
oopgehou om te sien of hulle nie "koeksisters"
het nie, maar nerens die ware jakob gekry nie.
> Sit agteroor met jou voete teen die tafel, crack 'n stupid joke met
> die mens by jou, eet 'n koeksister en drink die koffie.......
>
> Boere drugs...
Tesaam met waatlemoenstukke en versuikerde
vye. En biltong natuurlik.
Dit amuseer my dat Engelse Suid-Afrikaners
die "sister" van koeksister verander het
na "koeksuster." Later, volgens ons Eng.SA
Dictionary, is dit ook gebruik vir Lesbians.
En skryf Pieter-Dirk Uys "A kiss on your
koeksuster."
Ek het n paar maande gelede met n vissersbootjie van Nederland na
Kaapstad gevaar. Die bemanning se vorige vaart was via Indonesie.
In Indonesie moes daar voorade en brandstof ingeneem word. Daar word
gewoonlik van n Maleis-Engelse tolk gebruik gemaak. Na n uur of wat
het hulle die tolk huis toe gestuur omdat daar geen probleem met
komunikasie was nie. Die Kaapse-Afrikaans en die Indonesiese dialek
van Nederlands was baie die selfde.
Ek is 'n rookie, en wil graag die "lubbe" herkoms navors. Kan iemand my dalk
leidrade gee wat is die proses, en indien daar enige lubbe's is wat die
brief lees, los asb. jou familie info op my e-mail adres.
Spesiaal vir Henry. Hier is 'n bietjie dorpspret. Jammer vir die lengte.
Ons dorp het 7000 inwoners, en is een van daardie waardeur 'n mens toer af
see se kant toe - na George, Hartenbos, Knysna, Plettenbergbaai, ens.
Ek dog toe, na ons partytjie houery, kan ons 'n bietjie kuier op die
verskillende plekke in S.A. Dis nou vir die wat lus het. Weens die aard van
ons sosiale gedrag, kan ek nie die naam van ons plek bekend maak nie.
Geniet maar die stories.
Ons dorp het 'n kroeg, 'n gholfbaan, 'n hospitaal, 'n kerk 'n paar winkels,
en so meer. Almal weet van almal. So kom dit toe dat die stasiemeester se
matriekdogter swanger raak, en die hele rugbyspan dagvaar vir onderhoud -
die reserwes ingesluit. In die kroeg vergader al die manne toe en skree
wreedaardige teen-aanvalle uit oor die "here sewentien" se laakbare gedrag,
en die volgende oomblik staan 'n joernalis van Rapport in die deur en wil
onderhoude voer. Wat die kroeg toe in 'n vergadering van waardige pappas by
'n doopplegtigheid verander. Druipstert is die man toe maar uit die dorp
uit, want niemand weet van die here sewentien nie, en het nog nooit van so
iets op die dorp gehoor nie.
Die manne pak toe hulle familiejuwele op die toonbank uit, en die kroegman
moet nou sê wat het die here sewentien dan, wat hulle nie het nie, en 'n
kampioen word daar aangewys. Dis nou nadat Jimmy toe vir Anton aan die
kroonjuweel byt.
Intussen kom een van die winkeliers, met die bynaam "Spanner", tot
bekering toe sy vrou 'n verhouding met die nuwe dokter aanknoop. Wat 'n
aardigheid, toe spanner met die Bybel onder die arm, en al sy byvroue
pruimbek in afsondering gedompel, besluit om die hele dorp van al hierdie
Boosheid te verlos. So loop hy van kroeg toe gholfklub tot rolbalbaan tot
kerkraadsvergadering en preek die manne uit hulle hormoon wanbalanse uit.
Intussen besluit die telefoontegnikus se vrou om die oujongkêrel posmeester
se wortel aan die kennis van goed en kwaad bekend te stel. Mensig, en dis
toe dat Spanner, nou al goed geskool, lont ruik van die boosheid, en die
twee begin te agtervolg. Neem toe vir posmeester se ma en pa saam.
Tant Gerty is die voorste kerkvrou met die bakkery vir die kerkbasare en
als, met sulke blink vloere en heiliger-as-almal uitkyk op die lewe. Maar
as Griet by haar kom kuier op die plaas, wat selde gebeur het, is dit net
so goed die Hoof-engel van Gabriël het opgedaag. Dan moet daar nou opsluit
vir Griet pampoenstukke agter die varkhok opgetel word. Daar gekom, gryp sy
Griet se Perillys-Superlenght van London, en sy double clutch die bleddie
sigaret, dat Griet haar moet huis toe sleep dra. En dis 'n helse stuk vleis
om te beweeg.
Dan sê Griet altyd: "Tant Gerty, luister, ek is nie haastig nie, ons kan
rerig maar 'n bietjie langer hier agter die varkhok kuier. Rook tog maar
rustig die ou sigaretjie." Maar nou weet julle hoe is 'n verslaafde wat
onttrekkingssimptome het. Daar's g'n salf te smeer nie.
Haar ou manlief glip skelmpies elke Dinsdag by Griet se vriendin in die
spreekkamer in, en vra dan vir die dokter pilletjies vir goed wat nie meer
wil styf word nie, en dan is daar ander goed wat styf is wat nie meer wil
slap word nie, en kan dokter asseblief help. En dokter sê tong-in-die-kies,
dat oom Giep witblits moet probeer. Dit het ouma se koei op die plaas van
stywe siekte gered, en nou word verneem dat dit vir slap siekte ook help.
En daar kry oom Giep toe sommer uit die perd se bek toestemming om die
turksvye op die plaas te stook. Hoof-ouderling en al.
Ewent' wil, Spanner kry toe vir tant Gerty en manlief om te kom aanskou wat
hulle seun mee besig is, en betrap toe die telefoontegnikus se vrou en
posmeester in 'n baie besige postransaksie. Dit stamp en stoot en
posmeester gil jubelend van al die nuwe druk-tegnieke. Dis 'n aardigheid
waarop die arme mense toe afkom.
Tant Gerty val flou. Spanner en dominee moet haar lawe en daar uitdra, en
oom Giep gaan sit op sy knieë langs die bed, en huil die dam onder die
ganse uit oor die goeie ou dae, die verlange onbedekt op die gesig
uitgegraveer. En Spanner, nou hoog-engel Spanner deur die dorp gedoop,
staan buite rond soos die hoof hoer wat 'n hofsaak gewen het.
Griet word in die straat voorgekeer deur die telefoontegnikus, en word uit
die bloute vertel van vrou-lief se skandes. Ai tog, Griet wou eers lag,
maar die man was naby aan selfmoord. Hoor toe sommer dat vrou-lief vir
Frans, die ander winkelier ook onder hande gehad het. Tref die bleddie lig
toe vir Griet tussen die oë.
Elke Sondagaand as Griet die kinders by die skoolbus afgelaai het, word die
Rapport, en die Sunday Times ( wat hy spesiaal vir ons op die naburige dorp
gaan haal het) by Frans se kafee gekoop. Dan helder Frans se gesig op as
Griet instap, want dis die enigste persoon wat na Jim Reeves wil luister
saam met hom. Dan huil ons nou eers 'n goeie entjie saam met Jims, en Griet
voel so ellendig sleg oor Fransie se hare wat so nat oor die voorkoppie
hang, en die hempie wat so verwaarloos oor die boudjies uitstrek. Dis oor
die telefoontegnikus se vrou wat hom vir die posmeester gelos het....
Nou sê die reusagtige grote telefoontegnikus dat Griet tog vir Spanner moet
gaan opmoer. En Griet sê, nee ek kan dit nie meer doen nie want Spanner is
nou een van my beste buurmanne, in die straat waar daar 'n dorpshuis besit
word. Ons het soort van vrede gemaak.
Dis nou nadat hy elke aand 'n swembad in sy erf in begin boor het, nadat
die dorp se swembad "oopgestel" is. Die hele dem dorp is op 'n na-bank
geleë, en die man dril toe van sons- ondergang tot sons-opkoms vir byna
drie maande lank om die dam gemaak te kry.
Die hele buurt is toe al in 'n min slaap beseringstyd in, want saam met die
gedril hou Spanner nog partytjie ook, en jaag met sy bywywe al om die dorp,
al om die dorp op sy vreeslike groot motorfiets, dat hoor en sien vergaan
elke nag.
Toe pluk Griet se moer een oggend drie uur, en sy lê hom voor met 'n paar
halwe bakstene toe hy die straat af geraas kom, en gooi toe die Rotweiller
troetel amper dood, wat die eerste ent altyd saam hardloop en blaf. Toe
tref sy vir koekie op die boud met die tweede baksteen, en Spanner wil daar
en dan vir Griet vreeslik hard slaan.
Toe vat Griet 'n leer en klim teen sy diesel tenk uit, met 'n 2,5 kg pak
suiker terwyl, Spanner al skellend hoor hoe sy ma 'n groot poef groot
gemaak het wat sy met sy geboorte uitgedruk en vir 'n baba aangesien
het....
Daar en dan begin Spanner toe huil en smeek, en die bure, wat toe met 'n
petisie onder die leer staan en juig, dwing toe vir Spanner om te teken, en
Griet klim triomfantlik van die leer af.
Die petisie bepaal toe onder andere dat hy, as dorpsraadslid, sy werf moet
opruim ook, want hy stel 'n slegte voorbeeld vir die dorp..............
So met die vrede wat oor die dorp neerdaal, steek 'n nuwe riller kop uit
oorkant die straat by die Stroebels.
Die lewe in die dorp het Jan se pioniersgees niks goeds gedoen nie. Sy
geliefde perde met die spoggerige donkiekar moes agter bly, toe hulle van
die plaas af dorp toe verhuis.Hy het verlang na die dounat reuk van die
wide malvas, die wilde dagga, kruisementbos en Perde-pis. In die laatnag,
as die oostewindjie van die see se kant af instoot, was die reuk van
klamgrond en kraalmis wat bokant die kraalmure uitstyg ,en op die voorstoep
kom luimer, soos lafenis en voedsel vir die honger gees. En hy mis dit
vreeslik.
Op die dorp het hy bedags in die strate rondgedwaal, of plat op sy maag in
die agterwerf se klipgrond rondgelê, met sy Dinky Toys en sy paadjies. Dan
het hy broemend deur die Karoobossies teruggery berge toe, terwyl oom Hans
op die agterstoep in die sonnetjie sit met 'n bak ertappels wat vir tant
Issie geskil moet word. Swygsaam.
Saterdagaande het hy sy grammofoon uitgehaal en sugtend saam met die Briels
op die "trein na Pretoria" geklim. Hy't roerloos op die voorstoep gesit,
die grammofoon met die slinger opgewen, sy versameling '78-plate in
volgorde begin luister, sy oë stip gerig op die donker berge. So sit hy dan
tot ligdag toe. Tot die uiterste knellende frustrasie van die straat se
inwoners. Sy versameling Briels is per slot van rekening indrukwekkend; en
so ook sy Chris Blignauts.
Al luisterend leer die volk van die dorp die haglike smart van mynrampe,
vuil weeskinders wat sterf, n moeder se smart as die loon uitgesuip, of
uitgedobbel word, en smekende Afrikaner kinderhandjies wat in asblikke
ronddwaal vir kos. Die sappige Karoovleis verander in klipharde rubbersole
en die drinkgoedjies, nog erger, gaan soos dik beesbloed in die kele af.
Die feit dat die Volk, na vyftig jaar se groot welvaart, weer met die
armblanke Afrikaner geklap word, is werklik meer as wat enige mens kan
deurstaan!
Dus vlug die Volk nou Saterdagaande hotel toe, solank dit bekostigbaar is
deur die maand. Maar Jan en die Briels wag getrou Saterdagaande vir diegene
wie se geld intussen opgeraak het!
Die grootste wurm wat in sy siel kom vreet het, was tant Issie se geteem
oor die gebadtery! Sy wou hê Jan moes ten minste eenmaal n week bad! As die
Stroebels die oggend onwerig opstaan, weet die ganse buurt dat tant Issie
weer n pad oopskoffel badkamer toe vir Jan en oom Hans.
Vroegoggend, voor sonsopkoms al, begin sy neerhalend navraag doen oor die
muwwe reuk in die huis. Sy sal Jan wakker maak met n koppie koffie, en
neus-in -die-lug al om die bed loop op soek na die reuk met die suur in,
wat die neusholtes laat aanklam. Ritueel gebonde, word Jan se sokkies met
die besemstok opgetel en uitgedra; Die stewels word, wind-af, in die
varslug buite uitgegooi. Dan word die vensters oopgesper en sal tant Issie
vra:
"Dink jy nie jou mufplekke roep om wraak nie?"
Op hierdie gegewe tydstip sal Jan begin vloek en skel, n paar blompotte
breek en by pa gaan hulp soek. Waarop tant Issie net verder sal terugskel.
Oor die grillerige skifsels wat in die bad ronddryf as Jan en oom Hans
gebad het. En dat hulle in Godsnaam asseblief meer moet bad en die bad was
as hulle klaar is!
Op hierdie punt kom oom Hans by en bulder vanuit sy eie slaapkamer dat hy
nie n bloue donner die vetring van die badrant sal afwas nie. Dis Jan se
lieskorrels wat aan die bad vasklou en die vetsmeersel maak!
Op hierdie oomblik kom die son dan op, en is daar in elke kombuis in die
straat n klomp elmboë wat koppe stut, met n klomp oë wat verwese na Bo
smeek! Elke Vrydag se ding ,die!
Met eerste lig in die kombuis, klap tant Issie die koskas se deur dawwerend
toe, en prewel die straatbewoners saam met haar woedende gegil: "Solank
daar nie in hierdie huis gebad word nie, sal daar geen kos gemaak word
nie!"
Dan begin tant Issie se sitstaking, en die twee mans se sielewroeging. Teen
vier-uur die middag het hulle die dorp deurgestap om die innerlike
hongerpyne van twee mans se groot lywe te probeer stil. As hulle die
kastyding nie meer kan verduur nie, stap hulle maar druipstert terug huis
toe. Bad toe!
Vars gebrande koffie en boerbeskuit wag op die stoep vir die twee
skoongeskuurde, skoon geskeerde manne. Op die stoof prut tant Issie se wel
bekende soetpatats met karamelsous, vleis met souskluitjies, bone en
mielies en tant Issie se eie weergawe van 'n Jan Smuts-poeding!
Een Vrydagaand loop dinge egter lelik skeef. Daar was ongelukkig nie
straatgetuies wat die leemtes kon invul nie. Die mense was hot-en-haar
besig om oor-en-weer geld te leen, besittings te verkwansel, en te woeker,
om betyds by die hotel uit te kom.
Daar was egter een buurvrou wat in haar badkamer in die donker skelm gesit
en rook het, toe die eerste kapmeshoue val. Tant Issie en oom Hans het in
die huis rondgehardloop en probeer keer. Dis toe Jan wat beserk geraak het.
Hetsy hormonale frustrasies, of diep verlange; mens sal nooit weet wat
werklik gebeur het nie. Hy wou sy ouers onthoof met die kapmes!
'n Verskrikte 82-jarige tant Issie hardloop by die buurvrou in en
skree:"Bel die polisie! Bel die polisie! Gou!"
Die dorpie is 'n klein dorpie en die polisie kom dadelik. Die polisie,
synde twee jong konstabeltjies aan diens, vars uit die kollege uit, stap
baie beleefd by die voordeur in....en beland vyf sekondes later op hulle
voortande in die straat!
Vyf minute later is die ganse totale polisiemag daar. Almal uit die bed
opgejaag. Hulle skedels word gekraak, winde uitgeskop, arms gebreek, en nie
een kan agterna onthou hoe hulle op hulle alies in die straat beland het
nie. Tant Issie roep weer die buurvrou. "Bel vir Koot! Hy weet hoe om met
Jan te werk."
Koot is n ouer broer. Uit dieselfde bos gekap as al die ander
Stroebelkinders.Toe hy daar aangejaag kom, staan die ganse gemeente,
predikant en landdros ingesluit, in erewag gereed.
Al wat hy sê,is: "As ek se BOEI, dan boei julle," en hy storm die huis daar
in.
Jan sit in n hoek op 'n stoel en hy brul soos n leeu. Koot vra nie vrae
nie, Dreig ook nie. Hy loop net op Jan af, gryp sy grype en draai!. Toe sê
hy: "Nou boei julle!"
Op die manier word Jan tot sy sinne teruggebring. Terwyl hy pyn, sien Jan
tog nog kans om die vangwa aan te val, en die polisiemanne binne-in te
gooi. Dit kos die dorp se mans saamstaan en Jan die aand, padlangs
begeleide doen polisiestasie toe. Te voet. Met die predikant en landdros
vooraan. Koot loop met n seekoei sambok wat hy klap soos geweerskote op die
teer. Teen die tyd dat die tronk bereik word, is die dokter reeds daar en
gereed met n kalmeer inspuiting.
Die volgende oggend word koukus gehou in die dorp. Daar word gesoek na die
sterkste man in om Jan per trein na Valkenburg te vergesel. Die looitjie
val op oom Niek. 'n Man van min woorde, maar onmenslike krag. Jare lank die
busbestuurder van die spoorwegbus die distrik in.
Geboeie aan die bank aan die een kant,en aan oom Niek aan die anderkant,sit
Jan so mak soos n lam op n rerige trein. Gedoof en gedwee. Al is dit nou
ook Valkenburg toe. Vier dae het hy daar deurgebring voor hulle ontdek het
dat hy eintlik in n ander inrigting hoort - waarvoor tant Issie hulle moes
toestemming gee. Wat sy natuurlik geweier het.
Haar kind moes huis toe kom. Daarna was Jan verewig n ander mens. Al wat
gebly het, was sy Dinky Toys en die kalmeerpilletjies wat hy elke dag vir
die res van sy lewe moet neem.
Sê tant Issie agterna: "Die Here slaap nie. Koot se dag sal kom. Daar was
bloed in my kind se piepie. Koot het Jan se toekoms verwoes. Maar ek sê
weer, God slaap nie !"