Ek hou nogal van die term soos wat Arthur genoem het. Dit was ook vroeër in SA
in omloop, maar ek het dit nogal lanklaas gehoor.
In elk geval - ek luister noudiedag na die radio, en iemand vertel toe van
die jongman wat 'n slag in die stad kom en niemand ken nie. Hy besluit to
maar om na 'n Rave toe te gaan om darem hopelik die inboorlinge so 'n bietjie
van nader te leer ken. By die rave aangekom maak hy toe nou maar so soos wat
die jongmense maak by sulke goed en ontmoet toe ook oor die musiek heen ,
oulike jong dametjie. Ek weet nie of dit die algemene walms was wat in die
lug rondgehang het of iets wat hulle gedrink het nie, maar hier na tienuur se
kant soen die twee toe, en teen twaalfuur se kant raak dit 'n redelike vurige
gevryery. Op 'n stadium roep die meise oor die musiek uit "NOU!" Die jongman
kyk na haar en roep terug oor die musiek: "PRAAT JY NOU ENGELS OF AFRIKAANS?"
Nouja. Daar is nou my kwinkslag vir die dag :)
Groete uit die Laaglande
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Londen. - Al die tekens is daar dat George Soros, internasionale
sakeman en triljoener, agter
die val van die rand sit.
Hoewel niemand seker is of Soros se Quantum-fonds inderdaad agter die
skielike val van die
rand is nie, word daar hier druk bespiegel dat dit na hom is wat dr.
Chris Stals, presidentstet
van die Reserwebank, verwys het toe hy moontlike oorsake uitgewys het.
Stals het ges Vrydag se skerp daling in die waarde van die rand kan
toegeskryf word aan 'n
groot Amerikaanse fonds. Hy wou nie die naam bekend maak nie, maar
hier word bespiegel
dat dit die Quantumfonds in New York was.
Indien die triljoener, wat miljoene dollars in Suid-Afrikaanse
behuising bel het, die sondaar
is, voorspel dit probleme vir Suid-Afrika omdat hy allerwe as iemand
beskou word wat lande
tot 'n val kan bring.
Hy het vroe r vanjaar in 'n openbare uitval met Maleisi byvoorbeeld
daarvoor gesorg dat die
ringgit - die land se geldeenheid - skerp gedevalueer het en is bekend
daarvoor dat hy onlangs
'n weddenskap van 'n miljardstet dollar oor die toekoms van die pond
aangegaan het.
Business News het Vrydag berig dat pres. Nelson Mandela in sy
toespraak in Desember by die
ANC-kongres juis Soros aangehaal het oor sakemanne wat groter
maatskaplike
verantwoordelikheid moet aanvaar en nie soos elders in Afrika deur
gierigheid gedryf moet
word nie.
''Te oordeel na die onlangse aanval op die rand het sy woorde op dowe
ore geval. Erger nog,
die belhamel blyk Soros self te wees, wat Mandela in sy laaste maande
as politieke leier 'n
laaste bitter smaak van Westerse kapitalisme gee,'' skryf Jon
Ashworth.
Toe die groot maatskappye soos Shell en Kodak hulle aan Suid-Afrika
onttrek het, is hul
belange deur blanke sakemanne vir 'n appel en 'n ei opgeraap wat
miljoene daaruit gemaak het.
''Die sanksies wat op disinvestering gevolg het, het bloot diegene in
die townships se haglike
toestande vererger. Die Weste wat sanksies aangegryp het, is weer
besig om die ergste skade
moontlik te doen aan die mense wat dit die minste kan bekostig,''
skryf hy.
Die Adirondacks is 'n reeks berge in Noordelike
New York staat, 'n voortsetting van die Canadian Shield
se baie harde pre-kambriese rots wat deur die gletsers van
die laaste ys-eeu afverweer is, sodat hulle nou nie meer baie
hoog is nie. Egter hoog genoeg sodat die Winter Olimpiese
Spele alreeds tweekeer hierdie eeu by Lake Placid gehou is.
Vanaf Ottawa, waar ons bly, is dit net een uur suid na die
grens van die VSA. Met 'n baie hoë silwer brug ry jy oor die
St. Lawrence-rivier na Ogdensburg. Twee uur verder suidoos
is jy in die Adirondacks. Verlede herfs is ons spesiaal deur
die Adirondacks op pad na New York, om die herfskleure aan
'n besoeker te wys. Die volgende Nederlandse gedig beskryf
die kleureweelde baie goed.
INDIAN SUMMER IN DE ADIRONDACKS
J. P. Debergh
Met de esdoornen begint het:
Een vlamstrook wiekt in het woud,
Gulden-oranje gloed en glans
Steken de suikerahornen aan.
In de looier dropt ambergeel
En met vermiljoenen kronkels
Slinger wilde wingerd erdoor.
De olmen staan weldra roestig
En laten als eerste blaren vallen,
Gedoofde gensters, wijl de essen
Vonkelen as amethist, rookpaars.
Linden en bitternoot verkoperen
De berken vertrillen in zwavelgeel.
Het vuur smeult stilaan de heuvel op,
Eén tak, één boom, dan het hele woud.
De kleuren lopen op in bloedgoud,
Zinderend onder de koepel van azuur.
Zo woekert de brand steeds verder.
In de praal van sassafras en amberboom
Laaien pruiken amarant en safraan.
Kornoelje en kers gloren karmozijn
En als de eerste vlam de topt bereikt,
Steken de eiken erboven met antiek goud
En rijk klokkebrons, diep omberbruin.
In een laag laar tintelt veenbes bloedrood
Tussen grijze dravik en bros spartagras.
En op distels wiegen silveren pluimen.
Over kalkasters - wie saaide je hier? -
Vlinderen zwermen late atalanta's.
In de windstille roodgloeihitte
Blakeren dal en top onder de zon.
Het hart brandt mee tot winteras
Van wat lenteteerheid en zomerglorie was.
Afrikaans is 'n ryk en innoverende taal, tog is daar 'n faset wat gemis
gaan, naamlik puns, en help my asseblief, wat is die korrekte afrikaanse
woord daarvoor? Die Engelse het 'n passie daarvoor, en ek bedoel nou nie
die taal-verkragting in die ponie-koerante nie, maar skoon, skerp puns
wat 'n grynslag op jou gesig forseer, woordspeling (*dit* kan tog nie
die afrikaans daarvoor wees nie??) waarop ek as afrikaanssprekende jaloer
is. 'n Juweeltjie kom vanaf die Underground, met die volgende
waarskuwing:'If you have a ticket, good, if you haven't, fine.' Dit is
seker maar 'n behendigheid wat eeue neem om te ontwikkel, indien wel,
hoop ek my agter-agter-ens-kinders geniet die voorreg daarvan soos wat ek
die huidige Engelse weergawe geniet. My eie beste Afrikaanse poging,
ironies genoeg, was ook op die Underground gebore, na ek 'n groepie
minder vasvoetige vriendjies daar raakgeloop het:"Julle is nou mooi op 'n
stasie...". Goed, nie so hot nie, maar ipv kritiek, verbeter....
Carel heeft geschreven...
> Afrikaans is 'n ryk en innoverende taal, tog is daar 'n faset wat gemis
> gaan, naamlik puns, en help my asseblief, wat is die korrekte afrikaanse
> woord daarvoor?
Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.
Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.
Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.
Donderwolke galop soos perde deur die lug.
Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.
Tyd laat ons in mekaar verweer.
Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.
Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.
Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.
Hier is 'n goeie een êrens uit Engeland waar daar op 'n tydelike muur om 'n
bouterrein 'n kennisgewing was wat lees: "BILL POSTERS WILL BE PROSECUTED".
Iemand skryf toe onder "Bill Posters is innocent" !
Carel wrote in message ...
'n Juweeltjie kom vanaf die Underground, met die volgende
> waarskuwing:'If you have a ticket, good, if you haven't, fine.' Dit is
> seker maar 'n behendigheid wat eeue neem om te ontwikkel, indien wel,
> hoop ek my agter-agter-ens-kinders geniet die voorreg daarvan soos wat ek
> die huidige Engelse weergawe geniet. My eie beste Afrikaanse poging,
> ironies genoeg, was ook op die Underground gebore, na ek 'n groepie
> minder vasvoetige vriendjies daar raakgeloop het:"Julle is nou mooi op 'n
> stasie...". Goed, nie so hot nie, maar ipv kritiek, verbeter....
Dit is nou die tyd om te begin spaar vir jou kind se skool en Onderwys
behoeftes! Ou Mutual Groep Skemas bied nou 'n produk aan om jou te help met
die betaling van skoolboeke, die skoolfonds, skoolgelde & uniforms. Die
Onderwys Plan stel na 5 jaar jou eerste kontantontrekking beskikbaar sowel
as elke jaar daarna! Met so min as R25,00 p.m (per kind)kan jy nou reeds 'n
verskil maak in jou kind se toekoms / Skakel reeds VANDAG Jou Adviseur!