Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Soebatsfontein" deur DONALD RIEKERT

Vr., 10 Julie 1998 00:00

SOEBATSFONTEIN
Donald Riekert

Die herder het sy
hande teen die swartdoring
uitgesteek en gesoebat dat
die Boesmanjagters hom nie
sal laat proe aan die
bitteraalwyn Maar op
swart klippers van daardie
fontein het die pyl sy
oophand rooi laat blom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hardekoolvuur (?)

Do., 09 Julie 1998 00:00

Uiteindelik lyk dit asof hier teen die einde van die week weer begin
boodskappe deurkom op my nuusbediener. Ek het gedog almal het die pad gevat
saam met Leendert/Sizwe/Jennifer!

Ek het nie veel te sê op die oomblik nie, behalwe dat ek môre weer die bosse
invaar vir 10 dae. Ek het darem 'n Hardekoolvuurstorie op die nuusblad
geplaas, wat aan sommige van julle bekend behoort te wees.

As julle vergeet het hoekom 'n ou so maklik verdwaal
in die Paarl, gaan kyk gerus by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html

As ek volgende Sondag terugkom, vertel ek julle hoekom Brandewyn nie Brieke
het nie!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

bedstatistiek en ander nice dinge

Do., 09 Julie 1998 00:00

toe kom dit so dat ek een sonnige wintersondagmiddag my kar omsmyt op 'n stil
sinkplaatpad tussen babanango en melmoth. nadat die plaaslike kubaanse doktor
en sy staf na die beste van hul vermoens en hul karige hulpmiddels na my
omgesien het, land ek toe in die ortopediese saal van milpark hospitaal. die
bedstatistiek was 'n interessante weerspieeling van trauma in ons kultuur.

4 koeelwonde
2 sportbeserings
1 motorongeluk

die koeelwonde het bestaan uit een kaping, een banksekuriteitsvoertuigroof,
een bakleiery, en een ou wat homself per ongeluk geskiet het. daar was geen
onderskeid tussen ras te make nie.

dankie aan mphiwa mdlalose wat by my ongelukstoneel gestop het, die aasvoels
van my kar af verwilder het, my hospitaal toe gebring het, gesorg het dat al
my besittings aan my terugbesorg word, en gereel het dat my kar (wat oor was
daarvan) ingesleep word.

mphiwa is die lyfwag van die speaker van die kwazulu natal parlement.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Vragmotorkaping" deur CHARL DURAND

Do., 09 Julie 1998 00:00

VRAGMOTORKAPING
Charl Durand

welkom in my hemel, broer,
ek hoor jy's nog jonk, ja
ongevalle vra g'n velkleur of volk
welkom in die scrapyard van wonderwerke
kyk maar rond

waar was my engel
toe ek struikel langs die N1
wie't die sneller getrek
wat my rugwerwels spleet

want daar was niemand om te skree spring
toe die koeël kom
nou lê ek hier langs jou, broer,
'n skilpad omgekeer op sy dop

waarom praat god so lank
op sy selfoon
wanneer gaan hy verduidelik
wie wen,
en wie verloor

want vrydag was ek nog 'n drywer
van 'n international met 'n vrag op
nou sien jy my langs jou lê, broer,
'n skilpad omgekeer op sy dop

nou-nou kom die nurse met die naald
en my vrou
-- die baas 't haar opgevlieg uit die kaap
Maar ek is nie hier nie
ek tel die sterre wat opkom
want 'n man moet iets kry om te doen, broer,
as jy 'n skilpad is, vir altyd omgekeer op jou dop.

*********
johannesburg, 9 julie 1998

Prosa & poësie | 0 kommentare

Engelse?

Do., 09 Julie 1998 00:00

Ek wil vra of hier ander dubbletaliges is wat hier op die NG
teenwoordig is? Ek weet nou van die Nederlandse mense en die uit
Belgium.
...sommer net ek, Simon

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Re: Engelse?

Do., 09 Julie 1998 00:00

Wat van 'n Duitser wat in die Afrikaanse taal en kultuur belang stel? Ek het
maar nog geen bydraes afgelewer, maar ek lees gewoonlik hierdie nuusgroep om
my kennis van Afrikaans 'n bietjie te verbeter. Hier in Duitsland is dit nogal
moeilik om iets in/oor Afrikaans in die hande te kry... :(

Groetnis,

Thorsten Müller

(Wiesbaden, Duitsland)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina

Wo., 08 Julie 1998 00:00

Net toe ek begin dink Gloudina het haar snedige opmerkings laat vaar begin
sy al weer van voor. Gloudina, ek het nou net 'n paar vrae vir vir jou.
Wat kan ek doen om ook so moreel superieur soos jy te word? Waar moet ek
gaan studeer om so slim soos jy te word en te weet hoekom alle ander mense
rassiste is? Dink jy as europieers ens. nooit amerika, afrika of ander lande
gekoloniseer het nie, ons vandag 'n beter lewe sou he?

Groete
(Van 'n wit afrikaner rassis, wat anders kleuriges uitmoor vir hulle grond
en wat swartes onderdruk)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat maak dit saak? (n.a.v. Independance Day)

Wo., 08 Julie 1998 00:00

Wat maak dit saak wie waar bly en hoe hulle bly? Elke persoon het sy eie ervaringe in die lewe, en ondervind ervaringe op sy eie unieke manier. Of 'n mens in Kanada, die VSA of Suid-Afrika woon, jou huis is waar jy hom maak, en jou geluk is waar jy dit wil hê. Hoekom mekaar aanval en beledig oor wie waar bly en wat die beste plek op aarde is? Daar is geen perfekte plek nie ... elke land het sy eie probleme. Party plekke is beter as ander, ander nie, maar dit is elke persoon se eie keuse waar hy/sy wil huismaak.

Hoekom nie elkeen eerder sy eie ervaringe in sy eie woorde vertel nie? Dit is baie interessant om te hoor waar ander is en hoe hulle hulle omstandighede onvervind, en dit is nog meer interessant om te hoor hoe elkeen aanpas waar hy/sy ookal is. Ek weet dit sal seker nie help om te vra dat ons meer beskaafd teenoor mekaar optree en elkeen se mening respekteer en soos ordentlike grootmense oor 'n onderwerp debateer nie, want dit sal in elk geval net ge-ignoreer word, maar nouja, ek probeer maar.

O ja, terloops, Johan, weet jy daar 'n groep Suid-Afrikaners in Orlando wat "get-togethers" het?

Julie
http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: "Stillewe met tee om 'n tafel" deur FERDI GREYLING

Wo., 08 Julie 1998 00:00

In article ,
wrote:

> So jou romantiese idee van "Amerika"
> die perfekte plek om te bly begin nou
> inkalwe! "Amerika" wat sus is en "Amerika"
> wat so is. As jy 'n setlaar is wie se voorsate
> uit Europa kom, is daar 'n groter kans dat jy
> in 'n wit laer bly (net soos in SA). Onthou
> ook net dat jy bly op lande gesteel deur die
> setlaars uit Europa van die Shawnee en die
> Algonquin en die Cree wat moedig geveg het
> tot minder as twee honderd jaar gelede om
> hierdie invalle te stuit. En om die ekologie
> van hulle tuislande te beskerm teen die roofbou
> van die setlaars uit Europa.

H�nou Gloudien

Ek mis miskien hou punt, maar ek dog jy woon nou in Kanada?? En het die
Europese settelaars wat daar gaan woon het hul eie grondgebied saamgebring,
of waar kom dit vandaan). Selfs as jy kyk na Europa is omtrent elke stukkie
grond wat daar is op een of ander stadium deur die huidige bewoners van ander
afgeneem (behalwe die grootste deel van Nederland natuurlik - dit is van die
see af afgeneem).

Dink jy dat die VSA minder groots is omdat mense ander mense se grond in die
verlede afgeneem het?

Of probeer jy sê dat die feit dat Johan liries is oor sy nuwe land en dit meer
aantreklik vind as SA nie gesond is nie, of miskien op een of ander manier
verbind is aan rassisme? As dit wel is wat jy probeer bereik, hoe kan jy die
feit dat Johan gelukkig is in 'n "wit laer" en sy gevoel van veiligheid as
gemeet aan sy spesifieke vorige lewensondervindinge gelyk stel met rassisme?

Ek lei af van al jou skrywes dat jy gelukkig is in jou "wit laer". Maak di jou
ook 'n rassis?

Ek woon nou in Nederland. Die plekke waar daar 'n hoë konsentrasie van
"vlugtelinge" is, kan statisties as minder veilig bewys word as ander areas.
Beteken dit dat die feit dat ek nie wil vestig in 'n area met baie
"vlugtelinge" dat ek rassisties is? Is ek ook nou besig om skuiling te soek
in 'n "wit laer", of is ek net besig om sinvol binne die konteks op te tree?

Groete uit die Laaglande

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: BLACK HISTORY QUIZ

Wo., 08 Julie 1998 00:00

Anonymous wrote:

> SHIPPED DAILY TO YOUR EMAIL FOR FREE!
>
> ------------------------------------------------------------ ------
> To subscribe/unsubscribe Black History Quiz visit:
> http://www.listbot.com/subscribe/bhq
> ------------------------------------------------------------ ------
>
> Ebony Singles Presents:
> BLACK HISTORY QUIZ
>
> NOT THE LOVEBOAT
>
> On this date, 20 Africans arrive in Jamestown, VA, aboard a Dutch ship.
> They are the first blacks to be forcibly settled as slaves in the North
> American Brittish Colonies. When was it?
>
> The answer after a word from our sponsors:
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> EBONY SINGLES - Find your Love Jones here!
> http://www.deloresdarling.com/es.htm
>
> CODE 3 ALARM SYSTEMS-
> Secure your home with no money down!
> Serving Metro Atlanta
> 404-336-1330
>
> VALUETEC- Why rent the internet when you can own?
> http://www.valuetec.com
> [REF: BHQ]
>
> BLACK HISTORY QUIZ ANSWER
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> ANSWER: August 20, 1619

Just don't forget that the travel agent who booked that cruise was also
black.

Slavery was already an ancient custom long before any whites showed up in
Africa. Whites bought all black slaves from other blacks....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1364  1365  1366  1367  1368  1369  1370  1371  1372  1373  1374  1375  1376  1377  1378  1379    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 24 19:54:41 UTC 2026