Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Opdrag" deur HENRI LAURIE

Wed, 15 July 1998 00:00

OPDRAG
Henri Laurie

Om die klappers te verklap
en die geheime hoere uit hul laaie te lig
om elke sigaret oop te rol
om elke venster te ontsyfer.

Wie kan antwoord hê op die stomende son?
Daar lê die stof en die stilte,
en elders dreun die deure.
Of dit nou bloed of bloeisels is,
die swygende stilte moet blaker en kers.
Om die uiteindelike behoefte te groet,
om eens en vir altyd 'n eerbied te bekom,
muis te word in 'n trommelende spens,
om die drade en hoeke te span
en die oog sy belofte te lewer.

Dan kan ons in ons palms die toekoms voel,
en met ons voete soek vir vermistes,
dan kan ons daagliks die eensame son ---
die lang son, die son van ons voorsate ---
op ons skouers laai en in ons matte saai
en in elke gesprek oes en dors en maal ons
die vernederende verbystering van die onlangs
ontblindes.

Waarom vra jy nog waar die ooste is,
of die getal van jou sonde?

Dis tyd om te sien wat daar te sien is.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Oxford Afrikaans

Wed, 15 July 1998 00:00

Dit (1..2..3) wil vóórkom (1..2) asof die oú manier (1..2)
van Afrikaans práát (1..2..3) heeltemal te reguit (1..2..3)
en dus sekerlik (1..2) fascisties (1..2) moet..... VOORkom.

Láát (1..2..3) ons daarom eerder; (; ; ;) soos vermeld in
(1..2..3..4) 'n redelik onlangse SABC dokumentęr (1..2..3)
oor die óú (1..2) SAUK, (, ,) ons manier van (1..2..3) dink,
handel, en praat ......... WYSig.

Let (1..2..3..4..5), vir 'n begin (1..2) op ritme (1..2) en
veral (1..2..3..4..5) póúses (1..2..3) TUSsen woorde. Later
(1..2..3) kan jy (1..2..3) oorweeg om (1..2) sagter te praat
(1..2..3) en kwynende (1..2..3) jou woorde...... in te sluk.
Ondhou (1..2..3) die KLEMmtoon (1..2) op sporadiese PLEkke
(1..2..3) maar veral (1..2) op die voorlaaste LETTERgreep.
Sommige woorde (1..2..3..4) word ook op (1..2..3)
snaaaa('n)kse maniere...... verleng. ( . . . . ) Al hierdie
(1..2..3) moet egter (1..2..3) binne 'n (1..2..3) aaklige
(1..2..3) monotoon ........ GEskied.

Kruywagen (1..2..3) moet sekerlik nou (1..2..3..4) in die
hemel wéés (1..2) want hy het (1..2..3..) nog altyd (1..2)
staaaaadig ........... GEpraat. Alida Thron (of Alaaaida
Th e ron) is vir sómmige sensasioneel (1..2..3..4) op die
oor (1..2..3) en RSG se omroepers práát (1..2..3..4..5)
ook nou........so (Dankie tog vir geharde Niki !!!). Selfs
(1..2..3) verkrampte ou radio pretoria (1..2..3) omroepers
(1..2) en núúslesers (1..2) elokusieer (1..2..3) met sulke
(1..2) lawwe (1..2..3) skielike uitvlooi van woorde.
Dié (1..2..3..4) advertensiewese (1..2..3) bly egter
(1..2..3) die groo(ooo 'n)tste (1..2) propageerders van
(1..2..3) ons nuwe manier van.......... praat.

Ek wens net (1..2..3..4) ek kon iets doen (1..2..3) om
daardie kriewel gevoel, (, , ,) te ....... BEheers.

Want as ek aan Afrikaners dink, dink ek aan 'n stewige
handskud, reguit in die oë kyk en nie pretensieuse, self
innemende, poserende, selfgenoegsaamheid nie.
(Om soveel op uitspraak te konsentreer , dit nogal sonder
inagneming van konteks, is sommer inelkgeval laf.)

Aan (1..2..3) die ánderkant (1..2..3..4) was daar 'n tyd
gewees wat (1..2..3) ten minste soms (1..2..3) Engels 'n
lieflike sprankel op die oor ...... geHAD het. En (1..2..3)
dalk kan daar tog (1..2..3) iets goed (1..2) omtrent
elokusie......wéés. Maar die konsep van (1..2..3) trots,
eer, selfrespek en (1..2..3..4) nederigheid is (1..2..3)
lankvergete begrippe en (1..2..3..4) skaars te vinde
(1..2..3) maar nogtans ter herinnering in (1..2) ou films
en produksies van bv. (1..2..3) R & H en MGM .........
vasGEvang (1..2..3) en ook nog (1..2..3) te siene
(1..2..3) in sommige periodiese ........ proDUKsies.
(Queen's (of Georgiaans) eerder as Oxford dankie !)
(Ons romeinse maatjies is inelkgeval lankal dit nie meer
nie).

Wel ja, ek hoop net nie ons gaan eendag ons konsonante insluk
op een of ander absurde manier nie. En alhoewel dit sommiges
nog heel fassineer ;) hoop ek regtig dat die 'pun' en sy
degeneratiewe eweknie, die 'oneliner', sal uitsterf as
goedkoop sensasie. En irreterende, onnodige sarkasme daarby
sommer gou vir die oppervlakkige gemors wat dit is raakgesien
sal word.

(Jammer, ek moes)
Etienne Marais

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Kidnapping of a German

Wed, 15 July 1998 00:00

On 14 Jul 1998 22:15:30 GMT, fsct...@aol.com (FSCTrain) wrote:

> My brother, a german citizen livin in Lesotho has been kidnapped in RSA on the
> 10th of July. He might be anywhere in southern Africa. REWARD AVAILABLE.
> See http://members.aol.com/fsctrain for details.
>
> Thanks
> Rainer
>
Hierdie gaan nou weer baie skade doen in die buiteland! Wanneer
toeriste valuta vir SA belangrik is!

Waarsku die verskillende konsulate in SA nie hulle mense dat dinge
soos bussies uit is nie?!

Dis baie tragies.

Toe Gloudina, wat so graag die skuld van die geskiedenis op haar
skouers wil neem - hier is nou eietydse geskiedenis waarmee jy lekker
kan werk. Dis JOU oud-studente wat die soort van goed doen - jy moes
dalk eerder destyds moraliteit leer ipv Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Parodie en Akademie (was:Independance day)

Tue, 14 July 1998 00:00

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
>>> Dit is uitstekend, Gloudien. Ek trek nie in twyfel dat daat mense
> is wat dinge
>>> probeer verbeter in SA nie. Hoeveel artikels kry die gemiddelde
> akademikus
>>> gepubliseer in ?n gemodereerde tydskrif per jaar?
>>
>> Antwoord asseblief Gloudina, met stawende bewyse asseblief!
>
> Nou, ou Johan, jy besef natuurlik dat hierdie
> R2000 niks te make het met sy salaris en die
> geld wat vir hom gegee word om konferensies
> by te woon, en dies meer nie. Dis maar net
> om hom te beloon dat hy 'n artikel gepubliseer
> gekry het. Ek neem aan hierdie "beloning" is
> iets wat gedurende die ou dae ingestel is, en
> wat heelwaarskynlik eersdaags afgeskaf sal moet
> word. Dit strook nie met die gebruike in die
> buiteland nie.
>
Ek kan my nie uitspreek oor hoe dit by UNISA werk nie, maar by Tukkies
het navorsers ook R2000 (van die sowat R10000 wat die staat aan die
betrokke universiteit in die vorm van 'n subsidie betaal vir elke
artikel gepubliseer in 'n gemodereerde vaktydskrif) gekry, wat die
outeur dan vir navorsingsdoeleindes kan gebruik. Dus kan die akademikus
nie bloot die geld in sy sak steek nie. Dit word in sy/haar
navorsingsfonds inbetaal, en hy/sy kan dit dan aanwend vir die aankoop
van toerusting, akademiese reise, en die betaal van publikasiekostes
("page charges" aan die joernaal) ens.

Die top-navorser in 'n groot departement by UP publiseer so 8 - 10
artikels per jaar, en dit is uitsonderlik. Selfs al sou hy hierdie geld
in sy sak kon steek, sou dit nie regtig 'n groot som gewees het nie. Hy
is alleen-outeur van hoogstens 2 van hierdie artikels, en hy sou die
inkomste uit die oorblywende artikels met mede-outeurs moes deel. In 'n
goeie jaar, sou hy dus 'n addisionele bruto inkomste van R12000 per jaar
gehad het, d.w.s. US$2000 per jaar. Indien hy self vir die
publikasiekostes moet betaal, sou hy selfs 'n verlies gemaak het. In die
top joernaal in sy veld, beloop dit US$110 per bladsy - dus vir 'n
6-bladsy artikel sowat R4000!

Persoonlik sou ek geen beswaar he indien hierdie bedrae wel aan
akademici uitbetaal word in die vorm van 'n bonus nie. Dit sou nie eers
begin om die geweldige agterstand in salarisse in vergelyking met die
privaatsektor of by universiteite in die buiteland, aan te spreek nie.

> Nou hoeveel artikels iemand gepubliseer kry,
> hang natuurlik af van die persoon, ou Johan.
> Wat bedoel jy met "stawende bewyse"? Dit klink
> jy probeer argumenteer, maar dink nie eintlik
> aan wat jy sê nie. Wat wil jy sê, ou Johan?
>
>
>> Behalwe natuurlik as jy wit is .........
>
>
> Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
> stawende bewyse, om vir my te bewys dat
> wittes nie mag studeer op plekke van hulle
> keuse nie. Watter wittes word verhoed om
> waar te studeer?
>
By Medunsa.

JC

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die werklikheid is soms snaaks....

Tue, 14 July 1998 00:00

Kaalvoet, swanger en in die kombuis! "Indoor plumbing"? Nee, dis
'n luukse, soos 'n spieël in die huis. Bad? Miskien een maal 'n
week. Die lewe bestaan uit landbou, kos en kinders maak. En ek
bedoel elke woord BAIE letterlik!

Werklik?!? Vandag?!? 1998?!?!? In Amerika!? Jaaaa!

Ons het Saterdag afgery na 'n dorpie met die naam Harmony om
nader te gaan kennis maak met die Amish gemeenskap. Wat 'n
ontnugtering!

Ek het nog altyd geweet dat hulle wegbly van tegnologie af, maar
dat hulle agterlik is, dit het ek nie geweet nie. En die tegnologie
word net gemaklikheidhalwe weggehou van die mense af. In die
werkswinkels waar meubels vir die toeriste gemaak word, staan die
nuutste en beste meganiese gereedskap! Buite staan 'n groot petrol
masjien wat 'n as draai wat deur die lengte van die werkswinkel loop
en watter masjie ook al gebruik word, se dryfband word oor die pulley
getrek sodat die masjien werk.

Die plaas werwe is in kontas met die "English" (nie-Amish - onthou
die Amish praat 'n soort verkragting van Duits met mekaar)
plaaswerwe baie slordig en vuil - 'n mens kan dit tot 'n mate
verskoon want daar is nie 'n rondry trekkertjie waarmee gras gesny
kan word nie, en alle hande is seker maar nodig om met die
boerdery te help.

Vuil ou kindertjies staar jou aan met die blank gesigte wat ons ook
al in die Huisgenoot gesien het. Hulle lewe is baie afgestomp.
Van kleins af dra albei geslagte rokkies - die meisietjies dra
kappies en dis die enigste manier om hulle te onderskei. Die
seuntjies dra dit tot hulle van doeke af is, maar ek is nie so seker
of daar wel onder daardie rokkies doeke is nie. Ek dink daar word
maar net gesquat as die natuur so dikteer. Miskien is ek verkeerd.

Kinders het net een speelding en dis 'n sleepwaentjie - Die
Western Flyer soort wat hulle agter hulle aantrek - niks anders nie.
Van baie lae ouderdom afbegin hulle help op die plaas en teen agt
jaar oud is hulle ten volle aan die werk. Lande word met perde
bewerk en net EEN-skaar ploegies word gebruik.

Dogtertjies mag knope agter aan hulle rokke hê, maar vrouens glad
nie - hulle maak hulle rokke met haakspelde en voor met gewone
spelde vas. Net baie donker kleure word gedra en selfs die mans
het glo die minimum knope aan hulle broeke. Wat my bring by die
groot gesinne - daar is 'n gemiddeld van dertien kinders per gesin.
Die kinders gaan na Amish skole toe vir agt jaar (Std ses) waar hulle
net Reading Writing en 'Rithmetic leer. Daarna werk hulle op die
plaas en is daar sommige van hulle wat dan net daar en dan, sonder
verdere skoling verder optree as onderwyseresse vir die volgende lot
in die skool. Self-perpetuating poor education.

Hulle gee natuurlik nie om dat toeiste inkom en meubels en so aan
kom koop nie. Net snaaks dat mens plek plek iets sien wat al 'n
rukkie op die rak staan en dan is daar spinnerakke op. Dis asof
daar nie 'n trots betsaan nie.

Ek ken ook mense op 'n plaas in SA waar die vrou lief is vir
kaalvoetloop, maar haar voete is mooi versorg. Die ou Amish
tannie in wie se ou sinkgebou bakkerytjie ons was, het my herinner
aan die swart vroue van 'n paar dekades terug op SA plase - die ou
groot dik breë voete met naels wat seker maar in die grond afslyt,
sien nie meer as eenmaal in twee weke water nie en ek wonder
hoe sy in die winter of vir kerk daai voete in 'n skoen inkry.

Haar hande het met die bak en verpak proses darem heel skoon
gelyk en ons het nie pyne gehad om uit die kombuis te eet nie. Jy
sien nie die vroue se hare onder die kappies uitsteek nie. Die
witbrood was baie lekkerder as die dons ligte Amerikaanse
witbrood. Die "fruit pies" is met deeg gebak sonder sout. En die
vrugte daarin was maar flou van geur en nie eers bietjie soet nie.

Die buggies wat hulle mee ry lyk so romanties en dit help seker
om die tegnologie op 'n afstand te hou, maar ons gids, 'n ou tannie
("English") wat saam met ons in ons wa gery het, het ons vertel
dat hulle ook maar geredelik geld aanbied aan 'n English om hulle
vinnig met 'n motor heen te neem. Die Bybel laat seker maar
daarvoor toe. En as groot hael hulle tref soos middel Mei gebeur
het, dan haal hulle die mielies uit en plant hulle hom met soja bone -
alles weer net met die een-skaar ploegie agter die perd. So, houtwerk
gereedskap draai met 'n petrol enjin, die is OK, maar nie vir ploeg
nie.

Ons het die gids gevra oor introuery en tienerswangerskappe. Sy
sê hulle brobeer darem om nie in die omgewing to trou nie, maar
sal gaan kuier by die Amish in Ohio - die huweliksmaats word self
uitgekies en nie deur die ouers gereel nie. Maar sommer die
tweede plaas wat ons aan was, was daar twee van die kinders wat,
in die ou tannie se woorde "will not quite make thirty two". Soos
my pa sou gesê het: hulle is bietjie simpel (eenvoudig).

Oor tienerswangerskappe kon sy nie sê nie maar haar opmerking
was dat dit darem lyk of die babetjies baie gou na die huwelikke
kom. Die gemeenskap is in elk geval so geslote dat hulle nooit
aan die buitewereld sal laat agterkom dat 'n meisie swanger is nie.

Behalwe dat dit lyk of hulle hard werk (na middagete vang die
manne 'n middagslapie) en baie godsdienstig is, herinner hulle baie
aan die "hill-billies" van die fliek "Deliverance" en die boskappers
wat ek in Tsitsikama teegekom het toe ek daar gewerk het.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Ekonomiese Imperialisme - was Tecumseh,...

Tue, 14 July 1998 00:00

In artiekel ,
het "Griet" geskryf:

> Net 'n klein korreksie hier. Jy vergeet van die verskuilde agenda'tjies. 'n
> Besondere welgestelde land wat erts en minerale aanbetref, is meer
> beheerbaar van buite as 'n swart regering dit bestuur. Daar word nou van
> die nuwe Britse neo-kolonialisme gepraat en die hele land begin grom. Die
> hele Afrika, om die waarheid te sê, begin vergelding oor die ekonomiese
> kolonialisme/ imperialisme van die groot geldmagte van die wereld skree. 'n
> Baie magtiger beheer as wat ooit deur 'n poltieke groepering in die
> Europese lande bewimpel kon word.
>
>

Haai Griet - ek sit hier in Nederland en kyk en dink toe nou maar so oor die
dinge wat aangaan. Ek het in die afgelope week op die Discovery Channel gekyk
na 'n program oor die "Battle of Brittain" en so op my eie sit en dink dat
Duitsland en Japan sedert die wêreldoorlog 'n groter stuk van die wêreld
oorwin het met hul ekonomiese aktiwiteite as in die wêreldoorlog. Nou noem jy
dit hier op die nuusgroep. Die lande wat gedink het hulle het hul
afhanklikheid gekry is nou nog minder onafhanklik as wat hulle was 20 of 30
jaar gelede. Iemand het een keer vir my gesê dat jy iemand beheer as jy sy
finansies beheer.

Ek het heelwat idees en gedagtes hieroor, maar kom ons gooi die vloer so 'n
bietjie oop en kyk wat sê die mense.

Basies kom dit neer daarop dat die ontwikkelde lande nie meer oorloë hoef te
baklei nie behalwe in die plekke waar Navo, die VVO ensovoorts "ingryp" om wet
en orde te handhaaf. Na hulle weggaan, beheer hulle effektief die land omdat
hulle die ekonomie deur "lenings" ensovoorts beheer. Kom ons kyk na 'n ander
aspek. Die motorindustrie van Engeland is in sy totaliteit oorgeneem deur die
VSA (Ford) en Duitsland. Ek meen - waar het jy nou al ooit in jou lewe gehoor
dat 'n Landrover met 'n Duitse enjin rondry! Dan natuurlik is daar die groot
amalgamasie van Daimler-Benz en Chrysler (ek dink?).So - in die motorindustrie
het Duitsland reeds 'n groot aandeelhouding in die markte van sy twee groot
Tweede Wêreld Oorlog vyande.

So, kom ons kyk na die wêreld en probeer uitwerk wat is die nuwe moonthede. -
ek sou sê Duitsland, VSA, Japan en Rooi China. Effektief beheer hierdie vier
lande die ekonomie van minstens 80% van die wêreld.

Dan is daar natuurlik die "ongeallieerde" moslemblok wat kaplaks daar in die
middel van die wêreld sit. Hulle is nog 'n geldmoontheid wat met ander
agendas sit. Maar hulle is nie besig om dit te spandeer om die res van die
wêreld deur hul geld te probeer oorheers nie. Dit lyk my hul manier van die
wêreld oor neem is deur dit eenvoudig oor te emigreer. Besoek gerus London -
groot dele van Amsterdam ensovoorts. Nogal interessant dat mense wat nie in
kapitalisme glo nie na kapitalistiese lande wil emigreer. Vreemd hoeveel
emigreer na die "groot vyand van Islam" - die VSA.

Kom ons dink nou sommer net vir die pret oor die SA regering. Met watter van
hierdie groeperings is hy besig om homself te asosieer?. China en die
Moslemlande. Vreemd is dit nie. Mens sien nie SA die VSA, Duitsland en Japan
besoek op groot skaal nie, behalwe om sy bestaande belange net te onderhou
nie. Wat sou julle sê is die agenda van die SA regering in die lig van
hierdie idees wat ek rondgooi?

Maar ek het nou genoeg idees gelaat vir 'n goeie begin. Kom al julle
konspirasieteoriste - laat ons hoor wat julle dink.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Ekonomie & geldsake | 16 kommentare

"Seekoevlei" deur N.P. van WYK LOUW

Mon, 13 July 1998 00:00

SEEKOEVLEI
N.P.van Wyk Louw

Die swart bleshoenders dryf verby
agter die skraal wit riet
en die hele grys vleilandskap word
vol ou verdriet

ek staan weer by 'n wit poel
waar 'n wintermiddag sneeu
en ek is klein en hoor verskrik
'n jakkals uit die rante skreeu

Prosa & poësie | 0 kommentare

Parodie en Akademie (was:Independance day)

Mon, 13 July 1998 00:00

In article ,
wrote:
> gide...@usa.net writes:
>
>> Hmmm... wel, dit laat my nou nogal dink oor iets. Wat sou mense nou
> doen in
>> Suid-Afrika met Wiskundige Ph.D.s? .... altyd 'n worsbroodjiewaentjie koop
en Boereworsrolls langs die pad
> verkoop.
>
> Gideon, ek wonder hoe op hoogte van sake
> jy was van wat op akademiese vlak in SA
> aangegaan het voordat jy die land verlaat
> het. Dis hierdie soort mite-vorming van 'n
> sekere soort Suid-Afrikaner (gewoonlik wit)
> wat die land beswadder en gerugte daaroor
> versprei, en dan is julle verbaas dat die
> buiteland 'n wanindruk het van ALLE Suid-
> Afrikaners, jy inkluis.

Ek vind dit interessant, en self amusant dat jy my parodie hier bo as 'n
beswaddering van SA beskou. Ek trek nie jou bronne in twyfel oor wat in die
wonderlike wêreld van Akademie plaasvind nie. Die realiteit is dat daar
beperkte fasiliteite en werksgeleenthede is vir die tipe hoogsgekwalifiseerde
mense wat jy noem, terwyl hulle wel met ope arms in die buiteland verwelkom
word. Daar is net soveel navorsingsposte in Akademie, en dit sal stelling nie
geweldige groei toon nie, terwyl die geleenthied vir navorsing in die
privaatsektor waar dit tradisioneel gevind is, skerp gedaal het. SA is in 'n
finansiële krisis (is hierdie ook 'n beswaddering deur mite-vormende wit
Suid-Afrikaners?) en die eerste plek waar maatskappye onkostes sny is in die
area van navorsing.

> Laat ek jou nou 'n bietjie ontnugter.In
> die afgelope jaar het ek gehoor dat elkeen
> wat by UNISA 'n artikel skryf wat in 'n
> gemodereerde tydskrif verskyn, 'n R 2000
> bonus kry. Die tipe behandeling is ongekend
> in Noord-Amerika.
Dit is uitstekend, Gloudien. Ek trek nie in twyfel dat daat mense is wat dinge
probeer verbeter in SA nie. Hoeveel artikels kry die gemiddelde akademikus
gepubliseer in 'n gemodereerde tydskrif per jaar?

> Ons is ook in aanraking met
> talle akademici in Suid-Afrika. Ons hoor maar
> net hoe hulle nou na die een en dan na die
> ander konferensie gaan in die buiteland. Ek
> neem dus aan dat enigeen met 'n gerespekteerde
> Ph.D. in Suid-Afrika werk kan kry.

Jammer - ek dink ek het iets hier gemis. Kan jy asseblief die verwantskap aan
my verduidelik?

> Ons praat hier in Kanada ook van hoeveel
> Ph.D. 's in restaurante werk. Maar as dit op
> herrie afkom, dan vind 'n mens uit dat dit alleen
> mense is wat grade het wat hulle nie vir enigiets
> bekwaam nie, wat nie werk kan kry nie. Ek dink dis
> heelwaarskynlik dieselfde in Suid-Afrika.

Moontlik. Soos die Elektroniese Ingenieur wat with Houtek gewerk. Toe Houtek
die sattelietprojek staak het hy nie meer 'n pos nie, en begin hy 'n "Auto
valet". Die arme drommel het hom vir niks anders bekwaam nie, en kon nie werk
kry nie. Ek verstaan hy is nou in die VSA.... sorry... ek beswadder alweer SA
met feite.

> Wat vir my baie bemoedig oor die akademiese
> situasie is Suid-Afrika, is dat enigiemand nou
> vryelik kan studeer waar hy wil. So studeer 'n
> Zulu-vriend van ons vir sy Ph.D. in Onderwys-Wet
> nou by RAU, omdat hulle die beste departement daar
> het, volgens hom, vir sy spesifieke gebied.

Ek is bly vir hom en vir die vele ander wat nie die geleentheid gehad het in
die ou bedeling nie. My persoonlike oortuiging is dat een van die grootste
sondes wat die ou bedeling gepleeg het was om elkeen nie dieselfde kans toe
te laat om hul potesiaal te bereik nie.

> Dit,
> Gideon, is die real world in Suid-Afrika op die
> oomblik. Moenie mites verkoop oor jou geliefde
> en my geliefde geboorteland nie. Dit vergiftig
> net. En die gif doen niemand goed nie.
>

Jy klink nou nes een van die ouens met die hoede wat so tien jaar gelede
Pieter Dirk Uys van dieselfde onvergeeflike sonde beskuldig het. Van die
stellings wat ek maak kan aan hoorsê afgemaak word, en ek het geen
wetenskaplik gefundeerde studie gemaak om my bewerings te staaf nie. Ek het
wel diesulkes ontmoet wat nie meer 'n heenkome kon kry in SA nie omdat hulle
"oorgekwalifiseer" was... met bewys van hul kwalifasies. Meeste van hulle
eindig op in die VSA of Europa. SA se verlies. Miskien is dit nou tyd om die
media se monde stil te maak en beriggewing te verban wat dalk "mites verkoop
oor ons geliefde geboorteland" en miskien is dit tyd om van hierdie nuusgroep
ontslae te raak sodat mense nie kan hoor wat mense se opinies is oor wat hul
waarneem in SA nie. Die ironie is dat 99% van mense daarbuite nie my of jou
opinie gebruik as 'n maatstaf vir wat mite of waarheid is nie, maar eenvoudig
die mediaberiggewing (die liegfabriek?) dophou en sien wat gebeur. Ek is
lief vir my land. Maar ek is nie blind vir sy foute nie, en deur stil te bly
gaan ek nie bydra tot die debat waaruit 'n gebalanseerde SA uiteindelik sal
kom nie. Miskien is dit tyd vir jou om uit die sprokieswêreld van akademiese
idialisme te kom en uit te vind wat die "real world" is.

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Re: Parodie en Akademie (was:Independance day)

Mon, 13 July 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

>> Dit is uitstekend, Gloudien. Ek trek nie in twyfel dat daat mense is wat dinge
>> probeer verbeter in SA nie. Hoeveel artikels kry die gemiddelde akademikus
>> gepubliseer in 'n gemodereerde tydskrif per jaar?
>
> Antwoord asseblief Gloudina, met stawende bewyse asseblief!

Nou, ou Johan, jy besef natuurlik dat hierdie
R2000 niks te make het met sy salaris en die
geld wat vir hom gegee word om konferensies
by te woon, en dies meer nie. Dis maar net
om hom te beloon dat hy 'n artikel gepubliseer
gekry het. Ek neem aan hierdie "beloning" is
iets wat gedurende die ou dae ingestel is, en
wat heelwaarskynlik eersdaags afgeskaf sal moet
word. Dit strook nie met die gebruike in die
buiteland nie.

Nou hoeveel artikels iemand gepubliseer kry,
hang natuurlik af van die persoon, ou Johan.
Wat bedoel jy met "stawende bewyse"? Dit klink
jy probeer argumenteer, maar dink nie eintlik
aan wat jy sê nie. Wat wil jy sê, ou Johan?

> Behalwe natuurlik as jy wit is .........

Nou sal ek op my beurt vir jou vra, met
stawende bewyse, om vir my te bewys dat
wittes nie mag studeer op plekke van hulle
keuse nie. Watter wittes word verhoed om
waar te studeer?

> Dit sal wees as die ou dierasie self weer 'n jaar lank in SA gaan
> bly!!!


Johan, jy het nie maniere nie. Jy praat te
veel. Elke keer as jy iets skryf, wys jy
vir ons hoe Johan Potgieter binnekant lyk.
Ek het gedink jy het besluit om te probeer
om al jou domastrante bekkigheid te laat
staan? Wat het van die besluit geword?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Immigreer na die VSA

Sun, 12 July 1998 00:00

Hi daar,

Dit klink vir my asof baie van die mense op die ng in die buiteland werk.
Ek oorweeg dit om SA te
verlaat vir die VSA. Ek is 'n elektroniese ingenieur en my vrou 'n mediese
dokter. Enige raad?

Philip

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1363  1364  1365  1366  1367  1368  1369  1370  1371  1372  1373  1374  1375  1376  1377  1378    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 00:13:58 UTC 2025